YouTube-kanaalmonetiseringbeleide

As jy musiek in ’n langformaatvideo gebruik wat deur Dream Track gegenereer is, sal jou video nie gemonetiseer word deur advertensies of intekening (YouTube Premium) -inkomstedeling nie.

10 Maart 2022: Vanweë die onlangse opskorting van Google-reklamestelsels in Rusland, sal ons die skep van nuwe Russiese rekeninge op AdSense, AdSense vir YouTube, AdMob en Google Advertensiebestuurder onderbreek. Ons sal ook advertensies vir Google-eiendomme en -netwerke wêreldwyd onderbreek vir adverteerders in Rusland. Daarom sal skeppers in Rusland nie op die oomblik nuwe YPP-aansluitings kan voltooi nie.

3 Maart 2022: Weens die voortslepende oorlog in die Oekraïne sal ons die wys van Google- en YouTube-advertensies aan gebruikers in Rusland tydelik onderbreek. Ons onderbreek ook toegang tot alle monetiseringkenmerke (soos kanaallidmaatskappe, Superklets, Super Stickers en handelsware) vir kykers in Rusland. Meer inligting.

25 Februarie 2022: Weens die oorlog in die Oekraïne onderbreek ons tans YouTube se monetisering van die Russiese Federasie se staatsbefondsde mediakanale. 

Ons sal aanhou om die situasie aktief te monitor en aanpassings te doen indien nodig.

Opgedateer in April 2024: Die taalgebruik in ons programbeleide is opgedateer om die betekenis van herhalende en hergebruikte inhoud duideliker te maak vir skeppers. Ons beleide oor herhalende en hergebruikte inhoud het nie verander nie.

As jy op YouTube monetiseer, is dit belangrik dat jou kanaal aan YouTube-monetiseringbeleide voldoen. Dit sluit beleide in wat hier onder beskryf word, sowel as YouTube se gemeenskapsriglyne, diensbepalings, kopieregbeleide, regteklaringaanpassingsbeleide en ons programbeleide.

Hierdie beleide is van toepassing op almal in of wat wil aansoek doen vir die YouTube Vennootprogram. Die YouTube Kortvideo’s-monetiseringbeleide is ook van toepassing as jy Kortvideo’s op YouTube monetiseer.

Alle inhoud wat met advertensies monetiseer, moet aan ons riglyne vir adverteerdervriendelike inhoud voldoen. Om inkomste uit aanhangerbefondsingkenmerke te verdien, moet nuwe gebruikers eers die Handelsprodukmodule (HPM) aanvaar voordat hulle die individuele kenmerke aanskakel. Jy moet ook die Handelsprodukte-monetiseringsbeleide volg wanneer jy met aanhangerbefondsingkenmerke monetiseer.

Hier is ’n vinnige oorsig van elke hoofbeleid. Maak seker dat jy elke beleid noukeurig lees, want hierdie beleide word gebruik om na te gaan of ’n kanaal geskik is om te monetiseer. Ons kontroleerders kyk gereeld of monetiserende kanale aan hierdie beleide voldoen. Kry meer inligting oor hoe ons ons beleide toepas.

Hou in gedagte dat wanneer ons die term video op hierdie bladsy gebruik, dit na Kortvideo’s, langformaatvideo’s en regstreekse stroming verwys. Hierdie beleide is van toepassing oral waar video’s gekyk word, insluitend die kykbladsy (bladsye binne YouTube, YouTube Music of YouTube Kids), die YouTube-videospeler (speler wat YouTube-inhoud op ander werwe inbed) en die YouTube Kortvideo’s-speler (speler wat Kortvideo’s beskikbaar maak).

Wat ons nagaan wanneer ons jou kanaal kontroleer

As jy geld op YouTube maak, moet jou inhoud oorspronklik en onvervals wees. Dit beteken dat ons verwag dat jou inhoud: 

  • Jou oorspronklike skepping moet wees. As jy inhoud by iemand anders leen, moet jy dit wesenlik verander om dit jou eie te maak.
  • Nie dupliserend of herhalend moet wees nie Jou inhoud moet vir die genot of opvoeding van kykers gemaak wees, eerder as dat dit slegs daarop gemik is om kyke te kry. 

Ons kontroleerders sal jou kanaal en inhoud op grond van ons beleide nagaan. Aangesien hulle nie elke video kan nagaan nie, kan ons kontroleerders fokus op jou kanaal se:

  • Hooftema
  • Mees gekykte video’s
  • Nuutste video’s
  • Grootste proporsie kyktyd
  • Videometadata (insluitend titels, miniprente en beskrywings)
  • Kanaal se “Meer oor”-afdeling

Die bogenoemde is slegs voorbeelde van inhoud wat ons kontroleerders kan assesseer. Let daarop dat ons kontroleerders ander dele van jou kanaal kan en moontlik sal kontroleer om te kyk of dit ten volle aan ons beleide voldoen.

Voldoen aan die YouTube-gemeenskapriglyne

Hierdie riglyne help om YouTube ’n wonderlike gemeenskap vir kykers, skeppers en adverteerders te hou. Enigiemand op YouTube moet aan ons gemeenskapsriglyne voldoen, en enige inhoud wat jy plaas, moet aan al ons gemeenskapsriglyne voldoen.

Monetiserende skeppers moet weet dat hierdie riglyne nie net op individuele video’s van toepassing is nie, maar ook op jou kanaal in die geheel. Inhoud wat YouTube se gemeenskapsriglyne oortree, kwalifiseer nie vir monetisering nie en sal uit YouTube verwyder word.
Volg ons programbeleide
AdSense vir YouTube maak dit vir YouTube-vennote moontlik om betaal te word vir die monetisering van hul video’s. Jy moet seker maak dat jy ons programbeleide en YouTube se diensbepalings volg.

Herhalende inhoud

Herhalende inhoud verwys na ’n kanaal waar die inhoud so soortgelyk is dat kykers kan sukkel om die verskil tussen video’s op te merk. Dit sluit inhoud in wat lyk of dit met ’n templaat gemaak is met min of geen variasie tussen video’s nie, of inhoud wat maklik op groot skaal presies weergegee kan word.

Hierdie beleid is van toepassing op jou kanaal as ’n geheel. Met ander woorde, as jy baie video’s het wat ons riglyne oortree, kan monetisering van jou volle kanaal verwyder word.

Wat gemonetiseer mag word

Hierdie beleid maak seker dat gemonetiseerde inhoud vir kykers iets aanloklik en interessant bied om na te kyk. Met ander woorde, as die gemiddelde kyker duidelik kan onderskei dat die inhoud op jou kanaal van video tot video verskil, is dit in orde om te monetiseer. Ons weet dat baie kanale inhoud skep wat ’n soortgelyke patroon volg. Wat belangrik is, is dat die kern van elke video relatief verskillend moet wees.

Voorbeelde van wat gemonetiseer mag word (insluitend, maar nie beperk nie tot):

  • Dieselfde inleiding en afsluiting vir jou video’s, maar die grootste deel van jou inhoud is verskillend
  • Soortgelyke inhoud, waar elke video spesifiek praat oor die eienskappe van die onderwerp wat jy ten toon stel
  • Kort snitte van soortgelyke voorwerpe wat in redigering saamgevoeg is, waar jy verduidelik hoe dit verband hou

Inhoud wat hierdie riglyn oortree

Wanneer ’n kanaal se inhoud uit soortgelyke inhoud bestaan, kan dit kykers frustreer wat YouTube vir aanloklike en interessante video’s besoek. Dit beteken dat kanale waar video’s se inhoud net effens verskil nie toegelaat word om te monetiseer nie. Met ander woorde, jou kanaal moenie inhoud hê wat met ’n templaat vervaardig is en op groot skaal herhaal word nie.

Voorbeelde van wat nie vir monetisering toegelaat word nie (hierdie lys is nie omvattend nie):

  • Inhoud wat uitsluitlik bestaan uit voorlesings van ander materiaal wat jy nie oorspronklik geskep het nie, soos teks van webwerwe of nuusstrome af
  • Liedjies wat gewysig is om die toonhoogte of spoed te verander, maar wat andersins identies aan die oorspronklike liedjie is
  • Soortgelyke, herhalende inhoud of sinnelose inhoud met min opvoedkundige waarde, kommentaar of storielyn
  • Inhoud wat massavervaardig is of wat dieselfde templaat vir veelvuldige video’s gebruik
  • Prentskyfievertonings of rollende teks met minimale of geen storielyn, kommentaar of opvoedkundige waarde nie

Hergebruikte inhoud

Hergebruikte inhoud verwys na kanale wat inhoud wat reeds op YouTube of ’n ander aanlyn bron is heraanwend sonder om beduidende oorspronklike kommentaar, wesenlike wysigings of opvoedkundige of vermaaklikheidswaarde by te voeg. Hergebruikte inhoud kan ook bekend staan as gedupliseerde of geskraapte inhoud (om unieke of oorspronklike inhoud van ander webwerwe af te vat en dit as jou eie te publiseer). 

Om te bepaal of jou inhoud hergebruik is, sal ons kontroleerders jou kanaal nagaan om te verstaan hoe jy jou inhoud geskep het, daaraan deelgeneem het, of dit vervaardig het. Ons kontroleerders kan die volgende aspekte van jou kanaal nagaan: 

  • Video’s 
  • Kanaalbeskrywing
  • Videotitel
  • Videobeskrywings

Ons beleid oor hergebruikte inhoud is op jou kanaal as ’n geheel van toepassing. As jy video’s het wat ons riglyne oortree, of as dit nie vir ons duidelik is dat jy die inhoud gemaak het nie, sal monetisering dalk van jou hele kanaal af verwyder word.

Wat gemonetiseer mag word

Ons wil skeppers beloon vir inhoud wat oorspronklik en eg is en waarde vir kykers toevoeg. As jy ’n snaakse of diepsinnige perspektief gee op inhoud wat jy nie oorspronklik geskep het nie (in ooreenstemming met ons riglyne hier onder, het jy die inhoud op ’n manier omskep. Dis in orde om hierdie soort inhoud in jou kanaal te hê, maar individuele video’s kan aan ander beleide, soos kopiereg, onderworpe wees. Met ander woorde, ons laat hergebruikte inhoud toe as kykers kan agterkom dat daar ’n betekenisvolle verskil tussen die oorspronklike video en jou video is.

Let wel: Selfs al oortree hierdie voorbeelde nie die beleid vir die monetisering van hergebruikte inhoud nie, is ander beleide, soos kopiereg, steeds van toepassing.

Voorbeelde van wat gemonetiseer mag word (insluitend, maar nie beperk nie tot):

  • Die gebruik van snitte vir ’n kritiese resensie
  • ’n Toneel uit ’n fliek waar jy die dialoog herskryf en die stemkommentaar verander het
  • Herspele uit ’n sporttoernooi waar jy verduidelik wat ’n deelnemer gedoen het om sukses te behaal
  • Reaksievideo’s waar jy opmerkings oor die oorspronklike video maak
  • Geredigeerde beeldmateriaal van ander skeppers waarby jy ’n storielyn en kommentaar voeg
  • Wanneer jy hermengde inhoud op Kortvideo’s redigeer, soos om oorspronklike inhoud by ’n liedjie uit ons biblioteek te voeg, of om die oorspronklike oudio of videosegment van ander video’s by jou inhoud te voeg
  • Inhoud wat hoofsaaklik die skepper wat dit oplaai in die video wys
  • Hergebruikte inhoud van ander aanlyn bronne af waar die skepper óf sigbaar is in die inhoud, óf verduidelik hoe die skepper tot die inhoud bygedra het
  • Geredigeerde beeldmateriaal met oudio- en visuele effekte bo-oor die video se hergebruikte inhoud wat wesenlike redigering toon en wys dat dit uniek aan jou kanaal is

Inhoud wat hierdie riglyn oortree

’n Oortreding van hierdie riglyn sou wees as jy iemand anders se inhoud neem, minimale veranderinge aanbring en dit dan jou eie oorspronklike werk noem. As dit nie vir ons duidelik is dat die inhoud joune is nie, kan dit onderworpe wees aan ons beleid oor hergebruikte inhoud. Hierdie beleid geld selfs al het jy toestemming van die oorspronklike skepper. Hergebruikte inhoud is apart van YouTube se kopieregafdwinging, wat beteken dat dit nie op kopiereg, toestemming of billike gebruik gegrond is nie. Hierdie riglyn beteken dat jy soms dalk nie eise teen jou inhoud sal kry nie, maar jou kanaal oortree dalk steeds ons riglyne oor hergebruikte inhoud.

Nog meer voorbeelde van wat nie vir monetisering toegelaat word nie (hierdie lys is nie omvattend nie):

  • Snitte van oomblikke uit jou gunstelingprogram wat saamgeredigeer is met min of geen storielyn nie
  • Kortvideo’s wat jy vanaf ander sosialemediawebwerwe saamgestel het
  • Liedjieversamelings van verskillende kunstenaars (selfs al het jy hulle toestemming)
  • Inhoud wat baie keer deur ander skeppers opgelaai is
  • Die bevordering van ander mense se inhoud (selfs al het jy hulle toestemming)
  • Inhoud wat van ’n ander aanlyn bron afgelaai of gekopieer is sonder enige beduidende wysigings 
  • Inhoud wat kyke kry met meestal nieverbale reaksies op jou video’s sonder dat stemkommentaar bygevoeg is
Gehaltebeginsels vir kinder- en gesinsinhoud
Ons doelwit is om kinders en gesinne ’n veilige en verrykende ervaring op YouTube te gee terwyl ons nuwe maniere soek om skeppers te beloon wat bydra tot hoëgehalte-inhoud op die platform.

As jou kanaal inhoud wat “vir kinders gemaak” is bevat, sal ons YouTube se gehaltebeginsels vir kinder- en gesinsinhoud gebruik om die monetiseringstatus van daardie inhoud te bepaal.

As ons vind dat ’n kanaal ’n sterk fokus het op laegehalte-inhoud wat “vir kinders gemaak” is, kan ons dit opskort uit die YouTube Vennootprogram. As ons vind dat ’n individuele video hierdie gehaltebeginsels oortree, sal daar dalk beperkte of geen advertensies op gewys word nie.

Wanneer jy kontroleer of jou “vir kinders gemaak”-inhoud van lae of hoë gehalte is, is nuanses en konteks belangrik. Besoek ons bladsy met beste praktyke vir inhoud vir kinders en gesinne vir gidse en voorbeelde.

Die toepassing van gehaltebeginsels vir monetiseringgeskiktheid

Daar is verskeie laegehaltebeginsels wat die algehele gehalte van ’n spesifieke video kan affekteer. Ons sal elke beginsel op ’n deurlopende basis oorweeg as ’n faktor vir monetiseringgeskiktheid. Hier onder gelys is die laegehaltebeginsels vir kinder- en gesinsinhoud waarteen ons tans optree. Ons kan dalk die omvang mettertyd vergroot om meer gehaltebeginsels in te sluit.

  • Die aanmoediging van negatiewe gedrag of houdings: Inhoud wat gevaarlike aktiwiteite, verkwisting, afknouery, oneerlikheid of ’n gebrek aan respek vir ander mense aanmoedig (bv. gevaarlike/onveilige poetse, ongesonde eetgewoontes).
  • Hoogs kommersieel of promosioneel: Inhoud wat hoofsaaklik gefokus is op die aankoop van produkte of om handelsmerke en logo’s (soos speelgoed en kos) te bevorder. Dit sluit ook inhoud in wat op uitermatige verbruikersdruk gefokus is. Kry meer inligting oor oormatig kommersiële inhoud vir YouTube Kids.
  • Misleidend opvoedkundig: Inhoud wat in die titel of miniprent beweer dat dit opvoedkundige waarde het, maar eintlik nie leiding of verduidelikings bevat nie, of nie vir kinders relevant is nie. Byvoorbeeld, titels of miniprente wat belowe om kykers te help om “kleure te leer” of “syfers te leer”, maar pleks daarvan wys die video onakkurate inligting.
  • Verhinder begrip: Inhoud wat ondeurdag is, ’n gebrek aan samehangende storielyn het, of onverstaanbaar is, soos as die oudio onhoorbaar is. Hierdie soort video is dikwels die gevolg van massaproduksie of outogenerering.
  • Sensasioneel of misleidend: Inhoud wat onwaar, oordrewe, bisar of op opinies gegrond is, en wat dalk ’n jong gehoor sal verwar. Dit kan ook “volgeprop met sleutelwoorde” wees, of die praktyk volg om gewilde sleutelwoorde waarin kinders belangstel op ’n herhalende, gewysigde of oordrewe manier te gebruik. Die sleutelwoorde kan ook gebruik word op ’n manier wat nie sin maak nie.
Skepperverantwoordelikheid
Die sukses van jou kanaal en die YouTube Vennootprogram hang af van die bereidwilligheid van adverteerders om hul handelsmerke met YouTube-inhoud te assosieer. Die verdienste van alle YouTube-skeppers word negatief beïnvloed wanneer adverteerders vertroue verloor.
Ons laat nie verregaande gedrag toe wat ’n groot negatiewe uitwerking op die gemeenskap het nie. Hierdie beleid beteken dat jy respek vir jou kykers, jou medeskeppers en ons adverteerders moet hê – beide op YouTube en daarbuite.
As jy hierdie beleid oortree, sal ons dalk jou monetisering tydelik afskakel of jou rekeninge beëindig. Dit kan van toepassing wees op al jou bestaande kanale, enige nuwe kanale wat jy skep, en kanale waarop jy gereeld verskyn.
As enige van jou kanale gedemonetiseer of beëindig is, moet jy nie nuwe kanale skep (of bestaande kanale gebruik) om hierdie beperkings te omseil nie, en ook nie gedurende jou opskortingtydperk met verwante kanale by YVP aansoek doen nie. As jy dit wel doen, kan dit tot die beëindiging van alle kanale lei.
Kry meer inligting oor skepperverantwoordelikheid.
Skepperintegriteit

Ons verwag van skeppers in die YouTube Vennootprogram om te wees wie hulle sê hulle is, en om hulle nie verkeerd voor te stel deur hul aktiwiteit op die platform te manipuleer of aan misleidende praktyke mee te doen nie.

Dit beteken dat skeppers nie ’n kanaal se betrokkenheid, soos kyke, intekenaars, opduime, kyktyd en advertensie-indrukke, kunsmatig moet vermeerder nie. Skeppers moet ook nie natuurlike betrokkenheid aanmoedig op inhoud wat nie voldoen voordat hulle daardie inhoud uitvee of verdoesel nie. As daar aan sulke gedrag meegedoen word, kan dit verwydering uit die YouTube Vennootprogram of beëindiging van jou kanale tot gevolg hê. Lees ons programbeleide vir meer inligting

Skeppers moet ook nie gebruikers of YouTube mislei deur mee te doen aan gedrag wat finansiële misbruik behels nie, soos om ons monetiseringkenmerke vir onwettige, bedrieglike of misleidende transaksies te gebruik. As jy hierdie beleid oortree, kan ons jou uit die YouTube Vennootprogram verwyder of jou kanale beëindig.

Hoe ons jou oor beleidveranderinge sal inlig

YouTube verander en verbeter die Diens voortdurend terwyl ons by die wêreld rondom ons aanpas. Dit sal dalk nodig wees dat ons die bepalings en voorwaardes of beleide wat vir jou gebruik van die Diens geld, verander – insluitende die diensbepalings en die YouTube Vennootprogram-bepalings, ons beleide en ander kontraktuele dokumente – om veranderinge aan ons Diens te weerspieël of om regs-, regulatoriese of sekuriteitredes.

Ons sal jou skriftelik in kennis stel as ons veranderinge aanbring wat jou dalk sal affekteer. As jy nie tot die gewysigde bepalings instem nie, kan jy ophou om die relevante kenmerk te gebruik of jou ooreenkoms met ons beëindig.

Om jou te help om op hoogte van ons beleide te bly, handhaaf ons ook ’n permanente loglêer met opdaterings. Bekyk ons veranderingloglêer hier.

Hoe ons YouTube-monetiseringbeleide toepas

Enigiemand wat geld op YouTube verdien, moet YouTube se kanaalmonetiseringbeleide volg. As jy enige van ons beleide oortree, kan YouTube optree soos hier onder uiteengesit.

Verdienste of betaling weerhou, aanpas, terugskryf of verreken

Ons kan enige van jou verdienste wat met oortredings van YouTube se kanaalmonetiseringbeleide geassosieer word, weerhou of aanpas. Ons kan ook geassosieerde verdienste terugskryf teen enige AdSense vir YouTube-saldo wat nog nie uitbetaal is nie of sulke bedrae verreken teen toekomstige verdienste wat aan jou betaalbaar is.

Vir enige sulke oortredings het ons tyd nodig om te ondersoek of die verdienste weerhou, aangepas of verreken moet word. Dit kan betalingvertragings tot gevolg hê van tot 90 dae of totdat ons enige regtedispute deur derde partye opgelos het.

Voorbeelde van oortredings waar ons dalk jou verdienste moet weerhou of aanpas, sluit in (maar is nie beperk nie tot) gevalle van:

As jou kanaal in die YouTube Venootprogram beëindig of opgeskort is, is jy nie meer op enige inkomste geregtig nie. YouTube kan ook verdienste terughou en waar toepaslik en moontlik adverteerders of kykers vir aankope terugbetaal.

Ons sal jou skriftelik per e-pos of in die produk laat weet wanneer ons ons beleide moet afdwing. Ons sal jou ook laat weet watter opsies vir jou beskikbaar is.

Beperk advertensie-inkomste uit jou video’s

As ’n lid van die YouTube Vennootprogram kan jy jou video’s laat kwalifiseer om advertensie-inkomste te verdien as hulle aan ons riglyne vir adverteerdervriendelike inhoud voldoen. As daar egter bevind word dat jou video’s nie aan ons adverteerdervriendelike riglyne voldoen nie, of as hulle ander beleide, soos ons ouderdomsbeperking- of kopieregriglyne oortree, sal jou video’s dalk beperkte of geen advertensie-inkomste verdien nie.

Lees dieMonetiseringikoongids vir YouTube Studio vir meer inligting oor redes hoekom inhoud dalk nie vir monetisering sal kwalifiseer nie.

Skort jou deelname aan die YouTube Vennootprogram op

As jy ons YouTube Kanaalmonetiseringbeleide oortree, kan monetisering in alle of enige van jou rekeninge opgeskort of permanent gedeaktiveer word. As daar bepaal word dat jou kanaal nie meer vir monetisering kwalifiseer nie, kan jou kanaal toegang verloor tot alle monetiseringnutsgoed, -kenmerke en -modules wat met die YouTube Vennootprogram geassosieer word. Jy kan ook enige tyd kies om aan spesifieke monetiseringsmodules te onttrek deur Skeppersteundiens te kontak.

Databehoud

As jou monetiseringsooreenkoms met YouTube beëindig word, kan jy steeds jou YouTube Analytics-data versoek vanaf die tyd wat jy in die program was deur Skeppersteundiens te kontak.

Lees Monetisering is vir my kanaal gedeaktiveer vir meer inligting oor opskortings, insluitend foutsporingwenke en besonderhede oor hoe om weer aansoek te doen om by die program aan te sluit.

Skort jou YouTube-kanaal op of beëindig dit selfs

In buitengewone omstandighede sal dit dalk nodig wees dat ons ’n kanaal of rekening beëindig of ’n gebruiker se toegang tot die Diens deaktiveer om die integriteit van die platform te beskerm of om ons gebruikers teen skade te beskerm. Kry meer inligting oor kanaalbeëindigings en gedeaktiveerde Google-rekeninge, insluitend wat jy kan doen as jy meen dat jou kanaal of rekening verkeerdelik beëindig is.

Hoe ons jou sal inlig oor handelinge wat jou monetisering raak

Ons sal jou skriftelik per e-pos of in die produk laat weet wanneer ons ons beleide moet afdwing. Ons sal jou ook laat weet watter opsies vir jou beskikbaar is.

Hoe om hulp te kry met probleme wat jou raak

As jy in die YouTube Vennootprogram is, kan jy toegang kry tot ons Skeppersteundienste-span.

Of jy nou voor ’n spesifieke probleem te staan kom en of jy wil uitvind hoe om as skepper die meeste uit YouTube te kry, ons is hier om jou te help:

  • Optimeer hoe jy YouTube gebruik
  • Verstaan hoe om jou Analytics-nutsgoed ten beste te benut
  • Kry wenke oor tegniese en diensaspekte van YouTube
  • Vind uit hoe om beleid- en kopieregriglyne te navigeer
  • Kry antwoorde op rekening- en kanaalbestuurvrae
  • Stel Content ID- en regtebestuurkwessies reg
  • Foutspoor en stel foute of probleme met jou rekening reg

Jy kan meer gedetailleerde instruksies kry om Skeppersteundienste te kontak en oor hoe om as YouTube-skepper hulp te kry.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
3369988303037855483
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false