Stel ’n AdSense vir YouTube-rekening op om op YouTube betaal te word

Weens die voortslepende oorlog in Oekraïne sal ons die wys van Google- en YouTube-advertensies aan gebruikers in Rusland tydelik onderbreek. Meer inligting.

As jy geld op YouTube verdien, moet jy ’n goedgekeurde AdSense vir YouTube-rekening assosieer om geld te verdien en betaal te word.

Belangrik Ingevolge AdSense se bepalings en voorwaardes of AdSense vir YouTube se diensbepalings, soos toepaslik, word slegs een AdSense- of AdSense vir YouTube-rekening onder dieselfde begunstigdenaam toegelaat. Duplikaatrekeninge sal nie goedgekeur word nie en monetisering sal vir die geassosieerde YouTube-kanaal afgeskakel word. Wanneer jy ’n nuwe AdSense vir YouTube-rekening begin, moet jy net een deur YouTube Studio skep. Dit sal nie werk as jy dit op ’n ander werf (soos die AdSense-tuisblad) doen nie.

Skep en koppel ’n AdSense vir YouTube-rekening

Jy word op YouTube betaal via die AdSense vir YouTube-rekening wat aan jou kanaal gekoppel is. Let daarop dat as jy reeds in die YouTube Vennootprogram is, kan jy jou gekoppelde AdSense vir YouTube-rekening verander, indien nodig. Jy kan ook meer as een YouTube-kanaal met dieselfde AdSense vir YouTube-rekening monetiseer.

Hou in gedagte dat jy net een keer elke 32 dae jou gekoppelde AdSense vir YouTube-rekening kan verander.

 AdSense vir YouTube-skeppers

 

Jy kan ’n nuwe AdSense vir YouTube-rekening skep en dit aan jou kanaal koppel:

  1. Meld aan by YouTube Studio.
  2. Kies die Verdien-oortjie op die linkerkieslys.
  3. Klik BEGIN op die Sluit aan by AdSense vir YouTube-kaart.
  4. Voer jou YouTube-rekeningwagwoord in wanneer jy gevra word, en staaf weer wanneer dit vereis word.
  5. Kies dan watter Google-rekening jy graag vir AdSense vir YouTube wil gebruik.
    • Let wel: As jy AdSense reeds vir ander redes buite YouTube gebruik, moet jy aanmeld met die Google-rekening wat saam met jou bestaande AdSense-rekening gebruik word.
  6. Jy is nou in AdSense vir YouTube. Noudat jy hier is, moet jy seker maak dat die e-posadres boaan die bladsy korrek is. Klik Gebruik ’n ander rekening om rekeninge te wissel as dit die verkeerde een is.
  7. Gaan voort met die opstelling van jou rekening. Verskaf jou kontakinligting en dien jou AdSense vir YouTube-rekeningaansoek in.

Nadat jy die stappe hier bo gevolg het, sal jy teruggeneem word na YouTube Studio, waar jy ’n boodskap sal sien wat die ontvangs van jou AdSense vir YouT u be-rekeningaansoek bevestig. Ons sal jou per e-pos inlig sodra jou rekening goedgekeur is – wat tot ’n paar dae kan neem. Wanneer dit goedgekeur is, sal jy binne YouTube Studio op die Sluit aan by AdSense vir YouTube-kaart bevestiging sien dat jou AdSense vir YouTube-rekening goedgekeur en aktief is.

Multikanaalnetwerke (MKN’e): As jy ’n geaffilieerde kanaal is wat met ’n MKN saamwerk, moet jy jou eie AdSense vir YouTube-rekening aan jou kanaal koppel. Om by ’n derde party se AdSense vir YouTube-rekening in te gaan – selfs met hul toestemming – is ’n oortreding van AdSense se diensbepalings of AdSense vir YouTube se diensbepalings, soos toepaslik.

Ek weet nie of ek reeds ’n AdSense-rekening of ’n AdSense vir YouTube-rekening het nie

Deursoek jou inkassies vir e-posse van “adsense-noreply@google.com” af.
Ingevolge AdSense se bepalings en voorwaardes of AdSense vir YouTube se diensbepalings, soos toepaslik, mag jy net een AdSense- of AdSense vir YouTube-rekening onder dieselfde begunstigde se naam hê. As ons bevind dat jy ’n duplikaat het, sal jou AdSense vir YouTube-rekening afgekeur word en jy sal jy gevra word om ander verwante rekeninge te sluit.
Ek het reeds ’n goedgekeurde AdSense- of AdSense vir YouTube-rekening
  1. Meld by jou YouTube-rekening aan en gaan na https://studio.youtube.com/channel/UC/monetization
  2. Klik Begin op die “Sluit aan by AdSense vir YouTube”-kaart.
  3. Jy sal jou YouTube-rekeningwagwoord moet invoer en weer moet staaf. Vind uit hoe om jou YouTube-rekening weer te staaf.
  4. Kies die Google-rekening waarmee jy by AdSense vir YouTube wil aanmeld. As jy reeds ’n AdSense- of AdSense vir YouTube-rekening het, moet jy aanmeld met die Google-rekening wat jy gebruik om by jou bestaande rekening in te gaan. Hierdie rekening kan verskil van die aanmeldeiebewyse wat jy gebruik om by YouTube aan te meld.
  5. Jy sal herlei word na ’n aansluitingbladsy vir AdSense vir YouTube. Maak seker dat die korrekte e-posadres boaan die bladsy is. Klik “Gebruik ’n ander rekening” om rekeninge te wissel as die rekening wat gewys word die verkeerde een is.
  6. Klik Aanvaar assosiasie.
  7. Jy sal na die Verdien-bladsy in YouTube Studio teruggestuur word.
  8. Sodra jy jou AdSense vir YouTube-rekening gekoppel het, sal ons hierdie stap met ’n groen “Klaar”-teken op die “Sluit aan by AdSense vir YouTube”-kaart merk.

Stel AdSense vir YouTube met ’n Inhoudbestuurder-rekening op

As regte aan jou toegestaan is om ’n Inhoudbestuurder-rekening te administreer, kan jy ’n AdSense vir YouTube-rekening daarmee assosieer.
  1. Meld aan by jou Inhoudbestuurder-rekening.
  2. Gaan na instellings.
  3. Jy sal AdSense vir YouTube in die Oorsig-afdeling sien (jy sal dalk moet rollees om dit te sien).
  4. Klik Wysig.
  5. Klik Gaan voort na AdSense vir YouTube.
  6. Jy sal jou YouTube-rekeningwagwoord moet invoer en weer moet staaf. Vind uit hoe om jou YouTube-rekening weer te staaf.
  7. Kies die Google-rekening waarmee jy by AdSense vir YouTube wil aanmeld. As jy reeds ’n AdSense- of AdSense vir YouTube-rekening het, moet jy aanmeld met die Google-rekening wat jy gebruik om by jou bestaande rekening in te gaan.
  8. Voer jou AdSense vir YouTube-rekening se wagwoord in wanneer jy gevra word. Hierdie inligting kan verskil van die eiebewyse wat jy gebruik om by YouTube aan te meld.
  9. Bevestig die YouTube-kanaal waarmee jy die AdSense vir YouTube-rekening assosieer, en kies die primêre taal vir die kanaal. Al kies jy een YouTube-kanaal om die AdSense vir YouTube-assosiasie te voltooi, sal YouTube advertensies lewer op alle kanale wat aan jou Inhoudbestuurder gekoppel is.
  10. Klik Aanvaar assosiasie, en voeg jou faktureringinligting by as jy gevra word.
Jy sal na YouTube toe teruggestuur word nadat jy hierdie proses voltooi het. Kry meer inligting oor die wagtye vir AdSense se aansoekkontrolering.

Algemene kwessies

Gebruik die inligting hier onder om algemene kwessies te foutspoor wanneer jy probeer om ’n AdSense vir YouTube-rekening aan jou kanaal te koppel.

Ek het ’n nuwe AdSense vir YouTube-rekening geskep, maar dit is afgekeur omdat ek reeds ’n bestaande AdSense- of AdSense vir YouTube-rekening het

Jy mag net een AdSense- of AdSense vir YouTube-rekening onder ’n begunstigde se naam hê ingevolge AdSense se bepalings en voorwaardes of AdSense vir YouTube se diensbepalings, soos toepaslik. Indien ons bevind dat jy ’n duplikaatrekening het, sal jou nuwe AdSense vir YouTube-rekening wat jy geskep het, afgekeur word.

Deursoek jou e-posinkassies vir ’n e-pos met die onderwerp “Jy het reeds ’n bestaande AdSense-rekening of AdSense vir YouTube-rekening”. Hierdie boodskap sal inligting oor jou bestaande AdSense- of AdSense vir YouTube-rekening bevat. Met hierdie inligting het jy twee keuses om die kwessie reg te stel:

Gebruik die bestaande (ouer) rekening

  1. Meld aan by YouTube Studio en klik Verander assosiasie.
  2. Kies die Google-rekening wat jou bestaande (ouer) AdSense- of AdSense vir YouTube-rekening gebruik op die rekeningkeusekieslys.
  3. Klik Aanvaar assosiasie.

Jy sal na YouTube Studio toe teruggestuur word waar jy die rekening kan sien wat aan jou kanaal gekoppel is.

Gebruik die nuwe rekening wat jy sopas geskep het

Jy sal eers die bestaande (ouer) rekening moet sluit

  1. Meld aan by jou bestaande AdSense- of AdSense vir YouTube-rekening, soos toepaslik.
  2. Volg die stappe hier om jou rekening te sluit.

Nadat dit gesluit is, kan jy by jou nuwe AdSense vir YouTube-rekening aanmeld om te bevestig dat jy die ouer een gesluit het.

Let wel: Dit kan ’n paar dae neem voordat jou nuwe AdSense vir YouTube-rekening goedgekeur en aan jou YouTube-kanaal gekoppel is.

Kwessies met adres- (PIN-) verifikasie

Adres- (PIN-) verifikasie moet in jou AdSense vir YouTube-rekening voltooi word om kanaalmonetisering te handhaaf en betalings te ontvang.

As jy ’n nuwe AdSense vir YouTube-rekening aan jou kanaal gekoppel het, sal ’n PIN-verifikasiekaart na jou fisieke adres toe gepos word sodra jy ’n saldo van $10 bereik. Hierdie PIN-verifikasiekaart sal ’n PIN-kode insluit wat jy in jou rekening kan invoer om jou adres te verifieer.

As jy aan ’n bestaande AdSense- of AdSense vir YouTube-rekening gekoppel het, sal jy dalk ten minste 3 weke moet wag om die PIN-verifikasiekaart in die pos te ontvang. As jy dit ná 3 weke nie gekry het nie, kan jy ’n plaasvervanger-PIN-verifikasiekaart aanvra.

Maak seker dat die adres op lêer in jou AdSense vir YouTube-rekening ooreenstem met die adres wat jou plaaslike poskantoor erken. Dit help die plaaslike poskantoor om jou pos af te lewer as die adres reg is. As dit verskil, moet jy die betalingadres in jou rekening verander sodat dit dieselfde is.

Jy kan die volgende hulpbronne raadpleeg as jy hulp met adres- (PIN-) verifikasie nodig het:

Wat gebeur as ek nie my adres verifieer nie?

As jy nie jou adres binne 4 maande verifieer nie, sal monetisering vir jou kanaal onderbreek word. Dit sluit in die onderbreking van toegang tot kenmerke soos:

  • Kanaallidmaatskappe
  • Superklets en meer

Monetisering in jou kanaal sal hervat word nadat jy jou adres geverifieer het.

Ander kwessies

“Oeps, iets was fout” word in YouTube Studio vir my gewys

Hierdie foutboodskap kan verskyn wanneer jy veranderinge probeer maak met e-posadresse wat YouTube Studio nie herken nie. Probeer die volgende om hierdie kwessies op te los:

  • Wanneer jy ’n AdSense vir YouTube-rekening koppel, sal YouTube Studio jou vra om te Verifieer dat dit jy is. Maak seker dat jy dit doen met die e-posadres wat jy gebruik om by YouTube aan te meld.
  • Jy sal dan gevra word om ’n Google-rekening te kies om voort te gaan na AdSense vir YouTube. In hierdie geval kan jy ’n ander e-posadres kies as die een wat jy gebruik om by YouTube Studio aan te meld.
  • As jou kanaal gekoppel is aan ’n handelsmerkrekening, moet jy aanmeld met die e-posadres wat jou kanaal oorspronklik geskep het. As jy nie met daardie e-posadres kan aanmeld nie, kan jy jou rekening herwin deur ons wenke te volg om rekeningherwinningstappe te voltooi.

AdSense vir YouTube vra my vir ’n webwerf-URL om aan te sluit

Wanneer jy ’n nuwe AdSense vir YouTube-rekening aan jou YouTube-kanaal koppel, moet jy nie een vir hierdie doel op google.com/adsense of adsense.com gaan skep nie. As jy dit doen, sal jou rekening afgekeur word en sal monetisering vir jou kanaal gedeaktiveer word. Skep eerder die AdSense vir YouTube-rekening direk in YouTube Studio.

Ander foute

Probeer die volgende as jy ander tegniese foute ondervind wat nie op hierdie bladsy uiteengesit word nie:

  • Maak alle blaaieroortjies toe.
  • Vee jou blaaier se kasgeheue en webkoekies uit.
  • Gebruik ’n privaat of Incognito-venster (om seker te maak dat geen ander Google-rekeninge aangemeld is nie).

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
1458442788363599016
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false