Belangrike inligting vir ouers oor YouTube Kids

YouTube Kids is gebou om 'n prettige, gesinsvriendelike plek vir kinders en gesinne te wees. Die YouTube Kids-app het gewilde kindervideo's en diverse nuwe inhoud wat aangebied word op ’n manier wat vir kinders maklik is om te gebruik. 

Jy kan besluit watter YouTube-ervaring die beste is vir jou gesin. Kry meer inligting oor ervarings onder toesig op YouTube.

Voor jou kind aan die gang kom, is daar 'n paar besonderhede wat ons wil seker maak jy verstaan:

YouTube Kids-profiele

YouTube Kids laat ouers wat aangemeld is toe om 'n aparte profiel vir elke kind in hulle huishouding te skep. Elke profiel het 'n aparte stel kykvoorkeure en -aanbevelings en laat verskeie kinders toe om die YouTube Kids-app ten beste te benut.

Profiele is beskikbaar op toestelle waar:

  • Die ouer aangemeld is, en
  • Die YouTube Kids-app geïnstalleer is.

Jy kan tot agt profiele hê. Vind uit hoe om 'n profiel te skep.

Let wel: Jy kan ook YouTube Kids gebruik sonder om aan te meld.
Hoe word video's gekies wat in YouTube Kids beskikbaar is?

Een opsie is om jou kind toe te laat om alle video's op YouTube Kids te verken. Ouers kan uit 3 ouderdomsgegronde inhoudinstellings kies: 

  • Voorskool (4 jaar en jonger)
  • Jonger (5-8 jaar)
  • Ouer (9-12 jaar)

Ons outomatiese stelsels kies inhoud uit die breër wêreld van video's op YouTube. Ons werk hard daaraan om inhoud uit te sluit wat nie vir kinders geskik is nie. Maar ons kan nie alle inhoud handmatig hersien nie en geen geoutomatiseerde stelsel is perfek nie. As jy iets kry wat onvanpas is, kan jy dit blokkeer of aangee vir vinnige hersiening.

Nog 'n opsie is om self die inhoud te kies waartoe jou kind toegang het (Keur self inhoud goed). As jy hierdie opsie kies, kan jou kind nie soek nie. Vir meer inligting oor hoe om hierdie opsie te implementeer, kan jy na die YouTube Kids-gids verwys vir ouerkontroles en -instellings.

Kies die opsie wat jy dink die beste vir jou kind is. Jy kan hierdie instellings enige tyd verander. Ons bied ook verskeie nutsgoed en instellings, wat hieronder beskryf word, wat jy kan gebruik om jou kind se ervaring verder te beheer. Kom meer te wete oor ouerkontroles en -instellings.
 

Hoe ontdek 'n kind video's in YouTube Kids?

Video's in YouTube Kids kan op verskeie maniere ontdek word:

Soek

Wanneer jy Soek aanskakel, laat jy jou kind toe om miljoene video's te vind en te kyk wat in YouTube Kids beskikbaar is. Hierdie video's word deur 'n spesiale algoritme gekies wat ontwerp is om relevante en geskikte resultate te verskaf.
Maar video's wat deur Soek beskikbaar is, is nie onderworpe aan kontrolering deur ’n mens nie. Die verskeidenheid en omvang van die inhoud wat YouTube hanteer, is reusagtig. Al werk ons dus hard om alles reg te kry, kan jou kind soms inhoud kry wat jy dalk nie wil hê hulle moet kyk nie.
As jy jou kind se ervaring tot 'n meer beperkte stel inhoud wil inperk, kan jy Soek deur middel van die ouerinstellings afskakel. Deur soek af te skakel, sal jou kind net toegang hê tot kanale wat deur YouTube Kids geverifieer is. Hou in gedagte dat ongeag of Soek in jou app aan- of afgeskakel is, daar altyd 'n kans is dat jou kind inhoud kan vind wat jy nie wil hê hulle moet kyk nie.
Let wel: Wanneer jy Soek afskakel, sal jou Kyk- en Soek-geskiedenis uitgevee word, sowel as Aanbevole en Kyk dit weer-video's.
Bykomend tot die afskakel van Soek, bied YouTube Kids nog ouerkontroles om jou te help om die regte ervaring vir jou kind te kies. Kom meer te wete oor ouerkontroles en -instellings.

Video's op die tuisskerm

Video's op die tuisskerm is volgens kategorieë gegroepeer, soos "Programme" en "Musiek". YouTube Kids kan van tyd tot tyd tydelike kategorieë soos "Lees" bekendstel om leesmaand te vier. Hierdie video’s word deur die app gekies met gebruik van ’n spesiaal geleerde algoritme en ’n mate van kontrolering deur ’n mens. Die video's kan gegradeer word op grond van wat jou kind gekyk of gesoek het. Hierdie video's verteenwoordig net 'n substel van die miljoene video's wat op YouTube Kids beskikbaar is.
As jy die "Slegs goedgekeurde inhoud"-instelling kies, sal daar net een kategorie op jou kind se tuisskerm wees. Hierdie kategorie wat "Goedgekeur vir jou" genoem word, sal die inhoud bevat wat jy spesiaal uitgesoek het.

Aanbevole video's

Aanbeveelde video’s word deur ons algoritme gekies en is nie altyd onderworpe aan kontrolering deur ’n mens nie. Aanbevole video's wys wanneer Soek aan of af is en word aangebied as 'n ekstra kategorie op die tuisskerm nadat verskeie video's in YouTube Kids gekyk is. Aanbevole video's kan ook in die vier kategorieë video's op die tuisskerm verskyn en as voorstelle vir jou kind om te kyk nadat hulle video's op die tuisskerm gekyk of vir 'n video gesoek het. Aanbevole video's word gegrond op wat in die app gekyk is of na gesoek is en word verkry uit die volledige stel video's wat in YouTube Kids beskikbaar is.
Jy kan Aanbevole video's terugstel deur die app se geskiedenis in ouerinstellings uit te vee. Let daarop dat wanneer jy Soek afskakel, Aanbevole video's sowel as jou kyk- en soekgeskiedenis uitgevee sal word.
Wanneer Onderbreek geskiedenis aangeskakel is, sal die app ophou om nuwe video's wat jy kyk of terme waarvoor jy soek te gebruik om jou Aanbevole video's te beïnvloed. Jy kan Onderbreek geskiedenis in ouerinstellings aan- of afskakel.
Jy kan 'n profiel vir jou kind skep sodat verskeie kinders elk hulle eie aanbevelings kan hê.
As jou kind se profiel op Slegs Goedgekeurde Inhoud gestel is, sal Aanbevole Video's net gekies word uit inhoud wat jy vir jou kind goedgekeur het. Kom meer te wete oor Aanbevole video's.

Kyk dit weer

Kyk dit weer laat jou kind toe om uit video's te kies wat voorheen in die app gekyk is.
Jy kan Kyk dit weer-video's terugstel deur die app se geskiedenis in ouerinstellings uit te vee. Let daarop dat wanneer jy Soek afskakel, jou Kyk dit weer-video's uitgevee sal word saam met jou kyk- en soekgeskiedenis.
Wanneer Onderbreek geskiedenis op die app aan is, sal die app ophou om nuwe video's wat jy kyk of terme wat jy soek, te gebruik om jou Kyk dit weer-video's te beïnvloed. Jy kan Onderbreek geskiedenis in ouerinstellings aan- of afskakel.
Jy kan 'n profiel vir jou kind skep sodat verskeie kinders elk hulle eie aanbevelings kan hê.

Watter ouerkontroles is in YouTube Kids beskikbaar?

Ons het kenmerke ingesluit sodat jy die YouTube Kids-ervaring vir jou kind kan pasmaak. Jy kan byvoorbeeld 'n afteller stel om te beperk hoeveel tyd 'n kind op die app bestee. Ander kontroles sluit in:

Kom meer te wete oor ouerkontroles en -instellings.

Watter tipe bemarking of advertensies verskyn in YouTube Kids?

Ons laat beperkte betaalde advertensies ("Betaalde Advertensies") in die app toe sodat ons dit kosteloos kan aanbied. Wanneer jou kind ’n video in die app speel, sal hulle dalk ’n betaalde advertensie sien wat gemerk is met "Advertensie" en voorafgegaan word deur ’n advertensie-inleiding. Hierdie betaalde advertensies moet ons reklamebeleide nakom wat, byvoorbeeld, sekere kategorieë uitsluit, soos kos en drinkgoed. Kom meer oor Advertensies in YouTube Kids en ons reklamebeleide te wete.

Video’s wat deur gebruikers op YouTube gelaai word, is nie betaalde advertensies nie, en word derhalwe nie as ’n advertensie gemerk nie en is ook nie aan ons reklamebeleide onderhewig nie. Dit kan ook inhoud oor of deur maatskappye insluit wat moontlik ook advertensies in die app aangekoop het. ’n Soektog na treine kan byvoorbeeld lei na treinstrokiesprente, liedjies en video’s van regte treine wat deur ’n gebruiker of ’n speelgoedtreinmaatskappy opgelaai is, wat ons glad nie as betaalde advertensies reken nie, aangesien dit nie deel van die YouTube Kids-advertensieprogram vorm nie. Net so kan ’n soektog na sjokolade ’n gebruikeropgelaaide video oor die maak van sjokolade-fudge wys, selfs al laat ons nie betaalde advertensies vir sjokolademakers toe nie. Kom meer te wete oor Video's op YouTube Kids.

As jy video's sonder betaalde advertensies saam met jou kind wil kyk, kan jy die YouTube Kids-app met YouTube Premium probeer. Meer inligting.

Insameling en gebruik van inligting en persoonlike data op YouTube Kids

Vir volledige inligting oor ons datapraktyke kan jy die YouTube Kids-privaatheidkennisgewing bekyk. Jy sal hierdie kennisgewing by kids.youtube.com/t/privacynotice of in die app se Instellings onder die Privaatheid-afdeling vind.
Ons tref voorsorg om die gebruikers van ons app se privaatheid te beskerm. Dit is belangrik dat die kind wat die app sal gebruik se ouer of wettige voog hierdie kennisgewing lees voor die kind aan die gang kom. As jy nie die kind wat YouTube Kids sal gebruik se ouer of wettige voog is nie of indien jy is, maar jy nie met ons privaatheidpraktyke saamstem nie, moet jy nie die kind toelaat om die app te gebruik nie.
Hierdie app word deur Google LLC bedryf, met 1600 Amphitheatre Pkwy, Mountain View, CA 94043, United States as hul adres.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
1276037301104212565
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
false
false