Kennisgewing

If you’re reaching out about an error message or a blank screen in your Channel Analytics in YouTube Studio, we are aware and working on a fix. You can follow along here for updates. Our teams are currently experiencing high support volumes. Please expect longer than usual wait times for responses to questions from email, chat, and @TeamYouTube on Twitter. 

YouTube Vennootprogram-oorsig en -geskiktheid

Ons brei die YouTube Vennootprogram (YVP) na meer skeppers uit met vroeër toegang tot aanhangerbefondsing en Inkopies-kenmerke. Die uitgebreide YouTube Vennootprogram is beskikbaar vir kwalifiserende skeppers in hierdie lande/streke. Lees hierdie artikel as jy in een van hierdie lande/streke is om meer inligting te kry oor die veranderinge aan YVP. 

As jy nie in een van die beskikbare lande/streke is nie, is daar vir jou geen veranderinge aan die YouTube Vennootprogram nie. 

Kyk of jy vir die uitgebreide YouTube Vennootprogram kwalifiseer. Kies Word in kennis gestel in die Verdien-area van YouTube Studio as jy nog nie kwalifiseer nie. Ons sal vir jou ’n e-pos stuur wanneer ons die uitgebreide YVP-program na jou toe ontplooi het en jy die drempels bereik het om te kwalifiseer. 
 

Die YouTube Vennootprogram (YVP) gee skeppers groter toegang tot YouTube-hulpbronne en -monetiseringkenmerke, en toegang tot ons Skepperondersteuning-spanne. Dit maak ook inkomstedeling moontlik uit advertensies wat in jou inhoud gelewer word. Kry in hierdie artikel meer inligting oor kenmerke, geskiktheidskriteria en aansoekbesonderhede.

Inleiding tot geldmaak op YouTube

Wil jy vir YVP aansoek doen, maar het dalk hulp nodig om eers jou gehoor te bou? Kyk na ons wenke om jou aanhangergemeenskap te vestig en ons wenke vir die YouTube Vennootprogram.

Wat jy nodig het om aan te sluit

  1. Volg die YouTube-kanaalmonetiseringbeleide.
    1. Dit is ’n versameling beleide en riglyne wat jou in staat stel om op YouTube te monetiseer. Jy moet daaraan voldoen wanneer jy ’n vennootooreenkoms met YouTube aanvaar.
  2. Woon in ’n land/streek waar die YouTube Vennootprogram beskikbaar is.
  3. Het geen aktiewe gemeenskapsriglynewaarskuwings op jou kanaal nie.
  4. Maak seker dat 2-stap-verifikasie vir jou Google-rekening aangeskakel is.
  5. Het toegang tot gevorderde kenmerke op YouTube.
  6. Het een aktiewe AdSense vir YouTube-rekening wat aan jou kanaal gekoppel is, of moet gereed wees om een in YouTube Studio op te stel as jy nog nie een het nie (skep slegs in YouTube Studio ’n nuwe AdSense vir YouTube-rekening – kry meet inligting).

Hoe jy kan kwalifiseer

Sodra jy verstaan wat jy nodig het om aan te sluit, kan jou kanaal kwalifiseer vir YVP met óf Kortvideo’s óf langformaatvideo’s. As jy wil hê ons moet jou in kennis stel wanneer jy kwalifiseer, kan jy Stel my in kennis wanneer ek kwalifiseer in die Verdien-area van YouTube Studio klik. Jy sal ’n e-pos kry sodra jy aan enige van die twee kwalifiseringdrempels hier onder voldoen het.

1. As jy 1 000 intekenaars met 4 000 publieke kykure in die afgelope 12 maande gekry het of
2. As jy 1 000 intekenare met 10 miljoen geldige publieke Kortvideo’s-kyke in die afgelope 90 dae gekry het.

Hou in gedagte dat enige publieke kykure vanaf Kortvideo’s-kyke in die Kortvideo’s-stroom nie by die drempel van 4 000 publieke kykure sal tel nie.

Meer oor kwalifiseringdrempels

Hierdie drempels help ons om ’n meer ingeligte besluit te maak oor of jou kanaal aan ons beleide en riglyne voldoen. Sodra jy aansoek gedoen het, sal jou kanaal ’n standaardkontroleringproses ondergaan om te sien of dit aan ons beleide en riglyne voldoen. As dit aan ons beleide en riglyne voldoen, sal ons jou kanaal in YVP aanvaar. Hou in gedagte dat ons kanale in YVP deurgaans nagaan om seker te maak dat hulle aanhou om aan ons beleide en riglyne te voldoen.

Waar om aansoek te doen

✨ NUUT✨ Vroeër toegang tot YouTube Vennootprogram-kenmerke

Sodra jy het wat jy nodig het en jou kanaal kwalifiseer om aansoek te doen, kan jy óf op ’n rekenaar, óf op ’n mobiele toestel by YVP aansluit:

  1. Meld aan by YouTube
  2. Klik jou profielfoto bo regs en dan YouTube Studio
  3. Klik Verdien op die linkerkieslys
  4. Kies Doen nou aansoek om te begin
  5. Klik Begin om Basisbepalings te lees en te Aanvaar
  6. Klik Begin om ’n AdSense vir YouTube-rekening op te stel of ’n bestaande aktiewe een te koppel

Sodra jy klaar is, sal jy Tans besig in die Word Gekontroleer-stap sien, wat beteken dat ons jou aansoek ontvang het!

Hoe ons jou aansoek nagaan

Jou kanaal sal outomaties op ’n kontroleringwaglys geplaas word nadat jy YVP se bepalings aanvaar en ’n aktiewe AdSense vir YouTube-rekening gekoppel het. Ons geoutomatiseerde stelsels en mense wat kontrolerings uitvoer sal jou kanaal in die geheel nagaan om seker te maak dat dit aan al ons beleide en riglyne voldoen. Besoek enige tyd weer die Verdien-afdeling van YouTube Studio om die status van jou aansoek te sien.

Sodra jou kanaal nagegaan is (gewoonlik binne omtrent 1 maand), sal ons jou laat weet wat ons besluit is. 

Hou in gedagte dat vertragings moontlik is weens aansoekvolumes wat hoër is as gewoonlik, stelselkwessies, of hulpbronbeperkings. Alle YVP-aansoeke word verwerk in die volgorde waarin ons dit ontvang. Soms het kanale veelvuldige kontrolerings nodig, veral wanneer verskeie kontroleerders nie saamstem oor jou kanaal se geskiktheid vir YVP nie. Dit kan die tyd verleng wat nodig is om ’n besluit te maak.

Moenie bekommerd wees as jou eerste aansoek nie geslaag het nie – jy kan binne 21 dae teen die besluit appelleer, of aanhou om oorspronklike inhoud op te laai, en jy sal ná 30 dae weer kan aansoek doen. As dit nie jou eerste aansoek is wat afgekeur word nie, of as jy vroeër weer aansoek gedoen het, kan jy ná 90 dae weer probeer. Ons kontroleerders het waarskynlik bevind dat ’n beduidende deel van jou kanaal tans nie ons beleide en riglyne volg nie, en daarom moet jy seker maak dat jy al jou kanaal se inhoud daarvolgens nagaan en jou kanaal aanpas voordat jy weer aansoek doen. Kry meer inligting oor stappe wat jy kan doen om jou aansoek vir die volgende keer te versterk.

Kies hoe om te verdien en betaal te word

Sodra jy in YVP is, kan jy in YouTube Studio begin met kykbladsy-advertensies, Kortvideo’s-stroomadvertensies, lidmaatskappe, Supers, inkopies, en meer. Jy moet die relevante modulebepalings lees en aanvaar as jy monetiseringkenmerke wil aanskakel. Kry hier meer inligting oor die modules en hul opsies.

Nadat jy gekies het hoe jy wil monetiseer, sal jy advertensievoorkeure kan bestuur, monetisering vir jou oplaaie kan aanskakel, en meer. Hier is ’n lys gereelde vrae wat ons van skeppers kry wat pas by YVP aangesluit het.

Word betaal

Besoek ons hulpsentrum vir ’n beter begrip van jou verdienste as ’n YouTube-vennoot, vind meer uit oor AdSense vir YouTube (Google se program waarmee skeppers in YVP betaal word), en foutspoor algemene betalingkwessies.

Bly aktief om aan te hou geld maak

Soos die YouTube Vennootprogram aanhou groei, is dit belangrik om ’n gesonde, aktiewe kanaalstelsel te handhaaf. Om te fokus op steun vir skeppers wat aktief en betrokke by die gemeenskap is, sal ons dalk monetisering afskakel vir kanale wat vir 6 maande of langer nie ’n video opgelaai het of op die Gemeenskapoortjie geplaas het nie.

Gereelde vrae oor aansoeke en meer

Wat as ek nie die programdrempel bereik nie?

As jy nog nie aan die vereistes voldoen nie, moet jy aanhou werk om oorspronklike inhoud te skep en jou gehoor te bou. Hier is ’n paar hulpbronne wat jou kanaal kan help groei:

As jy aktiewe gemeenskapsriglynewaarskuwings op jou kanaal het, kan jy aansoek doen nadat jou waarskuwings verstryk het. Jy kan ook aansoek doen nadat jy suksesvol geappelleer het om jou gemeenskapsriglynewaarskuwings te laat verwyder. Huidige lede van die program sal nie verwyder word wanneer hulle gemeenskapsriglynewaarskuwings kry nie.

Wat beteken “geldige publieke kykure” en “geldige publieke Kortvideo’s-kyke”?

Geldige publieke kykure

Wat tel as ’n geldige publieke kykuur:

  • Kykure wat jy gekry het uit lang video’s wat jy op publiek gestel het

Kykure wat jy uit die volgende tipes video gekry het, tel nie vir die YVP-drempels nie:

  • Privaat video’s
  • Ongelyste video's
  • Video’s wat uitgevee is
  • Advertensieveldtogte
  • YouTube Kortvideo’s
  • Regstreekse strome wat ongelys of uitgevee is of wat nie na VOA (video op aanvraag) omgeskakel is nie

Geldige publieke Kortvideo’s-kyke

Wat tel as ’n geldige publieke Kortvideo’s-kyk:

  • Kyke van Kortvideo’s wat jy publiek gestel het en wat in die Kortvideo’s-stroom verskyn
Hou in gedagte dat enige publieke kykure vanaf Kortvideo’s-kyke in die Kortvideo’s-stroom nie by die drempel van 4 000 publieke kykure sal tel nie. Raadpleeg ons YouTube Kortvideo’s-monetiseringbeleide vir inligting oor die geskiktheid van Kortvideo’s-kyke wat betref hoe ons betalings bereken.

As ek die drempel bereik, kom ek outomaties by YVP in?

Nee. Elke kanaal wat die drempel bereik, sal deur ’n standaardkontroleringproses gaan. Ons span sal jou kanaal as geheel nagaan om te kyk of dit aan YouTube se kanaalmonetiseringbeleide voldoen. Om te kan aansoek doen, moet jou kanaal ook geen aktiewe gemeenskapsriglynewaarskuwings hê nie. Kanale wat ons beleide en riglyne volg, kan monetiseer.

Wat gebeur as my tellings onder die drempel daal nadat ek aansoek gedoen het?

Ons sal jou kanaal vir hersiening stuur sodra jy ons drempel vir geldige publieke kykure en intekenare bereik. Dit maak dus nie saak of jou intekenaar- of kykuurtellings onder die drempel daal terwyl dit op hersiening wag nie. As jy die drempel bereik en vir YVP aansoek gedoen het, sal ons steeds jou kanaal vir YVP-geskiktheid nagaan. Let daarop dat ’n kanaal al die YVP-aansluitingstappe moet voltooi (wat tans ondertekening van die kontrak en assosiëring van ’n AdSense vir YouTube-rekening insluit) voordat dit nagegaan sal word.

As ’n kanaal onaktief is en 6 maande of langer niks opgelaai het en nie Gemeenskapplasings geplaas het nie, behou YouTube die reg voor om die monetisering daarvan te verwyder.

Kanale sal monetisering verloor as hulle enige van die YouTube Kanaalmonetiseringbeleide oortree. Hierdie verlies aan monetisering sal ongeag die kykure en intekenaartelling gebeur.

Ek’s nie meer in YVP nie (of ek was nooit in die program nie) en ek sien advertensies in my video’s. Verdien ek inkomste uit daardie advertensies?

YouTube kan advertensies in alle inhoud op die platform lewer. As jy voorheen ’n lid van YPP was (en jy is tans nie in die program nie), sal jy dalk steeds sien dat advertensies in jou inhoud gelewer word. In hierdie geval kry jy nie ’n deel van die inkomste nie.

As jy in die toekoms weer by YVP aansluit, kan jy nadat jy weer aangesluit het, ’n deel kry van die inkomste uit advertensies wat in jou inhoud gelewer word. Wanneer jy in daardie geval weer vir YVP aansoek doen, moet jy seker maak dat jou kanaal voldoen aan die geskiktheidskriteria wat op hierdie bladsy uiteengesit word.

 

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
16553957311677192808
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false