Beleid oor skadelike of gevaarlike inhoud

Ons beleid oor skadelike en gevaarlike inhoud sal op 18 Maart 2024 opgedateer word om ’n strenger standpunt oor gehoorvrywarings in te sluit, asook opgedateerde riglyne om die risiko van potensiële skade weens die daad wat uitgebeeld word beter te bepaal.
YouTube laat nie inhoud toe wat gewelddadige of onwettige aktiwiteite aanmoedig wat die risiko van ernstige fisieke leed of sterfte inhou nie.
 
As jy inhoud kry wat hierdie beleid oortree, moet jy dit aangee

 

Spring na ’n spesifieke gedeelte van hierdie artikel:

Belangrik: Hierdie beleid is van toepassing op video’s, videobeskrywings, opmerkings, regstreekse strome en enige ander YouTube-produk of -kenmerk. Hierdie beleid is ook van toepassing op eksterne skakels in jou inhoud. Dit kan klikbare URL’e en ander vorme insluit, asook om gebruikers in die video verbaal na ander werwe toe te stuur.

Beleid oor skadelike of gevaarlike inhoud

Wat hierdie beleid vir jou beteken

Let wel: Die lys hier onder is nie volledig nie. Moenie jou inhoud plaas as jy dink dat dit dalk hierdie beleid sal oortree nie.
Die volgende inhoud word nie op YouTube toegelaat nie:

Skadelike of gevaarlike optrede, uitdagings en poetse

  • Uiters gevaarlike uitdagings: Uitdagings wat dreigende gevaar van fisieke besering inhou.
  • Gevaarlike of bedreigende poetse: Poetse wat veroorsaak dat slagoffers vrees dat hulle in ernstige, fisieke gevaar verkeer, of wat ernstige emosionele angs in minderjariges veroorsaak.
  • Skadelike of gevaarlike dade: Dade wat deur volwassenes uitgevoer word wat ’n risiko van ernstige skade of sterfte inhou.
  • Minderjariges wat aan gevaarlike aktiwiteite deelneem: Inhoud wat die emosionele en fisieke welstand van minderjarige in gevaar stel. Lees ons beleid oor kinderveiligheid vir meer inligting.

Wapeninhoud

  • Instruksies om dood te maak of leed aan te doen: Instruksies wat kykers wys hoe of aansê om aktiwiteite uit te voer wat bedoel is om ander mense dood te maak of ernstige leed aan te doen.
  • Plofstof: Die gee van instruksies om ploftoestelle of plofbare mengsels te maak wat bedoel is om ander mense te beseer of dood te maak.
  • Vuurwapens: Lees ons beleid oor vuurwapens vir meer inligting.

Inhoud met betrekking tot digitale veiligheid

  • Aanwysings vir diefstal: Video’s met aanwysings vir diefstal met die uitdruklike doel om fisieke items te steel of iets verniet te kry.
  • Kuberkrakery: Demonstreer hoe om rekenaars of inligtingtegnologie te gebruik om eiebewyse te steel, persoonlike data te kompromitteer, of ernstige skade vir ander te veroorsaak.
  • Omseiling van betaling vir digitale inhoud of dienste: Inhoud wat kykers wys hoe om ongemagtigde toegang te kry tot inhoud, sagteware of dienste waarvoor betaling gewoonlik vereis word.
  • Uitvissing: Inhoud wat persoonlik identifiseerbare inligting wat nie openbaar is nie by kykers probeer kry deur hulle te mislei, of wat instruksies gee oor hoe om dit te doen.
    • Kripto-uitvissing: Versoeke om kriptogeldeenheid- of kriptogeldeenheidverwante beursiebesonderhede as deel van ’n uitvissingskema.

Onwettige of gereguleerde goedere of dienste

Voorbeelde van skadelike of gevaarlike inhoud

Hier is ’n paar voorbeelde van skadelike of gevaarlike inhoud wat nie op YouTube toegelaat word nie. 

Let wel: Die lys hier onder is nie volledig nie.

Uiters gevaarlike uitdagings

  • Versmoring: Enige aktiwiteit wat asemhaling verhinder of tot versmoring kan lei. Voorbeelde sluit in:
    • Verwurging-, verdrinking- of hangspeletjies
    • Die eet van items wat nie kos is nie
  • Misbruik van wapens: Die gebruik van wapens, soos vuurwapens of messe, sonder behoorlike veiligheidsvoorsorgmaatreëls of op ’n manier wat fisieke leed kan veroorsaak. Voorbeelde sluit die “No Lackin”-uitdaging in.
  • Inname van skadelike middels: Om chemikalieë of voorwerpe wat nie kos is nie en wat siekte of vergiftiging kan veroorsaak, te eet, te drink of in te druk. Voorbeelde sluit in uitdagings om reinigingsmiddels te eet.
  • Brand, vries en elektrokusie: Aktiwiteite wat ernstige risiko van ernstige brandwonde, bevriesing, vriesbrand of elektrokusie inhou. Voorbeelde sluit in die branduitdaging en die warmwateruitdaging
  • Verminking en stompvoorwerpbeserings: Voorbeelde sluit in:
    • Selfverminking
    • Volg nie normale gesondheidspraktyke nie
    • Valle, deurboring, botsings, stompvoorwerpbeserings of vergruising

Let wel: Ons kan ouderdomsbeperkings plaas op inhoud wat opvoedkundige of dokumentêre konteks het.

Gevaarlike of dreigende poetse

  • Doelbewuse fisieke leed: Om niksvermoedende poetsslagoffers fisiek te beseer. Voorbeelde sluit in:
    • Slaanaanvalle
    • Om lakseermiddels met kos of drinkgoed te meng
    • Elektrokusiepoetse
  • Om iemand te laat voel dat hulle in onmiddellike gevaar verkeer: Om mense te mislei om te dink dat hulle in werklike gevaar verkeer, selfs al word hulle geen fisieke leed aangedoen nie. Voorbeelde sluit in:
    • Dreigemente met wapens
    • Bomdreigemente
    • Skyn- of vals 911-oproepe
    • Skynhuisinbrake of -rooftogte
    • Skynontvoerings
  • Emosionele angs vir minderjariges: Enige poets wat emosionele angs of vrees of ’n bedreiging van fisieke veiligheid onder kinders of ander kwesbare mense veroorsaak. Voorbeelde sluit in:
    • Skyndood of -selfdood
    • Skyngeweld
    • Om voor te gee dat ’n ouer of versorger ’n kind sal verlaat
    • Om ’n ouer of versorger te wys wat ’n kind verbaal mishandel of beskaamd maak

Let wel: Ons kan ouderdomsbeperkings plaas op poetsinhoud wat volwassenes behels en wat nie ons beleide oortree nie.

Skadelike of gevaarlike optrede

  • Loop die risiko van ernstige leed of sterfte: Optrede wat volwassenes wys wat die risiko van ernstige liggaamlike leed of sterfte inhou, veral as iemand wat dit kyk die gevaarlike daad kan naboots, of as die inhoud die gevaarlike daad aanmoedig of ophemel. Gevaarlike dade sluit in, maar is nie beperk nie tot, enige daad in die kategorieë wat onder Uiters gevaarlike uitdagings hier bo gelys is, soos dade wat die risiko van versmoring of elektrokusie inhou.
    • Ons laat ook nie inhoud toe wat gevaarlike dade deur minderjariges wys nie. Dit sluit inhoud in wat minderjariges wys wat:
      • Alkohol drink
      • Verdampers, e-sigarette, tabak of dagga gebruik
      • Vuurwerk misbruik
      • Vuurwapens sonder toesig gebruik
  • Uiters gevaarlike bestuur: Om ’n motorvoertuig op ’n manier te gebruik wat dreigende gevaar van ernstige besering of sterfte vir die bestuurder of ander mense inhou. Voorbeelde sluit in:
    • Selfoonbeeldmateriaal van ’n motorfietsryer wat opsetlik met hoë spoed tussen aankomende verkeer inry. ’n Stemkommentaar reageer en sê: “Sjoe, dit was gek!”
    • Om ’n motor met hoë spoed te ry op ’n wandelpad wat vir voetgangers bedoel is.

Instruksies om leed te veroorsaak

  • Die maak van bomme: Om kykers te wys hoe om ’n bom te bou wat bedoel is om ander mense te beseer of dood te maak. Voorbeelde sluit in:
    • Pypbomme
    • Pakkiebomme
    • Onderbaadjies wat ontplof
    • Petrolbomme
  • Geweld waarby kinders betrokke is: Enige regte gevegte of geweld tussen kinders. Lees ons beleid oor kinderveiligheid vir meer inligting.

Let wel: Ons kan ouderdomsbeperkings plaas op inhoud wat dokumentêre of opvoedkundige konteks het.

Inhoud met ’n ouderdomsbeperking

Let wel: Die lys hier onder is nie volledig nie.
Soms oortree inhoud nie ons beleid nie, maar dit is dalk nie geskik vir kykers onder 18 nie.
Ons kan inhoud wat ’n gevaarlike daad wys beperk pleks van verwyder as dit aan een of meer van die volgende kriteria voldoen:
  • As die konteks opvoedkundig, dokumentêr, wetenskaplik of kunstig is, soos as inligting oor die risiko’s van die daad verskaf word. Dit kan byvoorbeeld konteks insluit waarin die soorte beserings verduidelik word wat opgedoen kan word as die gevaarlike daad uitgevoer word, of om jou ervaring te beskryf van hoe jy weens die gevaarlike daad beseer is. Dit kan ook konteks insluit waarin die soorte voorsorgmaatreëls of opleiding verduidelik word wat nodig is om die daad veilig uit te voer en besering te voorkom. Om te sê: “Moenie dit by die huis probeer nie” is nie voldoende konteks nie.
  • Die daad wat gewys word, hou nie ’n risiko van ernstige besering in nie.
  • Die inhoud bevorder nie die daad wat gewys word nie. Bevordering sluit enige vorm van aanmoediging of ophemeling van die daad in, of om instruksies te gee oor hoe om die daad uit te voer.

Kry meer inligting oor inhoud met ’n ouderdomsbeperking en hoe om video’s met ’n ouderdomsbeperking te kyk.

Voorbeelde van inhoud met ’n ouderdomsbeperking

  • Poetsinhoud wat volwassenes wat uitermatig baie vals bloed gebruik of grusame vals beserings wys.
  • Die wys van beeldmateriaal van mense wat aan ’n gevaarlike uitdaging deelneem, met kommentaar wat die aantal mense beskryf wat ernstig weens die uitdaging beseer is.
  • Inhoud wat volwassenes wys wat vuurwerk misbruik.
  • Inhoud wat volwassenes wys wat skoktoestelle op ander gewillige deelnemers of hulself gebruik.
  • Inhoud wat ’n volwasse parkouratleet wys wat op video’s van uiters gevaarlike amateurtoertjies reageer en oor die risiko van skade kommentaar lewer.

Opvoedkundige, dokumentêre, wetenskaplike of artistieke inhoud

Inhoud wat andersins ons gemeenskapsriglyne sou oortree, kan soms toegelaat word om op YouTube te bly wanneer dit opvoedkundige, dokumentêre, wetenskaplike of artistieke (EDSA-) konteks het. Kry meer inligting oor hoe YouTube EDSA-inhoud beoordeel.

Let wel: In sommige gevalle kan ’n ouderdomsbeperking op EDSA-inhoud geplaas word. Sekere inhoud word nie op YouTube toegelaat nie, selfs al is EDSA-konteks bygevoeg, soos inhoud wat dwelmmiddels of gereguleerde farmaseutiese middels sonder ’n voorskrif verkoop.

Voorbeelde van EDSA-inhoud

  • ’n Nuusitem oor die gevare van verwurgingspeletjies kan geskik wees, maar om grepe uit dieselfde dokumentêre program sonder enige konteks te plaas, sal dalk nie geskik wees nie.
  • ’n Video waarin ’n professionele waaghals ’n gevaarlike motorfietssprong uitvoer wat kykers die veiligheidsvoorsorgmaatreëls wys wat getref is, soos mediese noodpersoneel op die terrein en die gebruik van beskermende toerusting.
  • ’n Dokumentêr wat die impak van dwelmgebruik op ’n bepaalde gemeenskap wys wat wel dwelmgebruik wys, maar kykers ontmoedig om dwelms te gebruik en nie inligting verskaf oor hoe om dit te maak of te koop nie.
  • ’n Video wat gevaarlike bestuur of voertuigbotsings in beheerde omgewings wys om kykers oor veilige bestuurspraktyke of voetuigveiligheidkenmerke op te lei.

Wat gebeur as inhoud hierdie beleid oortree

As jou inhoud hierdie beleid oortree, sal ons die inhoud verwyder en vir jou ’n e-pos stuur om jou daaroor in te lig. Ons kan ’n skakel wat jy plaas verwyder as ons nie kan verifieer dat die skakel veilig is nie. Let daarop dat oortredende URL’e wat in die video self of in die video se metadata geplaas word, tot gevolg kan hê dat die video verwyder word.

As dit die eerste keer is dat jy ons gemeenskapsriglyne oortree, sal jy waarskynlik ’n aanmaning sonder enige straf vir jou kanaal kry. Jy sal die kans hê om aan beleidopleiding deel te neem sodat die aanmaning ná 90 dae kan verval. As dieselfde beleid egter binne daardie 90 dae oortree word, sal die aanmaning nie verval nie en sal jou kanaal ’n waarskuwing kry. As jy ’n ander beleid oortree nadat jy die opleiding voltooi het, sal jy nog ’n aanmaning kry.

As jy binne 90 dae 3 waarskuwings kry, sal jou kanaal beëindig word. Kom meer te wete oor ons waarskuwingstelsel.

Ons kan jou kanaal of rekening weens herhaalde oortredings van die gemeenskapsriglyne of diensbepalings beëindig. Ons kan ook jou kanaal of rekening beëindig ná ’n enkele geval van ernstige misbruik, of wanneer die kanaal aan ’n beleidskending toegewy is. Ons kan herhaalde oortreders verhoed om in die toekoms aan beleidopleiding deel te neem. Kry meer inligting oor kanaal- of rekeningbeëindigings.

Maak seker dat jy vertroud is met die res van ons gemeenskapsriglyne.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
14989207998181122413
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false