Wat is kopiereg?

Wanneer ’n persoon ’n oorspronklike werk skep wat in ’n fisieke medium vasgevang is, besit hulle in baie lande outomaties kopiereg op die werk. As die kopieregeienaar het hulle die eksklusiewe reg om die werk te gebruik. Gewoonlik kan die kopieregeienaar sê of iemand anders toestemming het om die werk te gebruik. 

Watter soorte werk is onderworpe aan kopiereg?
  • Oudiovisuele werke, soos TV-programme, flieks en aanlyn video’s
  • Klankopnames en musiekkomposisies
  • Geskrewe werke, soos lesings, artikels, boeke en musiekkomposisies
  • Visuele werke, soos skilderye, plakkate en advertensies
  • Videospeletjies en rekenaarsagteware
  • Toneelwerke, soos toneelstukke en musiekblyspele

Idees, feite en prosesse is nie aan kopiereg onderworpe nie. Ingevolge kopieregwetgewing moet ’n werk kreatief wees en moet dit in ’n tasbare medium vasgevang wees om vir kopieregbeskerming te kwalifiseer. Name en titels is nie op sigself onderworpe aan kopiereg nie.

Kan ek ’n kopieregbeskermde werk gebruik sonder om kopiereg te skend?

Dit is moontlik om kopieregbeskermde inhoud te gebruik sonder om kopiereg te skend, soos in gevalle van kopiereguitsonderings, soos billike gebruik en billike handelgebruik, of deur toestemming te kry om iemand anders se inhoud te gebruik.

Kry meer inligting oor jou opsies vir die gebruik van musiek as jy dit oorweeg om iemand anders se musiek in jou video te gebruik:

Opsies vir die gebruik van musiek in jou video’s

 

Sommige inhoudskeppers kies ook om hul werk beskikbaar te maak vir hergebruik met sekere vereistes. Dit word ’n Creative Commons-lisensie genoem.

Kan YouTube-kopieregeienaarskap bepaal?

Nee. YouTube kan nie dispute oor regte-eienaarskap bemiddel nie. Wanneer ons ’n volledige en geldige kopieregverwyderingversoek ontvang, verwyder ons die inhoud soos deur die wet vereis word. Wanneer ons ’n geldige verweerkennisgewing ontvang, stuur ons dit aan na die persoon wat die verwydering versoek het. Daarna moet die betrokke partye die kwessie in die hof uitklaar.

Is kopiereg dieselfde as ’n handelsmerk?

Nee. Kopiereg is net een vorm van intellektuele eiendom. Dit is nie dieslefde as ’n handelsmerk nie, wat handelsname, motto’s, logo’s en ander bronidentifiseerders teen ander se gebruik daarvan vir sekere doeleindes beskerm. Kopiereg verskil ook van patentreg, wat uitvindings beskerm.

YouTube bied ’n afsonderlike verwyderingproses vir video’s wat handelsmerk- of ander wette oortree.

Wat is die verskil tussen kopiereg en privaatheid?

Net omdat jy in ’n video, prent of oudio-opname verskyn, beteken dit nie dat jy die kopiereg daarop besit nie. As jou vriend byvoorbeeld ’n gesprek tussen julle twee verfilm het, sal hulle die kopiereg op daardie video-opname besit. Die woorde wat julle twee sê is nie self afsonderlik van die video onderworpe aan kopiereg nie, tensy hulle vooraf vasgevang was.

As jou vriend of iemand anders ’n video, prent of opname van jou sonder jou toestemming opgelaai het, en jy reken dat dit jou privaatheid of veiligheid skend, kan jy dit oorweeg om ’n privaatheidsklag in te dien.

Algemene mites oor kopiereg

Hier onder is ’n paar algemene misvattings oor kopiereg en hoe dit op YouTube werk. Hou in gedagte dat as jy enige van die volgende dinge doen, dit nie jou inhoud sal beskerm teen kopieregverwyderingversoeke of Content ID-eise nie:

Mite 1: As jy aan die kopieregeienaar erkenning gee, beteken dit dat jy hul inhoud kan gebruik

As jy erkenning aan die kopieregeienaar gee, gee dit jou nie outomaties die regte om hul werk met kopiereg te gebruik nie. Jy moet seker maak dat jy al die nodige regte op alle kopieregbeskermde elemente in jou video gekry het voordat jy dit na YouTube oplaai.

As jy meen dat jou gebruik van kopieregbeskermde inhoud as ’n kopiereguitsondering, soos billike gebruik of billike handelgebruik, kwalifiseer, moet jy in gedagte hou dat selfs al voeg jy oorspronklike materiaal by iemand anders se werk met kopiereg, jou video dalk nie vir ’n kopiereguitsondering sal kwalifiseer nie. Maak seker dat jy jou inhoud versigtig beoordeel, en kry regsadvies indien nodig voordat jy dit oplaai.

Mite 2: As jy daarop aanspraak maak dat jy “niewinsgewend” is, beteken dit dat jy enige inhoud kan gebruik.

Om nie geld van kopieregbeskermde werk te probeer maak nie, verhinder nie kopieregeise nie. Om te verklaar dat jou oplaai “slegs vir vermaaklikheidsdoeleindes” of “niewinsgewend” is, is nie op sigself voldoende nie.

Wat kopiereguitsonderings, soos billike gebruik of billike handelgebruik, betref sal howe die doel met jou gebruik versigtig ondersoek om te bepaal of dit as ’n kopiereguitsondering kwalifiseer. Byvoorbeeld, “niewinsgewende” gebruike word in die ontleding vir billike gebruik verkies, maar dit is nie op sigself ’n outomatiese verdediging nie.

Mite 3: Ander skeppers doen dit, en daarom kan jy ook

Selfs al is daar nog video’s op die werf wat soortgelyk lyk aan wat jy opgelaai het, beteken dit nie noodwendig dat jy die regte het om die inhoud te plaas nie.

Soms magtig ’n kopieregeienaar sommige van, maar nie al hul werke nie om op ons werf te verskyn. In ander gevalle word video’s wat baie soortgelyk is deur verskillende kopieregeienaars besit, en die een gee dalk toestemming terwyl ’n ander een dit nie doen nie.

Mite 4: Jy kan inhoud gebruik wat jy op iTunes, ’n CD of ’n DVD gekoop het

Net omdat jy inhoud gekoop het, beteken dit nie dat jy die regte besit om dit na YouTube op te laai nie. Selfs al gee jy die kopieregeienaar erkenning, kan die plasing van video’s wat inhoud insluit wat jy gekoop het steeds kopieregwetgewing oortree.

Mite 5: Inhoud wat jy self van die TV, in ’n fliekteater of van die radio opgeneem het, is aanvaarbaar

Net omdat jy iets self opgeneem het, beteken dit nie altyd dat jy al die regte besit om dit na YouTube op te laai nie. As dit wat jy opgeneem het iemand anders se kopieregbeskermde inhoud insluit, soos musiek met kopiereg wat op die agtergrond speel, sal jy steeds die kopieregeienaars se toestemming moet kry.

Mite 6: Sê “geen kopieregskending word bedoel nie”

Frases en vrywarings soos “alle regte gaan aan die skrywer”, “geen skending bedoel nie” of “ek besit nie” beteken nie dat jy die kopieregeienaar se toestemming het om die inhoud te plaas nie, en hulle beteken ook nie dat die gebruik van die inhoud outomaties as ’n kopiereguitsondering, soos billike gebruik of billike handelgebruik, kwalifiseer nie.

Mite 7: Dit is aanvaarbaar om net ’n paar sekondes van inhoud met kopiereg te hê

Enige hoeveelheid kopieregbeskermde inhoud wat sonder die kopieregeienaar(s) se toestemming gebruik word, selfs al is dit net ’n paar sekondes, kan tot gevolg hê dat jou video ’n kopieregeis kry. As jy reken dat jou gebruik van die inhoud as ’n kopiereguitsondering, soos billike gebruik of billike handelgebruik, kwalifiseer, moet jy in gedagte hou dat slegs howe dit kan bepaal.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
4062857379491010858
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false