Oorsig van die uitgebreide YouTube Vennootprogram

Ons brei die YouTube Vennootprogram (YVP) na meer skeppers uit met vroeër toegang tot aanhangerbefondsing en Inkopies-kenmerke. Die uitgebreide YouTube Vennootprogram is beskikbaar vir kwalifiserende skeppers in hierdie lande/streke. As jy in een van hierdie lande/streke is, kan jy die artikel hier onder lees om meer inligting te kry oor die veranderinge aan YVP.  

As jy nie in een van die beskikbare lande/streke is nie, is daar vir jou geen veranderinge aan die YouTube Vennootprogram nie. Jy kan hierdie artikel lees vir die YVP-oorsig, -geskiktheid en -aansoekinstruksies wat op jou van toepassing is.

Kyk of jy vir die uitgebreide YouTube Vennootprogram kwalifiseer. Kies Word in kennis gestel in die Verdien-area van YouTube Studio as jy nog nie kwalifiseer nie. Ons sal vir jou ’n e-pos stuur wanneer ons die uitgebreide YVP-program na jou toe ontplooi het en jy die drempels bereik het om te kwalifiseer. 

Inleiding tot geldmaak op YouTube

Ons het in 2022 aangekondig dat ons die YouTube Vennootprogram (YVP) ontwikkel om aan te hou om YouTube ’n lonende plek vir skeppers te maak. Vanaf middel-Junie 2023 brei ons die YouTube Vennootprogram na meer skeppers uit met vroeër toegang tot aanhangerbefondsing en uitgesoekte Inkopies-kenmerke.

Skeppers in kwalifiserende lande kan aansoek doen vir die uitgebreide YouTube Vennootprogram wanneer hulle enige een van die kwalifiseringdrempels hier onder bereik:

  • Kry 500 intekenaars met 3 geldige publieke oplaaie in die afgelope 90 dae, en 3 000 geldige publieke kykure in die afgelope 12 maande, of
  • Kry 500 intekenaars met 3 geldige publieke oplaaie in die afgelope 90 dae, en 3 miljoen geldige publieke Kortvideo’s-kyke in die afgelope 90 dae

Kies Word in kennis gestel in die Verdien-area van YouTube Studio as jy wil hê dat ons vir jou moet sê wanneer jy kwalifiseer. Ons sal vir jou ’n e-pos stuur wanneer ons die uitgebreide YVP-program na jou toe ontplooi het en jy die bogenoemde drempels om te kwalifiseer bereik het.

Skeppers in die YouTube Vennootprogram wat ook aan die kwalifiseringdrempels hier onder voldoen, kan bykomende voordele kry soos inkomstedeling van advertensies en YouTube Premium:

  • Kry 1 000 intekenaars met 4 000 geldige publieke kykure in die afgelope 12 maande of
  • Kry 1 000 intekenaars met 10 miljoen geldige publieke Kortvideo’s-kyke in die afgelope 90 dae.

Daar is geen veranderinge aan die programvoordele vir vennote wat tans in YVP is nie.

Wat jy nodig het om by die uitgebreide YouTube Vennootprogram aan te sluit

  1. Moet aan YouTube se kanaalmonetiseringbeleide voldoen.
  2. Moet ’n kanaal in een van die beskikbare lande/streke hê.
  3. Moet seker maak dat 2-stap-verifikasie vir jou Google-rekening aangeskakel is.
  4. Moet een aktiewe AdSense vir YouTube-rekening hê, wat jy aan jou kanaal sal koppel. As jy nog nie een het nie, moet jy gereed wees om een in YouTube Studio op te stel wanneer jy aansoek doen. Maak seker dat jy ’n nuwe AdSense vir YouTube-rekening slegs in YouTube Studio skep.

Waar die uitgebreide YouTube Vennootprogram beskikbaar is

Die uitgebreide YouTube Vennootprogram is beskikbaar vir kwalifiserende skeppers in die volgende lande/streke:

  • Algerië
  • Amerikaans-Samoa
  • Argentinië
  • Aruba
  • Australië
  • Oostenryk
  • Bahrein 
  • Belarus
  • België
  • Bermuda
  • Bolivië 
  • Bosnië-Herzegowina
  • Brasilië
  • Bulgarye
  • Kanada
  • Kaaimanseilande
  • Chili
  • Colombië
  • Costa Rica
  • Kroasië 
  • Siprus
  • Tsjeggië
  • Denemarke 
  • Dominikaanse Republiek 
  • Ecuador
  • Egipte
  • El Salvador
  • Estland
  • Finland
  • Frankryk
  • Frans-Guiana
  • Frans-Polinesië
  • Duitsland
  • Griekeland
  • Guadeloupe
  • Guam
  • Guatemala
  • Hongkong
  • Honduras
  • Hongarye
  • Ysland
  • Indië
  • Indonesië
  • Ierland
  • Israel
  • Italië
  • Japan
  • Jordanië
  • Kenia
  • Koeweit
  • Letland
  • Libanon
  • Liechtenstein
  • Litaue
  • Luxemburg
  • Masedonië
  • Maleisië
  • Malta
  • Marokko
  • Meksiko
  • Nederland
  • Nieu-Seeland
  • Nicaragua
  • Nigerië 
  • Noordelike Mariana-eilande
  • Noorweë
  • Oman
  • Panama
  • Papoea-Nieu-Guinee
  • Peru
  • Filippyne
  • Pole 
  • Portugal
  • Puerto Rico
  • Paraguay
  • Katar
  • Roemenië
  • Saoedi-Arabië
  • Senegal 
  • Serwië
  • Singapoer
  • Slowakye
  • Slowenië
  • Suid-Afrika
  • Suid-Korea
  • Spanje
  • Swede
  • Switserland
  • Taiwan
  • Thailand 
  • Turkye 
  • Turks en Caicos 
  • Uganda
  • Verenigde Arabiese Emirate
  • Verenigde Koninkryk
  • Verenigde State
  • Uruguay
  • Amerikaanse Maagde-eilande
  • Viëtnam

Waar om vir die uitgebreide YouTube Vennootprogram aansoek te doen

Sodra jy het wat jy nodig het en jou kanaal kwalifiseer om aansoek te doen, kan jy óf op ’n rekenaar óf op ’n mobiele toestel by YVP aansluit:

  1. Meld op ’n rekenaar by YouTube Studio aan.
  2. Klik Verdien op die linkerkieslys.
  3. Klik Doen nou aansoek om die basisbepalings te lees en te Aanvaar.
  4. Klik Begin om ’n AdSense vir YouTube-rekening op te stel, of koppel ’n bestaande aktiewe rekening.

Wanneer jy klaar is, sal Besig in die Word Gekontroleer-stap verskyn, wat beteken dat ons jou aansoek het!

Wat ons nagaan

Ons geoutomatiseerde stelsels en mensekontroleerders sal jou kanaal in die geheel nagaan om seker te maak dat dit aan al ons beleide en riglyne voldoen. Besoek enige tyd weer die Verdien-afdeling van YouTube Studio om die status van jou aansoek te sien.

Alle YVP-aansoeke word verwerk in die volgorde waarin ons hulle kry. Sodra jou kanaal nagegaan is (gewoonlik binne omtrent 1 maand), sal ons jou laat weet wat ons besluit het.
 
Hou in gedagte dat vertragings moontlik is weens:
  • Aantal aansoeke
  • Stelselkwessies
  • Hulpbronbeperkinge
  • Kanale wat ’n paar kontrolerings vereis, veral wanneer verskeie kontroleerders nie saamstem oor ’n kanaal se geskiktheid vir YVP nie

Moenie bekommerd wees as jou eerste aansoek nie geslaag het nie – hou aan om oorspronklike inhoud op te laai, en jy kan ná 30 dae weer probeer. As dit nie jou eerste aansoek is wat afgekeur is nie, kan jy ná 90 dae weer probeer. Ons kontroleerders het waarskynlik bevind dat ’n beduidende gedeelte van jou kanaal nie tans aan ons beleide en riglyne voldoen nie. Maak daarom seker dat jy al jou kanaal se inhoud daarvolgens nagaan en jou kanaal verander voordat jy weer aansoek doen. Kry meer inligting oor stappe wat jy kan volg om jou kanaal vir die volgende keer te versterk.

Kies hoe om geld te verdien en betaal te word

Wanneer jy in YVP is, kan jy jou verdienstereis met aanhangerbefondsing en Inkopies-kenmerke begin. Lees en aanvaar die Handelsprodukmodule om aanhangerbefondsing en Inkopies-kenmerke aan te skakel. Kry meer inligting oor die module en hoe om aanhangerbefondsing en Inkopies-kenmerke aan te skakel.

Aanhangerbefondsing en Inkopies-kenmerke

Wanneer jy met 500 intekenaars by YVP aansluit, kan jy geld deur die volgende monetiseringkenmerke verdien as jy aan hul geskiktheidsvereistes voldoen:

  • Kanaallidmaatskappe laat kykers deur maandelikse betalings by jou kanaal aansluit en toegang kry tot byvoordele wat jy aanbied wat slegs vir lede is, soos kentekens, emosiekone en ander items.
  • Superklets en Super Stickers: Jou aanhangers koop Superkletse om hul boodskap binne regstreekse klets uit te lig, of Super Stickers om ’n prettige, geanimeerde prent te kry wat in regstreekse klets verskyn.
  • Superdankie:  Maak dit vir jou moontlik om inkomste te verdien uit kykers wat ekstra dankbaarheid vir jou video’s wil toon.
  • Inkopies: Maak dit vir jou moontlik om jou amptelike handelswarewinkel aan YouTube te koppel en jou produkte uit te stal.

Word betaal

Gaan na die “Word betaal”-afdeling van ons Hulpsentrum vir:

  • ’n Makliker manier om jou verdienste as ’n YouTube-vennoot te verstaan
  • Meer inligting oor AdSense vir YouTube (Google se program waardeur skeppers in YVP betaal word)
  • Inligting oor hoe om algemene betaalkwessies te foutspoor

Bly aktief om aan te hou geld maak

Namate die YouTube Vennootprogram aanhou groei, is dit belangrik om ’n aktiewe kanaalstelsel te handhaaf. Ons kan monetisering afskakel vir kanale wat 6 maande of langer nie ’n video opgelaai het of op die Gemeenskapoortjie geplaas het nie.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
6026133330930339413
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false