Beste praktyke vir verwysings

Hierdie kenmerke is slegs beskikbaar vir vennote wat YouTube Studio Inhoudbestuurder gebruik. Kontak jou YouTube Vennootbestuurder om toegang te kry.
Dit is belangrik om aktiewe en geldige verwysingslêers in stand te hou sodat Content ID inhoud so doeltreffend moontlik kan pas. As dit nie gedoen word nie, loop jy die gevaar van rekeningboetes, negatiewe openbare betrekkinge vir jou maatskappy en tydrowende opruimingprojekte.

Gebruik die beste praktyke wat hieronder gelys word om jou verwysingslêers suksesvol in stand te hou:

Lewer behoorlike, unieke verwysingslêers

Jy moet eksklusiewe regte in een of meer gebiede hê vir die verwysingslêers wat jy lewer. Hierdie vereiste is van toepassing op sowel oudio- as visuele elemente van jou verwysing. Byvoorbeeld, as jou oudiovisuele verwysing ongelisensieerde derdeparty-oudio bevat, moet daardie inhoud voor lewering verwyder word. Jy sal ’n kennisgewing in Studio Inhoudbestuurder kry as ’n verwysingslêer as potensieel ongeldig geïdentifiseer word en die risiko inhou dat ongeldige eise genereer sal word. Vind uit hoe om potensieel ongeldige verwysings te bekragtig.

Hou in gedagte dat die volgende soorte inhoud nie vir Content ID-passing kwalifiseer nie:

  • Ingebedde derdepartyvideomateriaal
  • Inhoud in die publieke domein
  • Nie-eksklusiewe gelisensieerde inhoud
  • Inhoud wat nie voldoende uniek is nie of soortgelyk klink (soos karaokeopnames, hermeesterde weergawes of sekere hermengings)
  • Inhoud wat te generies is

Kom meer te wete oor inhoud wat vir Content ID kwalifiseer.

Sluit volledige en geldige komponentmetadata in

Wanneer ’n YouTube-oplaaier ’n Content ID-eis kry, moet hulle voldoende inligting hê oor watter inhoud opgeëis word en wie die inhoudeienaar is. Gevolglik moet verwysings volledige en geldige metadata hê.

  • Alle bates moet ’n informatiewe titel insluit (byvoorbeeld nie “Snit 4” of ’n interne reeksnommer nie).
  • Opgeneemde musiekbates moet ook kunstenaar- en platemaatskappyinligting insluit.

Sluit segmente met derdepartyinhoud uit

Jy moet eksklusiewe regte hê op die verwysings waarvoor jy Content ID-passing aanskakel.

As jou verwysing derdepartyinhoud, soos videomateriaal in die publieke domein, insluit, moet jy daardie segemente van oorweging vir Content ID-passing uitsluit. Ander voorbeelde van derdepartyinhoud kan insluit kort snitte wat gebruik word ingevolge beginsels van billike gebruik, kommersiële pouses of nie-eksklusiewe oudioluslope.

Jy kan verwysinguitsonderings lewer met óf ’n CSV-templaat, óf ’n DDEX-stroom.

Stel gepasmaakte passingbeleide op

Passingbeleide spesifiseer watter handeling Content ID met opgeëisde video’s moet uitvoer. Jy kan gepasmaakte passingbeleide opstel wat vir Content ID sê om video’s outomaties op te eis op grond van die:

  • Gebruikervideopassinghoeveelheid: Lengte of persentasie van die opgelaaide video wat met jou verwysingslêer ooreenstem.
  • Verwysingpassinghoeveelheid: Lengte of persentasie van jou verwysingslêer wat by die opgelaaide video pas.
  • Passingtipe: Tipe inhoud wat by jou verwysingslêer pas: slegs oudio, slegs video, of albei.

Jy kan ook die opsie kies om opgeëisde video’s vir handmatige kontrolering te roeteer sodat jy enige potensieel betwisbare passings handmatig kan verwerk. Die gebruik van hierdie proses kan jou ook help om enige potensieel ongeldige verwysings te identifiseer. Kom meer te wete oor hoe om beleide te skep.

 Gebruik volledige lêers

Daar word aanbeveel dat jy volledige lêers, pleks van snitte, as jou verwysingslêers gebruik. Volledige verwysings het hoër monetiseringkoerse en doeltreffender Content ID-passings tot gevolg.

As jou volledige verwysing derdepartyinhoud, soos videomateriaal in die publieke domein, insluit, moet jy daardie segemente van oorweging vir Content ID-passing uitsluit.
Let wel: Jy kan ’n volledige verwysing lewer selfs as jy nie wil hê dat al die inhoud op YouTube gekyk moet kan word nie. Die verwysing is nie ’n YouTube-video wat publiek gekyk kan word nie.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
3805287663780402787
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false