Begin YouTube Kortvideo’s skep

YouTube Kortvideo’s is ’n manier vir enigiemand om met ’n nuwe gehoor kontak te maak deur net ’n slimfoon en die Kortvideo’s-kamera in die YouTube-app te gebruik. YouTube se Kortvideo’s-skeppernutsgoed maak dit maklik om met ons multi-segment kamera kortvormvideo’s te skep wat tot 60 sekondes lank is.

YouTube Kortvideo's

Kom meer te wete oor YouTube Kortvideo’s

Hoe skep ek Kortvideo’s?

Jy kan hierdie instruksiesvolg om vertikale video’s wat op jou rekenaar of slimfoon gestoor is, as Kortvideo’s op te laai.

As jy ’n slimfoon het, kan jy ’n Kortvideo in die YouTube-app opneem. Doen dit só:

  1. Meld by die YouTube-app aan.
  2. Tik op Skep  en kies Skep ’n Kortvideo.
    • Of tik op Hermeng  op die Kortvideo’s-kykbladsy.
  3. Om jou Kortvideo langer as 15 sekondes te maak, moet jy tik op 15 s. in die hoek bo regs om tot 60 sekondes (60) op te neem.
  4. Om ’n snit op te neem, moet jy Vang vas  hou of daarop tik om te begin opneem, en dan weer om te stop.
  5. Tik op Ontdoen  om die vorige videosnit wat jy opgeneem het, te verwyder, of tik op Herdoen  om dit weer by te voeg.
  6. Tik op Maak toe  en dan kies Begin oor of Stoor as konsep en verlaat die kamera.
  7. Tik op Klaar  om jou video te voorbeskou en te verbeter.
  8. Tik op Terug  om na die opneemskerm terug te gaan. Jy kan ook op Terug tik nadat jy wysigings aangebring het vir Begin oor of om te Stoor as konsep en die redigeerder verlaat. Deur ’n konsep op hierdie stadium te stoor, word enige wysigings wat jy gemaak het, gestoor.
  9. Tik op VOLGENDE om besonderhede by jou video te voeg. Voeg van hierdie skerm af ’n titel by (maksimum 100 karakters), en kies instellings, soos videoprivaatheid.
    Let wel: Die verstekvideoprivaatheidinstelling vir skeppers van 13-17 jaar oud is privaat. As jy 18 of ouer is, is jou verstekvideoprivaatheidinstelling op publiek gestel. Almal kan hierdie instelling verander om hul video publiek, privaat of ongelys te maak.
  10. Tik op Kies gehoor en danJa, dis vir kinders gemaak" of "Nee, dis nie vir kinders gemaak nie" om jou gehoor te kies. Kom meer te wete oor Gemaak Vir Kinders
  11. Tik op LAAI KORTVIDEO OP om jou Kortvideo te publiseer.
Let wel: Jy kan Kortvideo’s met ’n maksimum resolusie van 1080 p oplaai.
Raak kreatief met Kortvideo’s!
 
Verbeter jou Kortvideo’s met verskeie kreatiewe kenmerke in die YouTube-app – Vind uit hoe.
Hoe sal my kykers my Kortvideo’s kry?

Ons toets altyd nuwe maniere om inhoud aan kykers te lewer. Dit geld veral vir Kortvideo’s.

Kykers kan jou Kortvideo’s kry deur onderaan die YouTube-app op Kortvideo’s  te tik om die Kortvideo’s-speler oop te maak. Hulle kan van die speler af rollees om ’n eindelose stroom video’s in die Kortvideo’s-stroom te kyk. Hulle kan Kortvideo’s ook kry:

  • In soekresultate oral op YouTube, insluitend op meeste slim-TV’s, speletjiekonsoles en ander stromingtoestelle.
  • Op die YouTube-tuisblad.
  • Uitgestal op jou kanaaltuisblad.
  • Wanneer hulle hul intekeninge nagaan.
  • In hul kennisgewings.

Waar hulle dit ook al kry, wanneer intekenare bygekry word deur na jou Kortvideo’s te kyk, tel dit vir die Skeppertoekenningsprogram-mylpale.

Sluit #Shorts by jou Kortvideo se titel of beskrywing in sodat ons stelsel jou Kortvideo oral op YouTube kan aanbeveel.

Gaan na Voeg hutstekens by jou video vir meer inligting oor hutstekens op YouTube.

Kan ek geld uit my Kortvideo’s verdien?

Ja! Jy kan nou met Kortvideo’s vir die YouTube Vennootprogram (YVP) kwalifiseer. Jy kan vir YVP kwalifiseer deur 1 000 intekenare met 10 miljoen geldige publieke Kortvideo’s-kyke oor die afgelope 90 dae te kry. Kom meer te wete oor hoe jy geld met YouTube Kortvideo’s kan verdien.

Kom meer te wete oor hoekom jy Kortvideo’s moet skep.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
12722733915998185396
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false