Beleide oor onwettige of gereguleerde goedere of dienste


 
Ons skeppers, kykers en vennote se veiligheid is ons hoogste prioriteit. Ons maak op elkeen van julle staat om ons te help om hierdie unieke en geesdriftige gemeenskap te beskerm. Dit is belangrik dat jy ons gemeenskapsriglyne verstaan, asook die rol wat hulle speel in ons gedeelde verantwoordelikheid om YouTube veilig te hou. Staan die tyd af om die onderstaande beleid sorgvuldig deur te lees. Jy kan ook na hierdie bladsy kyk vir ’n volledige lys van ons riglyne.

Inhoud wat bedoel is om sekere gereguleerde goedere en dienste te verkoop, word nie op YouTube toegelaat nie.

As jy inhoud kry wat hierdie beleid oortree, moet jy dit aangee. Instruksies om oortredings van ons gemeenskapsriglyne aan te gee is hier beskikbaar. As jy ’n paar video’s of opmerkings ontdek het wat jy wil aangee, kan jy die kanaal aangee.

Jy kan ook bykomende hulpbronne kry.

Wat hierdie beleid vir jou beteken

As jy inhoud plaas

Moenie inhoud op YouTube plaas as die doel is om enige van die gereguleerde goedere en dienste wat hier onder gelys word direk te verkoop, daarna te skakel, of toegang daartoe te fasiliteer nie. Die plasing van skakels, e-posadresse, foonnommers of ander maniere om ’n verkoper direk te kontak om die verkoop van hierdie items of die gebruik van hierdie dienste moontlik te maak, word nie toegelaat nie.

Let wel: Jou kanaal kan beëindig word as jy skakels of kontakinligting verskaf, soos foonnommers, e-posadresse of ander maniere waar verkopers van harde dwelms gekontak kan word, of waar farmaseutiese middels sonder ’n voorskrif gekoop kan word. Sien voorbeelde hier onder. 

Die volgende inhoud word ook nie op YouTube toegelaat nie:

  • Gebruik of die maak van harde dwelms:• Die gebruik of die maak van harde dwelms, die verkoop of die fasilitering van die verkoop van harde of sagte dwelms, die fasilitering van die verkoop van gereguleerde farmaseutiese middels sonder ’n voorskrif, of om in nieopvoedkundige inhoud te wys hoe om steroïede te gebruik. 
  • Kulleryinstruksies: Inhoud wat instruksies vir akademiese kullery gee.

Hierdie beleid geld vir video’s, videobeskrywings, opmerkings, regstreekse strome en enige ander YouTube-produk of -kenmerk. Hou in gedagte dat dit nie ’n volledige lys is nie. Let daarop dat hierdie beleide ook op eksterne skakels in jou inhoud van toepassing is. Dit kan klikbare URL'e en ander vorme insluit, asook om gebruikers verbaal tydens die video na ander werwe toe te stuur. 

Voorbeelde

Hier is ’n paar voorbeelde van inhoud wat nie op YouTube toegelaat word nie.

Hou in gedagte dat dit nie ’n volledige lys is nie. 

  • Skakeling na ’n aanlyndobbel- of sportweddenskapwerf wat nie goedgekeur is nie.
  • Die verkoop van vervalste paspoorte, of om instruksies te verskaf om vervalste amptelike dokumente te skep.
  • Die adverteer van gesellin-, prostitusie- of erotiesemasseringdienste.
  • Inhoud wat instruksies gee oor hoe om dwelms op die donkerweb te koop.
  • ’n Video van ’n gebruiker wat ’n aankoop doen met sagteware wat vals kredietkaartnommers genereer.
  • Die insluiting van ’n skakel na ’n aanlyn apteek wat nie voorskrifte vereis nie.
  • Inhoud wat ’n produk bemark wat dwelms, nikotien of ’n beheerde middel bevat.
  • Uitbeeldings van die gebruik van harde dwelms: Nieopvoedkundige inhoud wat wys hoe dwelms soos heroïen of snuifgom binneaars ingespuit word, of hoe om LSD-tablette te neem.
  • Die vervaardiging van harde dwelms: Nieopvoedkundige inhoud wat verduidelik hoe om dwelms te maak.
  • Minderjariges wat alkohol of dwelms gebruik: Die wys van minderjariges wat alkohol drink, verdampers, e-sigarette, tabak of dagga gebruik, of vuurwerk misbruik.
  • Gebruik van steroïede: Nieopvoedkundige inhoud wat wys hoe om steroïede vir ontspanningsdoeleindes, soos liggaamsbou, te gebruik.
  • Verkoop van sagte dwelms: Soos om skakels te verskaf na werwe wat die verkoop van dagga of salie fasiliteer.
  • Verkoop van harde dwelms: Die wys van dwelms met die doel om dit te verkoop. Sommige soorte harde dwelms sluit die volgende in (let daarop dat dit nie ’n volledige lys is nie, en dat hierdie middele ook onder ander name bekend kan staan):
    • Amfetamien
    • Kokaïen
    • Dekstrometorfan (DXM)
    • Flunitrazepam
    • Fentaniel
    • GHB (gamma-hidroksibutiraat)
    • Heroïen
    • Ketamien
    • K2
    • LSD
    • Metileendioksimetamfetamien (MSMA)/ecstasy
    • Meskalien
    • Metafetamien
    • Isotonitaseen (ISO)
    • Opium
    • Fensiklidien (PCP)
    • Psilosibiensampioene (towersampioene)

Let wel: Jou kanaal kan beëindig word as jy skakels of kontakinligting verskaf, soos foonnommers, e-posadresse of ander maniere waar verkopers van harde dwelms gekontak kan word, of waar farmaseutiese middels sonder ’n voorskrif gekoop kan word.

Onthou dat dit net voorbeelde is. Moenie inhoud plaas as jy dink dat dit dalk hierdie beleid oortree nie.

Inhoud met ’n ouderdomsbeperking

Soms oortree inhoud nie ons beleid nie, maar dit is dalk nie vir kykers onder 18 geskik nie. 

Voorbeelde van inhoud met ’n ouderdomsbeperking

  • Inhoud wat ’n dagga-apteek bemark.
  • Inhoud wat nikotien-e-vloeistofhandelsmerke resenseer.

Wat gebeur as inhoud hierdie beleid oortree

As jou inhoud hierdie beleid oortree, sal ons die inhoud verwyder en vir jou ’n e-pos stuur om jou daaroor in te lig. Ons kan ’n skakel wat jy plaas verwyder as ons nie kan verifieer dat die skakel veilig is nie. Let daarop dat oortredende URL’e wat in die video self of in die video se metadata geplaas word, tot gevolg kan hê dat die video verwyder word.

As dit die eerste keer is dat jy ons gemeenskapsriglyne oortree, sal jy waarskynlik ’n aanmaning sonder enige straf vir jou kanaal kry. Jy sal die kans hê om aan beleidopleiding deel te neem sodat die aanmaning ná 90 dae kan verval. As dieselfde beleid egter binne daardie 90 dae oortree word, sal die aanmaning nie verval nie en sal jou kanaal ’n waarskuwing kry. As jy ’n ander beleid oortree nadat jy die opleiding voltooi het, sal jy nog ’n aanmaning kry.

As jy binne 90 dae 3 waarskuwings kry, sal jou kanaal beëindig word. Kom meer te wete oor ons waarskuwingstelsel.

Ons kan jou kanaal of rekening weens herhaalde oortredings van die gemeenskapsriglyne of diensbepalings beëindig. Ons kan ook jou kanaal of rekening beëindig ná ’n enkele geval van ernstige misbruik, of wanneer die kanaal aan ’n beleidskending toegewy is. Ons kan herhaalde oortreders verhoed om in die toekoms aan beleidopleiding deel te neem. Kry meer inligting oor kanaal- of rekeningbeëindigings.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
13780905484273400455
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false