Beleid oor gewelddadige ekstremistiese of misdaadorganisasies


Ons skeppers, kykers en vennote se veiligheid is ons hoogste prioriteit. Ons maak op elkeen van julle staat om ons te help om hierdie unieke en geesdriftige gemeenskap te beskerm. Dit is belangrik dat jy ons gemeenskapsriglyne verstaan, asook die rol wat hulle speel in ons gedeelde verantwoordelikheid om YouTube veilig te hou. Staan die tyd af om die onderstaande beleid sorgvuldig deur te lees. Jy kan ook na hierdie bladsy kyk vir ’n volledige lys van ons riglyne.

Inhoud met die doel om gewelddadige ekstremistiese of misdaadorganisasies te prys, te bevorder of te help, word nie op YouTube toegelaat nie. Hierdie organisasies word nie toegelaat om YouTube vir enige doel, insluitend werwing, te gebruik nie.

As jy inhoud kry wat hierdie beleid oortree, moet jy dit aangee. Instruksies om oortredings van ons gemeenskapsriglyne aan te gee is hier beskikbaar. As jy ’n paar video’s of opmerkings ontdek het wat jy wil aangee, kan jy die kanaal aangee.

As jy glo dat iemand in onmiddellike gevaar is, moet jy jou plaaslike wetstoepassingsagentskap kontak en die situasie dadelik rapporteer.

Wat beteken dit vir jou

As jy inhoud plaas

Moenie inhoud op YouTube plaas as dit met enige van die beskrywings hieronder ooreenkom nie.

  • Inhoud wat deur gewelddadige ekstremistiese, misdaad- of terroriste-organisasies geproduseer is
  • Inhoud wat prominente terroriste-, ekstremistiese of misdaadfigure verheerlik of herdenk om sodoende ander aan te moedig om gewelddadige dade uit te voer
  • Inhoud wat gewelddadige dade wat deur gewelddadige ekstremistiese, misdaad- of terroriste-organisasies uitgevoer word, verheerlik of regverdig
  • Inhoud wat daarop gerig is om nuwe lede vir gewelddadige ekstremistiese, misdaad- of terroriste-organisasies te werf
  • Inhoud wat gyselaars uitbeeld of inhoud wat geplaas is met die voorneme om namens ’n gewelddadige misdaad-, ekstremistiese of terroriste-organisasie geld in te samel, te dreig of te intimideer
  • Inhoud wat die kentekens, logo's, of simbole van gewelddadige ekstremistiese, misdaad- of terroriste-organisasies uitbeeld ten einde hulle te verheerlik of te propageer
  • Inhoud wat gewelddadige tragedies, soos skoolskietery, verheerlik of bevorder

YouTube maak staat op baie faktore, insluitend regerings- en internasionale organisasie-benamings, om te bepaal wat misdaad- of terroriste-organisasies is. Byvoorbeeld, ons beëindig enige kanaal waar ons redelike oortuiging het dat die rekeninghouer ’n lid is van ’n aangewese terroriste-organisasie, soos ’n Buitelandse terroriste-organisasie (VSA), of organisasie wat deur die Verenigde Nasies geïdentifiseer is.

Maak seker dat jy genoeg inligting in die video of oudio self verskaf, sodat gebruikers die konteks kan verstaan as jy inhoud plaas wat met terrorisme of misdaad verband hou, hetsy vir opvoedkundige, dokumentêre, wetenskaplike of artistieke doeleindes. Grafiese of omstrede beeldmateriaal met voldoende konteks kan aan ouderdomsbeperkings of ’n waarskuwingskerm onderworpe wees.

Hierdie beleid geld vir video’s, videobeskrywings, opmerkings, regstreekse strome en enige ander YouTube-produk of -kenmerk. Hou in gedagte dat dit nie ’n volledige lys is nie. Neem kennis dat hierdie beleide ook op eksterne skakels in jou inhoud van toepassing is. Dit kan klikbare URL'e, om gebruikers verbaal in ’n video na ander werwe toe te herlei, asook ander vorme insluit.

Voorbeelde

Hier is ’n paar voorbeelde van inhoud wat nie op YouTube toegelaat word nie.

  • Onverwerkte en ongewysigde heroplaaie van inhoud wat deur terroriste-, misdaad- of ekstremistiese organisasies geskep is
  • Die viering van terroristeleiers of hulle misdade in liedjies of met gedenktekens
  • Die viering van terroriste- of miadaadorganisasies in liedjies of met gedenktekens
  • Inhoud wat gebruikers aanmoedig om na werwe te gaan wat terroriste-ideologie aanprys, gebruik word om verbode inhoud te versprei, of gebruik word vir werwing
  • Beeldmateriaal wat tydens ’n dodelike of groot, gewelddadige voorval deur die oortreder verfilm is en waarin wapens, geweld of beseerde slagoffers sigbaar of hoorbaar is
  • Skakels na eksterne werwe wat manifesto’s van gewelddadige aanvallers bevat
  • Videospeletjie-inhoud wat ontwikkel of gemodifiseer (“gemod”) is om ’n gewelddadige voorval of die plegers daarvan te verheerlik, of wat gewelddadige ekstremistiese, misdadige of terroristeorganisasies ondersteun
  • Ophemeling van geweld tussen burgerlikes
  • Fondsinsameling vir gewelddadige misdaad-, ekstremistiese of terroriste-organisasies

Onthou dat hierdie net voorbeelde is. Moenie inhoud plaas as jy dink dat dit moontlik hierdie beleid kan oortree nie.

Wat gebeur as inhoud hierdie beleid oortree

As jou inhoud hierdie beleid oortree, sal ons die inhoud verwyder en vir jou ’n e-pos stuur om jou daaroor in te lig.

As dit die eerste keer is wat jy ons gemeenskapsriglyne oortree, sal jy waarskynlik ’n aanmaning kry. Indien nie, kan ons ’n waarskuwing teen jou kanaal uitreik. As jy binne 90 dae 3 waarskuwings kry, sal jou kanaal beëindig word. Jy kan hier meer te wete kom oor ons waarskuwingstelsel.

Oortredings kan tot gevolg hê dat monetisering van enige van jou rekeninge ingevolge YouTube se kanaalmonetiseringbeleide gedeaktiveer word. Dit kan aanmanings insluit. Jy kan appelleer as jy meen dat dit ’n fout is. As die oortreding omgekeer word, kan jy in YouTube Studio vir monetisering aansoek doen sodra jy kwalifiseer.

Ons kan jou kanaal of rekening weens herhaalde oortredings van die gemeenskapsriglyne of diensbepalings beëindig. Ons kan ook jou kanaal of rekening beëindig ná ’n enkele geval van ernstige misbruik, of wanneer die kanaal aan ’n beleidskending toegewy is. Ons kan herhaalde oortreders verhoed om in die toekoms aan beleidopleiding deel te neem. Kry meer inligting oor kanaal- of rekeningbeëindigings.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
17472681301142833832
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false