Kry hulp as ’n YouTube-skepper

Kom in aanraking met die Skeppersteundiens-span

Jy kan die YouTube Skeppersteundienste-span vir hulp kontak as jou kanaal kwalifiseer (byvoorbeeld, as jy in die YouTube Vennootprogram) is. 

Gebruik ons hulpsentrum, gemeenskapforum en @TeamYouTube

YouTube-hulpsentrum

Jy is reeds hier – die beste plek vir foutsporing. Jy kan enige tyd hierheen terugkom deur onderaan enige YouTube-bladsy die Hulp-knoppie te klik. Jy kan ook na support.google.com/youtube toe gaan.

Maak seker dat jy hierdie afdelings, wat net vir jou is, bekyk.

  • Vir skeppers: Kry hulp om video's te skep en jou kanaal te bestuur.
  • Vir vennote: Kry hulp om jou inhoud te monetiseer en met ander vennote saam te werk.

 YouTube Hulp-videokanale

Kyk na ons YouTube Viewers-kanaal vir video's wat jou op hoogte hou van die jongste nuus en wenke.

Kyk na ons YouTube Creators-kanaal vir video's oor die beste praktyke om jou te help om jou kanaal te laat groei en jou besigheid op YouTube op te bou.

 YouTube se Hulpgemeenskap

Kry antwoorde in die YouTube-hulpgemeenskap – aangedryf deur TeamYouTube. Jy kan uitstalplasings bekyk om die jongste opdaterings van TeamYouTube af te sien. TeamYouTube is ’n span Gemeenskapbestuurders wat nou met alle YouTube-spanne saamwerk om intydse opdaterings en hulp te deel. Hulle kom ook op vir jou terugvoer binne die maatskappy.

 @TeamYouTube se Twitter-skermnaam

Volg @TeamYouTube op Twitter vir intydse opdaterings en foutsporingwenke om jou te help om YouTube ten beste te benut.

Ons span deel opdaterings en beantwoord vrae in Engels, Frans, Duits, Portugees, Russies, Spaans, Japannees en Bahasa.

Kry meer inligting oor TeamYouTube.

Ontwikkel jou vaardighede

 YouTube-skepperwenke

YouTube-skepperwenke is jou tuiste vir opleiding vir nuwe skeppers. Jy kan wenke, beste praktyke en strategieë kry vir inhoud vir video’s, regstreekse strome en Kortvideo’s.

 YouTube vir Skeppers

YouTube vir Skeppers is die beste plek om meer te wete te kom oor al die programme, nutsgoed en komende geleenthede wat jou kan help om beter video's te skep. Jy kan ook met YouTube vir Skeppers se voordeleprogram hulp kry om jou kanaal te laat groei.

Kom meer te wete oor kopiereg en beleid

Gebruik hierdie nutsgoed om kopiereg en YouTube se beleide beter te verstaan. Hou in gedagte dat sommige van die hulpbronne hier onder net in beperkte tale beskikbaar is.

Kopieregvrae

  • Kopiereg en regtebestuur: Kry inligting, foutsporing en volgende stappe as jy ’n regte-eis gekry het.
  • Regsbeleide: Kry inligting oor wat hierdie regskwessies is, en hoe om ’n klag in te dien.

Beleidsvrae

Hou in gedagte dat ons nie gepersonaliseerde steundiens by enige van ons Google- of YouTube-kantore aanbied nie.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
12413774289423267201
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false