​Beleid oor selfdood, selfleed en eetversteurings

Ons skeppers, kykers en vennote se veiligheid is ons hoogste prioriteit. Ons maak op elkeen van julle staat om ons te help om hierdie unieke en geesdriftige gemeenskap te beskerm. Dit is belangrik dat jy ons gemeenskapsriglyne verstaan, asook die rol wat hulle speel in ons gedeelde verantwoordelikheid om YouTube veilig te hou. Staan die tyd af om die onderstaande beleid sorgvuldig deur te lees. Jy kan ook na hierdie bladsy kyk vir ’n volledige lys van ons riglyne.
Let wel: Ons het ons beleid oor eetversteurings op 18 April 2023 opgedateer om die gemeenskap beter te beskerm teen sensitiewe inhoud wat vir sommige gehore ’n risiko kan inhou. Ons kan navolgbare inhoud verwyder, ’n ouderdomsbeperking op inhoud plaas, of ’n krisishulpbronpaneel wys op video’s oor eetversteuring- of selfleedonderwerpe. Die beleid hier onder is met hierdie veranderinge opgedateer. Jy kan in hierdie blogplasing meer inligting kry oor ons benadering.

By YouTube is ons baie ernstig oor die gesondheid en welstand van al ons skeppers en kykers. Bewustheid en begrip van geestesgesondheid is belangrik, en ons ondersteun skeppers wat hul stories deel, soos die plasing van inhoud waar hulle hul ervarings met depressie, selfleed, eetversteurings of ander geestesgesondheidskwessies bespreek.

Ons laat egter nie inhoud op YouTube toe wat selfdood, selfleed of eetversteurings bevorder, ten doel het om kykers te skok of te walg, of wat ’n ernstige risiko vir kykers inhou nie.

Wat om te doen as jy hierdie soort inhoud kry

As jy glo iemand is in gevaar:

  • Kom in aanraking met plaaslike nooddienste vir hulp
  • Vlag die video om dit onder ons aandag te bring

As jy vind dat jy negatief beïnvloed word deur enige inhoud wat jy teëkom wat met geestesgesondheid, selfdood, selfleed of eetversteurings verband hou, moet jy weet dat daar ondersteuning beskikbaar is en dat jy nie alleen is nie. Jy kan in die volgende afdeling ’n lys hulpbronne en kontakinligting kry vir organisasies wat advies kan gee.

Kontak plaaslike hulplyne vir algemene riglyne oor hoe om te praat met iemand oor wie jy dalk besorg is.

Wat om te doen as jy ondersteuning nodig het

As jy depressief is, gedagtes van selfdood of selfleed het, of ’n eetversteuring ondervind, moet jy weet dat daar hulp is en dat jy nie alleen is nie. Baie mense wat pynlike emosies moet hanteer, kan hierdie kwessies ondervind. As jy met ’n geestesgesondheidsorgverskaffer praat, kan hulle help bepaal of jy ’n geestesongesteldheid het waarvoor behandeling nodig is. Dit kan jou ook help om gesonde, doeltreffende hanteringstrategieë te identifiseer en om vaardighede te ontwikkel om moeilike gevoelens te hanteer.

Selfdood- en selfleedondersteuninghulpbronne

Hier onder is ’n lys organisasies wat daartoe verbind is om mense wat nood ly in verskillende lande en streke te help. Hierdie organisasies is erkende krisisdiensvennote. Vennootskappe verskil tussen lande/streke.

Die webwerwe findahelpline.com en www.wikipedia.org/wiki/List_of_suicide_crisis_lines kan jou help om organisasies vir streke te vind wat nie op hierdie lys is nie.

Australië

Lifeline Australia

Kids Helpline

13 11 14

1800 55 1800

Argentinië Centro de Asistencia al Suicida - Buenos Aires

135 (desde Capital y Gran Buenos Aires) 

(011) 5275-1135 (desde todo el país)

Brasilië Centro de Valorização da Vida 188
België

Centre de Prévention du Suicide /

Zelfmoordlijn 1813

0800 32 123

1813

Bulgarye Български Червен Кръст 02 492 30 30
Tsjeggië Psychiatrická léčebna Bohnice - Centrum krizové intervence
+420 284 016 666
Denemarke Livslinien 70201201
Frankryk S.O.S Amitié 09 72 39 40 50
Finland Suomen Mielenterveysseura / Kansallinen kriisipuhelin 09-2525-0111
Duitsland Telefonseelsorge 0800-1110111
Griekeland ΚΛΙΜΑΚΑ 1018
801 801 99 99
Hongkong 香港撒瑪利亞防止自殺會 2389 2222
Hongarye S.O.S. Telefonos Lelki Elsősegély Szolgálat 06 1 116-123 
Indië आसरा
AASRA
91-9820466726
Ierland Samaritans 116 123
Israel ער"ן - עזרה ראשונה נפשית 1201
Italië Samaritans Onlus 800 86 00 22
Japan こころの健康相談統一ダイヤル 0570-064-556
Nieu-Seeland Lifeline New Zealand 0800 543 354
Nederland Stichting 113Online 0900-0113
Singapoer Samaritans of Singapore 1800-221-4444
Spanje

Telèfon de l'Esperança de Barcelona

Teléfono de la Esperanza

93 414 48 48

717 003 717

Suid-Korea 보건복지부 자살예방상담전화 1393
Taiwan 生命線協談專線 1995
Thailand กรมสุขภาพจิต กระทรวงสาธารณสุข 1323
Verenigde Koninkryk Samaritans 116 123
Verenigde State van Amerika

Suicide & Crisis Lifeline

988 /Chat

Besoek die Skepperveiligheidsentrum om wenke te lees en video’s te kyk wat jou kan help om veiliger te voel op YouTube.

Eetversteuringondersteuninghulpbronne

Hier onder is ’n lys organisasies wat mense met eetversteurings help. Hierdie organisasies is geestesgesondheidondersteuningvennote. Vennootskappe verskil tussen lande/streke.

Verenigde State NEDA +1 800 931-2237
Verenigde Koninkryk BEAT Eating Disorders +44 0808 801 0677 Engeland
    +44 0808 801 0432 Skotland
    +44 0808 801 0433 Wallis
    +44 0808 801 0434 Noord- Ierland
Indië Vandrevala Foundation +91 9999 666 555

Gemeenskapsriglyne vir die plasing van inhoud wat met selfdood, selfleed of eetversteurings verband hou

YouTube-gebruikers moenie bang wees om openlik op ’n ondersteunende en nieskadelike wyse oor die onderwerpe geestesgesondheid, selfdood, selfleed en eetversteurings te praat nie.

Daar is egter kere wanneer daar sensitiewe inhoud geskep word wat ’n risiko vir sommige gebruikers kan inhou. Wanneer jy inhoud skep wat onderwerpe bevat wat met selfdood, selfleed of eetversteurings verband hou, moet jy die moontlike negatiewe impak van jou inhoud op ander gebruikers in gedagte hou, veral minderjariges en gebruikers wat sensitief kan wees vir hierdie inhoud.

Volg asseblief die onderstaande gemeenskapsriglyne wanneer jy inhoud skep wat met selfdood, selfleed of eetversteurings verband hou om jou kykers en ander gebruikers te beskerm en te ondersteun. As jy nie aan hierdie gemeenskapsriglyne voldoen nie, kan dit lei tot ’n waarskuwing, verwydering van jou inhoud of ander beperkings om gebruikers te beskerm. Meer inligting.

Hierdie gemeenskapsriglynebeleid is van toepassing op video's, videobeskrywings, opmerkings, regstreekse strome, en enige ander YouTube-produk of -kenmerk. Hou in gedagte dat hierdie lys nie volledig is nie. Neem kennis dat hierdie beleide ook op eksterne skakels in jou inhoud van toepassing is. Dit kan klikbare URL'e en ander vorme insluit, asook om gebruikers verbaal tydens die video na ander werwe toe te herlei.

Moenie die volgende inhoud plaas nie:

  • Inhoud wat selfdood, selfleed of eetversteurings bevorder of ophemel
  • Instruksies oor hoe om jou eie lewe te neem, jouself leed aan te doen, of by eetversteurings betrokke te wees (insluitend hoe om hulle weg te steek)
  • Inhoud wat met selfdood, selfleed of eetversteurings verband hou wat op minderjariges geteiken is
  • Grafiese foto’s van selfleed
  • Uitbeeldings van die liggame van selfdoodslagoffers, tensy dit wasig gemaak of bedek is sodat dit heeltemal verdoesel is
  • Video's wat die oomblikke net voor ’n selfdood wys, of selfdoodpogings en selfdoodreddingvideomateriaal sonder voldoende konteks
  • Inhoud wat deelname aan of instruksies vir selfdood- en selfleed-uitdagings wys (bv. Blue Whale- of Momo-uitdagings)
  • Selfdoodnotas of -briewe sonder voldoende konteks
  • Inhoud wat gewiggegronde afknouery in die konteks van eetversteurings wys

Ons sal in sommige gevalle dalk inhoud oor selfdood, selfleed of eetversteurings beperk pleks van om dit te verwyder as dit aan een of meer van die volgende kriteria voldoen (byvoorbeeld deur ’n ouderdomsbeperking, ’n waarskuwing of ’n krisishulpbronpaneel op die video te plaas). Let asseblief daarop dat hierdie lys nie volledig is nie:

  • Inhoud wat bedoel is om opvoedkundig, dokumentêr, wetenskaplik of artisties te wees
  • Inhoud wat van openbare belang is
  • Grafiese inhoud wat voldoende wasig gemaak is
  • Dramatisering of draaiboekinhoud wat insluit, maar nie beperk is nie tot animasies, videospeletjies, musiekvideo’s en snitte uit flieks of programme
  • Gedetailleerde bespreking van selfdood- of selfleedmetodes, -liggings en -brandpunte
  • Grafiese beskrywings van selfleed of selfdood
  • Inhoud oor herstel van eetversteurings wat besonderhede insluit wat as aktiveerders kan dien vir kykers vir wie dit ’n risiko is

Beste praktyke vir skeppers wat inhoud plaas oor selfdood, selfleed of eetversteurings

Ons beveel aan dat jy die volgende beste praktyke gebruik in inhoud wat verband hou met selfdood of selfleed om jou kykters teen leed en verdriet te beskerm:

  • Vermy die wys van die persoon wat hul eie lewe geneem het, en respekteer hul en hul familie se privaatheid. Meer inligting.
  • Gebruik positiewe en ondersteunende bewoording, en fokus op herstel, voorkoming en stories van hoop.
  • Sluit inligting en hulpbronne vir die voorkoming van selfdood en selfleed en hanteringstrategieë in. Probeer dit by sowel die video self as die video se beskrywing insluit.
  • Moenie sensasionele taal of dramatiese visuele elemente gebruik nie.
  • Verskaf konteks, maar moenie bespreek hoe die slagoffer hul eie lewe geneem het nie. Moenie die metodes of liggings noem nie.
  • Maak inhoud wasig wat foto's van selfdoodslagoffers bevat Jy kan jou video met die Redigeerder in YouTube Studio wasig maak. Meer inligting.

Ons beveel aan dat jy die volgende beste praktyke gebruik in inhoud wat verband hou met eetversteurings om jou kykers teen leed en verdriet te beskerm:

  • Fokus op die uitwerking van die versteuring pleks van die besonderhede van die versteurde eetgedrag.
  • Sê vir jou gehoor dat eetversteurings gewoonlik ernstige probleme veroorsaak.
  • Sluit inligting en hulpbronne vir die voorkoming van eetversteurings en hanteringstrategieë in. Probeer dit by sowel die video self as die video se beskrywing insluit.

Wat gebeur as inhoud hierdie beleid oortree

As jou inhoud hierdie beleid oortree, sal ons die inhoud verwyder en vir jou ’n e-pos stuur om jou daaroor in te lig. Ons kan ’n skakel wat jy plaas verwyder as ons nie kan verifieer dat die skakel veilig is nie. Let daarop dat oortredende URL’e wat in die video self of in die video se metadata geplaas word, tot gevolg kan hê dat die video verwyder word.

As dit die eerste keer is dat jy ons gemeenskapsriglyne oortree, sal jy waarskynlik ’n aanmaning sonder enige straf vir jou kanaal kry. Jy sal die kans hê om aan beleidopleiding deel te neem sodat die aanmaning ná 90 dae kan verval. As dieselfde beleid egter binne daardie 90 dae oortree word, sal die aanmaning nie verval nie en sal jou kanaal ’n waarskuwing kry. As jy ’n ander beleid oortree nadat jy die opleiding voltooi het, sal jy nog ’n aanmaning kry.

As jy binne 90 dae 3 waarskuwings kry, sal jou kanaal beëindig word. Kom meer te wete oor ons waarskuwingstelsel.

Ons kan jou kanaal of rekening weens herhaalde oortredings van die gemeenskapsriglyne of diensbepalings beëindig. Ons kan ook jou kanaal of rekening beëindig ná ’n enkele geval van ernstige misbruik, of wanneer die kanaal aan ’n beleidskending toegewy is. Ons kan herhaalde oortreders verhoed om in die toekoms aan beleidopleiding deel te neem. Kry meer inligting oor kanaal- of rekeningbeëindigings.

Laastens kan ons ook jou toegang tot regstreekse stroming beperk as jy ’n aanduiding gee dat jy inhoud wat ons gemeenskapsriglyne sal oortree, regstreeks gaan stroom. Kry meer inligting oor beperkings op regstreekse stroming.

Waarskuwings en ondersteunende hulpbronne

YouTube sal moontlik kenmerke of hulpbronne aan gebruikers wys wanneer inhoud selfdood- of selfleedonderwerpe bevat. Byvoorbeeld:

  • ’n Waarskuwing op jou video voordat dit begin speel wat aandui dat dit inhoud verwant aan selfdood en selfleed bevat.
  • ’n Paneel onder die video met ondersteunende hulpbronne soos foonnommers van organisasies vir selfdoodvoorkoming

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
17933411170063612
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false