Beleid oor naaktheid en seksuele inhoud

Note: On September 7, 2022, we updated our Nudity and sexual content policy to more consistently enforce our Community Guidelines. You can learn more about these changes on our forum. This policy has been updated with these changes.
Ons skeppers, kykers en vennote se veiligheid is ons hoogste prioriteit. Ons maak op elkeen van julle staat om ons te help om hierdie unieke en geesdriftige gemeenskap te beskerm. Dit is belangrik dat jy ons gemeenskapsriglyne verstaan, asook die rol wat hulle speel in ons gedeelde verantwoordelikheid om YouTube veilig te hou. Staan die tyd af om die onderstaande beleid sorgvuldig deur te lees. Jy kan ook na hierdie bladsy kyk vir ’n volledige lys van ons riglyne.

Eksplisiete inhoud wat vir seksuele bevrediging bedoel is, word nie op YouTube toegelaat nie. Die plasing van pornografie kan inhoudverwydering of kanaalbeëindiging tot gevolg hê. Video’s wat fetisjinhoud bevat, sal verwyder word of ’n ouderdomsbeperking kry. In die meeste gevalle word gewelddadige, grafiese of vernederende fetisje nie op YouTube toegelaat nie.

As jy inhoud kry wat hierdie beleid oortree, moet jy dit aangee. Instruksies om oortredings van ons gemeenskapsriglyne aan te gee is hier beskikbaar. As jy ’n paar video’s of opmerkings ontdek het wat jy wil aangee, kan jy die kanaal aangee.

Seksueel eksplisiete inhoud met minderjariges en inhoud wat minderjariges seksueel uitbuit, word nie op YouTube toegelaat nie. Ons gee inhoud wat die uitbeelding van seksuele misbruik van kinders bevat by die Nasionale Sentrum vir Vermiste en Uitgebuite Kinders aan. Dié sentrum werk met internasionale wetstoepassingsagentskappe saam.

Wat hierdie beleid vir jou beteken

As jy inhoud plaas

Eksplisiete inhoud wat hierdie beleid oortree, kan kanaalbeëindiging tot gevolg hê. Hierdie beleid is van toepassing op inhoud oor die regte lewe, asook gedramatiseerde, geïllustreerde en geanimeerde inhoud, insluitend sekstonele, videospeletjies en musiek.

Moenie inhoud op YouTube plaas as dit die volgende wys nie:

  • Die uitbeelding van geslagsdele, borste of boude met of sonder klere wat vir seksuele bevrediging bedoel is.
  • Pornografie, die uitbeelding van seksuele dade of fetisje wat vir seksuele bevrediging bedoel is.

Ander soorte inhoud wat hierdie beleid oortree

  • Masturbasie
  • Liefkosing of betasting van geslagsdele, borste of boude
  • Die gebruik van seksspeelgoed om kykers seksuele bevrediging te gee
  • Naaktheid of gedeeltelike naaktheid wat vir seksuele bevrediging bedoel is
  • Niekonsensuele seksdade of die bevordering of verheerliking van niekonsensuele seksdade, soos seksuele aanranding, bloedskande, bestialiteit of soöfilie
  • Ongewenste seksualisering, soos prente wat niekonsensueel gedeel word of voyeurisme
  • Klereglipse of bekendmaking van naakfoto’s
  • Niekonsensuele inzoem of uitgerekte fokus of klem op die borste, boude of geslagsdele vir die doel van seksuele bevrediging
  • Gewelddadige, grafiese of vernederende fetisjinhoud waarvan die doel seksuele bevrediging is
  • Die samevoeging van inhoud wat vir seksuele bevrediging bedoel is
  • Enige seksuele inhoud wat minderjariges behels – raadpleeg ons Kinderveiligheid op YouTube-bladsy vir meer inligting

Let wel: Die lys hier bo is nie volledig nie.

Inhoud met ’n ouderdomsbeperking

Ons kan ’n ouderdomsbeperking op inhoud plaas as dit naaktheid of ander seksuele inhoud bevat, maar niks uitbeeld wat hier bo beskryf word nie. Ons neem die volgende in ag wanneer ons besluit om ’n ouderdomsbeperking op inhoud te plaas, of om inhoud te verwyder.

  • Of borste, boude of geslagsdele met of sonder klere die fokuspunt van die video is
  • Of die persoon uitgebeeld word in ’n posisie wat bedoel is om die kyker seksueel te prikkel
  • Of die taal wat in die video gebruik word grafies of wellustig is
  • Of die onderwerp se optrede in die video seksuele prikkeling aanmoedig, soos deur aan borste of geslagsdele te raak, of om onderklere te ontbloot
  • Of die klere in die algemeen in openbare kontekste onaanvaarbaar sou wees, soos onderklere
  • Of seksuele tonele wasig gemaak, verberg of verduister is en of die oudio gedemp of verdoesel is
  • Of seksuele tonele of oudio in die inhoud kortstondig of uitgerek is
  • Of die inhoud ander mense uitnooi om deel te neem aan ’n uitdaging wat seksuele dade behels

Let wel: Die lys hier bo is nie volledig nie.

Hierdie beleid is van toepassing op video’s, videobeskrywings, opmerkings, regstreekse strome en enige ander YouTube-produk of -kenmerk. Onthou dat dit net ’n paar voorbeelde is. Moenie inhoud plaas as jy dink dat dit dalk hierdie beleid sal oortree nie.

Opvoedkundige inhoud

Ons kan seksuele inhoud toelaat as die primêre doel opvoedkundig, dokumentêr, wetenskaplik of artistiek is, en dit nie ongegrond is nie. Byvoorbeeld, ’n dokumentêre program oor borskanker wat naakte borste wys, sal van pas wees, maar om videogrepe uit dieselfde dokumentêre program buite konteks te plaas is nie. Naaktheid in inheemse gemeenskappe, tydens mediese prosedures, tydens bevalling, tydens artistieke uitvoerings of tydens borsvoeding wat buite konteks is, sal dalk nie aan ons uitsondering oor dokumentêre programme voldoen nie. 

Dit is ook van toepassing op uitbeeldings van sekstonele in artistieke inhoud, soos flieks, oudioverhale, musiek of videospeletjies. Byvoorbeeld, ’n fliek met ’n sekstoneel sal dalk toegelaat word as dit besonderhede soos die naam van die fliek, regisseur en akteurs in die video-inhoud en in die videobeskrywing insluit. Onthou dat om konteks te gee in die inhoud, titel en beskrywing ons en kykers sal help om te bepaal wat die primêre doel met die video is.

In die geval van opvoedkundige, dokumentêre wetenskaplike of artistieke inhoud wat volwasse materiaal of grafiese geweld bevat, kan ons amptelike derdepartygraderings in ag neem om te besluit of die inhoud op YouTube mag bly. ’n Ouderdomsbeperking word toegepas op inhoud wat aan ons beleide voldoen, maar wat nie vir alle gehore geskik is nie. Niemand wat jonger as 18 is of wat uitgeteken is, kan inhoud met ’n ouderdomsbeperking kyk nie.

Voorbeelde

Hier is ’n paar voorbeelde van inhoud wat nie op YouTube toegelaat word nie.

  • Snitte wat gehaal is uit niepornografiese flieks, programme of ander inhoud met die doel om seksuele inhoud (van die regte lewe of artistiek) losstaande te plaas.
  • Betasting, gesoen, openbare masturbasie, beelde onder iemand se romp of rok (“upskirting”), voyeurisme, roofsugtige ekshibisionisme of enige ander inhoud wat iemand sonder hul toestemming op ’n geseksualiseerde manier uitbeeld
  • Inhoud wat seksuele dade of gedrag of seksspeelgoed vir die doel van seksuele bevrediging uitbeeld

Let wel: Bogenoemde is net ’n paar voorbeelde. Moenie inhoud plaas as jy dink dat dit dalk hierdie beleid sal oortree nie.

Meer voorbeelde

  • Snitlyste wat inhoud wat naaktheid of seksuele temas vir die doel van seksuele bevrediging saamvoeg
  • Uitlokkende gedans wat op die danser se geslagsdele, boude of borste gefokus is, of wat liefkosing of betasting insluit
  • Inhoud wat verkragting in enige vorm seksualiseer, of inhoud wat snitte van gedramatiseerde verkragtingtonele saamvoeg
  • Oudio- of teksuitbeeldings van seksuele dade vir die doel van seksuele bevrediging
  • Inhoud wat liggaamsvloeistowwe of uitskeidings, soos urine, vir die doel van seksuele bevrediging wys
  • Inhoud wat andersins alledaagse voorwerpe of scenario’s, soos inspuitings of om te eet, vir die doel van seksuele bevrediging gebruik
  • Videospeletjie-inhoud wat ontwikkel of gemodifiseer (“gemod”) is vir seksuele bevrediging, of wat op temas van ongewenste seksualisering fokus 

Wat gebeur as inhoud hierdie beleid oortree

As jou inhoud hierdie beleid oortree, sal ons die inhoud verwyder en vir jou ’n e-pos stuur om jou daaroor in te lig. Ons kan ’n skakel wat jy plaas verwyder as ons nie kan verifieer dat die skakel veilig is nie. Let daarop dat oortredende URL’e wat in die video self of in die video se metadata geplaas word, tot gevolg kan hê dat die video verwyder word.

As dit die eerste keer is dat jy ons gemeenskapsriglyne oortree, sal jy waarskynlik ’n aanmaning sonder enige straf vir jou kanaal kry. Jy sal die kans hê om aan beleidopleiding deel te neem sodat die aanmaning ná 90 dae kan verval. As dieselfde beleid egter binne daardie 90 dae oortree word, sal die aanmaning nie verval nie en sal jou kanaal ’n waarskuwing kry. As jy ’n ander beleid oortree nadat jy die opleiding voltooi het, sal jy nog ’n aanmaning kry.

As jy binne 90 dae 3 waarskuwings kry, sal jou kanaal beëindig word. Kom meer te wete oor ons waarskuwingstelsel.

Ons kan jou kanaal of rekening weens herhaalde oortredings van die gemeenskapsriglyne of diensbepalings beëindig. Ons kan ook jou kanaal of rekening beëindig ná ’n enkele geval van ernstige misbruik, of wanneer die kanaal aan ’n beleidskending toegewy is. Ons kan herhaalde oortreders verhoed om in die toekoms aan beleidopleiding deel te neem. Kry meer inligting oor kanaal- of rekeningbeëindigings.

Ons kan jou kanaal beëindig as jou inhoud pornografie bevat.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
2385800034822130412
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false