Beleid oor kinderveiligheid

Ons skeppers, kykers en vennote se veiligheid is ons hoogste prioriteit. Ons maak op elkeen van julle staat om ons te help om hierdie unieke en geesdriftige gemeenskap te beskerm. Dit is belangrik dat jy ons gemeenskapsriglyne verstaan, asook die rol wat hulle speel in ons gedeelde verantwoordelikheid om YouTube veilig te hou. Staan die tyd af om die onderstaande beleid sorgvuldig deur te lees. Jy kan ook na hierdie bladsy kyk vir ’n volledige lys van ons riglyne.
Opdatering: Inhoud wat jong minderjariges en gesinne teiken, maar wat seksuele temas, geweld, obsene, of ander volwasse temas bevat wat nie vir jong gehore geskik is nie, word nie op YouTube toegelaat nie. Benewens jou titels, beskrywings en merkers, moet jy ook seker maak dat jou gehoorkeuse pas by die gehoor waarvoor jou inhoud geskik is.

YouTube laat nie inhoud toe wat minderjariges se emosionele en fisiese welstand in gevaar stel nie. ’n Minderjarige is iemand onder 18 jaar oud.

As jy inhoud kry wat hierdie beleid oortree, moet jy dit aangee. As jy glo ’n kind is in gevaar, moet jy jou plaaslike wetstoepassers dadelik kontak om die situasie aan te meld.

Instruksies om oortredings van ons gemeenskapsriglyne aan te gee, is hier beskikbaar. As jy veelvuldige video’s of opmerkings gekry het wat jy wil aangee, kan jy die kanaal aangee.

Wat hierdie beleid vir jou beteken

As jy inhoud plaas

Moenie inhoud op YouTube plaas as dit by enige van die beskrywings hieronder pas nie.

  • Seksualisering van minderjariges: Seksueel eksplisiete inhoud met minderjariges en inhoud wat minderjariges seksueel uitbuit, insluitend naaktheid van minderjariges wat met komediese bedoelinge geplaas word. Ons gee inhoud wat die uitbeelding van seksuele misbruik van kinders bevat by die Nasionale Sentrum vir Vermiste en Uitgebuite Kinders aan. Dié sentrum werk met internasionale wetstoepassingsagentskappe saam.
  • Skadelike of gevaarlike optrede waarby minderjariges betrokke is: Inhoud wat wys hoe ’n minderjarige aan gevaarlike aktiwiteite deelneem of wat minderjariges aanmoedig om gevaarlike aktiwiteite aan te pak, veral as iemand wat kyk die gevaarlike daad kan naboots, of as die inhoud die gevaarlike daad aanmoedig of ophemel. Moet nooit minderjariges in skadelike situasies plaas wat tot besering kan lei nie, insluitend gevaarlike toertjies, uitdagings of poetse. Gevaarlike dade sluit in, maar is nie beperk nie tot, enige daad in die kategorieë wat onder Uiters gevaarlike uitdagings gelys is, soos versmoring of elektrokusie.
    • Dit sluit inhoud in wat minderjariges wys wat:
      • Alkohol drink
      • Verdampers, e-sigarette, tabak of dagga gebruik
      • Vuurwerk misbruik
      • Vuurwapens sonder toesig gebruik
  • Om ’n kind fisies, seksueel of emosioneel te mishandel of te verwaarloos, of om voorspraak daarvoor te doen, insluitend om emosionele angs vir minderjariges te veroorsaak.
    • Inhoud wat die toediening van fisiese, seksuele of emosionele mishandeling van ’n kind bevat as die konteks opvoedkundig, dokumentêr, wetenskaplik of kunstig is, en wat wasig gemaak is, kan ’n uitsondering ontvang.
    • Inhoud wat kan veroorsaak dat minderjarige deelnemers of kykers emosionele angs ervaar, insluitend:
      • Blootstelling aan volwasse temas
      • Gesimuleerde mishandeling deur ouers
      • Inhoud wat minderjariges dwing om iets te doen
      • Geweld
  • Misleidende gesinsinhoud: Inhoud wat jong minderjariges en gesinne teiken, maar die volgende bevat:
    • Seksuele temas
    • Geweld
    • Obseniteit of ander volwasse temas wat nie vir jong gehore geskik is nie
    • Mediese prosedures
    • Selfleed
    • Gebruik van volwasse gruwelkarakters
    • Ander onvanpaste temas wat bedoel is om jong gehore te skok
    • Inhoud wat jong minderjariges en gesinne teiken met temas wat nie ouderdomtoepaslik is nie as die konteks opvoedkundig, dokumentêr, wetenskaplik of kunstig is, kan ’n uitsondering ontvang. Dit moenie beskou word as toestemming om jong minderjariges en gesinne te teiken met volwasse temas wat bedoel is om jong gehore te skok nie.
    • Gesinsvriendelike strokiesprente wat jong minderjariges teiken en volwasse of ouderdom-ontoepaslike temas bevat, soos geweld, seks, dood, dwelms en meer. Ons laat nie inhoud toe wat in die video se titel, beskrywing, merkers of in die gehoorkeuse as geskik vir kinders gemerk is as dit temas bevat wat nie ouderdomtoepaslik is nie.
    • Maak seker jou titels, beskrywings en merkers pas by die gehoor wat jy teiken. Daarbenewens moet jy seker maak dat jou gehoorkeuse die gehoor waarvoor jou inhoud geskik is, akkuraat verteenwoordig. Jy kan ook met oplaai ’n ouderdomsbeperking vir jou inhoud stel as dit vir volwasse gehore bedoel is.
  • Kuberafknouery en teistering wat minderjariges betrek: Inhoud wat:
    • Bedoel is om ’n minderjarige te beskaam, te mislei, of te beledig
    • Persoonlike inligting, soos e-posadresse of bankrekeningnommers, openbaar maak
    • Seksualisering bevat
    • Mense aanmoedig om ander af te knou of te teister

This policy applies to videos, video descriptions, comments, Stories, Community posts, live streams, playlists, and any other YouTube product or feature. Keep in mind that this isn't a complete list.

Please note these policies also apply to external links in your content. This can include clickable URLs, verbally directing users to other sites in video, as well as other forms. 

Inhoud met ’n ouderdomsbeperking

Ons kan ’n ouderdomsbeperking plaas op inhoud wat enige van die volgende insluit.

  • Skadelike of gevaarlike optrede wat volwassenes of minderjariges kan naboots: Inhoud met volwassenes wat deelneem aan gevaarlike aktiwiteite wat volwassenes of minderjariges maklik kan naboots.
  • Volwasse temas in gesinsinhoud: Inhoud wat bedoel is vir volwasse gehore, maar wat maklik met gesinsinhoud verwar kan word. Dit sluit in strokiesprente wat volwasse temas soos geweld, seks of dood bevat. Onthou dat jy met oplaai ’n ouderdomsbeperking vir jou inhoud kan stel as dit vir volwasse gehore bedoel is.
  • Vulgêre taalgebruik: Sekere taalgebruik is nie geskik vir jonger gehore nie. As inhoud seksueel eksplisiete taal of buitensporige vloektaal gebruik, kan dit tot ’n ouderdomsbeperking lei.
Inhoud wat minderjariges bevat
Om minderjariges op YouTube te beskerm, kan sommige kenmerke op sowel kanaal- as inhoudsvlak gedeaktiveer word vir inhoud wat nie ons beleide oortree nie, maar wat kinders bevat. Hierdie kenmerke kan insluit:
  • Opmerkings
  • Regstreekse klets
  • Regstreekse stroming
  • Videoaanbevelings (hoe en wanneer jou video aanbeveel word)
  • Gemeenskapplasings
  • Hermenging van Kortvideo’s

Hoe om minderjariges in jou inhoud te beskerm

Voordat jy inhoud van jouself, jou gesin of vriende plaas, moet jy mooi dink of dit enigiemand aan die risiko van negatiewe aandag kan blootstel. Minderjariges is ’n kwesbare deel van die bevolking, en YouTube het beleide om hulle teen ongewenste aandag te beskerm.

  • Maak seker dat die minderjarige onder ’n volwassene se toesig is en met ouderdomtoepaslike aktiwiteite besig is, soos stokperdjies, opvoedkundige inhoud of openbare optredes.
  • Maak seker die klere is ouderdomtoepaslik. Vermy skrapse of noupassende klere.
  • Gebruik YouTube se privaatheidinstellings om te beperk wie die video’s wat jy plaas, kan sien.

Moenie inhoud met minderjariges op YouTube plaas as dit aan een van die volgende kriteria voldoen nie:

  • Dit is in private ruimtes by die huis opgeneem, soos slaap- of badkamers.
  • Dit wys minderjariges wat kontak met vreemdelinge uitlok, aanlyn uitdagings, en besprekings van volwasse onderwerpe.
  • Dit wys aktiwiteite wat onwelkome aandag op die minderjarige vestig, soos liggaamsverwringings of ASMR.
  • Dit maak persoonlike besonderhede oor ’n minderjarige openbaar.

Dit is net ’n paar voorbeelde. Jy kan hier meer beste praktyke oor kinderveiligheid kry. As jy jonger as 18 of die toepaslike mondigheidsouderdom in jou land is, kan Be internet awesome jou help om aanlyn veilig te bly.

Voorbeelde

Hier is ’n paar voorbeelde van inhoud wat nie op YouTube toegelaat word nie.

  • Video’s of plasings wat wys hoe minderjariges in uitlokkende, seksuele of seksueel suggestiewe aktiwiteite en uitdagings betrokke is, soos soenery of betasting.
  • Om minderjariges te wys wat met gevaarlike aktiwiteite besig is. Byvoorbeeld, fisieke toertjies, die gebruik van wapens of plofstof, of die gebruik van ’n beheerde middel, soos alkohol of nikotien, insluitend die gebruik van damprookpenne of e-sigarette.
  • ’n Video met merkers soos “vir kinders” of waarvan die gehoor gestel is op “Ja, dit is vir kinders gemaak”, met gesinsvriendelike strokiesprente wat met onvanpaste dade besig is, soos om hulself in te spuit.

Onthou dat dit net ’n paar voorbeelde is. Moenie inhoud plaas as jy dink dat dit dalk hierdie beleid sal oortree nie.

Meer voorbeelde

  • Wanneer geld, lof, opduime of enige ander aansporing vir ’n minderjarige aangebied word om fisieke kontak met iemand anders te hê.
  • ’n Video of plasing wat seksuele inhoud met minderjariges of beledigende inhoud met minderjariges adverteer.
  • Uitbuitende gedrag wat kommunikasie met of oor minderjariges behels.
  • Die samestelling van onskuldige inhoud oor minderjariges met die doel van seksuele bevrediging.
  • Inhoud met kinders wat bakleiery of afknouery wys sonder opvoedkundige, dokumentêre, wetenskaplike of artistieke konteks en wasigmaking.
  • Uitdagings, poetse of toertjies wat die gevaar inhou van fisieke besering of ernstige emosionele angs. Jy kan meer inligting kry oor wat nie toegelaat word nie in ons beleide oor uitdagings en poetse.
  • Wanneer minderjariges aangemoedig word om gevaarlike aktiwiteite uit te voer, selfs as daar geen minderjariges in die inhoud is nie.
  • Inhoud wat mishandeling deur ouers of verlating simuleer, wat blootstelling aan dood of geweld simuleer, of wat intense skaamte of vernedering vir minderjariges veroorsaak.
  • Wanneer strokiesprente, toneelpoppe of gesinsvermaakkarakters gebruik word om vir kinders aantreklik te wees, maar die inhoud fokus op volwasse temas soos geweld of seks.

Wat gebeur as inhoud hierdie beleid oortree

As jou inhoud hierdie beleid oortree, sal ons die inhoud verwyder en vir jou ’n e-pos stuur om jou daaroor in te lig. Ons kan ’n skakel wat jy plaas verwyder as ons nie kan verifieer dat die skakel veilig is nie. Let daarop dat oortredende URL’e wat in die video self of in die video se metadata geplaas word, tot gevolg kan hê dat die video verwyder word.

As dit die eerste keer is dat jy ons gemeenskapsriglyne oortree, sal jy waarskynlik ’n aanmaning sonder enige straf vir jou kanaal kry. Jy sal die kans hê om aan beleidopleiding deel te neem sodat die aanmaning ná 90 dae kan verval. As dieselfde beleid egter binne daardie 90 dae oortree word, sal die aanmaning nie verval nie en sal jou kanaal ’n waarskuwing kry. As jy ’n ander beleid oortree nadat jy die opleiding voltooi het, sal jy nog ’n aanmaning kry.

As jy binne 90 dae 3 waarskuwings kry, sal jou kanaal beëindig word. Kom meer te wete oor ons waarskuwingstelsel.

Ons kan jou kanaal of rekening weens herhaalde oortredings van die gemeenskapsriglyne of diensbepalings beëindig. Ons kan ook jou kanaal of rekening beëindig ná ’n enkele geval van ernstige misbruik, of wanneer die kanaal aan ’n beleidskending toegewy is. Ons kan herhaalde oortreders verhoed om in die toekoms aan beleidopleiding deel te neem. Kry meer inligting oor kanaal- of rekeningbeëindigings.

Ons het geen verdraagsaamheid teenoor uitbuitende gedrag op YouTube nie. As ons dink ’n kind is in gevaar gegrond op die inhoud wat aangegee is, sal ons wetstoepassers help om die inhoud te ondersoek.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
9541840877127170425
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false