Beleid oor haatspraak


 
Ons skeppers, kykers en vennote se veiligheid is ons hoogste prioriteit. Ons maak op elkeen van julle staat om ons te help om hierdie unieke en geesdriftige gemeenskap te beskerm. Dit is belangrik dat jy ons gemeenskapsriglyne verstaan, asook die rol wat hulle speel in ons gedeelde verantwoordelikheid om YouTube veilig te hou. Staan die tyd af om die onderstaande beleid sorgvuldig deur te lees. Jy kan ook na hierdie bladsy kyk vir ’n volledige lys van ons riglyne.
Note: On June 5, 2019, we announced some changes to our hate speech policies. You can learn more about those changes here. The below policy has been updated with those changes.

Haatspraak word nie op YouTube toegelaat nie. Ons laat nie inhoud toe wat geweld of haat teen individue of groepe op grond van enige van die volgende kenmerke bevorder nie – wat beskermdegroepstatus ingevolge YouTube se beleid aandui:

  • Ouderdom
  • Stand
  • Gestremdheid
  • Etnisiteit
  • Genderidentiteit en -uitdrukking
  • Nasionaliteit
  • Ras
  • Immigrasiestatus
  • Geloof
  • Geslag/Gender
  • Seksuele oriëntasie
  • Slagoffers van 'n groot gewelddadige gebeurtenis en hul familie
  • Oudsoldaatstatus

As jy inhoud kry wat hierdie beleid oortree, moet jy dit aangee. Instruksies om oortredings van ons gemeenskapsriglyne aan te gee is hier beskikbaar. As jy ’n paar video’s of opmerkings ontdek het wat jy wil aangee, kan jy die kanaal aangee.

Wat hierdie beleid vir jou beteken

As jy inhoud plaas

Moenie inhoud op YouTube plaas as die doel met daardie inhoud is om een of meer van die volgende te doen nie:

  • Die aanmoediging van geweld teen individue of groepe op grond van hul beskermdegroepstatus. Ons laat nie dreigemente op YouTube toe nie, en ons hanteer geïmpliseerde oproepe om geweld as werklike dreigemente. Jy kan meer te wete kom oor ons beleide oor dreigemente en teistering.
  • Die aanhitsing van haat teen individue of groepe op grond van hul beskermdegroepstatus.

Ander soorte inhoud wat hierdie beleid oortree

  • Om individue of groepe te ontmens deur hulle submens te noem, of hulle met diere, insekte, peste, siektes of enige ander niemenslike entiteit te vergelyk op grond van hul beskermdegroepstatus.
  • Om geweld teen individue of groepe op grond van hul beskermdegroepstatus te loof of te verheerlik.
  • Die gebruik van ras-, godsdiens- of ander beledigings en stereotipes wat haat aanhits of bevorder op grond van beskermdegroepstatus. Dit kan die vorm aanneem van spraak, teks of beelde wat hierdie stereotipes bevorder of as feitelik hanteer.
  • Bewerings dat individue of groepe liggaamlik of verstandelik minderwaardig, gebrekkig of siek is op grond van hul beskermdegroepstatus. Dit sluit stellings in dat een groep minder as ’n ander is deur hulle minder intelligent, minder bekwaam of beskadig te noem. Dit sluit ook oproepe in om die onderwerping of oorheersing van individue of groepe op grond van hul beskermdegroepstatus.
  • Die bevordering van haatlike supremasisme deur te beweer dat ’n groep meerderwaardig is teenoor dié met beskermdegroepstatus om geweld, diskriminasie, segregasie of uitsluiting te regverdig. Dit sluit inhoud in wat haatlik supremasistiese propaganda insluit, soos die werwing van nuwe lede of versoeke om finansiële ondersteuning van hul ideologie, en musiekvideo’s wat haatlike supremasisme in die lirieke, metadata of beelde bevorder.
  • Samesweringbewerings dat individue of groepe boos, korrup of kwaadwillig is op grond van hul beskermdegroepstatus.
  • Ontkenning of verkleining van ’n goed gedokumenteerde, groot gewelddadige gebeurtenis of die slagofferskap van só ’n gebeurtenis.
  • Aanvalle op individue of groepe op grond van hul emosionele, romantiese en/of seksuele aantreklikheid vir ander mense.

Opvoedkundige, dokumentêre, wetenskaplike en artistieke inhoud

Ons kan inhoud toelaat wat haatspraak insluit as daardie inhoud bykomende opvoedkundige, dokumentêre, wetenskaplike en artistieke konteks insluit. Bykomende konteks kan wees om teenoorgestelde sienings in te sluit, of die veroordeling, weerlegging of satirisering van haatspraak. Dit moenie beskou word as toestemming om haatspraak te bevorder nie. Voorbeelde sluit in:

  • 'n Dokumentêr oor 'n haatgroep: Opvoedkundige inhoud wat nie die groep ondersteun of idees bevorder nie, sal toegelaat word. ’n Dokumentêr wat geweld of haat bevorder, sal nie toegelaat word nie.
  • ’n Dokumentêr oor die wetenskaplike studie van mense: ’n Dokumentêr oor hoe teorieë oor tyd verander het, selfs al bevat dit teorieë oor die minderwaardigheid of meerderwaardigheid van spesifieke groepe, sal toegelaat word omdat dit opvoedkundig is. Ons sal nie 'n dokumentêr toelaat wat beweer dat daar vandag wetenskaplike bewyse is dat 'n individu of groep minderwaardig of submens is nie.
  • Historiese videomateriaal van 'n gebeurtenis, soos die Tweede Wêreldoorlog, wat nie geweld of haat bevorder nie. 

Hierdie beleid geld vir video's, videobeskrywings, opmerkings, regstreekse strome en enige ander YouTube-produk of -kenmerk. Neem kennis dat hierdie beleide ook op eksterne skakels in jou inhoud van toepassing is. Dit kan klikbare URL’e en ander vorme insluit, asook om gebruikers mondelings tydens die video na ander werwe toe te stuur. 

Vir opvoedkundige, dokumentêre, wetenskaplike en artistieke inhoud wat haatspraak insluit, moet hierdie konteks in die video se beelde of oudio self verskyn. Dit is onvoldoende om dit in die titel of beskrywing te verskaf.

Monetisering en ander strafmaatreëls 

In sommige seldsame gevalle kan ons inhoud verwyder of ander strawwe uitreik wanneer 'n skepper:

  • Herhaaldelik afbrekende gehoorgedrag aanmoedig.
  • ’n Groep herhaaldelik in veelvuldige oplaaie teiken, beledig en misbruik op grond van beskermdegroepstatus.
  • ’n Groep met beskermdegroepstatus op grond van die plaaslike sosiale of politieke konteks aan die risiko van fisieke leed blootstel.
  • Inhoud skep wat die YouTube-stelsel benadeel deur aanhoudend vyandigheid teenoor ’n groep met beskermdegroepstatus vir persoonlike finansiële gewin aan te hits.

Voorbeelde

Hier is voorbeelde van haatspraak wat nie op YouTube toegelaat word nie.

  • “Ek is bly dat hierdie [gewelddadige gebeurtenis] plaasgevind het. Hulle het gekry wat hulle verdien [met verwysing na mense met beskermdegroepstatus].“
  • “[Mense met beskermdegroepstatus] is honde” of “[mense met beskermdegroepstatus] is soos diere.”

Meer voorbeelde

  • “Gaan uit en slaan ’n [persoon met beskermdegroepstatus].”
  • “Almal in [groepe met beskermdegroepstatus] is misdadigers en skurke.”
  • “[Persoon met beskermdegroepstatus] is die gespuis.”
  • “[Mense met beskermdegroepstatus] is ’n siekte.”
  • “[Mense met beskermdegroepstatus] is minder intelligent as ons omdat hul breine kleiner is.”
  • “[Groepe met beskermdegroepstatus] bedreig ons bestaan, en daarom moet ons hulle uitdryf met elke kans wat ons kry.”
  • “[Groepe met beskermdegroepstatus] het ’n agenda om die wêreld te beheer en van ons ontslae te raak.”
  • “[Beskermdegroepstatus] is net ’n soort geestesversteuring wat genees moet word.”
  • “[Persoon met beskermdegroepstatus] moenie in skole opgevoed word nie, want hulle behoort glad nie opgevoed te word nie.”
  • “Al die sogenaamde slagoffers van hierdie gewelddadige gebeurtenis is akteurs. Niemand het seergekry nie, en dit is net ’n vals vlag.”
  • “Mense is in die gebeurtenis dood, maar ’n werklik onbeduidende aantal.”
  • Om vir iemand te skree “[mense met beskermdegroepstatus] is peste!”, ongeag of die persoon die beweerde beskermdegroepstatus het of nie. 
  • Video game content which has been developed or modified (“modded”) to promote violence or hatred against a group with any of the attributes noted above.

Onthou dat dit net voorbeelde is. Moenie inhoud plaas as jy dink dat dit dalk hierdie beleid oortree nie.

Wat gebeur as inhoud hierdie beleid oortree

As jou inhoud hierdie beleid oortree, sal ons die inhoud verwyder en vir jou ’n e-pos stuur om jou daaroor in te lig. Ons kan ’n skakel wat jy plaas verwyder as ons nie kan verifieer dat die skakel veilig is nie. Let daarop dat oortredende URL’e wat in die video self of in die video se metadata geplaas word, tot gevolg kan hê dat die video verwyder word.

As dit die eerste keer is dat jy ons gemeenskapsriglyne oortree, sal jy waarskynlik ’n aanmaning sonder enige straf vir jou kanaal kry. Jy sal die kans hê om aan beleidopleiding deel te neem sodat die aanmaning ná 90 dae kan verval. As dieselfde beleid egter binne daardie 90 dae oortree word, sal die aanmaning nie verval nie en sal jou kanaal ’n waarskuwing kry. As jy ’n ander beleid oortree nadat jy die opleiding voltooi het, sal jy nog ’n aanmaning kry.

As jy binne 90 dae 3 waarskuwings kry, sal jou kanaal beëindig word. Kom meer te wete oor ons waarskuwingstelsel.

Ons kan jou kanaal of rekening weens herhaalde oortredings van die gemeenskapsriglyne of diensbepalings beëindig. Ons kan ook jou kanaal of rekening beëindig ná ’n enkele geval van ernstige misbruik, of wanneer die kanaal aan ’n beleidskending toegewy is. Ons kan herhaalde oortreders verhoed om in die toekoms aan beleidopleiding deel te neem. Kry meer inligting oor kanaal- of rekeningbeëindigings.

As ons dink dat jou inhoud naby aan haatspraak kom, kan ons YouTube-kenmerke wat vir daardie inhoud beskikbaar is, beperk. Jy kan hier meer inligting kry oor beperkte kenmerke.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
9966069268117601868
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false