YouTube Kortvideo’s se monetiseringbeleide

Inkomstedeling op YouTube Kortvideo’s het op 1 Februarie 2023 begin. Kry meer inligting oor nuwe veranderinge aan die YouTube Vennootprogram se bepalings.

Monetiserende vennote kan geld verdien uit advertensies wat tussen video’s in die Kortvideo’s-stroom gekyk word. Hierdie nuwe inkomstedelingmodel het die YouTube Kortvideo’s Fonds vervang.

Beleide wat op die monetisering van YouTube Kortvideo’s van toepassing is

As jy op YouTube monetiseer, is dit belangrik dat jou kanaal aan die YouTube-kanaalmonetiseringbeleide voldoen, insluitend ons beleide oor herhalende en hergebruikte inhoud. Dit sluit ook YouTube se gemeenskapsriglyne, diensbepalings, kopieregbeleid en AdSense se programbeleide in.

Skakel Kortvideo’s-advertensie-inkomstedeling aan

Om in Kortvideo’s-advertensie-inkomste te begin deel, moet monetiseringvennote die Kortvideo’s-monetiseringmodule aanvaar – bepalings wat jou in staat stel om geld te verdien deur advertensies en YouTube Premium in die Kortvideo’s-stroom. Kortvideo’s-advertensie-inkomstedeling sal vanaf die datum waarop jy dit aanvaar op jou kanaal se kwalifiserende Kortvideo’s-kyke van toepassing wees. Kortvideo’s-kyke wat opgeloop het voordat die monetiseringmodule vir Kortvideo’s aanvaar is, kwalifiseer nie vir Kortvideo’s-advertensie-inkomstedeling nie.

Inhoud wat vir advertensies geskik is

Alle inhoud wat met advertensies monetiseer, moet aan ons riglyne vir adverteerdervriendelike inhoud voldoen. In Kortvideo’s sal slegs kyke van inhoud wat aan ons adverteerdervriendelike riglyne voldoen, vir inkomstedeling kwalifiseer.

Onkwalifiserende Kortvideo’s-kyke

YouTube sal vir die doeleindes van die berekening van betalings nie kyke van Kortvideo’s tel waar die kyke nie kwalifiseer nie. Voorbeelde van waar Kortvideo’s-kyke wat nie kwalifiseer nie, kan voorkom: 

  • Nie-oorspronklike Kortvideo’s, soos ongeredigeerde snitte uit ander mense se flieks of TV-programme, die heroplaai van ander skeppers se inhoud op YouTube of ’n ander platform, of samestellings waarby geen oorspronklike inhoud gevoeg is nie
  • Kunsmatige of vals kyke van Kortvideo’s, soos geoutomatiseerde klik- of rolleesbotte
  • Kyke van Kortvideo’s wat teenstrydig is met ons riglyne vir adverteerdervriendelike inhoud

Advertensieformate wat vir Kortvideo’s-inkomstedeling kwalifiseer

NUUT: Kortvideo’s-advertensie-inkomste, nuwe roetes na YVP en Supderdankie in Kortvideo’s!

Inkomste word gedeel uit advertensies wat tussen video’s in die Kortvideo’s-stroom gekyk word. Kyke van Kortvideo’s ontvang advertensie-inkomstedeling uitsluitlik uit die Kortvideo’s-stroom, wat afsonderlik van die monetisering van langformaatvideo’s op die kykbladsy is.

Hoe advertensie-inkomstedeling vir Kortvideo’s werk

NUUT: Kortvideo’s-advertensie-inkomstedeling

Slegs monetiserende vennote wat die monetiseringmodule vir Kortvideo’s aanvaar het, kan advertensie-inkomste uit Kortvideo’s verdien.

Daar is vier stappe vir hoe advertensie-inkomstedeling vir Kortvideo’s werk:

  1. Voeg Kortvideo’s-stroomadvertensie-inkomste saam. Elke maand word inkomste uit advertensies wat tussen video’s in die Kortvideo’s-stroom vertoon word, bymekaar gevoeg en gebruik om skeppers te beloon en om koste van musieklisensiëring te help dek. 
     
  2. Bereken die Skepperpoel. Kortvideo’s-stroomadvertensie-inkomste word dan toegewys aan die Skepperpoel op grond van kyke en musiekgebruik in alle Kortvideo’s wat deur monetiserende skeppers opgelaai is. 
    • As ’n monetiseringskepper ’n Kortvideo sonder enige musiek oplaai, gaan al die inkomste wat met die kyke daarvan geassosieer word, na die Skepperpoel.
    • As ’n monetiseringskepper ’n Kortvideo met musiek daarin oplaai, sal YouTube die inkomste wat met die kyke daarvan geassosieer word tussen die Skepperpoel en musiekvennote verdeel op grond van die aantal snitte wat gebruik is.
Byvoorbeeld, as ’n monetiseringskepper ’n Kortvideo met 1 snit oplaai, sal die helfte van die inkomste wat met die kyke daarvan geassosieer word aan die Skepperpoel toegewys word, en die ander helfte sal gebruik word om die koste van musieklisensiëring te dek. As die Kortvideo 2 musieksnitte gebruik, sal een derde van die inkomste wat met die kyke daarvan geassosieer word aan die Skepperpoel toegewys word, en die ander twee derdes sal gebruik word om die koste van musieklisensiëring te dek. 
  1. Wys die Skepperpoel toe. Inkomste uit die algehele bedrag in die Skepperpoel word aan monetiserende skeppers uitgekeer op grond van hul deel van die totale aantal kyke van monetiserende skeppers se Kortvideo’s in elke land. Byvoorbeeld, as ’n skepper 5% kry van alle kwalifiserende kyke van Kortvideo’s wat deur monetiserende skeppers opgelaai is, sal 5% van die inkomste in die Skepperpoel aan hulle toegewys word.
     
  2. Pas inkomstedeling toe. Monetiserende skeppers sal 45% van hul toegewysde inkomste hou, ongeag of musiek gebruik is of nie.

Wat nie by die Skepperpoel ingesluit word nie:

  • Inkomste wat geassosieer word met kyke van Kortvideo’s wat opgelaai is deur skeppers wat nog nie die monetiseringmodule vir Kortvideo’s aanvaar het nie, of wat nog nie kwalifiseer om hul Kortvideo’s te monetiseer nie. Hierdie inkomste sal gebruik word om die koste van musieklisensiëring te dek, en/of deur YouTube behou word. 
  • Inkomste wat geassosieer word met kyke van Kortvideo’s wat deur musiekvennote opgelaai is.
  • Inkomste wat geassosieer word met kyke van Kortvideo’s wat nie as kwalifiserend beskou word nie.
  • Inkomste wat geassosieer word met enige advertensies wat gewys word wanneer die Kortvideo’s-stroom oopgemaak word voordat ’n Kortvideo gekyk word (byvoorbeeld die YouTube Kortvideo’s-naamblok).
  • Inkomste wat geassosieer word met enige advertensies wat op navigasiebladsye binne die Kortvideo’s-speler gewys word.

Verstaan met ’n voorbeeld

Kom ons bekyk ’n hipotetiese voorbeeld om beter te verstaan hoe dit werk.

Hipotetiese voorbeeld

Kom ons sê jy as monetiseringskepper laai ’n Kortvideo op wat 1 musieksnit gebruik. Ons sal dit wat jou Kortvideo hierdie maand in land A verdien, soos volg bereken.

  • Daar is altesame 100 miljoen Kortvideo’s-kyke in land A, en alle kyke is van Kortvideo’s wat deur monetiserende skeppers opgelaai is.
  • $100 000 word verdien uit advertensies wat tussen Kortvideo’s in die Kortvideo’s-stroom speel.
  • 20% van hierdie Kortvideo’s gebruik 1 musieksnit, so die Skepperpoel is $90 000 en $10 000 word gebruik om die koste van musieklisensiëring te dek
  • Jou Kortvideo word 1 miljoen keer gekyk, en daarom word 1% van die Skepperpoel, of $900, aan jou toegewys. Jou toewysing uit die Skepperpoel word nie deur jou gebruik van ’n musieksnit geraak nie.
  • Die inkomstedeling van 45% word dan op jou toewysing toegepas, en jy verdien $405 uit jou Kortvideo’s-kyke in land A.

Gebruik van derdepartyinhoud in Kortvideo’s

In sekere omstandighede – wanneer ’n Kortvideo derdepartyinhoud of hervermengde inhoud bevat – sal die kyke wat aan die Kortvideo toegewys word, verdeel word tussen die oplaaier en enige derdepartyregtehouers (eienaars van ander inhoud wat in ’n Kortvideo gebruik word) vir die doeleindes van die berekening van die Skepperpoel en monetiserende skeppers se inkomstedeel. Die volgende beleide beskryf hoe dit sal gebeur. Ons kan hierdie beleide opdateer, en sal jou oor enige veranderinge inlig.

  • Hoe die gebruik van derdepartyinhoud die Skepperpoel beïnvloed. Wanneer die bedrag van die Skepperpoel bereken word, sal slegs musiekinhoud wat deur YouTube se musiekbedryfvennote beskikbaar gemaak is of deur Dream Track gegenereer is, erkenning kry dat dit ’n bydrae tot ’n Kortvideo gelewer het. Dit beteken dat slegs wanneer musiekinhoud in ’n Kortvideo gebruik word, dit die aantal kyke en geassosieerde inkomste wat aan die Skepperpoel toegewys word, sal verminder. Geen ander kategorie of derdeparty-inhoud sal in hierdie stadium erkenning kry dat dit ’n bydrae tot ’n Kortvideo gelewer het nie, selfs wanneer ’n Content ID-monetiseerbeleid op daardie inhoud gestel is. Ons is egter in die vroeë stadiums van die ontwikkeling van ons monetiseringmodel vir ander inhoudkategorieë. 
    • Die voorbeelde hierbo wys hoe kyke en geassosieerde inkomste verdeel word om die Skepperpoel te bereken wanneer musiekinhoud in ’n Kortvideo gebruik word.
  • Hoe die gebruik van derdepartyinhoud toewysings vanaf die Skepperpoel beïnvloed. Wanneer monetiseringskeppers se deel uit die Skepperpoel betaal word, sal 100% van die aantal kyke van elke monetiserende skepper se Kortvideo’s aan hulle toegewys word, ongeag of enige musiek (insluitende musiek wat deur Dream Track gegenereer is) in die Kortvideo gebruik is. Gevolglik sal die gebruik van musiek in ’n Kortvideo nie ’n skepper se toewysing uit die Skepperpoel of die koers van hul inkomstedeel beïnvloed nie.

YouTube Premium-intekeninginkomstedeling vir Kortvideo’s

YouTube Premium is ’n betaalde-intekeningopsie wat dit vir gebruikers moontlik maak om advertensievrye inhoud, agtergrondterugspeling, aflaaie en premiumtoegang tot die YouTube Music-app te geniet. Hierdie aanbieding is ook op kyke van Kortvideo’s van toepassing. 

YouTube sal 45% betaal van die netto inkomste uit YouTube Premium wat aan monetiserende skeppers vir Kortvideo’s toegewys is. ’n Deel van YouTube Premium-inkomste word toegewys om te help om die koste van musieklisensiëring te dek. Betalings aan elke skepper word op hul deel van Kortvideo’s-intekeningkyke in elke land gegrond.

Waar om jou advertensie-inkomste vir die Kortvideo’s-stroom te sien

YouTube Analytics sal op die dag waarop jy met Kortvideo’s-advertensies begin monetiseer, begin om die geskatte daaglikse advertensie-inkomste vir die Kortvideo’s-stroom saam met ander prestasiemaatstawwe te wys, indien beskikbaar. Kry meer inligting oor hoe om jou YouTube-inkomste na te gaan.

Die bestaande tydlyne vir betaaldrempels en ander AdSense vir YouTube-besonderhede geld – kry meer inligting oor AdSense vir YouTube.

Studio Inhoudbestuurder

Vir Studio Inhoudbestuurder-gebruikers sal aflaaibare verslae beskikbaar wees teen middel-Maart 2023 slegs vir nie-musiekvennote. Hierdie verslae sal inkomstebesonderhede insluit wat volgens datum en land/streek verdeel is vir enige monetiserende Kortvideo’s wat deur relevante vennote opgelaai is.

Wil jy meer inligting oor jou Kortvideo's-prestasie kry? Kyk na ons Skepperwenke vir YouTube Analytics!

Kry meer inligting oor YouTube Kortvideo’s-monetisering 

Hoekom word Kortvideo’s-advertensie-inkomste saamgevoeg?

Kortvideo’s gebruik 'n advertensieformaat wat verskil van langformaatvideo, wat vereis dat ons 'n unieke benadering tot inkomstedeling moet volg. Deur inkomste saam te voeg en dit dan te versprei op grond van die aandeel kyke, beoog ons om alle skeppers wat geld verdien wat die Kortvideo’s-ervaring uitmaak, te beloon, nie net diegene wat 'n advertensie langs hul video het nie. ’n Bykomende voordeel is dat hierdie model ook die kompleksiteite van musieklisensiëring vereenvoudig deur dit vir skeppers moontlik te maak om aan hul kreatiewe visie uiting te gee sonder om besorg te wees dat hulle weens die gebruik van musiek minder sal verdien.

Hou skeppers werklik 45% van Kortvideo’s-inkomste?

Elke maand word inkomste uit advertensies wat tussen video’s in die Kortvideo’s-stroom verskyn, saamgevoeg en gebruik om Kortvideo’s-skeppers te beloon en die koste van musieklisensiëring te dek. Uit die totale bedrag wat aan skeppers toegewys word (ook bekend as die Skepperpoel), hou hulle 45% van die inkomste, ongeag of hulle musiek in hul Kortvideo’s gebruik.

Wat bedoel julle spesifiek met “musiek”?

“Musiek” in die konteks van Kortvideo’s verwys na inhoud wat YouTube se musiekbedryfvennote beskikbaar gemaak of opgeëis het. Dit kan werklike musiekoudio of -snitte, musiekvideo’s of ander musiekinhoud, soos kunstenaaronderhoude, insluit. Dit sluit ook musiekinhoud in wat deur Dream Track gegenereer is.

Kan ek steeds geld met die Kortvideo’s Fonds verdien?
Nee, sedert die bekendstelling van Kortvideo’s-advertensie-inkomstedeling op 1 Februarie 2023 sal skeppers nie meer geld uit die Kortvideo’s Fonds verdien nie. Ons verwag dat die meeste van ons Kortvideo’s Fonds-ontvangers meer uit hierdie nuwe inkomstedelingmodel sal verdien, en dit sal die Kortvideo’s Fonds vervang. Die finale Kortvideo’s Fonds-uitnodigings vir aktiwiteit in Januarie sal middel-Februarie 2023 uitgestuur word, met betalings in Maart (onderhewig aan AdSense se betalingdrempels en vereistes).

My Kortvideo’s is in die Kortvideo’s-stroom, maar ek verdien nie inkomste nie. Kan ek geld uit daardie advertensies verdien sonder om in YVP te wees?

Nee. Slegs monetiserende vennote wat die monetiseringmodel vir Kortvideo’s aanvaar het, kan advertensie- en YouTube Premium-inkomste uit Kortvideo’s verdien. Die oorblywende inkomste sal gebruik word om die koste van musieklisensiëring te dek, of deur YouTube behou word.
Hoe sal ek weet of my Kortvideo’s advertensie-inkomste verdien? Sê nou ek wil ophou om Kortvideo’s-advertensie-inkomste te verdien?

Kyke van enige Kortvideo op jou kanaal sal vanaf die dag waarop jy die Kortvideo’s-monetiseringmodule aanvaar vir Kortvideo’s-advertensie-inkomstedeling oorweeg word. Kyke van Kortvideo’s wat ná 1 Februarie 2023 opgelaai is, sal ook outomaties vir Kortvideo’s-advertensie-inkomstedeling oorweeg word – jy sal tydens die oplaai nie meer monetisering vir jou Kortvideo’s hoef aan te skakel soos jy vir langformaatvideo’s doen nie. Kortvideo’s-kyke wat opgeloop het voordat die monetiseringmodule vir Kortvideo’s aanvaar is, kwalifiseer nie vir Kortvideo’s-advertensie-inkomstedeling nie.

Nadat jy jou Kortvideo opgelaai het, kan jy die monetiseringstatus daarvan in die Inhoud-afdeling van YouTube Studio sien. Kortvideo’s met kyke wat vir Kortvideo's-advertensie-inkomstedeling oorweeg word, sal ’n groen of geel monetisering-ikoon wys. Kry meer inligting oor die verskillende ikone in ons Monetisering-ikoongids.

YouTube Analytics sal ook op die dag waarop jy met Kortvideo’s-advertensies begin monetiseer, begin om die geskatte daaglikse advertensie-inkomste vir die Kortvideo’s-stroom saam met ander prestasiemaatstawwe te wys. Kry meer inligting oor hoe om jou YouTube-inkomste na te gaan.

As jy nie meer jou kanaal se Kortvideo’s-kyke met advertensies wil monetiseer nie, kan jy aan die Monetiseringmodule vir Kortvideo’s onttrek deur die Skeppersteundiens te kontak.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
17846773160340083172
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false