Hoe om probleme met Google Play Kits reg te stel

Nota: Android Kitsprogramme is tans net op sommige toestelle beskikbaar. 

Jy kan oplossings vir probleme met kitsprogramme in die instruksies hieronder kry As jy ’n kwessie ondervind met ’n program wat op jou toestel geïnstalleer is, kan jy jou kwessie in die kassie naby die bokant van die bladsy beskryf waar daar staan "deursoek die Google Play-hulpsentrum", en daar hulp soek.

Kies die probleem wat jy ondervind

Ek wil kitsprograminstellings verander

Skakel Google Play Kits aan of af

  1. Maak die Google Play-program oop Google Play.
  2. Tik bo regs op die profielikoon.
  3. Tik op Instellings en dan Algemeen en dan Google Play Kits.
  4. Skakel Google Play Kits aan of af

Vee data vir ’n spesifieke kitsprogram uit

Jy kan die data uitvee vir ’n kitsprogram wat jy gebruik het:

  1. Maak die Instellings-program Settings op jou toestel oop.
  2. Tik op Programme en kennisgewings, wat programme wat onlangs oopgemaak is aan die bokant sal wys.
  3. Tik op die kitsprogram waarvoor jy die instelling wil verander.
  4. Tik op Vee program uit

Wenk: Dit kan ook raadsaam wees om na jou rekeningbladsy toe te gaan om programme te bestuur wat jy aan jou Google-rekening gekoppel het. Let daarop dat enige inligting wat jy met die ontwikkelaar gedeel het, aan die ontwikkelaar se privaatheidsbeleid onderworpe is. Daarom moet jy die ontwikkelaar kontak as jy hierdie inligting wil bestuur.

'n Kitsprogram vries, val om of wil nie laai nie

Gaan jou webverbinding na

Maak seker dat jou wi-fi- of mobieledataverbinding aktief is en werk. 'n Eenvoudige manier om dit te doen, is om iets op die web te soek. Klik op hierdie skakel om op Google na katte te soek. As jy inligting oor katte sien, is jou internetverbinding waarskynlik nie die probleem nie. 

As die soektog nie werk nie, is die verbinding dalk 'n probleem. Probeer om jou verbindingprobleme op te los.

Probeer om die program te herlaai

Nadat jy bevestig het dat jou internetverbinding werk, moet jy weer op die skakel klik en kyk of die kitsprogram behoorlik laai. 

Gebruik eerder die web

As jy jou verbinding nagegaan het en probeer het om die program te herlaai, maar dit werk steeds nie, kan jy met ’n webblaaier (soos Chrome en Firefox) by jou inhoud uitkom

Ek sukkel om vir iets in ’n kitsprogram te betaal

Jou betaling wil nie deurgaan nie

Probeer hierdie oplossings vir algemene betalingkwessies as jy sukkel om vir iets in ’n kitsprogram te betaal. 

Ek wil ’n ander betaalmetode of -opsie gebruik

Nie alle betaalopsies is dalk in kitsprogramme beskikbaar nie. As jy ’n betaalmetode wil gebruik wat nie by die betaalpunt gelys word nie, kan jy die program op jou toestel installeer of eerder die web gebruik. 

Ek wil kitsprogramme sien wat onlangs gebruik is

Jy kan sien watter kitsprogramme jy onlangs gebruik het:
  1. Maak die Instellings-program Settings op jou toestel oop.
  2. Tik op "Programme en kennisgewings", wat programme wat onlangs oopgemaak is aan die bokant sal wys.
  3. Tik op enige program om meer besonderhede oor die program te sien. Kitsprogramme wat jy gebruik het, sal ook op die lys van onlangse programme op jou foon se oorsigkieslys verskyn.
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
1077981313040774203
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
84680
false
false