Bestuur jou gesin in Google

As die gesinsbestuurder kan jy tot 5 mense nooi om by jou gesinsgroep aan te sluit. Jy kan ook mense uit jou gesinsgroep verwyder of die gesinsgroep uitvee.

Voeg gesinslede by

Jy kan gesinslede byvoeg wat:

  • In dieselfde land as jy bly.
  • Minstens 13 jaar oud (of die toepaslike ouderdom in jou land) is. Kinders jonger as 13 kan net bygevoeg word as die gesinsbestuurder hul Gmail-rekening geskep het.
Wenk: Wanneer iemand by jou gesinsgroep aansluit, sal jy 'n e-poskennisgewing kry.
Play Winkel-program
  1. Maak die Google Play-program Google Play oop.
  2. Tik bo regs op die profielikoon.
  3. Tik op Instellings en dan Gesin en dan Bestuur gesinslede.
  4. Tik op Nooi gesinslede en dan Stuur.
Family Link-program
Belangrik: Die beskikbaarheid van Family Link kan in sekere lande beperk wees. Laai die Family Link-program af.
  1. Maak Family Link Family Link op jou Android-foon of -tablet oop.
  2. Tik links bo op Kieslys Kieslys en dan Bestuur gesin en dan Stuur uitnodigings.
Google One-program

Anyone in a family group can purchase a Google One membership and share it with their whole family, up to 6 members total, at no extra cost.

  1. On your Android phone or tablet, open the Google One app Google One.
  2. At the top, tap Menu en dan Settings.
  3. Tap Manage family settings.
  4. Turn on Share Google One with your family. To confirm, on the next screen, tap Share.
  5. Tap Manage family group en dan Invite family members.
  6. Follow the instructions to finish setup.
Google Assistent-program
  1. Sê op jou Android-foon of -tablet "Ok Google, open Assistant settings" (Ok Google, maak Assistent-instellings oop), of gaan na Assistent-instellings.
  2. Tik op Jy en dan Jou mense en dan Voeg persoon by.
  3. Kies die kontak wat jy wil byvoeg.
  4. Skakel Gesinsgroep aan.
  5. Bevestig hul e-posadres en tik op Gebruik hierdie e-posadres en dan Stoor.

Verwyder iemand uit jou gesinsgroep

As jy die gesinsbestuurder is, kan jy mense op verskeie maniere uit jou gesinsgroep verwyder.
Wat gebeur as jy iemand uit jou gesinsgroep verwyder
  • Die persoon wat jy uit jou gesinsgroep verwyder:
    • Behou hul Google-rekening en enige inhoud op hul toestel wat gekoop is met die gesinsbetaalmetode.
    • Kan nie nuwe aankope met die gesinsbetaalmetode maak nie, of toegang kry tot enige dienste wat jou gesinsgroep deel nie.
    • Kry 'n e-poskennisgewing wanneer hulle verwyder word.
    • Verloor toegang tot enigiets in jou Gesinsbiblioteek.
    • Verloor toegang tot jou gedeelde berging as jou gesin 'n Google One-lidmaatskap deel. 
    • Verloor toegang tot ekstra lidvoordele en Google-kundiges.
  • Indien die persoon wat jy verwyder:
    • 'n Aankoop gemaak het met die gesinsbetaalmetode en die transaksie is reeds aan die gang: Sal jy nog steeds gedebiteer word, maar jy kan 'n terugbetaling versoek vir ongewenste of onvoorsiene aankope.
    • Inhoud by die Gesinsbiblioteek gevoeg het: Indien jy Google Play Gesinsbiblioteek opgestel het, sal enige inhoud wat hulle bygevoeg het, verwyder word en ander gesinslede verloor toegang tot daardie inhoud.
    • 13 (of die toepaslike ouderdom in jou land) is, of ouer, en jy en jou kind kies om hul rekening met Family Link te bestuur: Hul Google-rekening en ander toestelle is nie meer onder toesig as jy hulle uit die gesinsgroep verwyder nie.
Verwyder 'n kind onder toesig uit jou gesinsgroep

Verwyder só 'n kind onder toesig uit die gesinsgroep: 

Mobiele of webblaaier

Verwyder 'n kind onder toesig

  1. Gaan na g.co/YourFamily.
  2. Kies die kind wat jy wil verwyder.
  3. Kies Rekeninginligting en dan Verwyder lid.
    • Jy sal dalk jou wagwoord moet invoer.
  4. Kies Verwyder.

Verwyder ander gesinslede 

  1. Gaan na g.co/YourFamily.
  2. Kies die gesinslid wat jy wil verwyder.
  3. Kies Verwyder lid en dan Verwyder.
Play Winkel-program
  1. Maak die Google Play-program Google Play oop.
  2. Tik bo regs op die profielikoon.
  3. Tik op Instellings en dan Gesin en dan Bestuur gesinslede.
  4. Tik op jou gesinslid se naam.
  5. Tik bo regs op Meer Meer en dan Verwyder lid en dan Verwyder.
Family Link-program
Belangrik: Die beskikbaarheid van Family Link kan in sekere lande beperk wees. Laai die Family Link-program af.
  1. Maak die Family Link-app Family Link op jou Android-foon of -tablet oop.
  2. Tik links bo op Kieslys Kieslys en dan Bestuur gesin.
  3. Tik op die gesinslid wat jy wil verwyder en dan Verwyder lid.
Google One-program
  1. Maak Google One Google One op jou Android-foon of -tablet oop.
  2. Tik bo op Instellings.
  3. Tik op Bestuur gesin en dan Bestuur gesinsgroep.
  4. Tik op die gesinslid wat jy wil verwyder en dan Verwyder lid.
Google Assistent-program
  1. Sê op jou Android-foon of -tablet "Ok Google, open Assistant settings" (Ok Google, maak Assistent-instellings oop), of gaan na Assistent-instellings.
  2. Tik op Jy en dan Jou mense.
  3. Tik op die gesinslid wat jy wil verwyder.
  4. Skakel Gesinsgroep af.
  5. Tik onder regs op Stoor.
  6. Volg die instruksies op die skerm.

Vee jou gesinsgroep uit

As jy die gesinsbestuurder is, kan jy jou gesinsgroep op verskeie manier uitvee.
Wat gebeur wanneer jy jou gesinsgroep uitvee
Belangrik: Sodra jy 'n gesinsgroep uitgevee het, kan jy dit nie terugstel nie.
  • Almal in jou gesinsgroep behou hul Google-rekeninge en enige inhoud op hul toestel wat hulle met die gesinsbetaalmetode gekoop het.
  • As jou gesinslede 'n aankoop gemaak het met die gesinsbetaalmetode en die transaksie is reeds aan die gang, sal jy nog steeds gedebiteer word, maar jy kan 'n terugbetaling versoek vir ongewenste of onvoorsiene aankope.
  • As jy 'n Google Play Gesinsbiblioteek opgestel het, verloor almal in jou gesinsgroep toegang tot die inhoud in die Gesinsbiblioteek wat deur ander gesinslede bygevoeg is.
  • As jy by 'n gesinspakket soos YouTube Music of Google One ingeteken het, sal jou gesin toegang tot daardie diens verloor.
  • As jou gesin 'n Google One-lidmaatskap deel, sal jou gesin toegang tot die gedeelde berging verloor. 
  • As 'n gesinslid 13 (of die toepaslike ouderdom in jou land) is, of ouer, en jy kies om hul rekening met Family Link te bestuur, sal hul Google-rekening en enige ander toestelle nie meer onder toesig wees as jy hulle uit die gesinsgroep verwyder nie.
  • As jy jou gesinsgroep uitvee, kan jy net een keer in die volgende 12 maande 'n ander gesinsgroep skep of by een aansluit.
Vee jou gesinsgroep uit wat 'n kind onder toesig insluit
Voordat jy 'n gesinsgroep kan uitvee wat 'n kind onder toesig insluit, moet jy hul Google-rekening uitvee as hulle jonger as 13 (of die toepaslike ouderdom in jou land) is, en jy die Google-rekening vir hulle geskep het.
Mobiele of webblaaier
  1. Gaan na g.co/YourFamily.
  2. Kies kieslys Kieslys en dan Vee gesinsgroep uit.
Play Winkel-program
  1. Maak die Google Play-program Google Play oop.
  2. Tik bo regs op die profielikoon.
  3. Tik op Instellings en dan Gesin en dan Bestuur gesinslede.
  4. Tik bo regs op Meer Meer en dan Vee gesinsgroep uit en dan Vee uit.
Family Link-program
Belangrik: Die beskikbaarheid van Family Link kan in sekere lande beperk wees. Laai die Family Link-program af.
  1. Maak die Family Link-app Family Link op jou Android-foon of -tablet oop.
  2. Tik links bo op Kieslys Kieslys en dan Bestuur gesin.
  3. Kies in “Vee gesinsgroep uit” Vee gesinsgroep uit.
  4. Voer jou wagwoord in.
  5. Tik op Vee uit.
Google One-program
  1. Maak Google One Google One op jou Android-foon of -tablet oop.
  2. Tik boaan op Instellings.
  3. Tik op Bestuur gesinsinstellings en dan Bestuur gesinsgroep.
  4. Tik bo regs op Meer Meer en dan Vee gesinsgroep uit en dan Vee uit.

Verwante hulpbronne

Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
7985098634291542479
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
108860
false
false