Verstaan gehoorbetrokkenheid

Jy kan die Betrokkenheid-oortjie op die videovlak in YouTube Analytics gebruik om ’n oorsig te kry van waarna jou gehoor kyk en hoe hulle interaksie met jou inhoud het. Die sleutelstatistieke-kaart wys jou kyktyd (aantal uur) en gemiddelde kykduur. Kom meer te wete oor hoe betrokkenheidstatistieke getel word.

Kry wenke oor hoe om jou aanhangerbasis vir skeppers op te bou.

Bekyk jou betrokkenheidverslae

  1. Meld aan by YouTube Studio.
  2. Kies Analytics op die linkerkieslys.
  3. Kies Betrokkenheid op die boonste kieslys.

Topvideo’s

Die topvideo's-verslag lig jou gewildste video's uit. Jy kan die uitgebreide ontledingsverslag gebruik om meer maatstawwe, opduim-kyke en indrukke te bekyk.

Topsnitlyste

Die Topsnitlyste-verslag wys jou watter van jou snitlyste die meeste kyktyd gehad het. Dit maak nie saak as sommige van die video's op die snitlys van ander kanale kom nie. Jy kan snitlysdata sien selfs al het jy nog nooit 'n video opgelaai nie.

Topplasings

Die Topplasingsverslag wys jou gewildste plasings op grond van opduime of stemme op mobiele toestel. Gebruik die uitgebreide ontledingsverslag om meer besonderhede te sien, soos deurklikkoers.

Topkaarte

Die Topkaarteverslag wys jou op watterkaarte jou kykers die meeste geklik het vir alle video's op jou kanaal.

Topvideo's volgens eindskerm

DIe topvideo's volgens eindskerm-verslag wys jou op watter eindskerm in jou hele kanaal jou kykers die meeste geklik het.

Top-eindskermelementtipes

Die Top-eindskermelementtipes-verslag wys jou op watter tipe element in jou hele kanaal jou kykers die meeste geklik het.

Sleuteloomblikke vir gehoorbehoud

Die sleuteloomblikke vir gehoorbehoud-verslag wys hoe goed verskillende oomblikke van jou video kykers se aandag behou het. Jy kan ook tipiese behoud gebruik om jou 10 nuutste video's van soortgelyke lengte te vergelyk.

Opduime vs. afduime (videovlak)

Die Opduime (vs. afduime)-verslag gee ’n opsomming van hoeveel kykers jou video's op- en afgeduim het. Jy kan die Opduime (vs. afduime)-maatstaf by die uitgebreide ontledingsverslag op die kanaalvlak voeg.

Eindskermelement-klikkoers (videovlak)

Die eindskermelement-klikkoers wys jou hoe dikwels kykers op elke eindskermelement in jou video geklik het. Hierdie verslag is slegs beskikbaar nadat jy op ’n spesifieke video geklik het.

Tophermengings

Hierdie verslag wys jou inhoud wat hermeng is om Kortvideo’s te maak. Die verslag wys ook die aantal kere wat jou inhoud hermeng is en die aantal hermengingkyke. Klik of tik op SIEN MEER om meer gedetailleerde inligting oor hermengings te kry.

Gereelde vrae

Hoekom kan ek nie data vir ’n spesifieke snitlys sien nie?

YouTube Analytics wys slegs data vir snitlyste waarna daar in die geselekteerde tydperk gekyk is en wat publiek is.

Maak dit saak of ek al die video's in die snitlys besit?

Nee, hierdie verslag wys data ongeag die eienaarskap van die video's.

Kan ek data vir my topsnitlys sien as ek nog nooit ’n video opgelaai het nie?

Jy kan steeds data vir jou snitlyste sien as jy nie jou eie video’s opgelaai het nie.

Hoekom het my opduimtelling verander?

Jy sal dalk sien hoe opduim- en afduimtellings verander, aangesien sommige moontlik ongeldig gemerk word en periodiek uit die tellings verwyder word. Kom meer te wete oor ons Opduim-beleid.
In seldsame gevalle sal jy dalk meer opduime/afduime as kyke sien, aangesien hierdie statistieke deur verskillende verifikasiestelsels verander word.

Waarom verskil my video se opduimtelling in Analytics van die kykbladsy s'n?

Die aantal opduime/afduime in YouTube Analytics kan anders wees as wat jy op die kykbladsy onder die video sien. Dit is 'n bekende probleem en ons span werk daaraan om dit op te los. Verwys intussen na die tellings op jou video se kykbladsy.

Maatstawwe om te ken

Gemiddelde kykduur

Geskatte gemiddelde minute gekyk per kyk vir die geselekteerde video en datumreeks.

Kyktyd (uur)

Die hoeveelheid tyd wat kykers jou video gekyk het.

Kyke

Die aantal geldige kyke vir jou kanale of video's.

Kaartklikke

Die aantal klikke wat ’n spesifieke kaart gekry het.

Kaarte gewys

Die aantal kere wat ’n kaart vertoon is. ’n Enkele kaart kan op die meeste een indruk per kyk hê.

Kaartuitlokker-klikke

Die aantal klikke wat 'n kaartuitlokker gekry het. Kaartikoon-klikke word toegeskryf aan die laaste uitlokker wat gewys is.

Kaartuitlokkers wat gewys is

Die totale aantal kere wat 'n uitlokker vertoon is. Uitlokkers kan veelvoudige indrukke per kyk hê.

Klikke per kaart wat gewys is

Hoe gereeld kykers op ’n kaart geklik het toe dit gewys is.

Klikke per eindskermelement wat gewys is

Hoe gereeld kykers op ’n eindskermelement geklik het wanneer dit gewys is.

Klikke vir eindskermelement

Die aantal kere wat op 'n eindskermelement geklik is.

Eindskermelemente wat gewys is

Die aantal kere wat ’n eindskermelement gewys is.

Uitlokkerklikke per kaartuitlokker wat gewys is

Die gemiddelde uitlokkerklikke per uitlokkkerindruk.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
11887567394748447816
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false