Miniprentbeleid

Ons skeppers, kykers en vennote se veiligheid is ons hoogste prioriteit. Ons maak op elkeen van julle staat om ons te help om hierdie unieke en geesdriftige gemeenskap te beskerm. Dit is belangrik dat jy ons gemeenskapsriglyne verstaan, asook die rol wat hulle speel in ons gedeelde verantwoordelikheid om YouTube veilig te hou. Staan die tyd af om die onderstaande beleid sorgvuldig deur te lees. Jy kan ook na hierdie bladsy kyk vir ’n volledige lys van ons riglyne.

Miniprente en ander prente wat ons gemeenskapsriglyne oortree word nie op YouTube toegelaat nie. Prente sluit baniere, avatars, gemeenskapplasings en enige ander YouTube-kenmerk wat prente het, in.

As jy miniprente of ander prente vind wat hierdie beleid oortree, moet jy hulle aangee. As jy ’n paar video’s of opmerkings kry wat jy wil aangee, kan jy die kanaal aangee.

Wat hierdie beleid vir jou beteken

Moenie ’n miniprent of ander prent op YouTube plaas as dit die volgende bevat nie:

  • Pornografiese inhoud
  • Seksuele dade, die gebruik van seksspeelgoed, fetisje of ander seksueel bevredigende inhoud
  • Naaktheid, insluitend geslagsdele
  • Beeldmateriaal wat ongewenste seksualisering uitbeeld
  • Gewelddadige inhoud wat bedoel is om te skok of te walg
  • Grafiese of ontstellende inhoud met bloed of grusame wonde
  • Vulgêre of suggestiewe taal
  • ’n Miniprent wat kykers mislei om te dink hulle gaan iets sien wat nie in die video is nie

Let wel: Die bostaande lys is nie volledig nie.

Miniprente met ’n ouderdomsbeperking en miniprentverwydering

Soms is ’n miniprent dalk nie geskik vir alle gehore nie, maar dit oortree nie ons gemeenskapsriglyne nie. Wanneer dit gebeur, kan ons die video ’n ouderdomsbeperking gee of ons kan die miniprent verwyder, maar ons reik nie ’n waarskuwing op jou kanaal uit nie. As ons ’n miniprent verwyder, laat ons jou weet en jy kan ’n ander miniprent oplaai.

Ons neem die volgende in ag wanneer ons hierdie soort miniprente verwyder of ouderdomsbeperkings toepas:

  • Of borste, boude of geslagsdele die fokuspunt van die miniprent is
  • Of die persoon uitgebeeld word in ’n posisie of met klere wat bedoel is om die kyker seksueel te prikkel
  • Of gewelddadige of bloederige prente die fokuspunt van die miniprent is
  • Of geskrewe teks bedoel is om vulgêr te wees of om kykers te skok of te walg
  • Of die titel, beskrywing, merkers of ander data aandui dat die doel daarvan is om kykers te skok of walg

Wat gebeur wanneer miniprente ons beleide oortree

As jou miniprent pornografie bevat, kan ons jou kanaal beëindig. As jou miniprent ander beleide oortree, verwyder ons die miniprent en kan ons ’n waarskuwing teen jou rekening uitreik. As dit die eerste keer is dat jy inhoud plaas wat ons gemeenskapsriglyne oortree, kry jy ’n aanmaning sonder enige straf vir jou kanaal. Jy kan aan beleidopleiding deelneem om die aanmaning ná 90 dae te laat verval. As een van jou miniprente egter dieselfde beleid binne daardie 90 dae oortree, sal die aanmaning nie verval nie en sal jou kanaal ’n waarskuwing kry. As jy ’n ander beleid oortree nadat jy die opleiding voltooi het, sal jy nog ’n aanmaning kry.

As jy drie waarskuwings in 90 dae kry of jou kanaal is toegewy aan oortredende inhoud, sal jou kanaal beëindig word. Kom meer te wete oor ons waarskuwingstelsel.

Ons kan jou kanaal of rekening weens herhaalde oortredings van die gemeenskapsriglyne of diensbepalings beëindig. Ons kan ook jou kanaal of rekening beëindig ná ’n enkele geval van ernstige misbruik, of wanneer die kanaal aan ’n beleidskending toegewy is. Ons kan herhaalde oortreders verhoed om in die toekoms aan beleidopleiding deel te neem. Kry meer inligting oor kanaal- of rekeningbeëindigings.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
5517889339335943569
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false