Beste praktyke vir inhoud met kinders

Ons wil hê skeppers moet aanhou om pret te hê en kreatief te wees, maar ons vra dat jy ons gemeenskapsriglyne volg. Jy moet altyd slim wees oor die inhoud wat jy aanlyn plaas en vir toestemming vra voordat jy ’n video na YouTube oplaai waarin iemand anders verskyn.

Enigiemand wat inhoud met minderjariges daarin plaas, moet die volgende doen:

  • Respekteer privaatheid. Kry toestemming by die minderjarige se ouer of wettige voog voordat jy hulle in jou video wys. Maak seker hulle neem vrywillig deel aan jou video.
  • Modereer gebruikeropmerkings op jou video’s. Daar is nutsgoed tot jou beskikking om opmerkings te filtreer en hersien, en jy kan altyd opmerkings as strooipos of misbruik vlag.
  • Bestuur jou video se privaatheid- en inbedding-instellings. Jy het verskeie opsies om te beheer wie jou video kan sien en hoe dit op eksterne werwe gedeel word.

Maak asseblief seker jy verstaan en volg die wet. Jy moet aan die volgende wette, reëls en regulasies voldoen wat met werk met minderjariges verband hou. Sommige areas waarvan jy moet weet is:

  • Permitte: Hersien plaaslike wette en regulasies om uit te vind of minderjariges in jou video’s ’n permit, registrasie of lisensie nodig het om te werk. Jy moet ook weet of jy ’n permit of magtiging nodig het om minderjariges in diens te neem.
  • Lone-/inkomstedeling: Jy moet die toepaslike wetgewing rakende betaling van minderjariges vir hul werk volg. Jy sal in sommige gevalle vereis word om ’n loon aan minderjariges te betaal. In ander gevalle sal jy dalk ’n deel van die inkomste wat jy uit die video’s verdien, direk met die minderjariges moet deel, of jy sal ’n deel opsy moet sit wat vir die minderjarige veilig gehou word.
  • Skool en opvoeding: Minderjariges se deelname in jou inhoud moet al die toepaslike wetgewing volg om teen inmenging met voldoende skoolopleiding en opvoeding te beskerm.
  • Werksomgewing, ure en rustyd: Die werksomgewing moet veilig wees vir die minderjarige. Hulle moet elke dag tyd hê om te rus, skoolwerk te doen en te ontspan. Minderjariges moet nie in die nag in werk nie. Jy moet ook alle plaaslike wette volg met betrekking tot werkstye en beperkings op die aantal ure wat daagliks/weekliks gewerk kan word.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
8742478716259934331
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false