Beleid oor eksterne skakels

Skakels wat gebruikers stuur na inhoud wat gemeenskapsriglyne oortree, word nie op YouTube toegelaat nie. As jy inhoud kry wat hierdie beleid oortree, moet jy dit aangee. Let wel: Sekere skakels is dalk nie klikbaar nie. Kry meer inligting hier.

Wat hierdie beleid vir jou beteken

As jy inhoud plaas

Moenie skakels in jou inhoud op YouTube plaas as dit gebruikers stuur na inhoud wat ons gemeenskapsriglyne oortree nie. Hierdie beleid sluit skakels in wat ooreenstem met enige van die beskrywings wat hier onder uiteengesit word. Let asseblief daarop dat dit nie ’n volledige lys is nie.

  • Skakels na pornografie
  • Skakels na webwerwe of apps wat wanware installeer
  • Skakels na webwerwe of apps wat uitvis vir ’n gebruiker se aanmeldinligting, finansiële inligting, ens.
  • Skakels na webwerwe, apps of ander bronne wat ongemagtigde toegang gee tot oudio-inhoud, oudiovisuele inhoud, video-speletjies, sagteware of stromingdienste wat normaalweg betaling vereis
  • Skakels na webwerwe wat poog om fondse in te samel of te werf vir terroriste-organisasies
  • Skakels na werwe wat die uitbeelding van seksuele misbruik van kinders (CSAI) bevat
  • Skakels na werwe wat items verkoop wat in ons riglyne vir gereguleerde goedere genoem word
  • Skakels na inhoud wat ons haat- of teisteringbeleide sou oortree
  • Skakels na inhoud wat ander mense aanmoedig om gewelddadig op te tree
  • Skakels na inhoud ​​wat mediese waninligting versprei wat plaaslike gesondheidsowerhede (PGO’s) of die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se mediese inligting oor COVID-19 weerspreek
  • Skakels na webwerwe of apps wat misleidende of bedrieglike inhoud versprei wat ernstige risiko van skrikwekkende skending kan veroorsaak, soos inmenging met demokratiese prosesse
  • Skakels na eksterne werwe wat manifesto’s van gewelddadige aanvallers bevat

Hierdie beleid is van toepassing op video’s, oudio, kanale, opmerkings, vasgespelde opmerkings, regstreekse strome en enige ander YouTube-produk of -kenmerk. Skakels kan in enige vorm voorkom wat ’n gebruiker na ’n werf buite YouTube sal lei. Hierdie skakels sluit in: klikbare URL’e, die wys van URL’e in video’s of prente, en verdoeselde URL’e (soos om “dot com” pleks van “.com” te skryf), asook om gebruikers verbaal na ander werwe te stuur, om kykers aan te moedig om skepperprofiele of bladsye op ander werwe te besoek, of om oortredende inhoud op ander werwe te belowe. Hierdie lys is nie allesomvattend nie.

Let wel: Geaffilieerde inhoud oortree nie YouTube se gebruikbepalings nie. Oormatige plasing van geaffilieerde inhoud in toegewyde rekeninge kan ons beleide rondom strooipos moontlik oortree. Jy kan in ons beleide oor strooipos, misleidende praktyke en swendelary meer inligting kry oor wat toegelaat word.

Voorbeelde

Hier is ’n paar voorbeelde van inhoud wat nie op YouTube toegelaat word nie.

  • ’n Video met inhoud met ’n seksuele tema waarvan die beskrywing sê: “Klik om te sien wat YouTube nie sal toelaat nie!” en wat ’n skakel na ’n pornografiese werf bevat.
  • ’n Speluitlegvideobeskrywing met ’n skakel wat speelgeld of aanlyn winkelkrediet belowe, maar die skakel neem die gebruiker na ’n werf wat hulle rekenaar met wanware besmet.
  • Die plasing van ’n skakel na ’n uitvissingwerf wat gebruikers se bankinligting en wagwoorde steel.
  • Instruksies aan kykers om ’n onklikbare skakel in die video te kopieer en te plak, wat hulle dan na ’n pornografiese of strooiposwerf neem.
  • Enige skakel wat gebruikers na ’n webwerf, lêerhuisvestingdiens of ander bron lei waarmee hulle toegang kan kry tot die uitbeelding van seksuele misbruik van kinders, of dit kan aflaai.
  • Verbale herleiding van kykers na ’n webwerf om ’n profiel of bladsy op ’n ander platform te kry sodat hulle na inhoud kan kyk wat YouTube se gemeenskapsriglyne oortree.
  • Om 'n URL in 'n video van 'n werf in te bed wat stemmers sal mislei omtrent die tyd, plek, manier of geskiktheidsvereistes vir stemmery.
  • ’n Skakel na ’n artikel wat beweer dat COVID-19-inentings deel van ’n ontvolkingsagenda is.

Onthou, hierdie lys is nie allesomvattend nie. As jy dink inhoud kan hierdie beleid oortree, moet jy dit nie plaas nie.

Wat gebeur as inhoud hierdie beleid oortree

As jou inhoud hierdie beleid oortree, sal ons die inhoud verwyder en vir jou ’n e-pos stuur om jou daaroor in te lig. Ons kan ’n skakel wat jy plaas verwyder as ons nie kan verifieer dat die skakel veilig is nie. Let daarop dat oortredende URL’e wat in die video self of in die video se metadata geplaas word, tot gevolg kan hê dat die video verwyder word.

As dit die eerste keer is dat jy ons gemeenskapsriglyne oortree, sal jy waarskynlik ’n aanmaning sonder enige straf vir jou kanaal kry. Jy sal die kans hê om aan beleidopleiding deel te neem sodat die aanmaning ná 90 dae kan verval. As dieselfde beleid egter binne daardie 90 dae oortree word, sal die aanmaning nie verval nie en sal jou kanaal ’n waarskuwing kry. As jy ’n ander beleid oortree nadat jy die opleiding voltooi het, sal jy nog ’n aanmaning kry.

As jy binne 90 dae 3 waarskuwings kry, sal jou kanaal beëindig word. Kom meer te wete oor ons waarskuwingstelsel.

Ons kan jou kanaal of rekening weens herhaalde oortredings van die gemeenskapsriglyne of diensbepalings beëindig. Ons kan ook jou kanaal of rekening beëindig ná ’n enkele geval van ernstige misbruik, of wanneer die kanaal aan ’n beleidskending toegewy is. Ons kan herhaalde oortreders verhoed om in die toekoms aan beleidopleiding deel te neem. Kry meer inligting oor kanaal- of rekeningbeëindigings.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
8752526686678411425
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false