Koppel jou rekening om belonings buite die platform te verdien

Jy kan belonings buite die platform verdien wanneer jy kwalifiserende regstreekse strome op YouTube kyk deur jou Google-rekening aan ’n vennootrekening te koppel.

Let wel: Hierdie kenmerk is dalk nie vir ervarings onder toesig op YouTube beskikbaar nie. Kry meer inligting.

Koppel of ontkoppel jou rekeninge

Deur YouTube-instellings

Koppel ’n rekening

  1. Meld aan by YouTube.
  2. Gaan na jou profielfoto  toe en kies Instellings  .
  3. Gaan na die Gekoppelde apps-afdeling toe.
  4. Klik KOPPEL langs die vennoot wat jy wil koppel.
    1. As jy nog nie ’n rekening het nie, kan jy die vennootwebwerf se instruksies volg om een te skep. Begin dan by stap 2.
  5. Volg die stappe om by jou vennootrekening aan te meld.

Ontkoppel ’n rekening

  1. Meld aan by YouTube.
  2. Klik jou profielfoto  en kies Instellings  .
  3. Gaan na die Gekoppelde apps-afdeling toe.
  4. Klik ONTKOPPEL langs die vennoot wat jy wil ontkoppel.

Deur ’n YouTube-kykbladsy

Koppel ’n rekening

  1.  Meld aan by YouTube.
  2. Gaan na enige video of regstreekse stroom toe wat vir belonings kwalifiseer.
  3. Klik KOPPEL  onder die speler op die kykbladsy.
  4. Volg die stappe om by jou vennootrekening aan te meld.

the sign-in will appear as a pop-up in the center of the page.

Ontkoppel ’n rekening

  1.  Meld aan by YouTube.
  2. Gaan na enige kwalifiserende video of regstreekse stroom toe.
  3. Klik GEKOPPEL  onder die speler op die kykbladsy.
  4. Klik ONTKOPPEL.

Deur jou Google-rekening

Jy kan ’n vennootrekening deur jou Google-rekening ontkoppel.

  1. Meld aan by jou Google-rekening:
  2. Gaan na myaccount.google.com/accountlinking.
  3. Klik Ontkoppel langs die rekening wat jy wil ontkoppel.
Let wel: ​Nadat jy jou rekeninge ontkoppel het, sal jy nie meer kwalifiseer vir belonings op daardie app deur kwalifiserende video’s of regstreekse strome te kyk nie. Ons vennote kan van daardie kyke rekord hou selfs al het jy ontkoppel. Gaan na jou vennootrekening toe om jou data te bestuur.

Vennootrekeninge

Activision
Activision is die vervaardiger van Call of Duty. Nadat jy jou Activision-rekening gekoppel het, kan jy uitgesoekte regstreese Call of Duty-strome kyk om vir belonings te kwalifiseer.
Battle.net (Blizzard)
Blizzard is die vervaardiger van Battle.net, Overwatch en Hearthstone. Nadat jy jou Battle.net-rekening gekoppel het, kan jy uitgesoekte regstreekse strome van Blizzard-speletjies kyk om vir belonings te kwalifiseer.
Electronic Arts 
Electronic Arts (EA) is die vervaardiger van FIFA en Madden. Nadat jy jou EA-rekening gekoppel het, kan jy uitgesoekte regstreekse strome van EA-speletjies kyk om vir belonings te kwalifiseer.
Epic Games
Epic Games is die vervaardiger van Fortnite. Nadat jy jou Fortnite-rekening gekoppel het, kan jy uitgesoekte Fortnite Wêreldbeker-inhoud kyk om vir belonings te kwalifiseer.
Garena
Garena is die vervaardiger van Free Fire.  Nadat jy jou Garena Free Fire-rekening gekoppel het, kan jy uitgesoekte Garena Free Fire-inhoud kyk om vir belonings te kwalifiseer.
MLBB
Moonton is die vervaardiger van Mobile Legends: Bang Bang (MLBB). Nadat jy jou MLBB-rekening gekoppel het, kan jy uitgesoekte regstreekse MLBB-strome kyk om vir belonings te kwalifiseer.
NFL
Koppel jou NFL ID-rekening om belonings buite die platform by die NFL te verdien.
Krafton (PUBG)
Krafton is die vervaardiger van PLAYERUNKNOWN’S BATTLEGROUNDS. Nadat jy jou rekening gekoppel het, kan jy kwalifiserende regstreekse strome kyk om belonings te kry.
PlayerUnknown’s Battlegrounds Mobile (PUBG Mobile)
Tencent Games is die vervaardiger van PlayerUnknown’s Battlegrounds (PUBG) Mobile. Nadat jy jou rekening gekoppel het, kan jy uitgesoekte regstreekse PUBG Mobile-strome kyk om vir belonings te kwalifiseer.
Riot Games
Riot Games is die vervaardiger van League of Legends, Legends of Runeterra en Teamfight Tactics. Nadat jy jou rekening gekoppel het, kan jy kwalifiserende regstreekse strome kyk om belonings te kry.
Supercell

Supercell is die vervaardiger van Clash Royale. Nadat jy jou Supercell-rekening gekoppel het, kan jy uitgesoekte regstreekse Clash Royale- of Clash Royale League-strome kyk om vir belonings te kwalifiseer.

Ubisoft
Ubisoft is die vervaardiger van Assassin’s Creed en Tom Clancy’s Rainbow Six. Nadat jy jou rekening gekoppel het, kan jy uitgesoekte regstreekse strome van Ubisoft-speletjies kyk om vir belonings te kwalifiseer.

Gereelde vrae

Ek het my rekeninge gekoppel en ek kyk ’n kwalifiserende regstreekse stroom. Hoekom wen ek niks nie?

Ons vennote bepaal uiteindelik op grond van die reëls vir elke stroom watter kwalifiserende kykers sal wen. Die reëls kan tussen vennote verskil.  
Om seker te maak dat jy kwalifiseer, moet jy seker maak dat jy rekeninge gekoppel het en op jou rekenaar, die mobiele YouTube-app of ons mobiele webwerf kyk. Jy sal nie vir belonings kwalifiseer as jy op ingebedde spelers, soos YouTube se slim-TV-app, of deur uitsending kyk nie.
To check if the video is eligible, you can look at the videos’ Player Settings, where eligible videos will include an option for you to review your linked account state.
As jy Android of iOS gebruik, moet jy seker maak dat jy die jongste weergawe van YouTube gebruik. 

Hoe weet ek of ek iets gewen het?

Belonings sal aan jou vennootrekening uitgekeer word nadat jy gewen het. Dit kan tot ’n dag neem voordat hierdie belonings verskyn. Kry meer inligting direk op die vennootwebwerf.

Is hierdie kenmerk op mobiele toestelle beskikbaar?

Belonings is beskikbaar op rekenaars, die mobiele app, op ons mobiele webwerf, m.youtube.com, en deur prent-in-prent-kyke. Jy sal nie vir belonings kwalifiseer as jy op ingebedde spelers kyk nie.
Ek kan nie my rekening koppel nie. Wat moet ek doen?
Kyk eers dat jy aangemeld is. Jy sal dalk opspringers in jou blaaier moet aanskakel om jou rekeninge te koppel. Probeer ’n ander blaaier as jy nie op Safari kan koppel nie. 
Let wel: Jy kan slegs persoonlike rekeninge koppel, nie handelsmerkrekeninge nie. Maak seker dat jy by ’n persoonlike rekening aangemeld is wanneer jy probeer koppel.
Rekeningkoppeling sal nie beskikbaar wees as ’n video as Vir Kinders Gemaak gestel is nie.

Ek het ’n boodskap gekry dat my rekeninge gekoppel is, maar hulle wys nie as gekoppel nie. Kwalifiseer ek nog vir belonings?

Daar is soms ’n vertraging tussen wanneer jou rekeninge koppel en wanneer hulle as gekoppel gewys word.
Besoek hierdie bladsy om te bevestig dat jou rekeninge gekoppel is. Jy kan op hierdie bladsy ook al die dienste sien waaraan jou rekening gekoppel is. Jy kan ook van enige diens ontkoppel.
As hierdie bladsy wys dat jou rekeninge gekoppel is, kwalifiseer jy vir belonings.
As daar nie gewys word dat jou rekeninge gekoppel is nie, kan jy ook probeer om jou rekeninge te ontkoppel en dan weer te koppel.

Ek probeer my rekeninge ontkoppel, maar daar word steeds gewys dat hulle gekoppel is. Hoekom?

Daar is soms ’n vertraging tussen wanneer jou rekeninge ontkoppel en wanneer hulle as ontkoppel gewys word.
Besoek hierdie bladsy om te bevestig dat jou rekeninge ontkoppel is. As die diens nie op hierdie bladsy gelys is nie, beteken dit dat jou rekeninge nie meer gekoppel is nie.

Watter soort inligting word tussen Google en my vennootrekening gedeel wanneer ek my rekening koppel?

Nadat jy jou rekening aan YouTube gekoppel het, kan YouTube jou kykinligting en intekeningstatus deel, en die vennoot kan basiese rekeninginligting met Google of YouTube deel. Hierdie inligting sal ons in kennis stel watter rekeninge vir belonings kwalifiseer.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
5071269629471164499
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false