Opmerkings plaas en daarop reageer

YouTube-opmerkings: Beantwoording, filtrering en moderering

As ’n video se eienaar opmerkings aangeskakel het, kan jy in die YouTube- en die YouTube Music-app opmerkings plaas en ander mense se opmerkings op ’n video, liedjie of podsending op-, of afduim, of daarop antwoord. Jy kan ook enige van jou eie opmerkings wysig of uitvee. Onder die oorspronklike opmerking is daar ’n gespreksdraad met al die antwoorde daarop sodat jy die gesprek kan volg.

Reageer op opmerkings op jou slim-TV

Jy kan nou opmerkings bekyk en daarop reageer terwyl jy inhoud op jou slim-TV of speletjiekonsole kyk. Gaan na die video se kykbladsy en kies die video se titel om die opmerkings op daardie video te bekyk. Die Meer Oor-afdeling sal verskyn, wat die video se opmerkingspaneel bevat. Kies die opmerkingsteël om ’n volledige lys van opmerkings vir die video te sien, insluitend:

  • Opmerkings wat die skepper vasgespeld het
  • Opduimtelling
  • Antwoordtelling

Kies ’n opmerking om die volle opmerking te lees, antwoorde te sien, of die opmerking op of af te duim.

Om op ’n opmerking te antwoord of een te plaas, moet jy jou slim-TV of speletjiekonsole met jou foon sinkroniseer en die opmerking plaas met gebruik van jou foon.

Om ’n opmerking of antwoord by te voeg:

  1. Maak die YouTube-app op jou foon oop.
  2. Maak seker jy is op albei toestelle by dieselfde Google-rekening aangemeld.
  3. ’n Opspringer sal op jou YouTube-app oopmaak, wat jou sal vra om aan YouTube op jou TV te koppel.
  4. Tik op Koppel.
  5. Opmerkings vir die video wat jy op jou TV kyk sal op die YouTube-app laai, en jy kan dan sonder probleme op die opmerkings antwoord of ander opmerkings plaas.
Let wel: As jy afgemeld is, kan jy opmerkings bekyk, maar jy kan nie op hulle antwoord of jou eie opmerking plaas nie.

Plaas opmerkings op ’n video

Publieke video’s

Jy kan opmerkings maak op liedjies, video’s, podsendings en opgelaaide musiek van YouTube en YouTube Studio af. Alle opmerkings op publieke video’s op YouTube is publiek en enigiemand kan antwoord op ’n opmerking wat jy plaas. As jy ’n Google Apps-rekeninggebruiker is, is enige opmerking wat jy op YouTube plaas publiek sigbaar vir gebruikers buite jou domein.

Om ’n opmerking by te voeg

  1. Kry die opmerkingafdeling onder die video.
  2. Tik in die Voeg ’n opmerking by … -kassie.
  3. Voer jou opmerking in.
  4. Klik Maak opmerking.

Privaat video’s

Opmerkings is nie op private video's beskikbaar nie. As jy opmerkings wil toelaat op ’n video wat nie publiek beskikbaar is nie, plaas eerder ’n ongelyste video.

Ongelyste video's

Jy kan opmerkings maak en antwoord op opmerkings op ongelyste video’s. Opmerkings op ongelyste video's kan deur enige een met die skakel van die video gesien word. Kom meer te wete oor ongelyste video's en privaatheidinstellings.

As jy nie ’n YouTube-kanaal het nie, sal jy outomaties een skep deur ’n opmerking te plaas. Verkry toegang en bestuur jou kanaal deur na jou profielfoto te gaan nadat jy jou opmerking geplaas het.
Antwoord op opmerkings

Antwoord op opmerkings op liedjies, video’s, podsendings en opgelaaide musiek van YouTube en YouTube Music af. 

  1. Klik ANTWOORD onder ’n opmerking.
  2. Tik jou opmerking in.
  3. Klik ANTWOORD.
Voeg formatering by opmerkings
Teken in op ons YouTube Viewers-kanaal vir die jongste nuus, opdaterings en wenke!

Voeg ’n styl by jou opmerking

Jy kan rykteks gebruik om jou opmerking met algemene spesiale merkers te formateer, soos:

  • *teks in vetdruk*vetdruk
  • _kursiewe teks_kursief
  • -deurhaalteks-deurhaal

Voeg skakels by jou opmerkings

As jy ’n URL by jou opmerking voeg, sal dit as ’n hiperskakel wys.

Voeg hartjies by you gunstelingopmerkings

Jy kan ’n hartjie gebruik  om jou waardering te wys vir ’n kyker se opmerkings op jou gemeenskapoortjieopmerkings, bykomend tot opmerkings op die kykbladsy.

  1. Meld aan by YouTube.
  2. Gaan na ’n Gemeenskap-oortjieplasing.
  3. Jy sal die hartjie  langs die op- en afduime kry.

Kykers sal jou avatar sien met ’n klein rooi hartjie links onder en hulle sal ’n kennisgewing ontvang (na gelang van waarvoor hulle as kykers ingeteken het in instellings op hul rekenaar en mobiele toestel) dat ’n kanaaleienaar “mal is oor jou opmerking”.

Wenk: Jy kan ook opmerkings met die Skeppingstudio-app op jou mobiele toestel bestuur. Kom aan die gang in die YouTube-skepperstudio-app se Hulpsentrum.
Speld opmerkings boaan vas

Jy moet toegang tot gevorderde kenmerke op jou kanaal gee om opmerkings vas te speld. Dit kan tot 24 uur neem nadat hulle aangeskakel is voordat gevorderde kenmerke oral op jou kanaal verskyn.

Jy kan ’n opmerking vir jou aanhangers merk deur dit boaan die opmerkingafdeling vas te speld. Op mobiele toestelle moet kykers die opmerkingafdeling uitvou om die vasgespelde opmerking te bekyk. Jy kan kies om jou eie opmerking of ’n aanhangeropmerking vas te speld.

  1. Meld aan by YouTube.
  2. Kies die opmerking wat jy wil vasspeld uit die opmerkings onder die video.
  3. Klik Meer '' en dan Speld vas . Indien jy reeds ’n opmerking vasgespeld het, sal hierdie een dit vervang.
    Let wel: Jy kan ’n opmerking enige tyd ontspeld, en die opmerking sal na die oorspronklike posisie daarvan teruggeskuif word.
  4. Klik SPELD VAS om te bevestig.

Op ’n rekenaar sal kykers die vasgespelde opmerking boaan die kykbladsy sien, met ’n “Vasgespeld deur”-ikoon en jou kanaalnaam. Op ’n mobiele toestel sal hulle op die opmerkingafdeling moet tik om dit uit te vou.

Wenk: Jy kan ook opmerkings met die Skeppingstudio-app op jou mobiele toestel bestuur. Kom aan die gang in die YouTube-skepperstudio-app se Hulpsentrum.
Duim opmerkings op of af

Gaan na ’n opmerking, en gebruik die Opduim of Afduim duim af -ikoon.

Wenk: As jy ’n opmerking sien wat jy dink onvanpas is, kan jy dit aangee as strooipos of misbruik. As jy ’n skepper is, kan jy ook die opmerkingmodereringsnutsgoed gebruik om opmerkings op jou video’s te bestuur.

Wysig of verwyder jou opmerking
  1. Hou jou skermpyltjie regs bo op jou opmerking.
  2. Klik op Meer ''.
  3. Kies Wysig  of Vee uit .

Gereelde vrae oor opmerkingvoorskoue

Watter opmerkings verskyn in hierdie opmerkingvoorskou-afdeling?

’n Opmerking kan vir verskeie redes in die opmerkingvoorskou-afdeling verskyn. Die opmerking is byvoorbeeld:

  • Onlangs geplaas
  • Vasgespeld of ’n “hartjie” gegee deur die videoskepper

Hoe sien ek alle opmerkings?

Tik enige plek op die opmerkingvoorskou-afdeling om alle opmerkings te sien.

Tik op die X in die boonste regterhoek om na die kykvolgendevideolys terug te gaan.

Sal my vasgespelde opmerkings in die opmerkingvoorskou-afdeling wys?

Aangesien daar beperkte spasie in die opmerkingvoorskou-afdeling is, is dit nie gewaarborg dat ’n opmerking in die opmerkingvoorskou-afdeling sal wys as dit vasgespeld word nie. Vasgespelde opmerkings sal egter steeds as die eerste opmerkings verskyn wanneer iemand tik om almal te sien.

Is my huidige opmerkingmoderatorinstellings van toepassing op die opmerkingvoorskou-afdeling?

Ja. Alle opmerkingmoderatorinstellings is van toepassing op die opmerkingvoorskou-afdeling, insluitend geblokkeerde woorde en versteekte gebruikers. Kom meer te wete oor hoe om jou opmerkings te bestuur en te modereer.

Opmerking-onthounotas, waarskuwings en uitteltye

Opmerking-onthounotas

Voordat jy ’n opmerking plaas, sal jy dalk ’n onthounota kry wat bedoel is om respekvolle interaksie op YouTube aan te moedig. Hierdie onthounota wys as ons stelsel vind dat jou opmerkings aanstootlik kan wees vir ander mense. Dink oor jou opmerking of gaan ons gemeenskapsriglyne na voordat jy dit plaas.

Let wel: Hierdie onthounota is huidiglik slegs beskikbaar vir opmerkings in Engels en Spaans.

Opmerking-verwyderingwaarskuwings

Nadat jy ’n opmerking geplaas het, kan jy dalk ’n kennisgewing kry wat sê die opmerking is verwyder. ’n Opmerking kan verwyder word wanneer YouTube se stelsel jou opmerkings sien as ’n herhaalde oortreding van YouTube se gemeenskapsriglyne. As jy met die verwydering verskil, kan jy terugvoer hier indien.

Opmerkingonderbrekings

Nadat jy ’n opmerking geplaas het, kan jy dalk ’n kennisgewing kry wat sê dat opmerkings vir jou rekening onderbreek is. Die maak van opmerkings kan onderbreek word wanneer YouTube se stelsel sien dat jy herhaaldelik opmerkings plaas wat een of meer van ons Gemeenskapsriglyne oortree. Jou vermoë om opmerkings te maak, kan vir tot en met 24 uur onderbreek word.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
10638373300890475070
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false