Beleid oor mediese waninligting

YouTube laat nie inhoud toe wat ’n ernstige risiko van erge leed inhou omdat dit mediese waninligting – wat plaaslike gesondheidsowerhede of die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se riglyne oor spesifieke gesondheidstoestande en middels weerspreek – versprei nie. Hierdie beleid sluit die volgende kategorieë in:

  • Verkeerde inligting oor voorkoming 
  • Verkeerde inligting oor behandeling 
  • Verkeerde inligting wat met ontkenning verband hou

Let wel: YouTube se beleide oor mediese waninligting is onderworpe aan verandering in reaksie op veranderinge aan die riglyne van gesondheidsowerhede of die WGO. Daar kan ’n vertraging wees tussen nuwe riglyne van plaaslike gesondheidsowerhede of die WGO en beleidsopdaterings, en ons beleide sal dalk nie alle riglyne van plaaslike gesondheidsowerhede of die WGO wat betref spesifieke gesondheidstoestande en middels dek nie.

Wat hierdie beleid vir jou beteken

Moenie inhoud op YouTube plaas as dit enige van die volgende insluit nie:

Verkeerde inligting oor voorkoming: Ons laat nie inhoud toe wat inligting bevorder wat gesondsowerhede se riglyne oor die voorkoming of oordrag van spesifieke gesondheidstoestande, of oor die veiligheid, doeltreffendheid of bestanddele van entstowwe wat tans goedgekeur is en toegedien word, weerspreek nie.

Verkeerde inligting oor behandeling: Ons laat nie inhoud toe wat inligting bevorder wat gesondsheidsowerhede se riglyne oor die behandeling van spesifieke gesondheidstoestande weerspreek nie, onder meer die bevordering van spesifieke skadelike middels of praktyke wat nie deur plaaslike gesondheidsowerhede of die Wêreldgesondheidsorganisasie as veilig of doeltreffend goedgekeur is nie, of wat bevestig is dat dit ernstige leed veroorsaak.

Verkeerde inligting wat met ontkenning verband hou: Ons laat nie inhoud toe wat die bestaan van spesifieke gesondheidstoestande ontken nie.

Hierdie beleide geld vir video’s, videobeskrywings, opmerkings, regstreekse strome en enige ander YouTube-produk of -kenmerk. Hou in gedagte dat dit nie ’n volledige lys is nie. Neem kennis dat hierdie beleide ook op eksterne skakels in jou inhoud van toepassing is. Dit kan klikbare URL'e, om gebruikers verbaal in ’n video na ander werwe toe te herlei, asook ander vorme insluit.

Voorbeelde

Hier is ’n paar voorbeelde van inhoud wat nie op YouTube toegelaat word nie. Dit is nie ’n volledige lys nie.

Verkeerde inligting oor voorkoming

Skadelike middels en praktyke as voorkomingsmetodes
  • Bevordering van die volgende middels en behandelings wat ’n inherente risiko van ernstige liggaamlike leed of dood inhou:
    • Miracle Mineral Solution (MMS)
    • Swartsalf
    • Terpentyn
    • B17/amigdalien/perske- of appelkoossade
    • Hoëgraadse waterstofperoksied
    • Chelasieterapie om outisme te behandel
    • Kolloïdale silwer
    • Petrol, diesel en keroseen
  • Inhoud wat die gebruik van ivermektien of hidroksiechlorokien vir die voorkoming van COVID-19 aanmoedig.
Verkeerde inligting oor gewaarborgde voorkoming
  • Bewerings dat daar ’n gewaarborgde voorkomingmetode vir COVID-19 is. 
  • Bewerings dat enige medikasie of entstof ’n gewaarborgde voorkomingmetode vir COVID-19 is.
Verkeerde inligting oor entstowwe
  • Bewerings wat riglyne deur ’n gesondheidsowerheid en die Wêreldgesondheidsorganisasie weerspreek oor die veiligheid, doeltreffendheid en bestanddele van entstowwe wat tans toegedien word en goedgekeur is 
    • Veiligheid van entstowwe: Inhoud wat beweer dat entstowwe chroniese newe-effekte, soos kanker en verlamming veroorsaak, buiten skaars newe-effekte wat deur gesondheidsowerhede erken word.
      • Voorbeelde:
        • Bewerings dat die MMR-entstof outisme veroorsaak.
        • Bewerings dat enige entstof die opdoen van COVID-19 veroorsaak.
        • Bewerings dat entstowwe deel van ’n ontvolkingsagenda is.
        • Bewerings dat die griepentstof chroniese newe-effekte soos onvrugbaarheid of die opdoen van COVID-19 veroorsaak.
        • Bewerings dat die MPV-entstof chroniese newe-effekte soos verlamming veroorsaak.
        • Bewerings dat ’n goedgekeurde COVID-19-entstof dood, onvrugbaarheid, miskrame, outisme of die opdoen van ander aansteeklike siektes sal veroorsaak.
        • Bewerings dat om groepimmuniteit deur natuurlike infeksie te behaal, veiliger is as om die bevolking in te ent.
        • Inhoud wat die gebruik van ongoedgekeurde of tuisgemaakte COVID-19-entstowwe bevorder.
    • Doeltreffendheid van entstowwe: Inhoud wat beweer dat entstowwe nie die oordrag of opdoen van siektes verminder nie.
      • Voorbeelde:
        • Bewerings dat entstowwe nie die risiko om siektes op te doen, verlaag nie.
        • Bewerings dat entstowwe nie die ernstigheid van siektes, insluitend hospitalisering of die dood, verminder nie.
        • Bewerings dat enige entstof ’n gewaarborgde voorkomingmetode vir COVID-19 is.
    • Bestanddele in entstowwe: Inhoud wat die bestanddele van entstowwe wanvoorstel.
      • Voorbeelde:
        • Bewerings dat entstowwe middels bevat wat nie op die entstof se lys bestanddele verskyn nie, soos biologiese stowwe van fetusse (byvoorbeeld, fetale weefsel, fetale selreekse) of diereneweprodukte.
        • Bewerings dat entstowwe middels of toestelle bevat wat bedoel is om dié wat dit ontvang het, na te spoor of te identifiseer
        • Bewerings dat entstowwe ’n persoon se genetiese samestelling verander.
        • Bewerings dat entstowwe mense wat dit ontvang, magneties sal maak.

Bykomende hulpbronne

Meer inligting oor entstowwe, insluitend hul veiligheid en doeltreffendheid, kan hier onder gevind word.

Gesondheidsowerhede se inligting oor entstowwe:

Bykomende inligting oor entstowwe:

Oordraginligting

  • Inhoud wat inligting oor oordrag bevorder wat plaaslike gesondheidsowerhede of die Wêreldgesondheidsorganisasie weerspreek.
    • Inhoud wat beweer dat COVID-19 nie deur ’n virusinfeksie veroorsaak word nie.
    • Bewerings dat COVID-19 deur bestraling van 5G-netwerke veroorsaak word.
    • Inhoud wat beweer dat COVID-19 nie gevaarlik is nie.
    • Inhoud wat beweer dat COVID-19 nie in sekere klimate of geografiese gebiede kan versprei nie.
    • Inhoud wat beweer dat enige groep of individu immuniteit teen die virus het of nie die virus kan oordra nie.

Verkeerde inligting oor behandeling 

Skadelike middels en praktyke as behandelingmetodes

  • Bevordering van die volgende middels en behandelings wat ’n inherente risiko van ernstige liggaamlike leed of dood inhou.
    • Miracle Mineral Solution (MMS)
    • Swartsalf
    • Terpentyn
    • B17/amigdalien/perske- of appelkoossade
    • Hoëgraadse waterstofperoksied
    • Chelasieterapie om outisme te behandel
    • Kolloïdale silwer
    • Petrol, diesel en keroseen
  • Inhoud wat die gebruik van spesifieke metodes vir die behandeling van kanker aanbeveel wat nie deur plaaslike gesondheidsowerhede of die Wêreldgesondheidsorganisasie as veilig of doeltreffend goedgekeur is nie, of wat as skadelik of ondoeltreffend vir kankerbehandeling bevestig is.
    • Voorbeelde:
      • Inhoud wat die gebruik van die volgende metodes vir die behandeling van kanker aanmoedig, buite kliniese proeflopies:
        • Sesiumchloried (cesiumsout)
        • Hoxsey-terapie
        • Koffie-enema
        • Gerson-terapie
      • Inhoud wat beweer dat die volgende metodes veilig of doeltreffend is vir die behandeling van kanker, buite kliniese proeflopies:
        • Antineoplastonterapie
        • Kwersetien (binneaarse inspuiting)
        • Metadoon
        • Toonbackchelasieterapie
  • Inhoud wat die gebruik van ivermektien of hidroksiechlorokien vir die behandeling van COVID-19 aanmoedig.
Verkeerde inligting oor gewaarborgde behandeling
  • Inhoud wat beweer dat daar ’n gewaarborgde geneesmiddel vir kanker is naas goedgekeurde behandeling.
  • Inhoud wat beweer dat daar ’n gewaarborgde geneesmiddel vir COVID-19 is.
Skadelike alternatiewe metodes en ontmoediging van professionele behandeling
  • Inhoud wat beweer dat goedgekeurde behandelings vir kanker nooit doeltreffend is nie.
    • Voorbeelde:
      • Inhoud wat beweer dat goedgekeurde behandelings vir kanker, soos chemoterapie of bestraling, nooit doeltreffend is nie.
      • Inhoud wat mense ontmoedig om goedgekeurde behandelings vir kanker te kry.
  • Bewerings dat alternatiewe behandelings veiliger of meer doeltreffend as goedgekeurde behandelings vir kanker is.
    • Inhoud wat beweer dat die drink van sap beter resultate as chemoterapie oplewer in die behandeling van kanker.
  • Inhoud wat alternatiewe behandelings vir kanker aanbeveel pleks van goedgekeurde behandelings.
    • Inhoud wat dieet en oefening aanmoedig, pleks van om goedgekeurde behandeling vir kanker te probeer.
  • Ontmoediging van mense om ’n mediese beroepspersoon te raadpleeg of mediese advies te kry as hulle siek is met COVID-19.
  • Inhoud wat die gebruik van boererate, gebed of rituele aanmoedig pleks van mediese behandeling vir COVID-19, soos om ’n dokter te raadpleeg of hospitaal toe te gaan.
  • Inhoud wat plaaslike gesondheidsowerhede of die Wêreldgesondheidsorganisasie se riglyne oor die veiligheid van chemiese of chirurgiese aborsies weerspreek:
    • Bewerings dat aborsie borskanker veroorsaak.
    • Bewerings dat aborsie gewoonlik lei tot, of ’n hoë risiko inhou van, onvrugbaarheid of toekomstige miskrame.
  • Bevordering van alternatiewe aborsiemetodes pleks van chemiese of chirurgiese metodes wat gesondheidsowerhede as veilig beskou.
  • Bevordering van alternatiewe melkformules vir babas pleks van borsmelk of kommersiële melkformule.

Verkeerde inligting wat met ontkenning verband hou  

  • Inhoud wat die bestaan van COVID-19 of dat mense van COVID-19 gesterf het, ontken.
    • Voorbeelde:
      • Ontkenning dat COVID-19 bestaan
      • Bewerings dat mense nie weens COVID-19 doodgegaan of siek geword het nie
      • Bewerings dat daar nie gevalle of sterftes was in lande waar gevalle of sterftes deur plaaslike gesondheidsowerhede of die WGO bevestig is nie

Opvoedkundige, dokumentêre, wetenskaplike of artistieke inhoud

Ons sal dalk inhoud toelaat wat die beleide oor verkeerde inligting oortree wat op hierdie bladsy genoem word as daardie inhoud bykomende konteks in die video, oudio, titel of beskrywing insluit. Dit moenie beskou word as toestemming om verkeerde inligting te bevorder nie. Bykomende konteks kan kompenserende sienings deur plaaslike gesondheidsowerhede of mediese kenners insluit. Ons kan ook uitsonderings maak as die doel met die inhoud is om verkeerde inligting wat ons beleide oortree, te veroordeel, te betwis, of te spot. Ons kan ook uitsonderings maak vir inhoud wat die resultate van ’n spesifieke mediese studie bespreek of ’n oop publieke forum wys, soos ’n betoging of openbare verhoor, mits die inhoud nie daarop gemik is om verkeerde inligting te bevorder wat ons beleide oortree nie.

YouTube glo ook dat mense hul eie ervarings moet kan deel, onder meer persoonlike ervarings met entstowwe. Dit beteken dat ons dalk uitsonderings sal maak vir inhoud waarin skeppers hul of hul gesin se eerstehandse ervarings beskryf. Ons besef egter ook daar is ’n verskil tussen die deel van persoonlike ervarings en die bevordering van verkeerde inligting. Om hierdie balans te probeer bewerkstellig, sal ons steeds inhoud of kanale verwyder as hulle ander beleidskendings insluit of ’n patroon van die bevordering van mediese waninligting demonstreer.

Wat gebeur as inhoud hierdie beleid oortree

As jou inhoud hierdie beleid oortree, sal ons die inhoud verwyder en vir jou ’n e-pos stuur om jou daarvan te laat weet. As ons nie kan verifieer dat ’n skakel wat jy plaas veilig is nie, kan ons die skakel verwyder.

As dit die eerste keer is dat jy ons gemeenskapsriglyne oortree, sal jy waarskynlik ’n aanmaning sonder enige straf vir jou kanaal kry. Indien nie, kan ons ’n waarskuwing teen jou kanaal uitreik. As jy binne 90 dae 3 waarskuwings kry, sal jou kanaal beëindig word. Jy kan hier meer te wete kom oor ons waarskuwingstelsel.

Ons kan jou kanaal of rekening weens herhaalde oortredings van die gemeenskapsriglyne of diensbepalings beëindig. Ons kan ook jou kanaal of rekening beëindig ná ’n enkele geval van ernstige misbruik, of wanneer die kanaal aan ’n beleidskending toegewy is. Jy kan hier meer oor kanaal- of rekeningbeëindigings te wete kom. 

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
5919194147732381210
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false