Jou AdSense vir YouTube-rekening is gedeaktiveer

Jou AdSense vir YouTube-rekening is dalk gedeaktiveer as jy dit nie klaar opgestel het nie, of as dit 6 maande lank geen advertensieaktiwiteit of -verdienste ontvang het nie. Jy sal jou AdSense vir YouTube-rekening moet heraktiveer deur dit aan jou kanaal te koppel om dit weer te gebruik. As jy nie meer jou AdSense vir YouTube-rekening nodig het nie, kan jy dit kanselleer.
 
Jy kan steeds by jou AdSense vir YouTube-rekening aanmeld as dit gedeaktiveer is. Om jou rekening te heraktiveer, sal jy gevra word om jou foonnommer weer te verifieer. Ons beveel ook aan dat jy seker maak dat jou adres bygewerk is. As jou kanaal vir die YouTube Vennootprogram of ’n betaling van YouTube af kwalifiseer, kan jy die AdSense vir YouTube-rekening heraktiveer of ’n nuwe een skep.
Vanweë die onlangse opskorting van Google-reklamestelsels in Rusland, is heraktivering vir Russiese AdSense vir YouTube-rekeninge en AdSense-rekeninge tans onderbreek. Meer inligting.

Stappe om jou AdSense vir YouTube-rekening te heraktiveer

  1. Koppel jou AdSense vir YouTube-rekening aan jou kanaal.
  2. Meld aan by AdSense vir YouTube.
  3. Verifieer jou foonnommer.

Waarom jou AdSense vir YouTube-rekening gedeaktiveer is

Onvolledige rekeningopstelling

AdSense vir YouTube-rekeninge word gedeaktiveer wanneer die stappe om jou rekening op te stel en dit aan jou YouTube-kanaal te koppel, nie voltooi is nie. As jy vir ’n sekere tydperk nie jou AdSense vir YouTube-rekening klaar opgestel het nie, sal ons begin om vir jou kennisgewings te stuur.

Ná 5 maande van onvoltooide rekeningopstelling

Jy sal ’n e-pos van AdSense vir YouTube af kry om jou in kennis te stel dat jou rekening gedeaktiveer gaan word, tensy jy die stappe voltooi wat in hierdie hulpsentrumartikel uiteengesit word.

Ná 6 maande van onvoltooide rekeningopstelling

Jou AdSense vir YouTube-rekening sal gedeaktiveer word.

Onaktiwiteit

AdSense vir YouTube-rekeninge word weens onaktiwiteit gedeaktiveer. Ons sal jou in kennis stel as die rekening wat aan jou kanaal gekoppel is ’n sekere tyd lank onaktief was. Jou AdSense vir YouTube-rekening sal nie gedeaktiveer word as dit advertensieaktiwiteit of -verdienste het nie.

Ná 5 maande van onaktiwiteit

  • Jy sal ’n e-pos van AdSense vir YouTube af kry om jou in kennis te stel dat jou rekening gedeaktiveer gaan word, tensy dit advertensieaktiwiteit of -verdienste het.

Ná 6 maande van onaktiwiteit

  • Jou AdSense vir YouTube-rekening is gedeaktiveer.

Gereelde vrae

My AdSense vir YouTube-rekening is gedeaktiveer terwyl daar nog geld in is. Hoe kan ek betaal word?

As jou rekeningsaldo bo die kansellasiedrempel is en jy los enige betaling-terughoudings op, kan jy jou AdSense vir YouTube-saldo ontvang nadat jy jou rekening gesluit het.

Sal ek my adres weer met ’n PIN moet verifieer wanneer ek my rekening heraktiveer?

Nee. As jy jou adres vroeër met ’n PIN geverifieer het, sal jy dit nie weer hoef te verifieer nie. As jy nie jou adres vroeër met ’n PIN geverifieer het nie, sal jy gevra word om jou adres te verifieer voordat jy jou betalings sal ontvang.

My AdSense-rekening is gedeaktiveer. Beïnvloed dit die status van my YouTube-kanaal?

Nee. Jou YouTube-kanaal se status word nie deur AdSense-deaktivering geraak nie. As jy jou kanaal begin monetiseer en aan al YouTube Vennootprogram se geskiktheidsvereistes voldoen, sal jy ’n AdSense vir YouTube-rekening kan koppel om betaal te word.

My kanaal het begin monetiseer nadat ek die waarskuwing-e-pos ontvang het. Sal my AdSense vir YouTube steeds gedeaktiveer word?

Nee. Jou AdSense vir YouTube-rekening sal nie gedeaktiveer word as jou YouTube-kanaal begin monetiseer het nie.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
8132136133875791466
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false