Beleid oor vulgêre taalgebruik

Ons skeppers, kykers en vennote se veiligheid is ons hoogste prioriteit. Ons maak op elkeen van julle staat om ons te help om hierdie unieke en geesdriftige gemeenskap te beskerm. Dit is belangrik dat jy ons gemeenskapsriglyne verstaan, asook die rol wat hulle speel in ons gedeelde verantwoordelikheid om YouTube veilig te hou. Staan die tyd af om die onderstaande beleid sorgvuldig deur te lees. Jy kan ook na hierdie bladsy kyk vir ’n volledige lys van ons riglyne.

Sommige taal is dalk nie geskik vir kykers jonger as 18 nie.

As jy inhoud kry wat hierdie beleid oortree, moet jy dit aangee. Instruksies om oortredings van ons gemeenskapsriglyne aan te gee is hier beskikbaar. As jy ’n paar video’s of opmerkings ontdek het wat jy wil aangee, kan jy die kanaal aangee.

Wat hierdie beleid vir jou beteken

As jy inhoud plaas

Eksplisiete inhoud wat hierdie beleid oortree kan ’n ouderdomsbeperking, inhoudverwydering, of ’n waarskuwing tot gevolg hê Ons kan die volgende faktore oorweeg wanneer ons besluit om ’n ouderdomsbeperking op inhoud te plaas, inhoud te verwyder, of ’n waarskuwing uit te reik.

  • Gebruik van seksueel eksplisiete taal of vertellings
  • Gebruik van oormatige vloektaal in die inhoud
  • Gebruik van erge vloektaal of seksueel suggestiewe terme in die inhoud se titel, miniprent of geassosieerde metadata
  • Gebruik van oormatige seksuele klanke

Let wel: Die lys hier bo is nie volledig nie.

Inhoud met ’n ouderdomsbeperking

Hier is ’n paar voorbeelde van inhoud wat ’n ouderdomsbeperking kan kry:
  • ’n Video wat gefokus is op die gebruik van vloektaal, soos ’n samestelling, liedjie of snit wat uit konteks geneem is
  • ’n Video wat erge vloektaal in die titel gebruik
  • ’n Video wat herhaaldelik vulgêre of seksuele taal gebruik

Hierdie beleid is van toepassing op video’s, videobeskrywings, opmerkings, regstreekse strome, oudio, en enige ander YouTube-produk of -kenmerk. Onthou dat dit net ’n paar voorbeelde is. Moenie inhoud plaas as jy dink dat dit dalk hierdie beleid sal oortree nie.

Ons kan vulgêre taal toelaat as die primêre doel opvoedkundig, dokumentêr, wetenskaplik of artistiek is, en dit nie ongegrond is nie. Byvoorbeeld, die titel van ’n liedjie met ’n vloekwoord of ’n liedjie wat groot hoeveelhede vloektaal bevat. Onthou dat die verskaffing van konteks in die inhoud, titel en beskrywing ons en jou kykers sal help om te bepaal wat die primêre doel van die video is.

Wat gebeur as inhoud hierdie beleid oortree

As jou inhoud hierdie beleid oortree, sal ons die inhoud verwyder en vir jou ’n e-pos stuur om jou daaroor in te lig. Ons kan ’n skakel wat jy plaas verwyder as ons nie kan verifieer dat die skakel veilig is nie. Let daarop dat oortredende URL’e wat in die video self of in die video se metadata geplaas word, tot gevolg kan hê dat die video verwyder word.

As dit die eerste keer is dat jy ons gemeenskapsriglyne oortree, sal jy waarskynlik ’n aanmaning sonder enige straf vir jou kanaal kry. Jy sal die kans hê om aan beleidopleiding deel te neem sodat die aanmaning ná 90 dae kan verval. As dieselfde beleid egter binne daardie 90 dae oortree word, sal die aanmaning nie verval nie en sal jou kanaal ’n waarskuwing kry. As jy ’n ander beleid oortree nadat jy die opleiding voltooi het, sal jy nog ’n aanmaning kry.

As jy binne 90 dae 3 waarskuwings kry, sal jou kanaal beëindig word. Kom meer te wete oor ons waarskuwingstelsel.

Ons kan jou kanaal of rekening weens herhaalde oortredings van die gemeenskapsriglyne of diensbepalings beëindig. Ons kan ook jou kanaal of rekening beëindig ná ’n enkele geval van ernstige misbruik, of wanneer die kanaal aan ’n beleidskending toegewy is. Ons kan herhaalde oortreders verhoed om in die toekoms aan beleidopleiding deel te neem. Kry meer inligting oor kanaal- of rekeningbeëindigings.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
12498975196052543620
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false