COPPA and YouTube: Answering Your Top Questions
Ongeag jou ligging word jy volgens die wet vereis om aan die Wet op die Beskerming van kinders se aanlyn privaatheid en/of ander wetgewing te voldoen. Daar word van jou vereis om ons te sê dat jou video's vir kinders gemaak is as jy kinderinhoud skep. Hierdie veranderinge is om kinders en hul privaatheid beter te beskerm en om die wet te gehoorsaam.
Waarom is dit die skepper se verantwoordelikheid om te gehoorsaam as YouTube die een is wat die data insamel (nie die skepper nie)?
- Dis veilig en geskik vir almal om na te kyk (m.a.w. dis “gesinsvriendelik”)
- Dit dek ’n aktiwiteit wat tradisioneel met kinders geassosieer word
- Kinders kan dit dalk toevallig sien
Hier is 'n paar voorbeelde van die tipes video's wat as "algemene gehoor" beskou kan word wanneer daar nie inligting is wat 'n voorneme om kinders te teiken suggereer nie:
- ’n Selfdoenvideo wat stokperdjie-entoesiaste leer hoe om poppe oor te maak of om kleifigure te maak
- 'n Gesinsvideoblog oor 'n besoek aan 'n pretpark
- 'n Video met gedetailleerde instruksies oor hoe om modifikasies te maak
- 'n Satiriese video met volwassenes wat saam met kinderliedjies sing
- 'n Animasieprogram waarby almal aanklank vind
- 'n Minecraft-video wat volwasse humor insluit
Onthou om versigtig na te dink oor wie jy met jou video's probeer bereik terwyl jy jou inhoud en die faktore hierbo evalueer.
Hier is 'n paar voorbeelde van die tipes video's wat beskou sou kon word as vir 'n "algemene gehoor" wanneer daar nie inligting is wat 'n voorneme om kinders te teiken suggereer nie.
- ’n Selfdoenvideo wat stokperdjie-entoesiaste leer hoe om poppe oor te maak of om kleibeeldjies te maak
- ’n Gesinsvideoblog wat vir ander ouers vertel van ’n besoek aan ’n pretpark
- ’n Video met gedetailleerde instruksies oor hoe om modifikasies of avatars te maak
- Animasie-inhoud waarby almal aanklank vind
- ’n Speletjiesvideo wat volwasse humor bevat
Kan ek net 'n vrywaring byvoeg dat my inhoud nie vir kinders gemaak is nie?
- Die teenwoordigheid van karakters, aktiwiteite, speletjies, speelgoed, liedjies, stories of ander elemente waarby kinders veral aanklank vind
- Ander stellings wat jy moontlik aangaande jou inhoud se bedoelde gehoor gemaak het, wat verskil van die vrywaring (soos dié wat op 'n persoonlike webwerf gemaak is)
Sal ek die ouderdom van my gehoor moet bewys as ek nie die nutsgoed het om dit te doen nie? Wat beskou die FTC as bewys dat kinders na my inhoud kyk?
Watter kenmerke is nie beskikbaar op inhoud wat vir kinders gemaak is nie en waarom is daardie kenmerke nie beskikbaar nie?
Hoe sal aanbevelings werk vir inhoud wat vir kinders gemaak is of nie vir kinders gemaak is nie? Sal die ontdekking van my video’s beïnvloed word?
Hierdie video blyk onvanpas te wees. Waarom is dit gestel as “vir kinders gemaak?”
Wanneer 'n video of kanaal se gehoor gestel is as "vir kinders gemaak", dui dit aan dat kinders óf die primêre gehoor van die inhoud is óf dat die video op kinders gerig is. Die vermoë om die inhoudgehoor as "vir kinders gemaak" te stel, is beskikbaar om skeppers te help om beter aan COPPA te voldoen.
Ons het ook stelsels ingestel om die toepaslikheid van inhoud op YouTube te bepaal. YouTube se gemeenskapsriglyne sit uiteen wat op YouTube toegelaat word en wat nie. Ons belê in die tegnologie en spanne wat help om kinders en gesinne die beste moontlike beskerming op YouTube te gee. Ons ouderdomsbeperk byvoorbeeld inhoud wat vir volwasse gehore bedoel is, maar wat maklik met gesinsinhoud verwar kan word. Ons verwyder ook hierdie inhoud as dit minderjariges en gesinne eksplisiet in die titel, beskrywing of merkers teiken. As daar inhoud is wat jy meen YouTube se gemeenskapsriglyne oortree, kan jy ook die rapporteerkenmerk gebruik om dit vir hersiening by ons YouTube-personeel in te dien.