Bekyk jou rapporteringsgeskiedenis

YouTube hersien gebruikervlae om te bepaal of video’s ons gemeenskapsriglyne oortree of nie. Gaan na jou Rapporteringsgeskiedenis-bladsy om die status van die video’s wat jy op YouTube gerapporteer het na te gaan:

  • Regstreeks: Video’s wat óf nog nie hersien is nie óf wat ons besluit het nie ons YouTube-gemeenskapriglyne oortree nie.
  • Verwyder: Video’s wat van YouTube af verwyder is.
  • Beperk: Video’s wat in ’n beperkte toestand geplaas is, soos ouderdomsbeperking of beperkte kenmerke.

Sommige video’s het dalk ook die teks “Inlingting oor hierdie video is onbeskikbaar”. Dit kan wees omdat die skepper die video verwyder het, of die video is weens ander redes nie op YouTube beskikbaar nie. Dit is byvoorbeeld nie in jou land beskikbaar nie.

Gevlagde video’s word gelys in die volgorde wat jy hulle gevlag het, van nuutste tot oudste. As jy ’n video meer as een keer vlag, sal dit net wys wanneer jy dit mees onlangs aangegee het.

In sommige gevalle sal die video wat jy gevlag het, nie op die rapporteringgeskiedenisbladsy wees nie. Dit beteken dat baie ander mense reeds die video gevlag het, en dat ons reeds die video op grond van daardie vlae hersien. Ons sal hierdie kenmerk in die toekoms verbeter, sodat al jou vlae op hierdie bladsy sal wees, selfs as ’n video reeds aangegee is.

 

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
4120791140099681154
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false