Kyk YouTube op jou slim-TV deur jou toestelle te koppel

As jy YouTube op jou slim-TV kyk, kan jy video’s op ’n groter skerm met beter beeld- en klankgehalte geniet. 

Hoe om op jou TV by YouTube aan te meld

Jy sal in hierdie artikel uitvind hoe om jou toestelle aan jou slim-TV te koppel met:

  • Uitsaai: Gebruik jou foon, tablet of rekenaar om ’n YouTube-video na jou TV uit te saai en kyk dit op ’n groter skerm.
  • Saambinding: Bind jou foon saam met jou TV om video’s steeds van jou foon af te beheer wanneer jy YouTube op jou TV kyk.
  • Gebruik van ’n TV-kode: As jou foon en TV aan aparte wi-fi-netwerke gekoppel is, kan jy hulle met ’n TV-kode koppel en jou video na jou TV uitsaai. 

As jy nie ’n TV-kode of rekenaar gebruik om te koppel nie, moet jy seker maak die YouTube-app is afgelaai op jou foon of tablet.

Notas:

Saai YouTube uit na jou slim-TV of stromingtoestel

Jy kan jou foon, tablet of rekenaar gebruik om die YouTube-ervaring op jou TV met die Saai Uit-kenmerk  te beheer. Om van ’n mobiele toestel of tablet af uit te saai, moet jy die YouTube-app aflaai. Jy kan nie van youtube.com in ’n mobiele blaaier af uitsaai nie.

 

Hoe om YouTube na jou slim-TV of stroomtoestel uit te saai

Begin uitsaai

Koppel só aan jou slim-TV of stromingtoestel:

  1. Maak seker jou rekenaar en slim-TV of stromingtoestel is aan dieselfde wi-fi-netwerk gekoppel.
  2. Maak die YouTube-app op jou slim-TV of stromingtoestel oop.
  3. Gaan na youtube.com op jou rekenaar se blaaier. 
  4. Maak die video oop wat jy wil kyk en klik Saai uit  in die videospeler.
  5. Kies die toestel waarheen jy wil uitsaai en wag dat dit koppel. Sodra dit gekoppel is, sal die video op jou TV of stromingtoestel speel.

Hou op uitsaai

Ontkoppel van jou slim-TV of stromingtoestel

  1. Klik Saai uit .

  2. Klik Hou op uitsaai om te ontkoppel.
Let wel: Sommige kenmerke is nie beskikbaar wanneer jy van jou blaaier af uitsaai nie. Saai uit vanaf die YouTube-app om gevorderde kenmerke te gebruik.

Bind YouTube saam met jou foon of tablet

Jy kan met saambinding YouTube op jou slim-TV of stromingtoestel aan jou foon of tablet koppel. As jy ’n toestel wil saambind, moet jy met dieselfde Google-rekening op jou TV en jou foon of tablet aangemeld wees.

Hoe om jou foon en TV saam te bind terwyl jy YouTube kyk

Bind saam

Bind só ’n mobiele toestel saam met jou slim-TV of stromingtoestel:

  1. Skakel jou slim-TV of stromingtoestel aan.
  2. Maak die YouTube-app op jou mobiele toestel of tablet oop.
    • Let wel: Maak seker jy is by dieselfde Google-rekening aangemeld op jou TV en mobiele toestel.
  3. Tik op Koppel wanneer jy gevra word, om jou mobiele toestel met jou TV saam te bind.
    • As jy nie ’n opspringer kry nie, of as jy dit per ongeluk toemaak, kan jy met Saai Uit of TV-kode koppel.
  4. Die videospeler sal in die app op jou foon of tablet oopmaak, wat wys dat jy aan jou TV of stromingtoestel gekoppel is.

Maak los

Maak ’n mobiele toestel los van jou slim-TV of stroomtoestel:

  1. Tik op Saai uit .
  2. Tik dan op ONTKOPPEL.

Koppel YouTube aan jou TV met ’n TV-kode

Wanneer jy jou foon of tablet met ’n TV-kode aan jou slim-TV of stromingtoestel koppel, kan jy YouTube op jou TV kyk wanneer jy nie aan wi-fi gekoppel is nie. Gebruik jou foon of tablet om inhoud op jou TV of stromingtoestel te speel.

TV-kode is nie beskikbaar met rekenaars nie. As jy ’n rekenaar gebruik om aan jou TV of stroomtoestel te koppel, moet jy eerder Cast gebruik.

Hoe om YouTube op jou TV te koppel met ’n kode

Koppel toestelle met ’n TV-kode

  1. Maak die YouTube-app op jou slim-TV of stromingtoestel oop.
  2. Gaan na Instellings .
  3. Rollees na Koppel met TV-kode. Daar sal ’n blou TV-kode op jou TV wys. Hierdie kode sal net uit syfers bestaan.
  4. Maak die YouTube-app op jou foon of tablet oop.
  5. Tik op Saai Uit .
  6. Tik op Koppel met TV-kode .
Voer die blou TV-kode wat op jou TV wys in en tik op KOPPEL.

Ontkoppel en herkoppel jou toestelle

Sodra jy jou toestelle met ’n TV-kode gekoppel het, kan jy hulle ontkoppel en herkoppel om inhoud van jou toestel af op jou TV te speel.

Ontkoppel ’n gekoppelde toestel van jou TV

  1. Tik op Saai uit .
  2. Tik op Ontkoppel.

Herkoppel ’n gekoppelde toestel aan jou TV

  1. Begin YouTube op jou slim-TV.
  2. Maak die YouTube-app op jou foon of tablet oop.
  3. Tik op jou profielfoto .
  4. Tik op Instellings .
  5. Tik op Algemeen.
  6. Tik op Kyk op TV.
  7. Vind die TV-toestel wat voorheen gekoppel was en klik KOPPEL.

Ontkoppel toestelle wat met ’n TV-kode gekoppel was

As jy nie meer jou foon of tablet met jou slim-TV of stromingtoestel wil gebruik nie, kan jy hulle ontkoppel. Wanneer ’n toestel verwyder is, moet jy ’n nuwe kode gebruik om die toestel weer te herkoppel.

Jy kan gekoppelde toestelle verwyder met jou:

  • Slim-TV of stromingtoestel, OF
  • Foon of tablet

Jy kan nie toestelle individueel ontkoppel nie. Ontkoppeling van ’n enkele toestel sal alle gekoppelde toestelle verwyder.

Ontkoppel jou slim-TV of stromingtoestel

  1. Maak die YouTube-app op jou slim-TV of stromingtoestel oop.
  2. Gaan na Instellings .
  3. Kies Gekoppelde toestelle.
  4. Kies Ontkoppel alle toestelle om alle toestelle gelyk te ontkoppel.

Ontkoppel jou foon of tablet

  1. Maak die YouTube-app op jou foon of tablet oop.
  2. Tik op jou profielfoto .
  3. Tik op Instellings .
  4. Tik op Algemeen.
  5. Tik op Kyk op TV.
  6. Tik op Vee toestelle uit.
  7. Tik op VEE UIT om die gekoppelde slim-TV of stromingtoestel te verwyder.

 Blaai deur YouTube op jou slim-TV of stromingtoestel

Gebruik die YouTube-app as ’n afstandbeheerder

  1. Tik op Saai uit .
  2. Tik op Afstandbeheerder .
  3. Gebruik die afstandbeheerder op die skerm om jou uitsaai-ervaring te beheer.

Gebruik jou slim-TV se afstandbeheerder

  • Probeer om jou TV-afstandbeheerder te gebruik om jou uitsaai-ervaring te beheer. Meeste TV-afstandbeheerders word sonder verdere opstelling gesteun.
  • As jou afstandbeheerder nie werk nie, moet jy na jou slim-TV se instruksiehandleiding kyk om uit te vind of CEC gesteun word. Indien wel, moet jy die instruksies in die handleiding volg om CEC aan te skakel en dan probeer om jou uitsaai-ervaring met jou afstandbeheerder te beheer.

Gebruik stembeheer om jou uitsaai te bestuur

  1. Maak ’n video in die YouTube-app oop.
  2. Tik op Saai uit .
  3. Tik op die mikrofoon .
  4. Praat by jou toestel in om jou uitsaai-ervaring te beheer.

Stembeheer is nie op alle toestelle beskikbaar nie.

 

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
8041403636845428489
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false