Laai video’s op om met advertensies te monetiseer

Daar is ’n paar faktore wat jy moet oorweeg wanneer jy ’n video oplaai wat jy met advertensies wil monetiseer.

Gaan advertensiegeskiktheid tydens die oplaaiproses na.

Jy kan die Kontrolerings-bladsy tydens die oplaaiproses gebruik om jou video vir advertensiegeskiktheid en kopieregeise na te gaan voordat jy dit publiseer. Hierdie kontrolerings help jou om meer oor potensiële beperkings op monetisering te wete te kom sodat jy hulle voor publisering kan aanpas.

Kopiereg- en advertensiegeskiktheid-“kontrolerings” in oplaaivloei

Só help selfsertifisering

Met selfsertifisering het alle skeppers in die YouTube Vennootprogram meer beheer oor monetiseringbesluite. Jy kan die verwagte monetiseringstatus en inkomstepotensiaal ook intyds sien.

Vir skeppers met ’n geskiedenis van hoëgehaltegraderings: Ons sal jou insette vir die aanvanklike monetiseringbesluit gebruik. Jy kan jou video dan publiseer en monetiseer onmiddellik nadat jy dit opgelaai het. As ons stelsels enige teenstydighede met jou gradering vind, is daar ’n klein kans dat dit kan verander. Die meeste teenstydighede word binne ’n uur gevind.

Skeppers vir wie selfsertifisering nuut is of wat ’n geskiedenis van laegehaltegraderings het: Ons sal meer op ons geoutomatiseerde stelsels staatmaak vir besluite oor monetisering. Daar is ook ’n “kontrolering”-monetiseringikoon om dit duidelik te maak wanneer ’n kontrolering nog aan die gang is. Video’s kan nie met advertensies gemonetiseer word voordat stelselkontrolerings afgehandel is nie.

Bestudeer Verstaan jou graderingstatus om jou graderinggeskiedenis na te gaan.

Verstaan ons monetiseringikone

Dit is wat die verskillende ikone beteken:

 Groen: Monetisering is “aan” en die video is gereed om gepubliseer te word.

 Geel: Jou inhoud kan beperkte of geen advertensies van alle adverteerders af wys nie. Jy kan die video óf publiseer, óf dit redigeer en weer oplaai, óf vra dat jou inhoud deur ’n mens nagegaan word.

 Rooi: Jy het monetisering aangeskakel, maar omdat daar ’n kopieregeis op die video is, kan dit nie gemonetiseer word die. Jy kan soms ’n dispuut indien.

 Grys: Jy het gekies om nie monetisering vir hierdie video aan te skakel nie.

 Kontrolering: Stelselkontrolerings word nog uitgevoer. Jy kan ’n video publiek maak terwyl kontrolerings uitgevoer word, maar ons beveel aan dat jy wag totdat dit afgehandel is voordat jy publiseer. Om inkomste te maksimeer, moet jy wag totdat hierdie ikoon met ’n groen, geel of rooi ikoon vervang word, wat beteken dat die kontrolering afgehandel is. Hou in gedagte dat die meeste skeppers nie hierdie ikoon sal sien nie, omdat ons stelsels gewoonlik vinnig is of omdat ons op jou selfsertifiseringinsette staatgemaak het.

Kom in ons monetiseringikoongids meer te wete oor wat elke ikoon beteken.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
7431154607270809900
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false