Outomatiese onderskrifte op langformaatvideo’s en Kortvideo’s
Ons moedig skeppers aan om eers professionele onderskrifte by te voeg. As daar outomatiese onderskrifte beskikbaar is, sal hulle outomaties op die video gepubliseer word. Outomatiese onderskrifte sal dalk nie gereed wees teen die tyd dat jy ’n video oplaai nie. Verwerkingtyd hang af van die kompleksiteit van die video se oudio.
YouTube is voortdurend besig om hul spraakherkenningtegnologie te verbeter. Outomatiese onderskrifte kan egter ’n wanvoorstelling van die gesproke inhoud wees weens verkeerde uitsprake, aksente, dialekte of agtergrondgeraas. Jy moet altyd outomatiese onderskrifte nagaan en enige dele redigeer wat nie behoorlik getranskribeer is nie.
Hier is hoe jy outomatiese onderskrifte kan hersien en veranderinge kan maak, indien nodig:
- Meld aan by YouTube Studio.
- Kies Onderskrifte op die linkerkieslys.
- Klik die video waarby jy onderskrifte wil voeg.
- Klik onder “Onderskrifte” op Meer langs die onderskrifte wat jy wil redigeer.
- Hersien outomatiese onderskrifte en redigeer of verwyder enige dele wat nie behoorlik getranskribeer is nie.
Foutspoor kwessies met outomatiese onderskrifte
As jou video nie outomatiese onderskrifte genereer nie, kan dit as gevolg van een van die volgende redes wees:
- Die onderskrifte is nog nie beskikbaar nie omdat daar komplekse oudio in die video verwerk moet word.
- Outomatiese onderskrifte ondersteun nie die taal in die video nie.
- Die video is te lank.
- Die video het slegte klankgehalte of YouTube herken nie die spraak nie.
- Daar is ’n lang tydperk van stilte aan die begin van die video.
- Daar is veelvuldige sprekers van wie spraak oorvleuel of veelvuldige tale gelyktydig.
Outomatiese onderskrifte vir regstreekse strome word tans vir Engelse kanale ontplooi. Hierdie kanale stroom teen “normale traagheid” met professionele onderskrifte onbeskikbaar. Ons moedig skeppers aan om eers professionele onderskrifte te gebruik. Kom meer te wete oor die vereistes vir regstreekse onderskrifte.
Regstreekse outomatiese onderskrifte sal nie op die video bly nadat die regstreekse stroom eindig nie. Nuwe outomatiese onderskrifte sal op grond van die VOD-proses gegenereer word, en kan verskil van dié wat tydens die regstreekse stroom verskyn het.
Stel regstreekse outomatiese onderskrifte op
Jy kan só regstreekse outomatiese onderskrifte aanskakel (slegs Engels):
- Gaan na YouTube.
- Klik bo regs op Skep Gaan regstreeks.
- Kies Stroom op die linkerkieslys.
- Skakel Onderskrifte in die stroominstellings aan.
- Kies “Outomatiese onderskrifte” as die onderskrifte se bron.
- Kies jou video se taal (slegs Engels).
Foutspoor regstreekse outomatiese onderskrifte
As die regstreekse stroom nie outomatiese onderskrifte wys nie, kan dit as gevolg van een van die volgende redes wees:
- Die kenmerk is nie vir die kanaal aangeskakel nie, want ons is stadig besig om te ontplooi na kanale met minder as 1 000 intekenare.
- Kanaal stroom in ultralae of lae traagheid (soos ’n regstreekse mobieletoestelstroom). Regstreekse outomatiese onderskrifte is slegs beskikbaar vir stroming teen normale traagheid.
- Outomatiese onderskrifte ondersteun nie die taal in die video nie.
- Die video het slegte klankgehalte of YouTube herken nie die spraak nie.
- Daar is veelvuldige sprekers van wie spraak oorvleuel of veelvuldige tale gelyktydig.
Gevorderde instellings vir outomatiese onderskrifte
Potensieel onvanpaste woorde in outomatiese onderskrifteDie “Moenie potensieel onvanpaste woorde wys nie”-instelling in YouTube Studio vervang by verstek potensieel onvanpaste woorde met ’n oop hakie, twee onderstrepe en ’n geslote hakie “[ __ ]” in outomatiese onderskrifte. Hierdie instelling beïnvloed geen oudiosnitte of onderskrifte wat handmatig geredigeer is nie. Dit is bedoel om te keer dat potensieel onvanpaste woorde per ongeluk in outomatiese onderskrifte verskyn. Dit beïnvloed ook nie jou video se monetiseringstatus nie.
Outomatiese onderskrifte is van toepassing op opgelaaide video’s en regstreekse strome.
Ons moedig skeppers steeds aan om al hul outomatiesgegenereerde onderskrifte na te gaan, terwyl ons ons spraakherkeningsagteware verbeter en foute in outomatiese onderskrifte verminder.
Hier is hoe jy die “Moenie potensieel onvanpaste woorde wys nie”-instelling kan afskakel, indien nodig:
- Meld aan by YouTube Studio.
- Kies Instellings op die linkerkieslys.
- Kies Kanaal Gevorderde instellings.
- Ontkies Moenie potensieel onvanpaste woorde wys nie onder “Outogegenereerde onderskrifte”.