Hoe YouTube opvoedkundige, dokumentêre, wetenskaplike en artistieke (EDSA-) inhoud evalueer

Ons gemeenskapsriglyne is daarop gemik om YouTube ’n veiliger gemeenskap te maak. Inhoud wat andersins ons gemeenskapsriglyne sou oortree, kan soms op YouTube bly wanneer dit opvoedkundige, dokumentêre, wetenskaplike of artistieke (EDSA-) konteks het. Die inhoud kry in sulke gevalle ’n EDSA-uitsondering. Hierdie artikel het wenke oor hoe jy konteks – meer inligting wat kykers inlig of opvoed – by jou EDSA-inhoud kan voeg.

Let wel: Die byvoeging van konteks by jou EDSA-inhoud waarborg nie dat dit ’n EDSA-uitsondering sal kry nie.

Hoe inhoud ’n EDSA-uitsondering kry

Ons inhoudresensente bepaal vir elke individuele geval of inhoud ’n EDSA-uitsondering kry. Ons kyk eers of daar ’n oortreding van die gemeenskapsriglyne in die inhoud is. As daar ’n oortreding is, kyk ons of daar genoeg konteks in die inhoud is om ’n EDSA-uitsondering te maak. Ons kyk WATTER konteks teenwoordig is, en WAAR die konteks is.

Watter konteks om by jou EDSA-inhoud te voeg

Die soort konteks wat jy moet insluit om ’n EDSA-uitsondering te kry, hang af van wat in die inhoud is.

Ons maak EDSA-uitsonderings wanneer inhoud een of meer van die volgende het:

1. Basiese feite oor wat in die inhoud gebeur: Identifiseer wie in die inhoud is, beskryf wat die inhoud wys of waar en wanneer dit plaasvind, of verduidelik hoekom sekere inhoud ingesluit is. 

Voorbeelde van basiese feite

Basiese feite is veral nuttig wanneer inhoud gewelddadig of grafies is, of naaktheid of seks wys. Hierdie inhoud kan minder skadelik vir kykers wees wanneer daar konteks is.

Die volgende voorbeelde illustreer inhoud wat ’n groter of kleiner kans het om ’n EDSA-uitsondering te kry: 

Groter kans om ’n EDSA-uitsondering te kry

Kleiner kans om ’n EDSA-uitsondering te kry

Sekuriteitbeeldmateriaal wat wys hoe slagoffers van ’n gewelddadige roofaanval beseer word, met besonderhede in die video. Die besonderhede kan insluit waar en wanneer die misdaad plaasgevind het, en hoekom die video geplaas is.

Sekuriteitbeeldmateriaal wat wys hoe slagoffers van ’n gewelddadige roofaanval beseer word, met emosiekone soos 😆 of 😲 wat oor die beeldmateriaal geplaas is.

Chirurgiebeeldmateriaal wat oop wonde wys, met besonderhede in die video. Die besonderhede kan wys watter soort chirurgie plaasvind en hoekom dit gedoen word.

Chirurgiebeeldmateriaal wat oop wonde wys, met ’n titel of beskrywing wat sê dat dit die kyker sal “walg” of “skok”.

Kortstondige naaktheid wat deel is van ’n toneelopvoering waarin die naaktheid in die konteks van ’n langer intrige gewys word.

Snitte van naaktheid wat uit verskeie dokumentêre gehaal is en waarop vulgêre teks oorlê is.

Beeldmateriaal van geweld waarin daar gesien word hoe mense noodlottige beserings opdoen wat produksie-erkennings insluit om kykers in te lig dat die geweld deel van ’n dramatiese opvoering is.

Beeldmateriaal van geweld waarin daar gesien word hoe mense noodlottige beserings opdoen waar die gemiddelde kyker nie sal weet of die geweld werklik of deel van ’n dramatiese opvoering is nie.

 

2. Veroordeling, teenoorgestelde sienings of satire: Kommunikeer dat jou inhoud sekere bewerings veroordeel, teenoorgestelde oogpunte insluit, of satiries is.

Voorbeelde van veroordeling, teenoorgestelde sienings of satire

’n Klem op veroordeling, teenoorgestelde sienings of satire is veral nuttig wanneer die onderwerp van die inhoud haatspraak of verkeerde inligting is. Sekere inhoud kan misleidend wees wanneer dit alleen verskyn, maar dit kan minder skadelik vir kykers wees wanneer daar konteks is. Konteks kan onder meer wees die kritisering van ’n haatlike ideologie, of die diskreditering van vals bewerings deur sienings van gesaghebbende bronne, soos gesondheid- of verkiesingsowerhede, uit te lig.
Die volgende voorbeelde illustreer inhoud wat ’n groter of kleiner kans het om ’n EDSA-uitsondering te kry:

Groter kans om ’n EDSA-uitsondering te kry

Kleiner kans om ’n EDSA-uitsondering te kry

Inhoud waar ’n individu ’n vals bewering doen dat individue bo ’n sekere ouderdom nie toegelaat word om in ’n demokratiese verkiesing te stem nie. Die inhoud maak dit ook duidelik dat die bewering vals is.

Inhoud waar ’n individu ’n vals bewering doen dat individue bo ’n sekere ouderdom nie toegelaat word om in ’n demokratiese verkiesing te stem nie, sonder meer konteks.

Inhoud waar ’n individu ’n vals bewering doen dat COVID-19-entstowwe mikroskyfies bevat, en ’n kritikus van dié individu noem dat die bewering vals is.

Inhoud waar ’n individu ’n vals bewering doen dat COVID-19-entstowwe mikroskyfies bevat, sonder meer konteks.

Inhoud wat ’n individu aanhaal wat ’n oproep doen om geweld teen ’n groep op grond van hul ras. Die inhoud kritiseer en veroordeel die individu se optrede.

Inhoud wat ’n individu aanhaal wat ’n oproep doen om geweld teen ’n groep op grond van hul ras, sonder meer konteks, of met ’n titel of beskrywing wat geweld bevorder.

 

3. Ontmoediging van gevaarlike optrede: Sê vir kykers om nie dit wat in die video is na te doen nie.

Voorbeelde van die ontmoediging van gevaarlike optrede

Die ontmoediging van navolging help om die gevaar van skade aan kykers en die YouTube-gemeenskap te verklein. Dit is veral nuttig wanneer inhoud aktiwiteite wys wat skadelik of gevaarlik is, of wanneer inhoud met selfleed verband hou. Onthou dat dit steeds nie beteken dat gevaarlike optrede bevorder of verheerlik mag word nie. Om bloot te sê: “Moenie dit by die huis probeer nie” sal dalk nie as ’n uitsondering beskou word as daar nie ook ’n verduideliking van potensiële skade is nie.
Die volgende voorbeelde illustreer inhoud wat ’n groter of kleiner kans het om ’n EDSA-uitsondering te kry:

Groter kans om ’n EDSA-uitsondering te kry

Kleiner kans om ’n EDSA-uitsondering te kry

Inhoud wat ’n huisbraakpoets wys, en die inhoud sê vir die kyker om nie die gevaarlike aktiwiteit na te boots nie omdat dit fisieke of emosionele leed tot gevolg kan hê.

Inhoud wat ’n huisbraakpoets of ’n reaksievideo op ’n huisbraakpoets wys. Om vir ’n gevaarlike aktiwiteit te lag of daarop te reageer is moontlik nie voldoende om die potensiële skade vir ’n kyker wat dit nadoen te verminder nie.

Inhoud wat ’n gevaarlike padtoertjie wys wat omstanders kan beseer. Die inhoud sê vir die kyker om nie die toertjie na te boots nie weens die ernstige skade wat dit kan veroorsaak, of beveel professionele toesig aan.

Inhoud wat ’n gevaarlike padtoertjie wys wat omstanders kan beseer, sonder meer konteks.

 

Let wel: Die voorbeeld hier bo is nie ’n volledige lys van die konteks wat jy by jou EDSA-inhoud kan voeg nie. Voeg verskeie vorme van konteks by jou EDSA-inhoud wanneer jy nie seker is nie. Sluit die inligting in jou video in – nie net in jou video se titel of beskrywing nie – om te help keer dat inhoud skade veroorsaak.

Sluit verskillende soorte konteks, wat hier bo beskryf word, in wanneer jy nie seker is nie: basiese feitelike inligting wat verduidelik wat in jou inhoud is, veelvuldige oogpunte en duidelike en informatiewe ontmoediging om gevaarlike of skadelike optrede na te boots. Maak seker dat jy hierdie inligting in die inhoud self, soos die video of oudio, insluit om te help om die moontlikheid te verhinder dat die inhoud skade sal veroorsaak. 

Ons kan ’n ouderdomsbeperking of waarskuwing op inhoud toepas, selfs al kry dit ’n EDSA-uitsondering, omdat dit vir sommige kykers sensitief of onvanpas kan wees (byvoorbeeld beeldmateriaal van ’n oorlogstreek). In sommige gevalle kan ons EDSA-uisonderings op grond van openbare belang maak. Dit kan byvoorbeeld inhoud insluit soos nasionale politieke kandidate tydens ’n verkiesingsveldtog, grafiese beeldmateriaal van aktiewe oorlogstreke of humanitêre krisisse, opmerkings waarin gesondheidowerheidriglyne betwis word wat tydens ’n openbare verhoor gemaak is, of naaktheid in die konteks van seksopvoeding.

WAAR om konteks by jou EDSA-inhoud te voeg

Jy kan konteks voeg by jou:

  • Video
    • Jy kan byvoorbeeld beeldmateriaal of teksoorleggers byvoeg.
  • Oudio
    • Jy kan byvoorbeeld oudiokommentaar byvoeg wat veroordeling of ’n teenstellende oogpunt insluit.
  • Videotitel
  • Videobeskrywing
Let wel: Ons maak nie EDSA-uitsonderings vir konteks wat dalk in opmerkings, merkers, kanaalbeskrywings, vasgespelde opmerkings of ander oppervlakke is nie. Daardie inhoud is nie altyd vir kykers sigbaar nie.
Belangrik: Vir inhoud wat die grootste gevaar van skade inhoud, vereis ons konteks in die VIDEO of OUDIO. Die video en oudio is die dele van die inhoud waar kykers die grootste kans het om die konteks te kry, ook wanneer die inhoud op ander webwerwe of apps ingebed is. Inhoud waarvoor ons konteks in die oudio of video vereis om ’n EDSA-uitsondering te gee, sluit inhoud in wat verband hou met haatspraak, gewelddadige misdaadorganisasies, kinderveiligheid, selfdood en selfleed en grafiese geweld.

Wat van ander soorte inhoud, soos opmerkings?

Dieselfde beleide en riglyne wat op video’s van toepassing is, geld ook ander soorte inhoud.

Inhoud wat nie EDSA-uitsonderings kry nie

Sekere inhoud word nie op YouTube toegelaat nie, selfs al is konteks bygevoeg. Moenie die volgende plaas nie:

  • Media oor seksuele kindermishandeling (CSAM)
  • Video, stilprente of oudio van gewelddadige, fisiese seksuele aanvalle
  • Beeldmateriaal van ’n dodelike of ernstige gewelddadige voorval wat deur die oortreder verfilm is en wat wapens, geweld of beseerde slagoffers wys
  • Ongewysigde heroplaaie van inhoud wat geskep is deur of wat gewelddadige terroriste- of misdaadorganisasies ophemel.
  • Instruksies oor hoe om selfleed of selfdood te veroorsaak
  • Instruksies oor hoe om ’n bom te bou wat bedoel is om ander mense te beseer of dood te maak
  • Instruksies oor hoe om ’n vuurwapen of verbode bykomstighede te maak
  • Aanbiedings van verbode verkope
  • Instruksies oor hoe om rekenaars of inligtingtegnologie te gebruik om persoonlike data in gedrang te bring of ander mense ernstige skade aan te doen
  • Inhoud wat ’n individu se privaat inligting openbaar maak, soos hul huisadres, e-posadres, aanmeldeiebewyse, foonnommers, paspoortnommer of bankrekeninginligting (nasnuffel)
  • Harde pornografie
  • Strooipos

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
15823298189232410744
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false