Riglyne vir adverteerdervriendelike inhoud

Ons het die keuses vir advertensieformate wat voor of ná jou video wys vereenvoudig om skepperinkomste te verbeter. Ons het die individuele advertensiekeuses vir voorsnit-, nasnit-, oorslaanbare en nieoorslaanbare advertensies verwyder. Nou, wanneer jy advertensies vir nuwe langformaatvideo’s aanskakel, wys ons vir jou kykers voorsnit-, nasnit-, oorslaanbare en nieoorslaanbare advertensies waar dit gepas is. Hierdie verandering maak die aanbeveelde beste praktyk om alle advertensieformate aan te skakel, die standaard vir almal. Jou keuses vir midsnitadvertensies het nie verander nie. Ons het ook jou advertensiekeuses vir bestaande langformaatvideo’s behou, tensy jy die monetiseringinstellings verander.
Indien jy in die YouTube Vennootprogram is, kan jy inkomste uit advertensies deel. Hierdie artikel is daarop gemik om jou te help verstaan watter individuele video’s of Kortvideo’s op jou kanaal vir adverteerders geskik is. Skeppers kan hierdie artikel gebruik om die platform se selfsertifisering-vraelys te verstaan, asook spesifieke reëls oor wat advertensies kan laat loop, wat beperkte advertensies kan laat loop, en wat nie advertensies kan laat loop nie en monetisering afgeskakel moet hê. Ons beleide geld vir alle dele van jou inhoud (video, Kortvideo of regstreekse stroom, miniprent, titel, beskrywing en merkers). Kry meer inligting oor ons beste praktyke.

Ons stelsels kry nie altyd alles reg nie, maar jy kan kontrolering deur ’n mens aanvra van besluite wat deur ons geoutomatiseerde stelsels geneem is.

23 April 2024: Ons het voorbeelde van uitermatige vloektaal of diskriminerende terme wat ’n “geen advertensie-inkomste nie”-gradering tot gevolg sal hê in ons riglyne oor onvanpaste taalgebruik opgedateer. Hierdie opgedateerde taalgebruik is nie ’n beleidverandering nie, en is bedoel om ons bestaande beleid duideliker te maak, en dit verander nie hoe jou video’s nagegaan word nie.
23 Maart 2022: Weens die oorlog in die Oekraïne kwalifiseer inhoud wat die oorlog uitbuit, afmaak of goedmaak tot verdere kennisgewing nie vir monetisering nie. Hierdie opdatering is bedoel om ons riglyne met betrekking tot hierdie oorlog duideliker te maak en in sommige gevalle uit te brei.

Note: All content uploaded to YouTube must comply with both our Community Guidelines and our Program Policies. If your content violates our Community Guidelines, it may be removed from YouTube. If you see violative content, you can report it.

Wat jy in hierdie artikel sal vind

Jy sal voorbeelde vind van inhoud wat nie vir advertensies geskik is nie en sal lei tot ’n ‟beperkte of geen advertensies nieˮ-monetiseringstatus.

Hier is al die hoofonderwerpe wat nie adverteerdervriendelik is nie:

Sien ons lys definisies om meer inligting te kry oor sleutelbegrippe wat deurgaans in hierdie riglyne gebruik word.

Let asseblief daarop dat konteks baie belangrik is. Artistieke inhoud soos musiekvideo’s kan elemente soos onvanpaste taal, verwysings na gebruik van sagte dwelms of nie-eksplisiete seksuele temas bevat en steeds geskik wees vir advertensies.

As jy al die beleidbesonderhede op een slag oopmaak, kan dit help as jy hierdie bladsy vir spesifieke terme wil deursoek. Klik hier om al die gidse oop te maak.

Onvanpaste taal

Inhoud wat vulgêre of vloektaal aan die begin of dwarsdeur die grootste deel van die video bevat, is dalk nie geskik vir advertensies nie. Die gebruik van vloektaal af en toe (soos in musiekvideo’s, begeleidingsmusiek, inleiding- of afsluitingmusiek of musiek wat op die agtergrond gespeel word) sal nie noodwendig veroorsaak dat jou video nie vir advertensies geskik is nie.

Beleidbesonderhede
Advertensieriglyne Vraelysopsies en -besonderhede

Hierdie inhoud kan advertensie-inkomste verdien

Afgekorte of gesensorde vloektaal of woorde soos “hel” of “verdomp” in die titel, miniprent of video. Matige vloektaal soos “teef”, “poephol” en “stront” wat gereeld in die video gebruik word. Die meeste vloektaal wat in musiek of verhoogkomedievideo-inhoud gebruik word.

Definisies:
  • “Gesensorde vloektaal” verwys na goed soos om ’n woord te bliep of te demp, en om geskrewe woorde te bedek met swart balke, simbole of teks wat tydens naproduksie ingevoeg is.
  • “Afgekorte vloektaal” verwys na ’n akroniem soos MFM (“my f*k, Marelize”) waar die oorspronklike term afgekort word deur die akroniem te gebruik.
Hierdie inhoud kan beperkte of geen advertensie-inkomste verdien nie

Sterker vloektaal (soos die f-woord) wat in die eerste 7 sekondes gebruik word, of matige vloektaal (soos “stront”) in die titel of miniprent.

Enkele voorbeelde van inhoud wat ook in hierdie kategorie val:
  • Fokusgebruik van vloektaal dwarsdeur ’n video (soos vloektaal wat in die meeste sinne gebruik word).
  • Vloektaal wat gebruik word in die titel of miniprent van musiek- of verhoogkomedie-inhoud.
Hierdie inhoud sal geen advertensie-inkomste verdien nie

Sterker vloektaal (soos die f-woord) wat in miniprente of titels gebruik word. Enige gebruik van uitermatige vloektaal, wat haatlike taal of diskriminerende terme insluit, in die video, miniprent of titel, soos “k****r” of “mo**ie”.

Jy kan ook ons riglyn oor haatlike en neerhalende inhoud in ons hulpsentrum raadpleeg vir bykomende inligting oor haatlike taal of diskriminerende terme.

Enkele voorbeelde van inhoud wat ook in hierdie kategorie val:

Sien ons lys definisies om meer inligting te kry oor sleutelbegrippe wat deurgaans in hierdie riglyne gebruik word.

Geweld

Inhoud waar die fokus op bloed, geweld of besering is wanneer dit sonder ander konteks aangebied word, is nie vir advertensies geskik nie. As jy gewelddadige inhoud in ’n nuus-, opvoedkundige, artistieke of dokumentêre konteks wys, is daardie bykomende konteks belangrik. Indien ’n video byvoorbeeld gesaghebbende nuusverslaggewing oor ’n gewelddadige gebeurtenis binne ’n joernalistieke konteks verskaf, kan dit vir monetisering kwalifiseer. Geweld in ongeredigeerde videospeluitleg is oor die algemeen aanvaarbaar vir advertensies, maar montages waar sinnelose geweld die fokus is, is nie aanvaarbaar nie. Alle speletjies (hetsy realisties of nierealisties) val binne die omvang van hierdie beleid.

Beleidbesonderhede
Advertensieriglyne Vraelysopsies en -besonderhede
Hierdie inhoud kan advertensie-inkomste verdien

Wetstoepassing, insluitend gewone diensverrigting (soos gedwonge inhegtenisneming, skarebeheer, dispuut met beampte, gedwonge toegang); ongeredigeerde speluitleggeweld wat plaasvind ná die eerste 15 sekondes; ligte geweld met minimale bloed; lyke wat volledig gesensor, wasig gemaak of vir begrafnis voorberei is, óf in geskiedkundige gebeurtenisse soos oorloë gewys word as deel van ’n opvoedkundige video.

Enkele voorbeelde van inhoud wat ook in hierdie kategorie val:

Algemene geweld

  • Gedramatiseerde inhoud wat niegrafiese geweld of grafiese geweld uitbeeld.
    • Die wys van ’n vlugtige toneel wat fisieke leed (soo koeëlwonde) as deel van ’n gewelddadige aksietoneel in die loop van ’n groter storielyn insluit.
    • Uittreksels van gewelddadige gevegte uit ’n aksiefliek (soos draaiboekinhoud) waar beserings grootliks onwaarneembaar is.
    • Mense wat rou as gevolg van ’n sterfte in draaiboekinhoud.
  • Uitbeelding van niegrafiese besering.
    • Karakters wat op hulle knieë neerval waar daar geen of ’n beperkte hoeveelheid bloed gewys word.
    • Teen ’n bult aftuimel of per ongeluk of opsetlik teen ’n muur vas hardloop as deel van ’n draaiboek of sport.
Speletjies
  • Speletjiegeweld insluitend:
    • Grafiese tonele (soos ’n grusame aanval op ’n persoon) ná die eerste 15 sekondes van die video.
    • Geweld wat onrealisties, spelerig en in die algemeen vir alle ouderdomme aanvaarbaar is (soos gesinsvriendelike videospeletjies wat uitbeeld hoe daar vir monsters weggehardloop word).
    • Geweld wat gesensor, wasig gemaak of andersins versteek word (soos ’n waserig gemaakte onthoofdingstoneel).
Dood en tragedie
  • Opvoedkundige of geskiedkundige inhoud met:
    • Niegrafiese uitbeeldings van dooie liggame.
      • Openbare eerbetoon aan die oorledene waar ’n niegrafiese dooie liggaam gewys word.
    • Volledig gesensorde (soos wasig gemaakte) grafiese dooie liggame.
  • Dekking van tragedies wat een of meer sterftes insluit (sensitiewe gebeurtenisse soos massaskietvoorvalle of terreuraanvalle uitgesluit) met beperkte of geen uitbeelding van gewelddadige dade of hul resultate nie.
    • Verslae oor nabygeleë moorde sonder grafiese uitbeeldings van die slagoffers.
  • Opvoedkundige, gedramatiseerde joernalistieke verslaggewing of musiekvideo’s wat die volgende bevat:
    • Geïmpliseerde oomblik van dood of ernstige liggaamlike besering
    • Erge skade aan eiendom waar dood of ernstige liggaamlike besering waarskynlik plaasgevind het (soos bomaanvalle, brande, ineenstortings van geboue, ens.).
    • Vertoon van onversorgde lyke in openbare begrafnisse met oop kiste.
Jag
  • Jaginhoud waar daar geen uitbeelding van grafiese dierebeserings of verlengde lyding is nie.
    • Jagvideo’s waar die doods- of beseringsoomblik onwaarneembaar is, met geen videomateriaal wat fokus op hoe hierdie dooie dier vir trofee- of kosdoeleindes verwerk word nie.
Dieregeweld
  • Niegrafiese uitbeeldings van dieregeweld in die natuur.
    • Roofdiere wat agter hulle prooi aanhardloop waar die grafiese besonderhede (soos fokus op bloederige liggaamsdele van die prooi of grafiese oomblikke tydens die vangs van die prooi) nie ingesluit word nie; bloed kan vlietend sigbaar wees, maar is nie die fokus van die inhoud nie.
Dieremishandeling
  • Diere in nood tydens spesie-spesifieke diereopleiding, mediese ingryping of hervestiging.
  • Dekking of bespreking van dieremishandeling met geen werklike videomateriaal van die mishandeling nie.
Geweld tydens sport
  • Geweld in gevegsportsoorte met wapens (soos skermkuns) ongeag of beskermende toerusting gedra of veiligheidsmaatreëls verseker word.
  • Niegrafiese beserings in sport of grafiese beserings as deel van sport se verloop waar bloed gewys word.
    • Gevegsport soos boks wat in ’n professionele omgewing uitgevoer word (soos in ’n fiksheidsentrum of arena).
  • Niegrafiese beserings (soos ’n enkel wat verstuit word) wat tydens sport uitgebeeld word.
Gevegte (gevegsport uitgesluit)
  • Uitbeeldings van gevegte in ’n opvoedkundige konteks met geen sigbare besering of uitklophou nie.
    • Selfverdedigingbewegings wat as ’n tutoriaal gedeel word.
  • Vlietende uitbeeldings van mense wat veg met geen sigbare besering nie.
Wetstoepassing en fisieke struweling
  • Nieveglustige of nieskoorsoekende interaksies met wetstoepassers.
    • Normale interaksie met die polisie (soos om aanwysings te vra, ’n parkeerkaartjie te ontvang, ens.).
  • Nie-fisiese onderonsies met die polisie, polisiebeslaglegging of geforseerde toegang tot ’n eiendom en polisie-agtervolging.
  • Gewelddadige, strydlustige of skoorsoekende interaksies met wetstoepassing in ’n opvoedkundige konteks of joernalistieke verslaggewing.
    • Kommentaar wat snitte uit ’n nuusberig oor ’n gewelddadige betoging deur burgerlikes gebruik (soos burgerlikes wat geslaan of op die grond gedruk word).
    • Verslag oor polisie wat water op burgerlikes in ’n oproer spuit.
Oorlog en konflik
  • Niegrafiese opvoedkundige dekking of bespreking van geweld en/of konflik.
    • Skiet op onsigbare teikens sonder die wys of uitbeelding van pyn of lyding.
Geweld wat minderjariges betrek
  • Video’s wat speelse bakleiery of gestoei tussen minderjariges wys met geen beserings of nood nie.
  • Musiekinhoud oor geweld tussen minderjariges met geen of slegs vlietende videomateriaal wat sulke struwelinge uitbeeld.
Definisies:
  • “Matige geweld” verwys na ’n gestoei in realistiese inhoud of vlietende geweld soos houe wat uitgedeel word.
  • “Nie-grafiese geweld” verwys na uitbeeldings van aggressiewe fisiese gedrag teenoor ’n ander persoon soos vingerwys terwyl geskree word of geïsoleerde dade van geweld (soos om ’n bottel teen ’n muur te gooi).
Hierdie inhoud kan beperkte of geen advertensie-inkomste verdien nie

Grafiese wetstoepassing soos sigbare beserings; lyke met ooglopende beserings of skade in opvoedkundige of dokumentêre situasies (soos ’n geskiedenisleerkanaal); grafiese speletjiegeweld in die miniprent of vroeg in die inhoud; onverwerkte beeldmateriaal van gewapende konflik sonder beserings; beskrywing van grafiese besonderhede van tragedies; gedramatiseerde inhoud wat ernstige of skokkende beserings uitbeeld.

Enkele voorbeelde van inhoud wat ook in hierdie kategorie val:

Algemene geweld

  • Gedramatiseerde geweld wat lei tot ernstige besering waar die nagevolge of impak sigbaar en teenwoordig is.
    • Bloederige of grusame tonele met sigbaar gebreekte bene.
    • Gedramatiseerde video-inhoud in lang formaat met ’n kort, ultragrafiese geweldtoneel (soos ’n massaslagting) of ’n videosamestelling van sulke grafiese tonele.
    • Hoogs grafiese beskrywings van tragedies (in oudio- of videovorm).
    • Mense wat versmoor of erge pyn en lyding ondervind, soos om aanhoudend te hoes.
    • Videomateriaal van rampe wat sigbare leed aan mense of hulle gevolglike lyding, byvoorbeeld uiterste emosionele nood, insluit.
  • Rou beeldmateriaal van ruïnes van ’n geboue wat deur ’n gewelddadige gebeurtenis verwoes is (soos ruïnes van skole na ’n tifoon) of mense met ligte beserings (soos om enkels te verstuit of verbande op vingers te sit).

Speletjies

  • Grafiese speletjiegeweld in die miniprent of in die eerste 8 tot 15 sekondes van die video. 
    • “Grafiese speletjiegeweld” sluit wrede moorde of ernstige beserings in wat fokus op liggaamsvloeistowwe en dele soos onthoofding en aftakeling. 

Dood en tragedie

  • Rapportering van tragedies met veelvuldige sterfgevalle wat grafiese of grusame besonderhede insluit.
    • ’n Dokumentêr oor ’n onlangse moord met beskrywende taal oor die omstandighede van die dood.

Gevegte (gevegsport uitgesluit)

  • Straatgevegte met sigbare besering of uitklophoue in ’n opvoedkundige konteks.
    • Grafiese straatgevegte insluitend tonele met beserings en emosionele nood (soos ’n gillery).

Wetstoepassing en fisieke struweling

  • Hoogs strydlustige onderonsies met wetstoepassing, gewoonlik insluitend dade van brutaliteit wat deur of teen wetstoepassing gepleeg is.
    • Slaan van burgerlikes met stokke waar beserings voorkom
    • Spoeg op die polisie 

Geweld tydens sport

  • Grafiese sportbeserings as deel van ’n groter video met konteks.
    • Samestellings of hoogtepunte wat grafiese beserings insluit, maar nie net daarop fokus nie.

Dieregeweld

  • Dieregeweld in die natuur wat nie deur mense of afgerigte diere veroorsaak word nie (soos wilde leeus wat bokke jag, maar nie opgeleide honde wat hase vang nie).
    • Wanneer dit in fokus is, is langdurige, grafiese dierebeserings (soos bloed of beendere) die fokusonderwerp van ’n video.

Jag

  • Jaginhoud wat vlietende grafiese beelde wys soos diere wat beseer is of ly (soos bloederige liggaamsdele) wat in die inhoud uitgebeeld word.

Oorlog en konflik

  • Werklike, niegrafiese onverwerkte videomateriaal van gewapende konflik (soos oorlog) sonder opvoedkundige konteks, met geen grusame tonele of eksplisiete beserings nie.
Hierdie inhoud sal geen advertensie-inkomste verdien nie

Lyke wat grafies uitgebeeld word in ’n nie-opvoedkundige video; videospeluitleg wat verbode temas bevat (soos seksuele aanrandings). Uiters grafiese geweldsdade (insluitend dié wat wetstoepassers betrek) en beserings. Aanhitsing tot of ophemeling van geweld.

Enkele voorbeelde van inhoud wat ook in hierdie kategorie val:

Algemene geweld

  • Fokus op bloed, derms, bloedvergieting, liggaamsvloeistowwe (van mense of diere), misdaadtonele of ongelukfoto’s met min of geen konteks nie.
  • Vertoon van die grafiese nagevolge van ’n daad van geweld wat uiters skokkende prente insluit, insluitend:
    • Swaar vertoon van bloed of bloedvergieting (byvoorbeeld, oop wonde soos ’n geamputeerde been of ernstige brandwonde)
    • Erge pyn (soos mense wat huil of flou word as gevolg van erge pyn van oop wonde)
  • Inhoud met skokkende, grafiese en/of gewelddadige beelde of tonele van aanhitsing tot, of ophemeling van, geweld.

Speletjies

  • Fokus op speluitleg wat vervaardig is om ’n skokkende ervaring te skep. Voorbeelde sluit in: 
    • Versameling van nie-speelbare karakters vir massamoorde.
  • Grafiese speletjiegeweld in die miniprent of in die eerste sewe sekondes van die video.
    • “Grafiese speletjiegeweld” sluit in ernstige beserings (soos onthoofdings, ledemaatverwydering) wat fokus op liggaamsvloeistowwe en/of -dele met langdurige of ernstige pyn.
  • Videospeletjies wat seksuele geweld wys.
  • Videospeletjies wat geweld wys wat gemotiveer word deur haat of geweld wat beskermde groepe teiken.
  • Videospeluitleg wat grafiese marteling wys.
  • Videospeletjies wat grafiese geweld wys wat op minderjariges gerig is.
  • Videospeletjies wat grafiese geweld wys wat op regte genoemde persone gerig is.

Dood en tragedie

  • Onversorgde dooie liggame of liggame met ultragrafiese beserings wat gewys word.
  • Wys van onversorgde dooie liggame in nie-opvoedkundige kontekste.
  • Sigbare uitbeelding van een of meer individue se sterwensoomblik in enige konteks.
    • Dood weens versmoring.
    • Kar met sigbare passasiers wat by ’n brug afval.
  • Geïmpliseerde oomblik van dood of ernstige liggaamlike besering.
    • Erge skade aan eiendom waar dood of ernstige liggaamlike besering waarskynlik plaasgevind het (soos bomaanvalle, brande, ineenstortings van geboue, ens.).
  • Nie-opvoedkundig gesensureerde (soos wasig gemaakte) grafiese lyke.

Gevegte (gevegsport uitgesluit)

  • Straatgevegte wat lank of in fokus gewys word, selfs sonder beserings, in nie-opvoedkundige kontekste.

Jag

  • Jaginhoud met wat fokus op grafiese beelde van beseerde of lydende diere (soos bloederige liggaamsdele).

Dieremishandeling

  • Wys of uitbeeld van dieremishandeling (fisiek of emosioneel) of wreedheid teenoor diere, soos om hulle te skop.
  • Bevordering of ophemeling van mensbeheerde dieregeweld (soos haangevegte of hondegevegte) wat grafiese beelde kan insluit of nie.
  • Videomateriaal van diere in nood wat veroorsaak is deur menslike ingryping, byvoorbeeld om ’n dier doelbewus in gevaar te plaas of in onnatuurlike posisies of ander gevaarlike scenario’s wat as stresvol of onnatuurlik beskou word.

Wetstoepassing en fisieke struweling

  • Wys van polisiebrutaliteit in fokus in ’n nie-opvoedkundige konteks.

Geweld tydens sport

  • Sportvideo’s waar die vertoning van grafiese besering die sentrale onderwerp van die video is.

Oorlog en konflik

  • Grafiese prente of vertellings van skietvoorvalle, ontploffings, teregstellings of bomaanvalle.
  • Videomateriaal van oorlog met grafiese uitbeeldings van besering, dood of lyding in enige konteks.

Geweld wat minderjariges betrek

  • Inhoud wat fokus op die uitbeelding van geweld tussen minderjariges in enige konteks of wat beserings of leed aan die deelnemers uitbeeld.

Sien ons lys definisies om meer inligting te kry oor sleutelbegrippe wat deurgaans in hierdie riglyne gebruik word.

Volwassene-inhoud

Inhoud met hoogs geseksualiseerde inhoud in die titel of miniprent of hoogs geseksualiseerde temas is nie geskik vir advertensies nie. Daar is beperkte uitsonderings vir niegrafiese seksvoorligtingvideo’s en musiekvideo’s. Dit sluit regte én rekenaar-gegenereerde visuele elemente in. Om te verklaar dat die bedoeling komedies is, maak nie hoogs geseksualiseerde inhoud geskik vir advertensies nie.

Beleidbesonderhede
Advertensieriglyne Vraelysopsies en -besonderhede
Hierdie inhoud kan advertensie-inkomste verdien

Romanse of soenery; besprekings van romantiese verhoudings of seksualiteit sonder verwysing na geslagsgemeenskap; ten volle gesensorde naaktheid wat onwaarneembaar is en nie daarop gemik is om die gehoor te prikkel nie; borsvoedingnaaktheid waar ’n kind teenwoordig is; niegrafiese seksvoorligting; dans wat ritmiese liggaamsbewegings behels van liggaamsdele wat dikwels geseksualiseer word in ’n poging om begeerlik of aantreklik te lyk, maar wat nie seksueel grafies is nie; seksueel grafiese dans in ’n professionele situasie, soos in ’n gechoreografeerde dans of musiekvideo.

Enkele voorbeelde van inhoud wat ook in hierdie kategorie val:

Seksueel prikkelende inhoud

  • Romantiese tonele wat nie gemik is op seksuele prikkeling nie, soos animasie-, werklike of gedramatiseerde soen- of omhelsingtonele.
    • Tonele met seksuele spanning tussen karakters sonder eksplisiete uitbeeldings van seksuele dade.
    • ’n Soentoneel binne ’n groter storielyn waar die fokus op die romanse self is en wat nie bedoel is om seksueel prikkelend te wees nie.
    • Vlietende geïmpliseerde seksdade sonder sigbare geslagsdele, soos beddens wat skud, ’n gekreun of seksuele liggaamsbewegings.
  • Besprekings van seks in komiese kontekste of kontekste wat nie op seksuele prikkeling gemik is nie:
    • Lirieke of dialoë wat na passie, begeerte of wellus verwys.
    • Seksvoorligting.
    • Seksueel oordraagbare siektes (STD’s) en hoe hulle oorgedra word.
    • Seksuele ervarings (soos hantering van pyn ná seksuele omgang) wat eksklusief fokus op hoe seks werk en nie vertel hoe om prestasie te verbeter nie.
    • Spermskenking.
    • Wetenskaplike voorstelllings van voortplantingsanatomie met behulp van diagramme of poppe.
    • Seksuele oriëntasie en/of hoe seksuele identiteit te midde van verhoudings ontwikkel.
    • Gebruik van seksuele grappe en insinuasies (soos om seksdade op ’n humoristiese manier na te boots) wat nie vulgêre of onwelvoeglike terme gebruik nie (soos musieklirieke wat na seksuele spanning verwys).
    • Inhoud wat op ’n nieseksuele manier na fetisje verwys (soos “Wat is jou gunstelingkos of kosfetisj?”).

Dans

  • Sexy dansbewegings, soos om die heupe of middel te draai of te rol.
  • Swaai of wieg van die heupe (“twerking” of “grinding”).
  • Vlietende skrapse klere terwyl daar gedans word.
  • Vlietende streling van seksuele liggaamsdele.
  • Dansmaats met nabye liggaamlike kontak. Byvoorbeeld, hul bekkens raak aan mekaar.
  • Dansbewegings wat seksuele dade naboots of simuleer, soos om die bekken te stoot of erotiese skootdanse, wat in ’n professionele situasie (byvoorbeeld dansateljees) uitgebeeld word.
  • Musiekvideo’s met herhalende skote van seksuele liggaamsdele.

Naaktheid

  • Gesensorde naaktheid waar naaktheid nie die fokus is nie, byvoorbeeld tonele waar karakters naak kan wees, maar geen tepels, boude of geslagsdele sigbaar is nie (soos as hulle heeltemal gepiekseleer of wasig gemaak is).
    • Wasig gemaakte naaktheid van geskiedkundige figure wat skrapse klere dra in opvoedkundige kontekste.
    • Volledig gesensorde geslagsdele wat onwaarneembaar is en vir nieseksuele doeleindes, soos mediese prosedures, gewys word.
  • Uitbeeldings van mense wat skrapse klere dra waar die aanbieding nie gemik is op seksuele prikkeling nie, byvoorbeeld bikini’s wat by die swembad gedra word.
    • Klereresensies wat op die klere se vorm en funksie fokus, eerder as ’n volgehoue fokus op die liggaamsdele daar onder, soos die borste.
    • Artistieke uitdrukking, soos beeldhouwerke, sketse of rekenaargegenereerde grafika, wat geïllustreerde naaktheid uitbeeld, byvoorbeeld karakters in klassieke kuns of fotografie van inheemse mense in lendedoeke.
    • Deurskynende of deursigtige bedekkings van vrouborste of -borsgleuwe, boude of mansborskaste wat in gepaste omgewings gesien word, byvoorbeeld op loopplanke by modeparades, mediese ondersoeke of by ’n strand vir ontspanning.
    • Sigbare gedeeltelike naaktheid as deel van sport, soos boks, waar sulke drag vereis kan word.
    • Deursigtig of minimaal bedekte borste of boude (soos wanneer swemklere gedra word) wat nie seksueel prikkelend is nie en ook nie die fokuspunt van die video is nie.
  • Voorwerpe wat gebruik word om die gewig of voorkoms van geslagsdele aan die liggaam na te boots, behalwe dié wat vir seksuele bevrediging gebruik word.
    • Kunsborste wat gebruik word deur diegene wat mastektomieë ondergaan het of deur lede van die trans- en/of niegeslagtelike gemeenskap.
    • Toestelle wat deur die trans- en/of niegeslagtelike gemeenskap gebruik word, byvoorbeeld staan-en-urineer-toestelle of kunspenis-en-testikels. 

Borsvoedingnaaktheid

  • ’n Vrou wat haar kind borsvoed met haar tepels onbedek of sigbaar.
  • Demonstrasie van handuitpersing of borspompgebruik met tepels sigbaar en ’n kind in die toneel.

Definisies:

  • “Seksueel bevredigend” verwys na ’n bedoeling om ’n gehoor seksueel te stimuleer.
  • “Seksuele insinuasie” verwys na enige gebruik van ’n frase om op iets seksueel te sinspeel of daaroor grappies te maak.
  • “Seksueel suggestief” verwys na visuele, hoorbare of uitgeskryfde ondertone wat ’n bedoeling impliseer om ’n gehoor seksueel te stimuleer.
  • “Grafiesheid” verwys na hoe eksplisiet die seksdaad of naaktheid uitgebeeld word om die gehoor te prikkel.
  • “Borsvoedingnaaktheid” verwys na ontblote borste en/of tepels in die konteks van borsvoeding of melkafskeiding. Moet kontekstuele verwysing na borsvoeding insluit, soos ’n kind wat op die punt is om geborsvoed te word of aktiewe melkafskeiding.
Hierdie inhoud kan beperkte of geen advertensie-inkomste verdien nie

Klassieke kuns wat waarneembare geslagsgemeenskap wys (soos ’n prent van ’n seksuele daad) of fokus op geslagsdele in miniprente; nieprikkelende seksvoorligting wat geanimeerde seksdade bevat; poetse wat seksuele temas insluit; dans met die fokus op skrapse kleredrag; doelbewuste aanraking van of volgehoue fokus op seksuele liggaamsdele in dans.

Enkele voorbeelde van inhoud wat ook in hierdie kategorie val:

Seksueel prikkelende inhoud

  • Titels of miniprente met geseksualiseerde temas (insluitend misleidende tekens).
    • Musiekvideo’s met miniprente of titels met geseksualiseerde temas (insluitend misleidende seine).
    • Beskrywings van of implisiete verwysings na seksuele aktiwiteite (soos implisiete verwysings na seksuele liggaamsdele met behulp van emosiekone of grafika).
    • Omkring van of vestiging van aandag op iets in ’n miniprent wat geïmpliseerde seksdade voorstel.
    • Sekswerkers verskyn as ’n entiteit.
    • Seksuele aktiwiteite (insluitend geïmpliseerde seksuele dade).
    • Seksuele insinuasies, soos kermgeluide of die knibbel van ’n oor.
    • Seksspeelgoed of -toestelle wat in die inhoud verskyn, selfs as dit nie gebruik word nie. 
  • Uitbeeldings van nieprikkelende seksuele aktiwiteite in opvoedkundige, dokumentêre of gedramatiseerde inhoud.
    • Seksuele aktiwiteite en hul geskiedenis wat verduidelik word vir opvoedkundige doeleindes, byvoorbeeld met mediese onderwerpe.
  • Seksverwante inhoud, soos dokumentêre oor die seksbedryf.
  • Opvoedkundige en dokumentêre inhoud wat die volgende bevat:
    • Bespreking van intieme seksuele ervarings, soos hul persoonlike wenke wat as ’n sekswerker geleer is, of onwelvoeglike uitdrukkings wat as deel van ’n intieme gesprek gebruik word.
  • Titels of miniprente met volwassene-inhoud in klassieke kuns.

Dans

  • Swaai of wieg van die heupe (“twerking” of “grinding”) waar die fokus op die danser se skrapse klere is.
  • Danse waar ’n maat aan hul maat se borste of boude vat, of waar een danser hul hande onder hul maat se klere plaas.
  • Doelbewuste inzoem op seksuele liggaamsdele in dans.

Naaktheid

  • Opvoedkundige of dokumentêre inhoud wat volle naaktheid wys.
    • Geskiedenis- of bedryfsoorsigte wat met seks of naaktheid verband hou, soos skilderye wat die hele liggaam wys.
  • Klassieke kuns met sigbare geslagsdele.

Definisies:

  • “Gesensorde naaktheid” verwys na dinge soos wasigmaking, die bedekking van naaktheid met swart balke of piekselering.
  • Geïmpliseerde seksdaad: Optrede wat seksuele omgang namaak, soos seksuele liggaamsbewegings.
Hierdie inhoud sal geen advertensie-inkomste verdien nie

Ontblote, minimaal bedekte seksuele liggaamsdele of volle naaktheid; borsvoedingnaaktheid sonder ’n kind teenwoordig in die toneel; seksuele dade (selfs al is dit wasig gemaak of geïmpliseerd), bespreking van seksuele onderwerpe, soos fetisje, wenke, ervarings; ’n videominiprent met seksuele inhoud (insluitend teks of skakels); seksueel uitlokkende tonele en gebare; wys van seksspeelgoed of -toestelle; inhoud wat verband hou met seksbedryf en -werkers; diereseksualiteit met geslagsdele of paringstonele; nabootsing of simulasie van seksuele bewegings of dade in dans; erotiese danse wat uitdruklik bedoel is om ’n gehoor te prikkel.

Enkele voorbeelde van inhoud wat ook in hierdie kategorie val:

Seksueel prikkelende inhoud

  • Titels of miniprente met geseksualiseerde temas (insluitend misleidende tekens).
    • Beskrywings van of implisiete verwysings na seksuele aktiwiteite (soos implisiete verwysing na seksuele liggaamsdele met behulp van emosiekone of grafika).
    • Omkring van of vestiging van aandag op iets in ’n miniprent wat geïmpliseerde seksdade voorstel.
    • Misleidende titel waar ’n video seksuele inhoud beloof, maar dit nie bevat nie (soos ’n kosmaakvideo met die titel “kyk pornografie”).
    • Rekenaargegenereerde naaktheid in ’n mediese konteks.
  • Fokus op geïmpliseerde seksuele daad of gedrag.
    • Die hoofonderwerp van die video dui daarop dat seksuele aktiwiteit plaasvind, soos voorwerpe wat skud, kreungeluide, ensovoorts.
  • Uitbeeldings van seksspeelgoed, sekstoestelle of ander produkte wat bedoel is om seksuele aktiwiteit aan te help, selfs waar dit nie gebruik word nie.
    • Toevallige vertoning van ’n sekstoestel in ’n video wat nie betrekking het op seksuele onderwerpe nie (soos vertoon in die agtergrond).
    • ’n Mediese voorwerp wat soos geslagsdele lyk wat tydens ’n bespreking voorgehou word.
  • Tonele met seksueel grafiese dans, betasting of vryery om gehore seksueel te prikkel.
    • Kort tonele oor seksuele aktiwiteite (insluitend geïmpliseerde seksdade) as deel van ’n groter storielyn.
    • Tonele waar die hooffokus is om seksuele spanning te wys.
  • Seksuele insinuasie met gebruik van voorwerpe wat nie op seksuele bevrediging gemik is nie:
    • Voorwerpe wat soos geslagsdele lyk, soos menslike beeldjies met realistiese geslagsdele.
    • Die gebruik van alledaagse voorwerpe (soos eiervrugte) of emosiekone wat bedoel is om soos geslagsdele te lyk en gehore seksueel te prikkel.
  • Seksueel eksplisiete oudio, teks of dialoog:
    • Seksverwante vermaak, soos pornografie of ander seksuele dienste (insluitend skakels na platforms vir volwassene-inhoud met betaalde intekeninge).
    • Grafiese seksdade of simulasies wat op prikkeling gemik is.
    • Uitbeeldings van fetisje (soos gidse of deurlopers).
    • Fokus op seksskandale of die uitlek van privaat intieme materiaal.
    • Naboots van seksuele aktiwiteite (soos pornografiese media).
    • Bevordering van seksdade in ruil vir vergoeding.
    • Werklike gebruik van seksspeelgoed (of ander produkte wat bedoel is om seksuele aktiwiteit aan te help).
    • Misleidende seksuele gedrag of naaktheidverwante inhoud.
      • Miniprente wat ten doel het om kykers te mislei met geseksualiseerde uitbeeldings van normale voorwerpe of tonele wat dikwels nie met die werklike video-onderwerp verband hou nie.
    • Tonele wat geredigeer is met die doel om seksueel te prikkel.
      • Samestellings van seksueel prikkelende dade, soos vrytonele of seksuele liggaamsbewegings.
      • Seksueel prikkelende titels (soos “’n Warm vrysessie”).
    • Diereseksualiteit wanneer:
      • Die fokus op die geslagsdele val in video’s waar diere paar.
      • Dieregeslagsdele of -paring wat op ’n seksueel prikkelende wyse gewys word.
  • Besprekings van intieme seksuele ervarings, soos masturbasie, orgasme, geslagsomgang, wenke of ander seksuele dade. Dit kan ook seksuele insinuasies of seksueel eksplisiete of onwelvoeglike teks of oudio insluit, byvoorbeeld gedetailleerde gesprekke oor seks.
    • Eksplisiete besprekings oor sekswenke of oor hoe om seks te hê.
    • Oudio- of klanksamestellings van seksdade sonder prente of visuele tonele van die daad (soos lek van ore en knibbelgeluide).
    • Beskrywings van seksuele aktiwiteite wat daarop gemik is om gehore seksueel te stimuleer.
    • Meldings van seksuele fetisje, selfs wanneer dit nie beskrywend is nie.
    • Titels of miniprente wat verwys na volwassene-inhoud, soos 18+, 21+, “slegs volwassenes”, “pornografie”, ensovoorts, tensy die konteks opvoedkundig of dokumentêr is.
    • Gebruik van emosiekone in teks wat seksuele liggaamsdele of seksdade verteenwoordig om kykers te prikkel.
  • Seksuele videospeletjies wat volwassenes teiken of die seksualisering van videospeletjiekarakters met die bedoeling om die gehoor te prikkel.

Dans

  • Steekbewegings waar een maat hul geslagsdele wild in hul maat se geslagtelike gebied instoot.
  • Om wydsbeen te sit of die bene oop te maak na hul dansmaat asof hulle met ’n seksuele daad besig is.
  • Skootdanse of ontkleedanse, tensy dit as ’n gechoreografeerde dans, musiekvideo of ander professionele situasie uitgevoer word.

Naaktheid

  • Gepiekseleerde of gesensorde naaktheid waar die seksuele liggaamsdele steeds herkenbaar is.
    • Tonele met naakte liggame wat gester of wasig gemaak is, maar steeds aan hulle silhoeëtte uitgeken kan word.
  • Nie-vlietende uitbeeldings van naaktheid (geanimeer, werklik of gedramatiseer).
    • Inhoud wat (óf deur middel van fokus, óf herhaalde vertoning) borste of geslagsdele bevat (soos inhoud waarin ’n persoon se geslagsgebiedronding deur hul onderklere of swemklere uitstaan).
  • Uitbeeldings van seksuele liggaamsdele, soos herhalende of fokusskote van borsgleuwe of rondings, wat bedoel is om gehore seksueel te prikkel.
    • Samestellings van buitelyne van opgeswelde geslagsdele wat uitgeken kan word.
    • Minimaal bedekte (soos rieme) seksuele liggaamsdele (soos borste, klowing, boude, ens.) wat gereeld voorkom.
  • Werklike of geanimeerde naaktheid, soos volle ontbloting van seksuele liggaamsdele of seksdade. 
  • Kindernaaktheid
    • Inhoud wat sigbare geslagsdele wys, soos wanneer ’n doek omgeruil word of wanneer babas poedelnakend swem.

Borsvoedingnaaktheid

  • Opvoedkundige inhoud wat wys hoe om ’n borspomp te gebruik waar tepels sigbaar is, maar geen kind teenwoordig is nie.
  • Handleidings oor handuitpersing waar tepels sigbaar is sonder dat ’n kind in die toneel teenwoordig is.
  • Die wys van ’n vrou wat melk in ’n koppie afskei sonder dat ’n kind in die toneel teenwoordig is.

Sien ons lys definisies om meer inligting te kry oor sleutelbegrippe wat deurgaans in hierdie riglyne gebruik word.

Skokkende inhoud

Inhoud wat kykers kan ontstel, walg of skok is dalk nie vir advertensies geskik nie. Ongesensorde skokkende elemente sal nie noodwendig daartoe lei dat jou video nie vir advertensies geskik is nie, maar konteks maak saak.

Beleidbesonderhede
Advertensieriglyne Vraelysopsies en -besonderhede
Hierdie inhoud kan advertensie-inkomste verdien

Lig of matig skokkende inhoud wat gesensor is of in konteks gewys word vir opvoedkundige, dokumentêre of ander doeleindes.

Enkele voorbeelde van inhoud wat ook in hierdie kategorie val:

Liggaamsdele, -vloeistowwe, -uitskeiding

  • Liggaamsdele, -vloeistowwe of -uitskeiding wat vir kinders gemaak is of wat aangebied word in ’n opvoedkundige, wetenskaplike, dokumentêre of artistieke konteks en waar die bedoeling nie is om te skok nie.
  • Gedramatiseerde liggaamsdele, -vloeistowwe of -uitskeiding waar die bedoeling is om te skok, meestal vir vermaakdoeleindes (soos ’n kulkunsie), maar waar geregverdigde konteks verskaf moet word.

Mediese en kosmetiese prosedures

  • Mediese of kosmetiese prosedures wat opvoedkundig is en op die prosedure self fokus, eerder as op liggaamsdele, -vloeistowwe of -uitskeiding.
    • Tatoeëring, lyfjuwele of botoksprosedures met minimum bloed.
  • Gesensorde of vlugtige vertoning van liggaamsdele, -vloeistowwe of -uitskeiding tydens mediese of kosmetiese prosedures.
  • Geboortevideo’s van mense en diere wat kykers opvoed sonder ekstra fokus op liggaamsdele, -vloeistowwe of -uitskeiding.

Ongelukke en beserings

  • Ongelukke waar geen blootgestelde besering sigbaar is nie (byvoorbeeld inwendige weefsel, bloeiende wonde).
  • Ongelukke wat nie werklike ontsteltenis veroorsaak nie, omdat net matige impak sigbaar is (bv. om van ’n motorfiets af te val).
  • Ongelukke waar die slagoffer nie blootgestel is aan nood of lyding as gevolg van die ongeluk nie (geen gehuil of geskree word gewys nie).
  • Ongelukke waar langtermyn- mediese sorg nie nodig is nie.
  • Ongelukke en beserings wat in ’n nuus-, dokumentêre of artistieke konteks (soos ’n film of musiekvideo) aangebied word.

Voorbereiding en eet van diere

  • Onsensasionele hantering van dieredele.
    • Uitbeeldings van vleis, vis in ’n rou of voorbereide toestand, byvoorbeeld wanneer tegnieke gedemonstreer word om dit gaar te maak of voor te berei.
  • Sensasiewekkende eet of voorbereiding van dieregebaseerde kosprodukte wat nie soos dieredele lyk nie.
    • Die eet van skulpvis wat lewendig is of nog beweeg in ’n restaurant.
    • Die eet van voorbereide kosse (soos garnale) as deel van ’n “mukbang”- of ASMR-vertoning.
  • Vlugtige beelde van dieredele met eksplisiete gelaatstrekke (vis, weekdiere of skaaldiere word uitgesluit en toegelaat om as fokus aangebied te word).

Definisies

  • “Bedoeling om te skok” verwys na die video se doel om te skok, wat bepaal word deur die konteks wat verskaf word, asook waarop dit fokus.
  • “Ongelukke” verwys na betreurenswaardige insidente wat tipies lei tot skade of besering, insluitend waar die besering self nie duidelik sigbaar is nie (byvoorbeeld by voertuigongelukke).
  • “Ontbloot” verwys na die sigbaarheid van liggaamsdele, -vloeistowwe of -uitskeiding (soos weefsel of bloed).
  • “Ontsteltenis” verwys na die ontwrigtende of verbaasde emosie wat spruit uit ’n sigbare of redelik aanvaarde nadelige impak of besering.
  • “Nood” verwys na die sigbare, hoorbare of aangevoelde aanbieding van menslike lyding as gevolg van pyn of selfs bewusteloosheid. In hierdie geval hou dit verband met individue wat in ongelukke betrokke is en individue wat mediese of kosmetiese prosedures (insluitend geboortes) ondergaan of beleef.
  • “Onsensasioneel” (gebruik in die konteks van ontblote dieredele of eet van diere/insekte) verwys na ’n manier om op kosprodukgebruik te fokus, sonder die bedoeling om nuuskierigheid oor die dier te wek. Die dier of die inname daarvan is nie daarop gemik om te skok nie en daar is ook nie grafiese en oordrewe besonderhede nie.
  • “Mishandeling” verwys na hoe die dier op ’n wrede of onbeskaafde manier voorberei of geëet word. Byvoorbeeld om dit te gooi, te laat val, vir vermaak daarmee te gespeel, met die vinger te stoot of om dit te onthoof. Die dier hoef nie noodwendig lewendig te wees om mishandel te word nie, en mishandeling kan met werktuie, gereedskap of kaalhand gedoen word.
  • “Professionele konteks” verwys na die beroep van slagter of visverkoper en die kontekste waarin hulle dooie diere opsny en hanteer.
  • “Eksplisiete gelaatstrekke” verwys na gelaatstrekke wat aan ’n gehoor bevestig dat die dier ’n lewende wese was of steeds is. Gelaatstrekke sluit neuse, ore, monde, oë, ens. in.
Hierdie inhoud kan beperkte of geen advertensie-inkomste verdien nie

Skokkende inhoud, soos grafiese beelde van mense of diere se liggaamsdele wat ongesensor is of wat bedoel is om te skok, maar wat nietemin algemene konteks verskaf.

Enkele voorbeelde van inhoud wat ook in hierdie kategorie val:

Liggaamsdele, -vloeistowwe, -uitskeiding

  • Fokus op werklike liggaamsdele, -vloeistowwe of -uitskeiding wat ten doel het om te skok.
  • Gedramatiseerde voorstellings van liggaamsdele, -vloeistowwe en -uitskeiding wat op grusame en grillerige besonderhede fokus.
    • Chirurgietonele in opgevoerde inhoud met oormatige bloed.

Mediese en kosmetiese prosedures

  • Opvoedkundige of artistieke inhoud met mediese of kosmetiese prosedures wat fokus op die uitbeeld van ongesensorde liggaamsdele, -vloeistowwe of -uitskeiding in besonderhede, maar waar hierdie ongesensorde elemente nie die hooffokus is nie.
    • Ongesensorde chirurgie wat in fokus is en met sigbare organe, maar wat nie noodwendig die enigste onderwerp van die video vorm nie.
    • ’n Mediese deskundige wat demonstreer hoe oorwas verwyder word of puisies uitgedruk word, gepaard met verduidelikings van die toestand.

Ongelukke en beserings

  • Ongelukke waar daar só ’n sterk oomblik van impak is dat dit waarskynlik ontsteltenis sal veroorsaak.
  • Ongelukke waar ’n besering wat nie blootgestel is nie, sigbaar is (byvoorbeeld bloeding deur klere of by ’n voertuig uit), maar waar geen nood by die slagoffer waargeneem kan word nie.
  • Hoë-impak-motorongeluk waar geen slagoffers gewys word wat ly nie.

Voorbereiding en eet van diere

  • Sensasiewekkende “mukbang” of ASMR-inname van diere wat die diere se onvoorbereide liggaamsdele wys, of waar dit op ’n barbaarse of oordrewe wyse geëet word.
  • Herkenbare, eksplisiete kenmerke van ’n lewende wese (byvoorbeeld fokus op diere se oë terwyl kos gemaak word) wat in fokus is.
  • Afgeslagte dieredele met grusame en grillerige elemente, maar met geen duidelike mishandeling nie (bv. fokus op bloeiende vleis en senings in dieredele wat voorberei word).
Hierdie inhoud sal geen advertensie-inkomste verdien nie

Hoogs skokkende inhoud waar die hele doel van die video is om kykers te skok. Gewoonlik word geen werklike konteks verskaf nie, terwyl grusame en grillerige elemente, nood of mishandeling duidelik en ooglopend is.

Enkele voorbeelde van inhoud wat ook in hierdie kategorie val:

Liggaamsdele, -vloeistowwe, -uitskeiding

  • Afstootlike, grusame of grillerige voorstellings van liggaamsdele, -vloeistowwe of -uitskeiding met min of geen konteks nie.
    • Oorwas of uitdruk van puisies sonder duidelike verduideliking van die prosedure, waar die grootste deel van die video op liggaamsdele, -vloeistowwe of -uitskeiding fokus, selfs in opvoedkundige kontekste.
  • Gedramatiseerde skokkende elemente wat aangebied word met min konteks, bloot met die bedoeling om te skok.

Mediese en kosmetiese prosedures

  • Ongesensorde liggaamsdele, -vloeistowwe of -uitskeiding wat ’n groot deel van ’n video vorm wat grusaam en grillerig is, selfs al word daar konteks verskaf.
    • Mediese deskundiges wat verduidelik hoe om ’n spesifieke operasie uit te voer.
  • Prosedures wat met geen of misleidende konteks aangebied word waar die grootste deel van die video liggaamsdele, -vloeistowwe of -uitskeiding wys wat grusaam en grillerig is.

Ongelukke en beserings

  • Ontstellende voorstellings van ongelukke en ernstige beserings waar blootgestelde liggaamsdele sigbaar is of waar ernstige besering redelikerwys aanvaar kan word.
    •  Wys van bloeding en ontblote weefsel wat sigbaar is.
  • Ongelukke met uitermatige impak sonder konteks.

Voorbereiding en eet van diere

  • Die wys, voorberei of eet van lewendige diere waar die enigste doel is om kykers te skok, dikwels op ’n grusame of grillerige manier.
  • Sterk fokus op eksplisiete gelaatstrekke of duidelike mishandeling van die dier sonder konteks.
  • Brutale of grafiese uitbeeldings van die voorbereiding (afslag) of doodmaak van diere wat duidelik benoud is.
  • Nie-opvoedkundige uitbeeldings van die voorbereiding, vir ete, van lewende diere wat duidelik benoud is.
  • Nie-opvoedkundige uitbeeldings van die eet van diere wat op eksplisiete gelaatstrekke fokus.

Sien ons lys definisies om meer inligting te kry oor sleutelbegrippe wat deurgaans in hierdie riglyne gebruik word.

Skadelike optrede en onbetroubare inhoud

Inhoud wat skadelike of gevaarlike optrede bevorder wat lei tot ernstige fisieke, emosionele of sielkundige besering is nie geskik vir advertensies nie.

Beleidbesonderhede
Advertensieriglyne Vraelysopsies en -besonderhede
Hierdie inhoud kan advertensie-inkomste verdien

Toertjies of dade wat effens gevaarlik is, maar in ’n professionele en beheerde omgewing uitgevoer word waar niemand ernstig beseer word nie. Kort verwysings na gevaarlike organisasies in opvoedkundige of geskrewe inhoud.

Enkele voorbeelde van inhoud wat ook in hierdie kategorie val:

Algemeen skadelike of gevaarlike optrede

  • Aktiwiteite waar daar risiko betrokke is met geen sigbare beserings nie, byvoorbeeld:
    • Professionele toertjies of waagsport soos vlerkpakvlieg.
    • Videomateriaal van ’n persoon wat fiets- of motorfietstoertjies of grondvlakparkour doen.
    • Motorvoertuie wat spoed of dryf sonder om gevaarlike toertjies te doen (soos om die voorwiel te lig of loshande te ry) of gereelde ontwrigtings vir ander veroorsaak (soos om tussen bane in te ry).

Flatersamestellings

  • Flatersamestellingvideo’s wat nie op grafiese beserings fokus nie (byvoorbeeld om in ’n glasdeur vas te loop). 

Poetse en uitdagings

  • Poetse of uitdagings waar daar bedremmeldheid, verwarring of ongemak is, maar geen risiko of langtermynskade betrokke is nie, soos die yswateruitdaging.
  • Besprekings of verslae oor skadelike poetse of uitdagings met geen beeldmateriaal of oudio van die oomblik van leed nie (byvoorbeeld verslae oor ’n branduitdaging sonder die insident se besonderhede).
  • Opvoedkundige, dokumentêre of nuusberiginhoud wat poetse of uitdagings wys wat uiterste emosionele nood veroorsaak (byvoorbeeld fisieke gevegte, neerhalende taal en beledigings, soos “jy’s afgedank!”-poetse).

Verkeerde mediese en wetenskaplike inligting

  • Neutrale inhoud oor virusse, aansteeklike siektes en COVID-19 sonder die bedoeling om vrees aan te wakker (byvoorbeeld ’n video vir kinders oor die verskil tussen virusse en bakterieë).

Skadelike verkeerde inligting

  • Opvoedkundige of dokumentêre inhoud wat probeer verduidelik hoe groepe wat skadelike verkeerde inligting bevorder aanklank vind, meer bekend raak en/of verkeerde inligting versprei.
  • Opvoedkundige of dokumentêre inhoud met ’n fokus op die ontbloting van skadelike verkeerde inligting soos Pizzagate, QAnon, StopTheSteal, ens.
  • Opvoedkundige of dokumentêre inhoud wat verkeerde inligting oor klimaatsverandering probeer weerlê.

Damprook en tabak 

  • Publiekediensaankondigings vir voorkomende optrede.
  • Gedramatiseerde inhoud met fokus wat op gebruik val.
  • Opvoedkundige of dokumentêre inhoud wat bedrywe uitlig wat met damprook/tabak te doen het.

Alkohol

  • Teenwoordigheid van alkohol of volwassenes wat alkohol drink in inhoud sonder om onverantwoordelike drinkery te bevorder of op te hemel.

Buitelandse terreurorganisasies (BTO)

  • Opvoedkundige of joernalistieke berigte of musiekvideo’s wat ’n terreuraanval as ’n sentrale onderwerp bespreek.
  • Opvoedkundige of gedramatiseerde inhoud oor hierdie groepe as ’n algemene onderwerp, sonder beeldmateriaal van terreuraanvalle.
  • Joernalistieke verslae met BTO’s of terrorisme met komiese bedoelings.
  • Opvoedkundige, gedramatiseerde joernalistieke verslae of musiekvideo’s met BTO-beelde, maar andersins nie genoem as ’n hoofonderwerp van die inhoud nie. 

Dwelmhandelsorganisasies (DHO)

  • Opvoedkundige, gedramatiseerde joernalistieke berigte of musiekvideo’s wat op die internasionale dwelmhandel as geheel fokus.
  • Opvoedkundige, gedramatiseerde joernalistieke berigte of musiekvideo’s wat DHO’s en verwante beelde soos slagspreuke uitbeeld.
  • Enige video’s met komiese inhoud wat DHO’s of internasionale dwelmhandel as ’n onderwerp dek.
  • Publiekediensaankondigings oor die verwante groepe wat in joernalistieke berigte gedek word.
  • Joernalistieke berigte, insluitend tonele van gewelddadige situasies en optrede soos gyselaars of ondervraging wat deur DHO’s uitgevoer word.

Definisies:

  • “Ernstig beseer” verwys na beserings wat nie sonder behoorlike mediese sorg behandel kan word nie of wat nie tuis behandel kan word nie, byvoorbeeld gebreekte bene, sigbare ontwrigtings of beduidende hoeveelhede bloed.
  • Liggaamswysiging kan goed soos tatoeëring, lyfjuwele of mediese chirurgie insluit.
  • "Gedramatiseer" verwys na draaiboekinhoud soos flieks of fiktiewe omgewings.
Hierdie inhoud kan beperkte of geen advertensie-inkomste verdien nie

Inhoud wat fisieke leed of nood – insluitend optrede in ’n nieprofessionele, niebeheerde omgewing – wys, maar nie daarop fokus nie. Onderwerpe oor ’n gevaarlike organisasie se leier of relevante publiekediensaankondigings.

Enkele voorbeelde van inhoud wat ook in hierdie kategorie val:

Algemeen skadelike of gevaarlike optrede

  • Optrede wat hoërisiko-aktiwiteite soos wolkekrabberparkour insluit, of wat ernstige beserings soos die nadraai van skaatsplankongelukke uitbeeld.
  • Opvoedkundige, dokumentêre of nuusberig oor: 
    • Skadelike of gevaarlike optrede met grafiese beserings.
    • Kinders wat by dobbelary betrokke is of wat motorvoertuie bestuur wat vir gebruik deur volwassenes ontwerp is. 
  • Motorvoertuie wat jaag of glyry en gevaarlike toertjies doen (bv. om ’n motorfiets se voorwiel te lig of loshande te ry) of wat gereelde ontwrigtings vir ander veroorsaak (bv. om tussen die bane te vleg). 
  • Opvoedkundige, gedramatiseerde of musiekvideo-inhoud wat gevaarlike dade uitbeeld wat ’n minderjarige as ’n deelnemer of slagoffer insluit.

Flatersamestellings

  • Oomblikke met grafiese beserings wat nie tot die dood of terminale siektetoestande lei nie (bv. videosamestelling van padfietsongelukke) wat in fokus uitgebeeld word.

Poetse en uitdagings

  • Opvoedkundige, dokumentêre of nuusberigte oor poets- of uitdaginginhoud met:
    • Dreigemente van of voorspraak vir fisieke of sielkundige leed aan jouself of ander, byvoorbeeld om plat te lê tussen treinspore. 
    • Optrede wat nie nageboots behoort te word nie, byvoorbeeld ’n uitdaging om bleikmiddel te drink wat kan lei tot onmiddellike en kritieke skade aan jou gesondheid.
  • Poetse of uitdagings wat uiterste emosionele nood skep, byvoorbeeld fisieke struwelings, neerhalende taal en beledigings. Dit kan ook die bedreiging van ’n individu se lewenstatus insluit, byvoorbeeld afdankingspoetse of deur iemand binne die konteks van ’n verhouding emosioneel uit te lok of te dreig (bv. afsêpoetse waar een persoon emosioneel onstabiel raak, of arrestasiepoetse teen familielede, ens.).
  • Poetse wat oormatige hoeveelhede liggaamsvloeistowwe of grafiese geweld insluit.
  • Uitdagings wat die eet van nie-giftige, nie-eetbare middels insluit, byvoorbeeld die eet van ’n gomstokkie of troeteldierkos. Die eet van eetbare stowwe wat skadelik is in groot volumes, soos die Carolina Reaper-rissie, of stowwe wat ’n ligte fisieke reaksie uitbeeld. 

Damprook en tabak

  • Produkresensies van of vergelyking tussen tabakprodukte (bv. vergelyking van damprooksap).
  • Opvoedkundige of dokumentêre vermelding van verslawingsdienste.

Alkohol

  • Opvoedkundige, dokumentêre of gedramatiseerde inhoud wat minderjariges wys wat alkohol- of alkoholgefokusde produkte inneem. 

Buitelandse terreurorganisasies (BTO)

  • Komiese videoverwysings na BTO’s of terrorisme.
  • Opvoedkundige, dokumentêre of musiekvideo’s met komiese verwysings na BTO’s. 
  • BTO-verwante beelde gedeel maar nie die hoofonderwerp of tema van die inhoud nie. 

Dwelmhandelsorganisasies (DHO)

  • Publiekediensaankondiging oor die verwante groepe gedeel sonder ’n konteks.
  • Opvoedkundige of dokumentêre inhoud of publiekediensaankondiging oor DHO’s.
    • Opvoedkundige inhoud wat hoofsaaklik op spesifieke DHO’s of DHO-leiers fokus.
    • Kan niegrafiese situasies van aanvalle of hulle nadraai, gyselaarsituasies, ens. insluit.
    • Publiekediensaankondigings oor die verwante groepe.
    • Gewelddadige situasies en optrede soos gyselaars of ondervraging wat deur DHO’s uitgevoer word. 

Definisies:

  • “Ligte fisieke reaksie” verwys na dinge soos kammabraking, hoes wat tot braking lei.
Hierdie inhoud sal geen advertensie-inkomste verdien nie

Inhoud wat hoofsaaklik ongelukke, vigilantisme, poetse of gevaarlike dade wys, soos eksperimente of toertjies wat gesondheidsrisiko’s inhou (soos die drink of eet van nie-eetbare stowwe); besprekings van gewilde video’s wat hierdie tipe inhoud wys. Verheerliking, werwing of grafiese uitbeelding van gevaarlike organisasies.

Enkele voorbeelde van inhoud wat ook in hierdie kategorie val:

Algemeen skadelike of gevaarlike optrede

  • Ophemeling van skadelike of gevaarlike optrede of optrede wat as gevaarlik beskou word.
    • Motorvoertuie met skokkende tonele en beserings (bv. van die oomblik van impak of wat iemand wys wat bewusteloos in die pad lê nadat hulle deur ’n vragmotor raakgery is).
  • Kinders wat by dobbelary betrokke is of wat motorvoertuie bestuur wat vir gebruik deur volwassenes ontwerp is.
  • Gevaarlike dade wat ’n minderjarige as ’n deelnemer of slagoffer insluit.

Flatersamestellings

  • Flatersamestellings wat aktiwiteite insluit wat tot dood of ernstige skade lei (onomkeerbaar of wat die persoon in ’n koma laat, stuipe gee, verlam, ens.). 

Poetse en uitdagings

  • Poetse of uitdagings wat nie nageboots behoort te word nie, byvoorbeeld ’n uitdaging om chloor te drink wat kan lei tot onmiddellike en kritieke skade aan ’n mens se gesondheid.
  • Poetse of uitdagings wat verband hou met: 
    • Selfdood, dood, terreur soos vals bomdreigement-poetse of dreigemente met dodelike wapens.
    • Seksueel ongewenste dade soos geforseerde soene, betasting, seksuele misbruik, afloerkameras in kleedkamers.
    • Fisieke skade of nood, maar waar sodanige nood nie die fokus van die video is nie.
    • Uitgerekte emosionele nood van ’n minderjarige, byvoorbeeld ’n poets wat vir ’n uitgerekte tydperk aanhou wat daartoe lei dat ’n kind bang of ontsteld is. Dit kan poetse vir kinders insluit wat hulle wysmaak dat hulle ouers dood is.
    • Dreigemente of voorspraak vir fisieke of sielkundige leed aan jouself of ander, byvoorbeeld om plat te lê tussen treinspore.
    • COVID-19, wat gevaarlike aktiwiteite bevorder soos doelbewuste blootstelling aan die virus, of wat paniek saai (bv. ’n teen-kwarantynbeweging of om te maak asof jy positief getoets het terwyl jy in ’n openbare ruimte is).
    • Die bevordering van die gebruik van wapens om ander leed aan te doen.
    • Om te wys hoe iemand stowwe inneem in hoeveelhede wat tot ’n grafies skokkende fisieke reaksie lei, byvoorbeeld braking nadat iemand ’n spookrissie geëet het.
    • Uitdagings wat, indien dit nageboots word, tot ernstige leed kan lei, soos ’n branduitdaging of die Bird Box-blinddoekuitdaging.
    • Aanmoediging van bedrieglike of onwettige aktiwiteite (bv. inbraak).

Verkeerde mediese en wetenskaplike inligting

  • Bevordering van skadelike gesondheids- of mediese eise of praktyke:
    • Ontkenning dat gevestigde gesondheidstoestande bestaan, byvoorbeeld MIV.
    • Video’s wat instruksies vir wetenskaplik onbewese rate vir mediese toestande (bv. die genesing van kanker deur dieet) aanmoedig of verskaf.
    • Verspreiding van verkeerde inligting wat gevestigde mediese en wetenskaplike feite ontken, soos die bevordering van anti-inenting.
    • Inhoud wat programme of dienste vir homoseksuele-omskakelingsterapie bevorder of goedpraat.
  • Bevordering van of voorspraak vir skadelike verkeerde COVID-19-inligting:
    • Inhoud wat die ontvang van ’n COVID-19-inenting ontmoedig.
    • Vals of misleidende aansprake oor die uitwerking of verspreiding van die entstof. Dit kan insluit:
      • Aansprake dat die inenting onvrugbaarheid sal veroorsaak. 
      • Aansprake dat die inenting ’n mikroskyfie bevat. 
      • Aansprake dat entstowwe gebruik kan word om genadedood op dele van ’n bevolking toe te pas.
    • Aansprake dat maskers of die handhawing van sosiale afstand nie die kry of verspreiding van COVID-19 minimeer nie.
    • Aansprake oor die verspreiding van COVID-19 wat nie op gevestigde mediese en wetenskaplike feite gebaseer is nie (bv. dat dit deur 5G draadlose seine oorgedra word).
    • Video’s wat wetenskaplik onbewese rate vir COVID-19 (bv. die inspuit van hidroksiechlorokien) aanmoedig of instruksies daarvoor verskaf.

Skadelike verkeerde inligting

  • Bewerings wat aantoonbaar vals is en wat deelname of vertroue in ’n verkiesing- of demokratiese proses beduidend ondermyn.
    • Inligting wat aantoonbaar vals is oor publieke stemprosedures, kwalifisering van politieke kandidate op grond van ouderdom of geboorteplek, verkiesinguitslae, of sensusdeelname wat amptelike regeringsrekords weerspreek.
  • Bevordering van skadelike verkeerde inligting (bv. Pizzagate, QAnon, StopTheSteal).
  • Voorspraak maak vir groepe wat skadelike verkeerde inligting bevorder.
  • Weerspreking van gesaghebbende wetenskaplike konsensus oor die bestaan en oorsake van klimaatsverandering.

Damprook en tabak 

  • Die bevordering van tabak en tabakverwante produkte en hulle verbruik.
  • Videomateriaal van minderjariges wat damprook-/tabakprodukte gebruik.
  • Fasilitering van rookdamp-/tabakprodukte se verkope.
  • Gebruik van rookdamp-/tabakprodukte op ’n wyse wat nie deur die vervaardiger bedoel is nie (bv. drink van damprooksap). 

Alkohol

  • Uitbeelding van minderjariges wat alkohol inneem, selfs al is dit nie die hoofonderwerp van die video nie. 
  • Bevordering van alkoholinname onder minderjariges.

Buitelandse terreurorganisasies (BTO)

  • Nie-opvoedkundige video’s wat fokus op BTO’s of die onderwerp van terreur, byvoorbeeld: 
    • Besprekings van ’n terreuraanval as ’n sentrale onderwerp.
    • Relevante beelde of name van die groep/leier op enige plek in die inhoud (soos in die miniprent).
  • Inhoud met skokkende, grafiese en/of gewelddadige beelde of tonele van aanhitsing tot, of ophemeling van, geweld.
  • Inhoud wat deur, of ter ondersteuning van, terreurgroepe vervaardig is.
  • Inhoud wat terreuraanvalle vier of ontken.

Dwelmhandelsorganisasies (DHO)

  • Nie-opvoedkundige video’s wat op spesifieke DHO’s, DHO-leiers of internasionale dwelmhandel fokus.
    • Lukrake, onbedoelde bespreking van hierdie onderwerp in ’n video beteken dit is “nie-opvoedkundig”, want daar is geen eksplisiete aankondiging dat dit die video se doel is om die onderwerp te verduidelik nie.
  • Nie-opvoedkundige uitbeeldings van DHO-verwante beelde soos vlae, slagspreuke, baniere, ens.
  • Werwing van groeplede.
  • Musiek wat verband hou met “narcocorridos” of andersins wat DHO’s verheerlik of bevorder.
  • Gewelddadige situasies en optrede soos gyselaars of ondervraging wat deur DHO’s uitgevoer word.

Sien ons lys definisies om meer inligting te kry oor sleutelbegrippe wat deurgaans in hierdie riglyne gebruik word.

Haatdraende en neerhalende inhoud

Inhoud wat haat teenoor ’n individu of groep mense aanwakker, diskriminasie bevorder of iemand verkleineer of verneder, is nie geskik vir advertensies nie. Inhoud wat satire of komedie is, kan vrygestel word. Om te verklaar dat die bedoeling komedies is, is nie voldoende nie, en daardie inhoud sal moontlik steeds nie vir advertensies geskik wees nie.

Beleidbesonderhede
Advertensieriglyne Vraelysopsies en -besonderhede
Hierdie inhoud kan advertensie-inkomste verdien

Inhoud wat op ’n niekwetsende manier verwys na beskermde groepe of kritiek lewer op ’n individu se menings of optrede.

Enkele voorbeelde van inhoud wat ook in hierdie kategorie val:

  • Nuusinhoud wat ’n beskermde groep beskryf of wat op ’n niehaatdraende manier verslag doen oor diskriminasie wat so ’n groep moontlik in die gesig staar, byvoorbeeld ’n nuusberig oor homofobie.
  • Komedie-inhoud wat beskermde groepe veroordeel of sinspeel op bespotting, vernedering of ander neerhalende opmerkings teenoor hulle.
  • Openbare debatte oor beskermde groepe sonder om haat en gewelddadige konfrontasie teen hulle aan te hits.
  • Artistieke inhoud wat sensitiewe terminologie of simbole op ’n niehaatdraende manier gebruik, byvoorbeeld in gewilde musiekvideo’s.
  • Opvoedkundige of dokumentêre inhoud:
    • Gesensorde rassebeledigings of beledigende terme met die doel om die gehoor op te voed (bv. ka**er).
    • Wat haatbeelde in fokus bevat.
  • Wat ’n individu of groep se mening, sienings of optrede sonder ’n opruiende of vernederende bedoeling kritiseer.

Definisies:

“Beskermde groep” verwys na die groepe eienskappe hieronder. Die aanhits van haat en diskriminasie teenoor, en verkleinering of vernedering van, ’n individu of groep mense op grond van die eienskappe hieronder, word nie as adverteerdervriendelik beskou nie.

  • Ras
  • Etnisiteit of etniese herkoms
  • Nasionaliteit
  • Geloof
  • Gestremdheid
  • Ouderdom
  • Oudsoldaatstatus
  • Seksuele oriëntasie
  • Geslagsidentiteit
  • Enige ander eienskap wat met strukturele diskriminasie of marginalisering geassosieer word.
Hierdie inhoud kan beperkte of geen advertensie-inkomste verdien nie

Inhoud wat aanstootlik kan wees vir individue of groepe, maar wat vir opvoeding, vir nuus of in ’n dokumentêr gebruik word.

Enkele voorbeelde van inhoud wat ook in hierdie kategorie val:

  • Politieke diskoers of debat wat aanstootlike taal insluit, maar wat ten doel het om op te voed, byvoorbeeld ’n politieke debat oor transregte.
  • Opvoedkundige inhoud:
    • Ongesensorde rassebeledigings of beledigende terme wat ten doel het om die gehoor op te voed (bv. ongesensorde of ten volle uitgeskryfde gebruik van die k-woord).
    • Bevat onverwerkte videomateriaal van iemand wat die volgende handelinge uitvoer sonder om die handelinge uitdruklik te bevorder of op te hemel:
      • Fokus daarop om ’n individu of groep te beskaam of te beledig.
      • Sonder iemand uit vir misbruik of teistering.
      • Ontken dat tragiese gebeurtenisse plaasgevind het en smeer dit toe.
      • Kwaadwillige persoonlike aanvalle en naamskending.
Hierdie inhoud sal geen advertensie-inkomste verdien nie

Haat of teistering teenoor individue of groepe.

Enkele voorbeelde van inhoud wat ook in hierdie kategorie val:

  • Stellings wat ten doel het om ’n beskermde groep te verkleineer of te impliseer/verklaar dat hulle minderwaardig is, byvoorbeeld: “Alle mense van hierdie land is walglik.”
  • Nie-opvoedkundige inhoud wat rassebeledigings of beledigende terme bevat.
  • Aanmoediging, ophemeling of goedkeuring van geweld teen ander.
    • Die aanhits van diskriminasie teen beskermde groepe, soos om te sê: “Jy moet alle gestremde mense in hierdie land haat”.
  • Die bevordering van haatgroepe, haatsimbole of haatgroepbykomstighede.
  • Kwaadwillige beskaming of belediging van ’n individu of groep.
  • Uitsondering van ’n individu of groep vir misbruik of teistering.
  • Ontkenning of ophemeling van tragiese gebeurtenisse; uitbeelding van slagoffers of oorlewendes as krisisakteurs.
  • Kwaadwillige persoonlike aanvalle, laster en naamskending.
  • Uitbeelding van ideologieë of oortuigings op ’n kwaadwillige wyse deur te veralgemeen of te verkleineer.
    • Negatiewe tipering van individue, groepe, ideologieë of oortuigings, soos om te sê: “Alle feminisme is siek.”

Sien ons lys definisies om meer inligting te kry oor sleutelbegrippe wat deurgaans in hierdie riglyne gebruik word.

Ontspanningsdwelmmiddels en dwelmverwante inhoud

Inhoud wat die verkoop, gebruik of misbruik van onwettige dwelms, gereguleerde wettige medisyne of middels, of ander gevaarlike produkte bevorder of uitbeeld, is nie geskik vir advertensies nie.

Beleidbesonderhede
Advertensieriglyne Vraelysopsies en -besonderhede
Hierdie inhoud kan advertensie-inkomste verdien

Opvoedkundige, humoristiese of musiekverwante verwysings na ontspanningsdwelmmiddels of dwelmbybehore wat nie ten doel het om onwettige dwelmgebruik te bevorder of op te hemel nie. Dwelmtransaksies wat in speletjie-inhoud gewys word. Dokumentêre of joernalistieke verslae wat gedramatiseerde inhoud uitbeeld waarin dwelms gebruik word.

Enkele voorbeelde van inhoud wat in hierdie kategorie val:

  • Opvoedkundige inhoud oor dwelms of dwelmbybehore, soos die wetenskaplike uitwerkings van dwelmgebruik of die geskiedenis van dwelmhandel.
  • Persoonlike vertellings van herstel van dwelmverslawing.
  • Musiekvideo’s met vlugtige uitbeelding van dwelms.
  • Speletjie-inhoud wat dwelmhandel vertoon. 
  • Dokumentêre of joernalistieke verslae oor die aankoop, vervaardiging, gebruik of verspreiding van dwelms, soos ’n storie oor ’n dwelmvasvat.
  • Gedramatiseerde, dokumentêre of joernalistieke berigte insluitend speletjietonele met verbruik of gebruik (soos inspuiting) van dwelms.
Hierdie inhoud kan beperkte of geen advertensie-inkomste verdien nie

Nie-opvoedkundige en nievoorligtingsinhoud wat fokus op onwettige dwelmgebruik (insluitend inspuitings) of -vervaardiging wat nie ten doel het om onwettige dwelmgebruik te bevorder of op te hemel nie.

Enkele voorbeelde van inhoud wat in hierdie kategorie val:

  • Gedramatiseerde inhoud, insluitend musiek en videospeletjies, wat ontspanningsdwelmgebruik wys.
    • Tonele in draaiboekinhoud waar dwelms ingespuit word om “hoog” te raak.
Hierdie inhoud sal geen advertensie-inkomste verdien nie

Inhoud wat dwelmgebruik bevorder of ophemel, soos om instruksies te verskaf oor die koop, vervaardiging, verkoop of vind van onwettige dwelms of dwelmbybehore om gebruik vir ontspanning aan te moedig.

Enkele voorbeelde van inhoud wat in hierdie kategorie val:

  • Deel van dwelmresensies en dwelminsigte.
    • Wenke of aanbevelings oor die gebruik of skep van ontspanningsdwelmmiddels, byvoorbeeld daggaboerdery.
    • Resensies van daggakoffiewinkels, daggabybehorewinkels, handelaars, apteektoere, ens.
    • Koop of verkoop van dwelms aanlyn of vanlyn.
      • Deel van skakels na werwe vir dwelmaankope of die fisieke adresse van plekke vir dwelmaankope.

Sien ons lys definisies om meer inligting te kry oor sleutelbegrippe wat deurgaans in hierdie riglyne gebruik word.

Vuurwapenverwante inhoud

Inhoud wat fokus op die verkoop, montering, verkeerde aanwending of misbruik van regte of nagemaakte vuurwapens is nie geskik vir advertensies nie.

Beleidbesonderhede
Advertensieriglyne Vraelysopsies en -besonderhede
Hierdie inhoud kan advertensie-inkomste verdien

Nie- of semi-outomatiese en ongemodifiseerde vuurwapens wat in ’n veilige omgewing gewys word, soos ’n skietbaan of ’n skoon, oop gebied waar omstanders of eiendom wat deur ander mense besit word nie in gevaar gestel word nie. Montering of uitmekaarhaal van vuurwapens en verfbalgewere vir herstel of onderhoud. Verantwoordelike gebruik van lugdruk- of balkoeël- (BB-) wapens.

Enkele voorbeelde van inhoud wat ook in hierdie kategorie val:

  • Besprekings oor vuurwapenwetgewing of die kwessie van vuurwapenbeheer.
  • Vuurwapenresensies en -demonstrasies.
  • Inhoud met optiese teleskope en knaldempers.
  • Rekwisietvuurwapens wanneer dit nie gebruik word om ’n persoon of eiendom te beskadig nie.

Definisies:

  • ’n “Veilige omgewing” verwys na plekke soos skietbane of toegeboude areas wat spesifiek vir teikenskiet gebou is.
  • “Wysigings” verwys na enigiets wat met die interne funksionering van die produk inmeng, dit verbeter of verander, sowel as haarsnellers, stootkolwe en plofbare/brandladingammunisie of ander aanhegsels soos termiese/infrarooi visiere of hoëkapasiteit-magasyne. 
  • ’n “Rekwisietvuurwapen” is ’n vuurwapen wat ontwerp is om nie te werk nie. Hierdie definisie sluit vuurwapens in wat ontwerp is om net loskruitpatrone af te vuur (loskruitpatroonvuurwapens). 
     
Hierdie inhoud kan beperkte of geen advertensie-inkomste verdien nie

Die gebruik van vuurwapens buite ’n beheerde omgewing; die gebruik van lugdruk- of balkoeël- (BB-) wapens teen ander mense sonder beskermende drag.

Enkele voorbeelde van inhoud wat ook in hierdie kategorie val:

  • Die wys van vuurwapens wat in onvoorbereide of onbeheerde omgewings gebruik word (byvoorbeeld in ’n openbare straat voor ’n huis, of op enige plek waar omstanders of ander mense se eiendom in gevaar gestel word).
Hierdie inhoud sal geen advertensie-inkomste verdien nie

Inhoud wat die bou of modifikasie van gewere wys (insluitend montering of uitmekaarhaal), wat geweermakers of -verkopers bevorder, wat die verkoop van ’n geweer fasiliteer, of minderjariges wat gewere sonder volwasse toesig gebruik. Inhoud wat vuurwapens wys wat met stootkolwe of haarsnellers, termiese nagsig of infrarooi visiere gemodifiseer is, of wat termiese, plof- of brandladingammunisie gebruik. Inhoud met hoëkapasiteitmagasyne (30 patrone of meer) wat in ’n vuurwapen of los daarvan is. Inhoud met ten volle outomatiese vuurwapens of vuurwapens wat gemodifiseer is om meer as een koeël te skiet met ’n enkele trek van die sneller.

Enkele voorbeelde van inhoud wat ook in hierdie kategorie val:

  • Riglyne oor hoe om stootkolwe by ’n vuurwapen te voeg.
  • Aanbevelings vir topvuurwapenvervaardigers of -firmas by wie vuurwapens gekoop kan word (bv. “15 Beste vuurwapenwinkels”).
  • Direkte verwysing van gebruikers na ’n werf wat vuurwapenverkope fasiliteer.
  • Bevordering van die verkoop van ’n vuurwapen of -komponent, insluitend die volgende, maar nie beperk daartoe nie:
    • Verkoop van ’n vuurwapenverwante onderdeel of komponent wat noodsaaklik is vir ’n vuurwapen, of wat die funksionaliteit daarvan verbeter, insluitend:
    • 80% voltooide vuurwapenonderdele
    • Ammunisie
    • Laaiplaatjies
    • Knaldempers
    • Patroonbande
    • Kolwe
    • Omboustelle
    • Geweergrepe
    • Teleskope
    • Visiere
  • Video’s wat inhoud vir vuurwapenwinkels bevorder.
  • Video’s wat vervaardigers of afslagkodes vir vuurwapenwinkels bevorder.
  • Video’s wat instruksies, riglyne of sagteware vir vuurwapenvervaardiging bevat (bv. dupliseerbare montering of uitmekaar haal van vuurwapens of stappe oor vuurwapenwysigings) of toerusting vir 3D-druk van vuurwapens of vuurwapenonderdele.
  • Montering/uitmekaarhaal van ’n vuurwapen met die doel om dit te wysig.

Sien ons lys definisies om meer inligting te kry oor sleutelbegrippe wat deurgaans in hierdie riglyne gebruik word.

Omstrede kwessies

“Omstrede kwessies” is onderwerpe wat kykers dalk kan ontstel, wat dikwels die gevolg van menslike tragedie is. Hierdie beleid geld selfs al is die inhoud net kommentaar of al bevat dit geen grafiese uitbeeldings nie.

Omstrede kwessies sluit in kindermishandeling, seksuele misbruik van volwassenes, seksuele teistering, selfleed, selfdood, eetversteurings, huishoudelike mishandeling, aborsie en genadedood.

Beleidbesonderhede
Advertensieriglyne Vraelysopsies en -besonderhede
Hierdie inhoud kan advertensie-inkomste verdien

Inhoud wat verband hou met die voorkoming van omstrede kwessies. Inhoud waar die omstrede kwessies vlugtig in ’n video genoem word en nie grafies of beskrywend is nie. Niegrafiese, niebeskrywende inhoud wat verband hou met huishoudelike mishandeling, selfleed, seksuele misbruik van volwassenes, aborsie en seksuele teistering.

Enkele voorbeelde van inhoud wat in hierdie kategorie val: 

  • Niegrafiese, niebeskrywende nuusdekking van omstrede kwessies as die hoofonderwerp.
  • Niegrafiese aborsie-inhoud, insluitende persoonlike vertellings, meningsartikels of inhoud oor mediese prosedures.
  • Inhoud wat geskiedkundige of wetgewende feite dek wat met aborsie verband hou.
  • Joernalistieke bysaakverslagggewing van niegrafiese, niebeskrywende inhoud wat verband hou met selfdood/selfleed, seksuele misbruik van volwassenes, huishoudelike mishandeling, seksuele teistering of genadedood.
  • Gedramatiseerde of artistieke uitbeeldings van omstrede kwessies wat nie uiters grafies is nie.
    • ’n Fliek wat iemand wys wat van ’n brug afspring, maar nie ’n grafiese beeld van die lyk wys nie.
  • Algemene verwysing na eetversteurings sonder aktiverende of navolgbare tekens.  

Titel en miniprent: 

  • Verwysings na omstrede kwessies wat nie grafies is nie.
    • Teks of prent van ’n skeermes.

Definisies: 

  • Vlietende verwysings is nie die fokus van die inhoud nie (nie in fokus nie) en sluit terloopse verwysings in na onderwerpe wat as omstrede of sensitief gelys is. Byvoorbeeld, om kortliks ’n omstrede of sensitiewe onderwerp te erken, sal nie as die fokus beskou word nie, maar eerder as vlietend. 
    • Soos “In volgende week se video sal ons dalende selfdoodsyfers bespreek”.
  • Aktiverende of navolgbare tekens:   
    • Laagste BMI of gewig.
    • Wys van ’n liggaam wat oormatig maer of uitgeteer is.
    • Beskaming of afknouery op grond van gewig of liggaam.
    • Verwysing na vergryping of die wegsteek of opgaar van kos
    • Oefening om ’n kalorietekort te behaal.
    • Braking of misbruik van lakseermiddels.
    • Kontrolering van gewigsverliesvordering
    • Verwysing na die wegsteek van enige van die bogenoemde gedrag.
Hierdie inhoud kan beperkte of geen advertensie-inkomste verdien nie

Inhoud oor omstrede kwessies wat nie visueel steurend is nie, maar tog beskrywende taal kan bevat. Gedramatiseerde, artistieke, opvoedkundige, dokumentêre of wetenskaplike voorstelling van omstrede kwessies. Niegrafiese, niebeskrywende hoofonderwerp wat met kindermishandeling verband hou. Niegrafiese maar beskrywende inhoud wat verband hou met seksuele misbruik van volwassenes, seksuele teistering of huishoudelike mishandeling.

Enkele voorbeelde van inhoud wat ook in hierdie kategorie val: 

  • Inhoud wat kindermishandeling as hoofonderwerp dek, sonder gedetailleerde beskrywings of grafiese uitbeeldings.
  • Gedramatiseerde of artistieke uitbeelding van eetversteurings met aktiverende of navolgbare tekens. 
  • Gedramatiseerde of geanimeerde uitbeeldings van omstrede kwessies wat nie uiters grafies is nie sonder ’n opvoedkundige of artistieke konteks. 
  • Gedramatiseerde of artistieke uitbeeldings van omstrede kwessies wat taamlik grafies is. 
    • ’n Fliek beeld iemand uit wat hul pols sny met bloed wat gewys word.
  • Eetversteuringherstelstories, soos ’n persoon se reis om bulimie te oorkom.

Titel en miniprent: 

  • Grafiese uitbeeldings van omstrede kwessies in die miniprent, insluitende werklike, gedramatiseerde en artistieke uitbeeldings. 
Hierdie inhoud sal geen advertensie-inkomste verdien nie

Grafiese uitbeeldings of gedetailleerde beskrywings van omstrede kwessies as die hoofonderwerp. Eksplisiete verwysing na eetversteurings, tesame met enige van die volgende verwysings of konteks: Laagste BMI of gewig, die wys van ’n maer of uitgeteerde liggaam, beskaming of afknouery weens gewig of liggaam, verwysing na vergryping of die wegsteek of opgaar van kos, oefening om ’n kalorietekort te behaal, braking of misbruik van lakseermiddels, kontrolering van gewigsverliesvordering, verwysing na die wegsteek van enige van die bogenoemde gedrag.

Enkele voorbeelde van inhoud wat ook in hierdie kategorie val:

  • Gedetailleerde, skokkende eerstepersoonsvertellings of biografieë van mense wat hul vorige ervarings met die volgende bespreek:
    • Kindermishandeling
    • Pedofilie
    • Selfleed
    • Selfdood
    • Huishoudelike mishandeling
    • Genadedood
  • Bevordering of verheerliking van omstrede kwessies in die inhoud, titel of miniprent, soos “hoe om jouself dood te maak en eerbaar te sterf”.
  • Grafiese uitbeelding van selfleed waar letsels, bloed of besering sigbaar is. 
  • Eksplisiete oudio van ’n omstrede kwessie wat tans plaasvind.
  • Eksplisiete verwysing na eetversteurings met aktiverende of navolgbare tekens.
  • Uitbeeldings van omstrede kwessies wat taamlik grafies is sonder enige opvoedkundige of artistieke konteks.
    • Onverwerkte videomateriaal van iemand wat hul pols sny met bloed wat gewys word.
  • Geanimeerde uitbeelding van omstrede kwessies wat op ’n sensasionele manier voorgehou word.   
    • Wys van karakters wat ander afknou.

Definisies:

Fokus of in fokus verwys na ’n segment, hele video of volgehoue bespreking oor ’n gegewe omstrede kwessie. ’n Terloopse verwysing na ’n omstrede kwessie word nie as ’n fokus op daardie kwessie beskou nie. Byvoorbeeld, om kortliks ’n omstrede of sensitiewe onderwerp te noem, soos “In volgende week se video gaan ons dalende selfdoodsyfers bespreek”, sal nie as die fokus beskou word nie, maar ’n segment van ’n video wat spesifiek oor só ’n onderwerp praat, sal as die fokus beskou word. Fokus hoef nie verbaal te wees nie. As daar ’n prent of teks is wat op die sensitiewe kwessie fokus, sal dit ook as fokus beskou word.

Sien ons lys definisies om meer inligting te kry oor sleutelbegrippe wat deurgaans in hierdie riglyne gebruik word.

Sensitiewe gebeure

’n Sensitiewe gebeurtenis is ’n gebeurtenis of ontwikkeling wat beduidende risiko skep vir Google se vermoë om relevante inligting en basiswaarheid van hoë gehalte te verskaf, en om onsensitiewe of uitbuitende inhoud in prominente en gemonetiseerde kenmerke te verminder. Ons kan gedurende ’n sensitiewe gebeurtenis verskeie handelinge uitvoer om aan hierdie risiko’s aandag te gee.

Voorbeelde van sensitiewe gebeurtenisse sluit in burgerlike noodgevalle, natuurrampe, noodgevalle in openbare gesondheid, terrorisme en verwante aktiwiteite, konflik of massageweld Hierdie beleid is van toepassing selfs al bevat die inhoud geen grafiese beelde nie. 

Beleidbesonderhede
Advertensieriglyne Vraelysopsies en -besonderhede
Hierdie inhoud kan advertensie-inkomste verdien

Besprekings wat die verlies van lewens of tragedie behels wat nie uitbuitend of neerhalend is nie. 

In sekere omstandighede kan ons monetisering verhinder van enige inhoud wat met ’n sensitiewe gebeurtenis verband hou om misbruik of die uitbuiting van slagoffers te vermy. Konteks is belangrik: Ons kan byvoorbeeld inhoud toelaat om advertensie-inkomste te verdien as dit gesaghebbende nuusverslaggewing, dokumentêre inhoud of besprekings van ’n sensitiewe gebeurtenis bevat.

Hierdie inhoud sal geen advertensie-inkomste verdien nie

Skeppers kan nie inhoud monetiseer wat ’n sensitiewe gebeurtenis uitbuit of daaruit voordeel trek nie.

Voorbeelde (nieomvattend): 

  • As dit voorkom of iemand voordeel trek uit ’n tragiese gebeurtenis met geen aantoonbare voordeel vir gebruikers nie, die verkoop van produkte of dienste wat dalk nie aan die standaarde en/of riglyne van tersaaklike toesigliggame (byvoorbeeld noodverligtingorganisasies, gesondheidowerhede of internasionale organisasies) voldoen nie. 
  • Die gebruik van sleutelwoorde wat verband hou met ’n sensitiewe gebeurtenis om bykomende verkeer te probeer aandryf.

Sien ons lys definisies om meer inligting te kry oor sleutelbegrippe wat deurgaans in hierdie riglyne gebruik word.

Maak oneerlike gedrag moontlik

Inhoud wat oneerlike gedrag ophemel of bevorder, soos oortreding, kullery of rekenaarkuberkrakery wat persoonlik of teen vergoeding is.

Beleidbesonderhede
Advertensieriglyne Vraelysopsies en -besonderhede
Hierdie inhoud kan advertensie-inkomste verdien

Opvoedkundige, humoristiese of musiekverwante verwysings of stellings oor oneerlike gedrag. Inhoud wat nie oneerlike gedrag bevorder nie, soos joernalistieke berigte oor oortredings van gedragskodes.

Enkele voorbeelde van inhoud wat in hierdie kategorie val:

Betreding

  • Verkenning van verlate geboue of terreine wat buite diens gestel is met die doel om met ’n gehoor te deel of om hulle op te voed met beskrywings dat hulle toestemming het om dit te doen.
    • Toere van beperkte gebiede by die Tsjernobil-terrein met die nodige permitte en toestemmings.
  • Joernalistieke berigte oor:
    • Inhoud wat ’n kleinhandelwinkel of kommersiële gebou se gedragskode oortree (soos om ná sluitingstyd by ’n winkel te oornag). 
    • As iemand voorgee om ’n winkelwerknemer in die winkel te wees sonder die eienaar se toestemming (soos om ’n winkeluniform te dra en leiding oor handelsware aan kliënte te verskaf). 

Kuberkrakery

  • Penetrasietoetse (’n diens wat etiese kuberkrakers aan maatskappye verkoop om fisieke en inligtingsekuriteitkwesbaarhede te toets).
  • Foutbelonings (belonings wat aangebied word vir die vind van rekenaarfoute in stelsels of programme).
  • Digitale kuberkrakery, lewenswenke, wenke en truuks (bv. inbreek by ’n foon, kultruuks by speletjies, speletjiemodusse, VPN-dienste).
  • Opvoedkundige, dokumentêre of joernalistieke verslae oor die gebruik of aanmoediging van kuberkraaksagteware in mededingende e-sport. 

Misdaad

  • Dokumentêre oor misdaad.
  • Persoonlike vertellings deur individue wat deur misdaad geraak is.
Hierdie inhoud sal geen advertensie-inkomste verdien nie

Inhoud wat ten doel het om kykers op te voed oor hoe om ongemagtigde toegang te verkry of ongemagtigde veranderinge op kwaadwillige maniere aan stelsels, toestelle of eiendom aan te bring. Vertoon van handelinge wat teen ’n eiendom se gedragskode is. Tentoonstelling van produkte of dienste wat help om te mislei of te kul soos dienste vir die skryf van akademiese opstelle, of kuberkrakerymetodes om te wen in mededingende e-sport.

Enkele voorbeelde van inhoud wat in hierdie kategorie val:

Betreding

  • Bevordering of ophemeling van betreding, soos toertjies wat snags in ’n beveiligde gebou gedoen word.
  • Oortreding van ’n kleinhandelwinkel of kommersiële gebou se gedragskode.
  • Nabootsing van ’n kleinhandelaar se werknemers in die winkel sonder die eiendomseienaar se toestemming.
  • Wys van huisbraak sonder bykomende konteks, byvoorbeeld kringtelevisievideomateriaal van ’n inbraak by ’n huis.

Kuberkrakery

  • Aanmoediging of instaatstelling van kykers om ’n ander persoon of hulle aktiwiteite sonder hulle toestemming digitaal na te spoor of te monitor.
  • Wenke oor hoe om ’n persoon se foon sonder hul toestemming af te luister.
  • Gebruik van of aanmoediging om kuberkraaksagteware in mededingende e-sport te gebruik

Onetiese produkte of dienste

  • Dienste wat akademiese opstelle skryf.
  • Omseiling van dwelmtoetse.
  • Vervalsing of skep van vals paspoorte of ander identifikasiedokumente.

Sien ons lys definisies om meer inligting te kry oor sleutelbegrippe wat deurgaans in hierdie riglyne gebruik word.

Inhoud wat onvanpas is vir kinders en gesinne

Inhoud wat “vir kinders gemaak” is, moet vir ’n gesinsgehoor geskik wees om op YouTube te monetiseer. Dit beteken dit moet aan YouTube se gehaltebeginsels vir kinders en gesinsinhoud en ons programbeleide voldoen.

Beleidbesonderhede

Inhoud wat negatiewe gedrag aanmoedig

Die bevordering van negatiewe gedrag wat kinders negatief kan beïnvloed.

Advertensieriglyne Vraelysopsies en -besonderhede

Hierdie inhoud kan advertensie-inkomste verdien

Inhoud wat positiewe gedrag aanmoedig en nie skadelik vir kinders is nie.

Enkele voorbeelde van inhoud wat in hierdie kategorie val:

  • Opvoedkundige inhoud oor negatiewe gedrag
  • Publiekediensaankondigings (PDA’s) of video’s oor die negatiewe impak van afknouery of vernedering van kinders
  • Wys van gesonde eetgewoontes
  • Video’s oor sport en fiksheid
  • Selfdoen, uitdagings of poetse wat lae risiko inhou en geen ernstige fisieke of emosionele skade aan kinders veroorsaak nie, byvoorbeeld:
    • Selfdoen, demonstrasies of hoe-om-te-video’s byvoorbeeld bak en kosmaak met kookgereedskap wat op veilige, geskikte maniere gebruik word
    • Poetse waarin kinders nie getraumatiseer of fisies leed aangedoen word nie
 
Hierdie inhoud sal geen advertensie-inkomste verdien nie

Inhoud wat ’n impak op kinders kan hê deur negatiewe gedrag soos kullery of afknouery te bevorder, of inhoud wat ernstige fisieke of emosionele skade aan kinders kan veroorsaak.

Enkele voorbeelde van inhoud wat in hierdie kategorie val:

  • Inhoud wat negatiewe gedrag deur kinders aanmoedig of bevorder, of inhoud oor maatskaplike kwessies wat kinders negatief beïnvloed.
    • Oneerlike gedrag, soos kullery in toetse
    • Wys van regte of realistiese gewere in kinderinhoud
    • Vergryping aan kosse met ’n hoë suiker- of vetinhoud
    • Afknouery, teistering of vernedering van kinders
    • Inhoud oor hoe om liggame te verander om maerder, meer gerond of gespierd te lyk, kalorieë te beperk of te verhoog, ens.
    • Selfdoen of uitdagings wat ernstige fisieke of emosionele skade uitbeeld of daartoe kan lei, byvoorbeeld: 
      • Die gebruik van verbode chemikalieë, plofstof, vuurhoutjies vir vulkaanselfdoeninhoud, ens. 
      • Kosinstopuitdagings wat versmoring kan veroorsaak 
      • Aanmoedig om nie-eetbare produkte in te neem
 

Volwasse inhoud wat op kinders gemik is

Temas wat meestal met tiener- of volwasse gehore geassosieer word, soos naaktheid, seks, realistiese geweld, dwelms, alkohol of vloektaal, in die video, miniprent of titel.

Kategorie Beperkte of geen advertensies nie
Inhoud wat voorgehou word asof dit vir kinders geskik is, maar wat volwasse temas bevat.
  • Seks en seksuele insinuasie
  • Geweld, realistiese wapens 
  • Matige, sterk of uitermatige vloektaal
  • Dwelms en alkohol 
  • Ander uitbeeldings van kinders of gewilde kinderkarakters wat onvanpas is vir kinders en gesinne

Skokkende inhoud wat op kinders gemik is

Inhoud wat veilig vir volwassenes is, maar kinders kan skok of bang maak, soos volwasse gruwelkarakters of temas wat jou laat wip van die skrik, soos ontvoering, gruwelflieks, ensovoorts.

Kategorie Beperkte of geen advertensies nie
Inhoud wat voorgehou word asof dit vir kinders en gesinne geskik is, maar wat inhoud bevat wat kinders bang maak of skok.
  • Karakters wat daarop gemik is om kinders bang te maak, soos Momo of volwasse gruwelkarakters 
  • Inhoud wat bloederige of ander grafiese geweld uitbeeld
  • Nie-grafiese inhoud wat kinders kan bang maak, byvoorbeeld ontvoering, gru-tonele, spuitnaalde wat as wapens gebruik word, ens.

Sien ons lys definisies om meer inligting te kry oor sleutelbegrippe wat deurgaans in hierdie riglyne gebruik word.

Tabakverwante inhoud

Inhoud wat tabak en tabakverwante produkte bevorder, is nie geskik vir advertensies nie. Hierdie beleid val onder "Skadelike of gevaarlike optrede" in die selfsertifiseringvraelys in YouTube Studio; maak dus seker dat jy dit ook nagaan vir gedetailleerde riglyne.

Voorbeelde (nieomvattend)
Kategorie Beperkte of geen advertensies nie
Bevorder tabak
  • Sigarette, sigare, pruimtabak
Bevordering van tabakverwante produkte
  • Tabakpype, rolpapier, damprookpenne
Bevordering van produkte wat ontwerp is om die rook van tabak na te boots
  • Kruiesigarette, e-sigarette, damprook

Sien ons lys definisies om meer inligting te kry oor sleutelbegrippe wat deurgaans in hierdie riglyne gebruik word.

Opruiend en vernederend

Inhoud wat oormatig opruiend, opstokend of vernederend is, is moontlik nie vir advertensies geskik nie. Hierdie beleid val onder “Haatlike en neerhalende inhoud” in die selfsertifiseringvraelys in YouTube Studio; maak dus seker dat jy dit ook nagaan vir uitvoerige riglyne .

Voorbeelde (nieomvattend)
Kategorie Beperkte of geen advertensies nie
Inhoud wat opruiend of vernederend is
  • Inhoud wat daarop fokus om ’n individu of groep te beskaam of te beledig
Inhoud wat ’n individu of ’n groep individue teister, intimideer of afknou
  • Inhoud wat iemand uitsonder vir mishandeling of teistering
  • Inhoud wat beweer dat ’n tragiese gebeurtenis nie plaasgevind het nie of dat slagoffers of hulle familielede akteurs is, of inhoud wat help om die gebeurtenis toe te smeer
  • Kwaadwillige persoonlike aanvalle, laster en naamskending

Sien ons lys definisies om meer inligting te kry oor sleutelbegrippe wat deurgaans in hierdie riglyne gebruik word.

Definisies

Ons het ’n tabel met definisies saamgestel om jou te help om die terme wat algemeen en deurgaans in ons riglyne vir adverteerdervriendelike inhoud gebruik word beter te verstaan.

Definisies
Bepalings Definisies
Musiek Dit verwys na enige video wat musiek bevat, soos amptelike musiekvideo’s, kunssnitte, begeleidingmusiek, inleiding- of afsluitingmusiek, reaksies op musiekvideo’s, musiek wat speel tydens danstutoriale, musiek wat bygevoeg of verkry is met YouTube se nutsgoed, of musiek wat in die agtergrond speel. Dit is nie van toepassing op poësie- en gesprokewoorduitvoerings nie.
Opvoedkundig

"Opvoedkundig" verwys na inligting of onderrig oor ’n onderwerp sonder om die gehoor doelbewus verkeerd in te lig. Opvoedkundige inhoud druk ’n opinie op ’n neutrale wyse uit, soos in ’n bespreking oor praktyke vir veilige seks. Die volgende terme hou kontekstueel met mekaar verband:

  • "Dokumentêr" verwys na die herdenking en bewaring van geskiedkundige gebeure deur oorspronklike dokumente aan te haal of feite te beskryf, soos in ’n geskiedenis van Antieke Egipte.
  • "Wetenskaplik" verwys na die bevordering van navorsing deur wetenskaplike eksperimentering en teorie, soos wanneer data oor menslike sielkunde aangebied word.
Artistiek “Artistiek” verwys na kuns wat ten doel het om menslike kreatiwiteit uit te beeld, soos skilderkuns, tekeninge, argitektuur, beeldhouwerk, letterkunde, poësie, musiek, uitvoerende kuns en draaiboekinhoud. ’n Voorbeeld hiervan is ’n video van ’n poësievoorlesing.
Gedramatiseer

"Gedramatiseer" verwys na draaiboekinhoud soos flieks of fiktiewe omgewings, insluitend animasie-inhoud.

Grafies, grafiesheid

"Grafies" of "grafiesheid" verwys na insluitings van eksplisiete of realistiese uitbeeldings soos die volgende:

  • Bloederigheid of oop wonde ná geweldsdade, soos straatgevegte.
  • Geweldsdade teen diere, soos om hulle te skop.
  • Visuele elemente van seksdade, -liggaamsdele en -vloeistowwe.
Realisme

"Realisme" verwys na drie vlakke van hewigheid:

  • "Lae realisme": Wyk baie van die werklikheid af, byvoorbeeld ’n pratende kat.
  • "Matige realisme": Wyk ’n bietjie van die werklikheid af, byvoorbeeld oordrewe grafika wat werklike figure soos mense of geanimeerde karakters in videospeletjies uitbeeld.
  • "Hoë realisme": Werklike situasies wat mense as hoofkarakters uitbeeld, byvoorbeeld ’n straatgeveg.
Eksplisiet, eksplisietheid

"Eksplisiet" of "eksplisietheid" verwys na hoe teenwoordig of sigbaar die skendende onderwerp in die inhoud is. Sommige voorbeelde sluit in:

  • Video wat ’n aborsieprosedure wys of uitbeeld.
  • Oudio of klanke van iemand wat mishandel word.
Implisiet, geïmpliseer

"Implisiet" of "geïmpliseer" verwys na ’n suggestiewe, indirekte teenwoordigheid of sigbaarheid van die skendende onderwerp. Sommige voorbeelde sluit in:

  • Video wat beddens wat skud met kreungeluide wys of uitbeeld om seksdade voor te stel.
  • Video wat wys of uitbeeld hoe voertuie opgeblaas word om ’n sterwensoomblik voor te stel.
Fokus, in fokus

"Fokus" of "in fokus" verwys na wanneer ’n segment of hele video oor ’n spesifieke onderwerp handel en daar herhaalde verwysing na, en fokus op, die onderwerp is. ’n Terloopse verwysing na een van die onderwerpe wat as omstrede of sensitief gelys is, is nie ’n rede vir geen advertensies nie. Byvoorbeeld, om kortliks ’n omstrede of sensitiewe onderwerp te noem (bv. "In volgende week se video gaan ons dalende selfdoodsyfers bespreek.") sal nie as die fokus beskou word nie, maar ’n segment van ’n video wat spesifiek oor só ’n onderwerp praat, sal as die fokus beskou word. Fokus hoef nie verbaal te wees nie. As daar ’n prent of teks is wat op die sensitiewe kwessie fokus, sal dit ook as fokus beskou word. Sommige voorbeelde sluit in:

  • ’n Video wat fokus op hoe om selfleed uit te voer.
  • Inhoud wat net fokus op die gebruik van sterk vloektaal sonder ander konteks of rede.
Vlietend

"Vlietend" verwys na oomblikke wat nie die fokus van die inhoud is nie (nie in fokus nie) en sluit terloopse verwysings na onderwerpe in wat as omstrede of sensitief gelys is. Byvoorbeeld, om kortliks ’n omstrede of sensitiewe onderwerp te erken (bv. “In volgende week se video sal ons dalende selfdoodsyfers bespreek.”) sal nie as die fokus beskou word nie, maar eerder as vlietend.

Sensasioneel

Verwys na ’n manier wat ten doel het om nuuskierigheid of breë belangstelling te prikkel, veral deur die insluiting van oordrewe, grafiese of sensitiewe besonderhede.

  • “Sensasionele etery”, soos om diere of dieredele wat nog lewend is of steeds sigbaar beweeg, te eet.
  • “Sensasionele voorbereiding of etery” waar voorbereiding of etery teatraal word, soos wanneer dit deel van “mukbang” of ’n ASMR-vertoning is.
  • “Sensasionele uitbeelding van omstrede kwessies” waar sensitiewe onderwerpe, soos afknouery, die kerntema van vermaak word, veral deur negatiewe interaksies tussen karakters.

Alle video’s wat op YouTube gelaai word moet aan YouTube se diensbepalings en gemeenskapsriglyne voldoen. Jy moet aan die YouTube-monetiseringbeleide en -programbeleide voldoen om met advertensies te monetiseer.

Ons kan die reg voorbehou om advertensies op jou hele kanaal te deaktiveer in situasies waar die meeste van jou inhoud nie vir enige adverteerders geskik is nie of waar daar herhalende, ernstige oortredings is (bv., die oplaai van inhoud wat opruiend, afbrekend of haatlik is).

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
18068751653194621924
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false