Naamskending

Naamskendingwette verskil van land tot land, maar het gewoonlik betrekking op inhoud wat die reputasie van 'n ander persoon of besigheid skaad. Alhoewel die definisie van naamskending regoor die wêreld verskil, is naamskending oor die algemeen enige onware stelling wat skadelik is vir iemand se reputasie of veroorsaak dat iemand vermy word.

Ons neem plaaslike regsoorwegings in ag in ons proses om naamskending te blokkeer, en in sommige gevalle vereis ons 'n hofbevel. Vir ons om 'n versoek om naamskending te blokkeer te kan verwerk, moet die eis spesifiek wees en sterk ondersteun word. Dit moet byvoorbeeld verduidelik hoekom jy glo die stellings is onwaar en hoe dit jou reputasie skade kan aandoen.

In sommige gevalle verwyder oplaaiers skadelike inhoud gewillig. Omdat die verkryging van 'n hofbevel duur en tydrowend kan wees, moedig ons gebruikers aan om die oplaaiers van die betrokke inhoud direk te kontak.

As jy nie die oplaaier kan bereik nie, oorweeg dan of die video voldoen aan die standaarde vir verwydering ingevolge ons privaatheids- of teistering-beleid.

As jy probeer het om die oplaaier te kontak en jy voel dat 'n naamskending-eis meer gepas is as 'n privaatheids- of teisteringklag, kan jy jou land van dispuut uit die aftreklys hier onder kies en die aanwysings volg. 

Omdat ons nie in 'n posisie is om die waarheid van plasings te beoordeel nie, verwyder ons nie videoplasings weens bewerings van laster nie. In ooreenstemming met Artikel 230(c) van die wet op kommunikasie-ordentlikheid, beveel ons aan dat jy enige eise wat jy mag hê direk teen die persoon wat die inhoud geplaas het, voer. Neem kennis dat, indien jy besluit om met regsaksie teen die inhoudskepper voort te gaan, ons dalk gewillig sal wees om 'n bevel na te kom wat vereis dat die inhoudskepper die betrokke plasing moet verwyder.

As daar 'n hofbevel is wat inhoud behels wat na www.youtube.com geplaas is, kan jy dit per pos aanstuur na die volgende adres: YouTube, Inc., Attn Legal Support, 901 Cherry Ave., Second Floor, San Bruno, CA 94066.

Anders kan jy die oplaaier kontak.

As jy 'n bekommernis het wat verband hou met kopiereg, kan jy onsKopieregsentrum besoek. As jy 'n bykomende bekommernis het wat verband hou met YouTube-beleidskendings, besoek ons Aangeesentrum.

 

As jy nie jou land in die aftreklys hier bo kan vind nie

YouTube.com word deur VSA-wetgewing beheer.

Omdat ons nie in 'n posisie is om die waarheid van plasings te beoordeel nie, verwyder ons nie videoplasings weens bewerings van naamskending nie. In ooreenstemming met Artikel 230(c) van die wet op kommunikasie-ordentlikheid, beveel ons aan dat jy enige eise wat jy mag hê direk teen die persoon wat die inhoud geplaas het, voer. Neem kennis dat, indien jy besluit om met regsaksie teen die inhoudskepper voort te gaan, ons dalk gewillig sal wees om 'n bevel na te kom wat vereis dat die inhoudskepper die betrokke plasing moet verwyder.

As daar 'n hofbevel is wat inhoud behels wat na www.youtube.com geplaas is, kan jy dit per pos aanstuur na die volgende adres: YouTube, Inc., Attn Legal Support, 901 Cherry Ave., Second Floor, San Bruno, CA 94066.

Anders kan jy dalkdie oplaaier kontak.

As jy 'n bekommernis het wat verband hou met kopiereg, kan jy onsKopieregsentrum besoek. As jy 'n bykomende bekommernis het wat verband hou met YouTube-beleidskendings, kan jy ons Aangeesentrum besoek.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
5508052961734139170
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false