Die huidige YouTube-app sal nie werk op sekere toestelmodelle nie, en ouer weergawes van die YouTube-app sal nie werk nie.
Slim-TV's en speletjiekonsoles
Jy kan hier kyk of slim-TV’s en speletjiekonsoles met die YouTube-app versoenbaar is.
Mobiele toestelle
Dateer Android-appweergawes op
As jy die volgende boodskap kry, beteken dit dat die weergawe wat jy tans gebruik nie meer gesteun word nie. Jy sal moet opdateer om toegang tot die YouTube-app te kry. Besoek die Google Play Winkel om na die jongste weergawe van die YouTube Android-app op te dateer.
As jy wil aanhou om YouTube te gebruik sonder om die app op te dateer, moet jy na m.youtube.com in jou mobiele blaaier gaan.
Probleme met opdatering
As jy nie jou app kan opdateer nie, sal jou weergawe van Android-bedryfstelsel nie meer die nuwer weergawe van die YouTube-app steun nie. Dateer na die jongste Android-bedryfstelsel op om die jongste weergawe van die YouTube-app te kry.
Jy kan aanhou om die YouTube-app te gebruik sonder om jou bedryfstelsel op te dateer, maar ouer weergawes van die YouTube-app sal uiteindelik nie ondersteun word nie. Jy kan altyd m.youtube.com in jou mobiele blaaier besoek om YouTube te kyk.
YouTube is op sekere toestelle nie meer beskikbaar nie
Boodskap: YouTube is nie meer beskikbaar nie, want hierdie toestel voldoen nie aan die jongste vereistes nie.
Ons dateer ons sekuriteitstandaarde van tyd tot tyd op om gebruikerinligting veilig te hou. Daarom skakel ons ons dienste af op toestelle wat nie meer met daardie standaarde byhou nie. As jou TV ’n webblaaier het, kan dit moontlik wees om YouTube steeds deur youtube.com te gebruik.
In sommige gevalle kan jy jou toestel se fermware opdateer om toegang tot die YouTube-app terug te stel. Kom met jou toestelvervaardiger in aanraking as jy nie seker is hoe om jou fermware op te dateer nie.