Bestuur YouTube-kennisgewings

YouTube-kennisgewings lig jou in wanneer daar nuwe video’s en opdaterings deur jou gunstelingkanale en ander inhoud is. Ons sal vir jou kennisgewings stuur vir kanale waarop jy ingeteken is en dalk ook vir dinge waarin jy belangstel. Gebruik die instruksies hier onder om jou kennisgewings te verander of heeltemal af te skakel.

Teken in op die YouTube Viewers-kanaal vir die jongste nuus, opdaterings en wenke.
Let wel: Kennisgewinginstellings kan effens verskil volgens toestel en nie elke nuwe oplaai sal tot ’n kennisgewing aan kykers lei nie.

Verskil tussen kennisgewings en intekeninge-stroom

Intekeninge-stroom, wat op mobiele toestelle én rekenaars beskikbaar is, sal enige video’s wys wat onlangs van jou intekeninge af opgelaai is.

Kennisgewings kan vir jou sê wanneer daar nuwe video’s is, opdaterings van jou intekeninge af deel, en jou ook vertel van inhoud waarvan jy dalk sal hou. Ons sal e-posse, gepersonaliseerde kennisgewings op mobiele toestelle, of inkassie-kennisgewings op jou rekenaar of mobiele toestel stuur. Wanneer jy by ’n kanaal inteken, sal jy outomaties gepersonaliseerde kennisgewings met hoogtepunte van aktiwiteit kry.

Inkassie-kennisgewings word volgens tyd rangskik, met nuwer kennisgewings boaan. Sommige kennisgewings sal dalk bo nuwer kennisgewings uitgestal word in die “Belangrik”-afdeling, wat kennisgewings uitstal wat ons dink die relevantste sal wees vir jou. Voorbeelde van belangrike kennisgewings kan ’n antwoord op jou opmerking of wanneer mense jou video’s deel, insluit.

Tik op die Kennisgewingklokkie  om alle kennisgewings van ’n kanaal waarop jy ingeteken is, te kry. Die klokkie sal dan na 'n luiende klokkie verander  om te wys dat jy alle kennisgewings gekies het.

Jy sal nie kennisgewings kry as 'n kanaal se gehoor as vir kinders gemaak gestel is nie. Die kennisgewingklokkie sal ook na "geen kennisgewings" gestel word . Jy kan nie hierdie instelling verander nie.

Wat die kennisgewingklokkies vir kanaalintekeninge beteken

 Gepersonaliseerde kennisgewings (verstek)
 Geen kennisgewings nie
 Alle kennisgewings

As jy inteken op ’n video of kanaal wat as Vir Kinders Gemaak gestel is, sal jou klokkieinstelling op geen kennisgewings gestel word nie , en sal dit grys wees

Voordat jy begin: Maak seker dat jy by die regte rekening aangemeld is. Jy kan jou YouTube-rekeninginstellings hier kry:

  1. Meld aan by YouTube.
  2. Tik boaan jou skerm op jou profielfoto.
  3. Klik Instellings.
  4. Klik Kennisgewings.

Kry opdaterings van spesifieke kanale af

Wanneer jy op ’n kanaal inteken, sal jy outomaties kennisgewings met hoogtepunte van die aktiwiteit daarvan kry, en alle nuwe video’s sal in jou Intekeninge-stroom wees. Jy kan jou kennisgewinginstellings verander om jou in te lig elke keer wanneer ’n kanaal inhoud publiseer, of hulle heeltemal afskakel. 

Kry opdaterings van ’n kanaal af wanneer jy daarop inteken:

  1. Gaan na die kanaalbladsy of kykbladsy toe.
  2. Klik Teken in as jy nie ingeteken is nie. Jy sal outomaties gepersonaliseerde kennisgewings kry wanneer jy op ’n kanaal ingeteken is.
  3. Klik die kennisgewingklokkie  om te wissel tussen om “Alle kennisgewings” te kry en om “Gepersonaliseerde kennisgewings” te kry.
    • Alle kennisgewings – Jy sal kennisgewings oor enige langformaatoplaaie en regstreekse strome kry. Jy kan ook gepersonaliseerde kennisgewings oor Kortvideo’s op grond van jou intekeninge en kykgeskiedenis kry.
    • Gepersonaliseerde kennisgewings – Jy sal kennisgewings oor sommige oplaaie, Kortvideo’s en regstreekse strome kry. Die definisie van “gepersonaliseerd” verskil tussen gebruikers. YouTube gebruik verskeie tekens om te besluit wanneer om vir jou kennisgewings te stuur. Hierdie inligting sluit in jou kykgeskiedenis, hoe gereeld jy sekere kanale kyk, hoe gewild sekere video’s is, en hoe gereeld jy kennisgewings oopmaak.

As jy by 'n kanaal uitteken en dan weer inteken, sal jou kennisgewinginstellings na gepersonaliseer of geen kennisgewings teruggestel word. As jy 'n kennisgewing vir elke oplaaisel wil kry, moet jy seker maak dat jy alle kennisgewings aanskakel.

Kyk na jou kennisgewings

Jy kan nou op jou rekenaar kennisgewings kry en na hulle kyk.
  1. Maak YouTube in enige blaaier oop. 
  2. Klik die kennisgewingklokkie  boaan die bladsy om na kennisgewings te kyk.
  3. Kies die kennisgewing waarin jy belangstel om die video of opmerking te bekyk. 
Jy kan jou kennisgewings ook deur jou rekenaarinkassie bestuur.
  1. Klik Meer '' langs die kennisgewing.
  2. Klik Versteek hierdie kennisgewingSkakel alles vanaf <kanaalnaam> af, of Skakel alle [soort kennisgewing]-kennisgewings af.

Kies die soort kennisgewings wat jy wil hê

Jy kan beheer watter soort kennisgewings jy van YouTube af kry en hoe jy hulle kry.

  1. Meld aan by YouTube.
  2. Gaan na jou kennisgewinginstellings.
  3. Kies die kennisgewings wat jy wil hê onder die verskillende afdelings op die bladsy:
    • Intekeninge: Lig jou in oor aktiwiteit deur die kanale waarop jy ingeteken is.
    • Aanbeveelde video’s: Lig jou in oor video’s waarvan jy dalk sal hou op grond van wat jy kyk. Die video’s is nie deur kanale waarop jy ingeteken is nie.
    • Aktiwiteit op my kanaal: Lig jou in oor opmerkings en ander aktiwiteit op jou kanaal of video’s.
    • Aktiwiteit op my opmerkings: Lig jou in wanneer jou opmerkings opduime, vasspelde of <3’s kry.
    • Antwoorde op my opmerkings: Kry kennisgewings wanneer iemand op jou opmerkings antwoord.
    • Meldings: Lig jou in wanneer ander mense jou kanaal noem.
    • Gedeelde inhoud: Lig jou soms in wanneer jou inhoud op ander kanale gedeel word.
  4. Kies onder “E-poskennisgewings” watter soorte e-poskennisgewings jy wil kry.

 

Verskil tussen kennisgewings en Intekeninge-stroom

Intekeninge-stroom, wat op mobiele toestelle én rekenaars beskikbaar is, sal enige video’s wys wat onlangs van jou intekeninge af opgelaai is.

Kennisgewings kan vir jou sê wanneer daar nuwe video’s is, opdaterings van jou intekeninge af deel, en jou ook vertel van inhoud waarvan jy dalk sal hou. Ons sal e-posse, gepersonaliseerde kennisgewings op mobiele toestelle, of inkassie-kennisgewings op jou rekenaar of mobiele toestel stuur. Wanneer jy by ’n kanaal inteken, sal jy outomaties gepersonaliseerde kennisgewings met hoogtepunte van aktiwiteit kry.

Inkassie-kennisgewings word volgens tyd rangskik, met nuwer kennisgewings boaan. Sommige kennisgewings sal dalk bo nuwer kennisgewings uitgestal word in die “Belangrik”-afdeling, wat kennisgewings uitstal wat ons dink die relevantste sal wees vir jou. Voorbeelde van belangrike kennisgewings kan ’n antwoord op jou opmerking of wanneer mense jou video’s deel, insluit.

Tik op die Kennisgewingklokkie  om alle kennisgewings van ’n kanaal waarop jy ingeteken is, te kry. Die klokkie sal dan na 'n luiende klokkie verander  om te wys dat jy alle kennisgewings gekies het.

Jy sal nie kennisgewings kry as 'n kanaal se gehoor as vir kinders gemaak gestel is nie. Die kennisgewingklokkie sal ook na "geen kennisgewings" gestel word . Jy kan nie hierdie instelling verander nie.

Kanaaleienaarkennisgewings

Hoe om videovlakinstellings vir videokennisgewings vir intekenaars te verander:
  1. Gaan na YouTube Studio en dan Inhoud  en dan Video’s.
  2. Kies die ongelyste video en dan Besonderhede en dan WYS MEER.
  3. Rollees af na Lisensie.
  4. Kies of verwyder Publiseer na Intekeninge-stroom en stel intekenaars in kennis vir daardie spesifieke video.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
14385459001661885109
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false