Koppel jou handelsmerkinhoud aan ’n adverteerder

Indien jy met ’n adverteerder saamgewerk het in ’n handelsmerkinhoudveldtog, kan die adverteerder nou ’n versoek stuur om die inhoud vanaf die veldtog aan hulle Google Advertensies-rekening te koppel. As jy hul versoek aanvaar, kan adverteerders die inhoud se prestasiemaatstawwe in Google Advertensies bekyk. YouTube sal ook die adverteerder (en enige entiteite wat aan die adverteerderder se Google Advertensies-rekening gekoppel is) toelaat om advertensies vir kykers van jou YouTube-video te teiken, soos deur Google se advertensieplatforms toegelaat word.

As jy jou handelsmerkinhoud aan jou adverteerder koppel, kan dit jou help om:

  • Vennootskappe met handelsmerke te bestuur
  • Organiese videomaatstawwe te deel
  • ’n Beter kans te hê dat adverteerders jou inhoud sal bevorder

Die meeste verbindingversoeke sal van adverteerders af kom met wie jy in die verlede saamgewerk het, maar jy kan dalk versoeke vanaf handelsmerke met wie jy nog nie saamgewerk het nie kry. Dis geheel en al jou keuse of jy ’n adverteerder se verbindingversoek wil aanvaar – of jy al met hulle saamgewerk het of nie. Jy moet altyd doen wat die beste is vir jou kanaal.

Onthou, as jy ’n adverteerder se versoek aanvaar, moet jy vir hulle voldoende regte gee sodat hulle jou video in hul reklame kan gebruik, én dat YouTube nie by dié ooreenkoms betrokke is nie. Maak seker jy verstaan die bepalings van enige ooreenkoms wat jy met ’n adverteerder onderteken.

Aanvaar die verbindingversoek

Ons sal jou per e-pos en met kennisgewings in YouTube en YouTube Studio inlig indien ’n adverteerder jou inhoud aan hul Google Advertensies-rekening wil koppel. Jy kan versoeke nagaan en daarop antwoord in YouTube Studio, die mobiele YouTube Studio-app, en in die mobiele YouTube-app.

As jy die skakel in jou e-pos kies, sal jy direk na die “Handelsmerkverbindingversoek”-bladsy geneem word waar jy jou video kan koppel of die versoek kan afwys.

Jy kan ook versoeke nagaan en daarop antwoord in YouTube Studio:

  1. Gaan op ’n rekenaar na YouTube Studio.
  2. Klik Inhoud op die linkerkieslys.
  3. Kry die relevante video en klik Besonderhede langs die video se miniprent.
  4. Klik GAAN VERBINDINGVERSOEK NA in die “Handelsmerkkoppeling”-afdeling langs die adverteerder.
  5. Kies of jy jou video wil koppel of die versoek wil afwys.

Ontkoppel jou inhoud

Jy of die adverteerder kan enige tyd ’n gekoppelde video ontkoppel. Navigeer na die “Handelsmerkverbindig”-afdeling vir jou video en kies ONTKOPPEL  langs die adverteerder.

Gereelde vrae

Hoe lank hou verbindingversoeke?

Hoewel verbindingversoeke nie ná ’n sekere tyd verval nie, kan die adverteerder ’n hangende verbindingversoek herroep. Jy kan ook enige tyd die video ontkoppel. Indien jy jou inhoud ontkoppel, ontneem jy adverteerders van die volgende:
  • Toegang tot die inhoud se prestasiemaatstawwe
  • Vermoë om advertensies vir kykers van die gekoppelde inhoud te teiken
Hierbenewens sal die verbindingversoek verval as die video wat versoek is uitgevee word of as privaat gemerk word.

Moet ek my handelsmerkinhoud aan ’n adverteerder se Google Advertensies-rekening koppel as hulle reeds my video’s in hul reklame gebruik?

Daar word nie van adverteerders vereis om hul rekening aan jou inhoud te koppel om advertensies te laat loop nie, maar ons beveel aan dat jy jou handelsmerkinhoud aan hul rekening koppel. As jy jou inhoud koppel, kan jy jou handelsmerkvennootskappe doeltreffender bestuur. Dit maak dit ook vir die adverteerder moontlik om die video se organiese prestasie te bekyk. Daarby kan jy toegang tot jou kanaal se inhoud beperk deur slegs ’n individuele video te koppel.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
12697548378796647141
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false