Kry toegang tot jou Analytics-data om die prestasie van jou inhoud te meet met die nuttigste nutsgoed vir skeppers en inhoudeienaars. Vind uit hoe jy data kan gebruik om prestasie op YouTube te meet met Ananlytics.
Kry toegang tot jou Analytics-data
Let wel: As jy verskeie rekeninge het, moet jy seker maak dat jy aangemeld is by die rekening wat jy wil bestuur.
- Meld aan by YouTube Studio.
- Klik Analytics op die linkerkieslys.
Data vir skeppers
- YouTube Analytics: Jy kan YouTube Analytics as ’n skepper gebruik om jou video- en kanaalprestasie beter te verstaan met belangrike maatstawwe en verslae. Meer inligting.
- YouTube Analytics vir Kunstenaars: Jy kan YouTube Analytics vir Kunstenaars gebruik om Analytics-data te bekyk wat spesifiek vir jou musiekinhoud ontwerp is. Meer inligting.
Data vir inhoudeienaars
- YouTube Analytics vir Studio Inhoudbestuurder: Jy kan die prestasie monitor van jou video’s, kanale en komponente wat die maatstawwe en kenmerke uitlig wat die nuttigste is vir YouTube Studio Inhoudbestuurders. Meer inligting.
- YouTube se aflaaibare verslae: Jy kan verslae aflaai oor die prestasie van jou inhoud en meer. Meer inligting.
YouTube Analytics API’s
YouTube Analytics API en YouTube Reporting API verskaf toegang tot YouTube Analytics-data. Verstaan die ooreenkomste en verskille om die regte API vir jou app te kies. Meer inligting.
- YouTube Analytics API: Die YouTube Analytics API steun intydse geteikende navrae om gepasmaakte YouTube Analytics-verslae te genereer. Meer inligting.
- YouTube Reporting API: Die YouTube Reporting API gaan haal grootmaatverslae wat YouTube Analytics-data vir ’n kanaal of inhoudeienaar bevat. Meer inligting.