Inligting oor aanlyn veiligheid – Singapoer

YouTube is ’n plek waarheen mense kom om hul stories te deel, opinies uit te druk en interaksie met mekaar te hê. Ons wil seker maak dat skeppers en kykers veilig voel om dit te doen. Terwyl die meeste van YouTube se skeppers en kykers wil deel en leer en met mekaar in verbinding wil kom, weet ons dat daar gevalle van misbruik of selfs teistering is. Kom meer te wete oor die beleide en nutsgoed wat in plek is om jou op YouTube te beskerm. 

Skeppers en gebruikers het ook ’n verantwoordelikheid om YouTube ’n veilige en gesonde platform te hou. Kom meer te wete oor hoe ons skeppers en gebruikers aanspreeklik hou vir die handhawing van hierdie standaarde

Gaan kyk na ons volledige lys gemeenskapsriglyne om meer te wete te kom oor YouTube se beleide.

Beleide oor haat en teistering 

YouTube het spesifieke beleide om te help om teen haat en teistering te beskerm.

  • Haatspraak: Hierdie beleid beskerm spesifieke groepe en lede van daardie groepe. Ons beskou inhoud as haatspraak wanneer dit .haat of geweld teen groepe aanmoedig op grond van beskermde kenmerke soos ouderdom, geslag, ras, stand, geloof, seksuele oriëntasie of oudsoldaatstatus. Kom meer te wete oor ons haatspraakbeleid.
  • Teistering: Hierdie beleid beskerm spesifieke individue. Ons beskou inhoud as teistering wanneer dit ’n individu met verlengde en kwaadwillige beledigings teiken, op grond van intrinsieke kenmerke, insluitend hul beskermde groepstatus of fisiese kenmerke. Dit sluit ook skadelike gedrag soos dreigemente, afknouery, nasnuffeling (doxxing) en aanmoediging van beledigende aanhangergedrag in. Kom meer te wete oor ons teisteringbeleid.

Sensitiewe inhoud 

Ons hoop om kykers, skeppers en veral minderjariges te beskerm. Dis waarom ons reëls het omtrent kinders se veiligheid, seks en naaktheid, en selfleed. Vind uit wat op YouTube toegelaat word en wat om te doen as jy inhoud sien wat nie hierdie beleide volg nie.

Ondersteuninghulpbron vir selfdood en selfleed

Hier onder is ’n organisasie wat daartoe verbind is om mense in Singapoer wat nood ly te help. Hierdie organisasie is ’n erkende krisisdiens. 

Samaritans of Singapore

1800-221-4444

Gewelddadige of gevaarlike inhoud

Haatspraak, predatoriese gedrag, grafiese geweld, kwaadwillige aanvalle en inhoud wat skadelike of gevaarlike gedrag bevorder, word nie op YouTube toegelaat nie.

Gereguleerde goedere

Gee inhoud wat oortree aan

Vind uit hoe om onvanpaste video’s, kanale en ander inhoud op YouTube aan te gee as jy inhoud vind wat bogenoemde beleide oortree.

As jy onwettige inhoud vind, kan jy uitvind hoe om ’n regsklag in te dien of hoe om dit direk aan te gee.

Ouerkontroles

As jy ’n ouer is, kan jy meer inligting kry oor ouerkontroles en -instellings vir YouTube Kids-profiele en rekeninge onder toesig.

Skepperveiligheidsentrum

Besoek die Skepperveiligheidsentrum as jy ’n skepper is wat op soek is na meer wenke en video’s wat jou kan help om veiliger op YouTube te voel.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
420135777130072872
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false