Gereelde vrae oor Skeppertoekennings

Ons het ’n paar gereelde vrae saamgestel om te help om vrae te beantwoord en kwessies rondom YouTube-skeppertoekennings te foutspoor.

 YouTube-skeppertoekennings

Probeer jy kyk of jy ’n YouTube-skeppertoekenning kan kry? Kyk of jou kanaal kwalifiseer en kry jou toekenninggebruikskode as jy:
 

Ek het een van die intekenaarmylpale bereik. Hoekom het ek nie ’n kennisgewing oor my Skeppertoekenning ontvang nie?

Voordat ’n toekenning uitgereik kan word, sal ons jou kanaal nagaan om te verseker dat dit aan al die geskiktheidskriteria voldoen. As jy in die afgelope week ’n intekenaarmylpaal bereik het, word jou kanaal se geskiktheid vir ’n Skeppertoekenning waarskynlik nog nagegaan aangesien ons kontrolering tot 10 dae kan neem.

Ons sal jou per e-pos kontak sodra jy jou Skeppertoekenning kan begin gebruik. Jy kan ook daardie kennisgewing as ’n banier in YouTube Studio kry.

Ek het ’n kennisgewing gekry, maar ek kan nie die gebruikskode vind nie. Waar kan ek dit kry?

As jy ’n kennisgewing in YouTube Studio gekry het, maar nie die kode kan kry nie (of dit per ongeluk toegemaak het), volg die porboodskappe op ons interaktiewe geskiktheidskontrole om jou toekenninggebruikskode te kry. Sodra jy jou gebruikskode het, gaan na die Skeppertoekenningsgebruikswebwerf om dit in te voer en jou toekenning te gebruik.

Ek het my Skeppertoekenning gebruik, maar wanneer sal dit afgelewer word?

Nadat jy jou Skeppertoekenning gebruik het, sal jy outomaties ’n e-pos ontvang wat die bestelling bevestig. Oor ongeveer twee weke behoort jy ’n e-pos van die koerier te ontvang wat versending bevestig sodra jou toekenning verskeep is. Verwys na jou versendingbevestiging-e-pos om die status en afleweringdatum van jou toekenning te bevestig. Kyk ook in jou strooiposvouer as jy aanvanklik nie jou bestelling- of versendingbevestiging kan kry nie.

Vir kodes wat ná 1 Junie 2023 gebruik is, kan jy die status van jou bestelling hier naspoor.

Onthou om die afleweringsmaatskappy te antwoord wat jou vir meer dokumentasie of inligting kontak. Dit kan help dat jou toekenning deur doeane beweeg of aan jou afgelewer word.

Algemene kwessies sluit in:

  • Daar kan as gevolg van hoër-as-verwagte gebruiksvolumes vertragings in die vervullingsproses wees.
  • Jy het dalk nie volledige of korrekte afleweringsinligting gegee om aflewering toe te laat nie. Soek ’n e-pos van Society Awards as dit die geval is.
  • Daar kan vertragings in die versendingproses wees as gevolg van kwessies soos doeane-uitklarings, slegte weer of hoë vakansievolume.

Ek het my Skeppertoekenning gebruik, maar ek het dit nog nie gekry nie.

Probeer die volgende as jou Skeppertoekenning nog nie afgelewer is nie:

  • Gebruik die nasporingnommer wat in jou versendingbevestiging-e-pos aan jou gestuur is om die versendingstatus na te gaan en voltooi al die verlangde dokumentasie.
  • As jou kode ná 1 Junie 2023 gebruik is, kan jy hier die status van jou bestelling nagaan en jou nasporingnommer ophaal.
  • Kontak die afleweringdiens om te sien of enige verdere inligting of dokumente van jou verlang word.

Ek het reeds ’n Skeppertoekenning. Kan ek nog koop?

Alhoewel slegs een komplimentêre toekenning per kanaal per mylpaal gegee word, kan jy of jou span meer toekennings koop. Kontak die Society Awards hier met die e-posadres wat met jou YouTube-kanaal geassosieer word om toekennings te koop. Jou kanaal en toekenningvlak sal dalk weer nagegaan word voordat nog toekennings gekoop kan word.

Kan ek my toekenning vir wins verkoop of opveil?

Nee. Skeppertoekennings is slegs vir persoonlike gebruik, en dit mag nie aan enigiemand buiten jou kanaalspanlede verkoop of versprei word nie. Skeppers wat hierdie beleid oortree, kan onderworpe wees aan dissiplinêre stappe.

Dissiplinêre aksies kan die volgende insluit:

  • Verbeuring van die toekenning
  • Dekwalifikasie vir toekomstige toekennings
  • Moontlike beëindiging van jou YouTube- of Google-rekening

My Skeppertoekenning het opgedaag, maar dit is beskadig. Kan jy jul vervang?

Skeppertoekennings is handgemaak en kan daarom klein onvolmaakthede en teenstrydighede bevat wat die normale gevolg van die vervaardigingsproses is. YouTube is nie verantwoordelik vir hierdie geringe foute nie, en ook nie vir toekennings wat geringe skade kry tydens die versendingproses nie.

As jou toekenning beduidende skade het wanneer jy dit ontvang, kan jy ons produksiespan hier kontak binne 7 dae nadat jy die toekenning ontvang het. Hulle sal probeer om dit te vervang nadat jy jou beskadigde toekenning terugeggestuur het.

Hoekom word ek gevra om doeaneregte en/of belasting te betaal?

Sekere lande/streke vereis dat doeaneregte en/of belasting betaal word vir ’n Skeppertoekenning om afgelewer te word. YouTube kan volgens wet nie hierdie kostes dek nie. Dit sluit in:

  • Armenië
  • Azerbeidjan
  • Belarus
  • Kirgistan
  • Moldowa
  • Rusland
  • Oekraïne
  • Oesbekistan 

Ek is ’n kunstenaar met ’n Amptelike Kunstenaarkanaal. Kwalifiseer ek vir ’n Skeppertoekenning?

As ’n Amptelike Kunstenaarkanaal (AKK) sal jy ’n Skeppertoekenning ontvang wanneer jy ’n intekenaarmylpaal bereik en aan die geskiktheidsvereistes voldoen wat boaan hierdie bladsy uiteengesit word. Slegs een komplimentêre toekenning word per kunstenaar en per mylpaal gegee.

As jy voorheen ’n verwante outogegenereerde onderwerpkanaal of vennootverskafte kanaal gehad het wat ’n toekenning ontvang het, sal jy nie weer daardie toekenning ontvang wanneer jou intekenaartellings met jou AKK saamgevoeg word nie.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
13428440469837931719
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false