Beste praktyke vir kinder- en gesinsinhoud

Ons glo hier by YouTube dat kinders nuwe belangstellings kan ontdek, kan leer, en kan voel dat hulle inpas wanneer hulle die wêreld deur aanlyn video’s verken. Ons werk daaraan om skeppers te help verstaan hoe hulle verrykende, boeiende en inspirerende video’s vir kinders en gesinne kan maak.

Beste praktyke vir kinder- en gesinsinhoud (beginsels vir hoë en lae gehalte)

Ons het as deel van hierdie voortgesette werk die onderstaande stel gehaltebeginsels as riglyn vir YouTube se kinder- en gesinskeppers ontwikkel. Hierdie beginsels is in samewerking met kinderontwikkelingspesialiste ontwikkel, en is op omvattende navorsing gegrond.

Die lys hieronder is bedoel om vir jou ’n beter idee te gee van wat as inhoud van lae of hoë gehalte beskou kan word, en is nie omvattend nie. Hierdie beginsels vul ons gemeenskapsriglyne aan, wat help om ’n veilige kykervaring vir almal te skep. Dit is op sowel lang video’s as YouTube Kortvideo’s van toepassing.

Om meer te wete te kom oor die beste praktyke vir die skepping van YouTube Kortvideo’s wat vir kinders gemaak is, Kyk na hierdie gids.

Dit is jou verantwoordelikheid om aan ons gemeenskapsriglyne te voldoen met alle inhoud wat jy skep. Ons sal voortdurend die beginsels op hierdie bladsy herevalueer en opdateer.

Let wel: Lees meer oor ons inhoudbeleide oor YouTube Kids-video’s.

Beginsels oor inhoud van hoë gehalte

Hoëgehalte-inhoud moet ouderdomtoepaslik, verrykend, boeiend en inspirerend wees. Hierdie inhoud kan in verskillende formate wees en ’n reeks onderwerpe dek, maar dit moet die volgende bevorder:

  • Om ’n goeie mens te wees: Hierdie inhoud demonstreer of moedig respek, goeie gedrag en gesonde gewoontes aan. Voorbeelde sluit in inhoud oor hoe om mededeelsaam en ’n goeie vriend te wees. Video’s kan ook oor tandeborsel gaan, of kinders aanmoedig om groente te eet.
  • Leer en vuur nuuskierigheid aan: Hierdie inhoud bevorder kritiese denke, bespreking van samehangende idees en verkenning van die wêreld. Inhoud moet ouderdomtoepaslik en vir ’n jong gehoor ontwerp wees. Dit kan ook sowel tradisionele as nietradisionele opvoeding insluit (byvoorbeeld akademie, informele opvoeding, belangstellinggebaseerde verkenning en tutoriale).
  • Kreatiwiteit, speel en ’n verbeeldingsin: Hierdie inhoud is diepsinnig of verbeeldingryk. Dit kan kinders ook aanmoedig om op ’n betekenisvolle en nuwe manier te skep, te maak, en by iets betrokke te wees. Voorbeelde sluit in die skepping van verbeeldingwêrelde, storievertelling, sokkertoertjies, saamsing en kreatiewe aktiwiteite, soos kuns en kunsvlyt.
  • Interaksie met werklikekwessies: Hierdie inhoud sluit lewenslesse en sterk karakters in, of moedig die ontwikkeling van sosiaal-emosionele vaardighede, probleemoplossing en onafhanklike denke aan. Dit sluit dikwels ’n volledige storielyn (soos karakterontwikkeling, intrige en ontknoping) in, en daar is ’n duidelike les om te onthou.
  • Diversiteit, gelykheid en insluiting: Hierdie inhoud vier verteenwoordiging en deelname van uiteenlopende perspektiewe en mensegroepe en moedig dit aan. Dit wys ’n reeks ouderdomme, geslagte, rasse, gelowe en seksuele oriëntasies. Dit doen ook voorspraak vir die gelyke behandeling van daardie verskille. Voorbeelde sluit inhoud in wat die voordele van diversiteit en insluiting bespreek, of wat stories of karakters uitbeeld waardeur hierdie temas gedemonstreer word.

Beginsels oor inhoud van lae gehalte

Moenie laegehalte-inhoud maak nie. Laegehalte-inhoud is:

  • Hoogs kommersieel of bemarkinggerig: Inhoud wat hoofsaaklik ingestel is op die koop van produkte of om handelsmerke en logo’s (soos speelgoed en kos) te bemark. Dit sluit ook inhoud in wat op uitermatige verbruikersdruk ingestel is.
  • Aanmoediging van negatiewe gedrag of houdings: Inhoud wat gevaarlike aktiwiteite, vermorsing, afknouery, oneerlikheid of ’n gebrek aan respek vir ander mense aanmoedig. Hierdie inhoud kan byvoorbeeld gevaarlike of onveilige poetse of ongesonde eetgewoontes insluit.
  • Misleidend opvoedkundig: Inhoud wat in die titel of miniprent beweer dat dit opvoedkundige waarde het, maar eintlik ’n gebrek aan leiding of verduideliking bevat, of nie vir kinders relevant is nie. Byvoorbeeld, titels of miniprente wat belowe om kykers te help om “kleure te leer” of “nommers te leer”, maar pleks daarvan wys die video onakkurate inligting.
  • Verhinder begrip: Inhoud wat ondeurdag is, ’n gebrek aan ’n samehangende storielyn het, of onverstaanbaar is, soos as die oudio onhoorbaar is. Hierdie soort video is dikwels die gevolg van massaproduksie of outogenerering.
  • Sensasioneel of misleidend: Inhoud wat onwaar, oordrewe, bisar of op menings gegrond is, en wat dalk ’n jong gehoor sal verwar. Dit kan ook “volgeprop met sleutelwoorde” wees, of die praktyk volg om gewilde sleutelwoorde waarin kinders belangstel op ’n herhalende, gewysigde of oordrewe manier te gebruik. Die sleutelwoorde kan ook gebruik word op ’n manier wat nie sin maak nie.
  • Ongewone gebruik van kinderkarakters: Inhoud wat gewilde kinderkarakters (geanimeer of lewend) in aanstootlike situasies plaas.

Invloed op kanaalprestasie

Die gehaltebeginsels vir kinder- en gesinsinhoud kan jou kanaal se prestasie beïnvloed. “Vir kinders gemaak”-inhoud van hoë gehalte word hoër in aanbevelings geplaas. Dit rig ook besluite vir sowel insluiting by YouTube Kids as kanaal- en videomonetisering. As daar bevind word dat die kanaal sterk op “vir kinders gemaak”-inhoud van lae gehalte ingestel is, kan die kanaal se deelname aan die YouTube Vennootprogram opgeskort word. As daar bevind word dat ’n individuele video hierdie gehaltebeginsels oortree, kan dit beperkte of geen advertensies kry.

Ons maak op elkeen van julle staat om ons te help om verrykende en inspirerende inhoud vir kinders en gesinne op YouTube te skep.

Gehaltebeginsels vir video’s en YouTube Kortvideo’s

 Hou in gedagte dat hierdie gehaltebeginsels vir kinder- en gesinsinhoud op sowel lang video’s as YouTube Kortvideo’s van toepassing is.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
637652472594963096
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false