Speletjies en monetisering

Speletjies is ’n gewilde onderwerp vir video’s op YouTube. Hierdie bladsy help skeppers van speletjievideo’s om die verskillende monetiseringstatusse wat kan geld, te verstaan. Dit is nie nuwe beleide nie, maar eerder bestaande riglyne wat afgelei is van YouTube se riglyne vir adverteerdervriendelike inhoud. Alhoewel hierdie bladsy fokus op algemene temas vir speletjievideo’s, moet jy onthou dat al die riglyne vir adverteerdervriendelike inhoud steeds op al jou video’s van toepassing is.

Oortredings van die onderstaande kan veroorsaak dat adverteerders kies om beperkte of geen advertensies op jou gemonetiseerde video’s te wys nie. Dit is altyd die beste om seker te maak dat jou video’s nie YouTube se gemeenskapsriglyne oortree nie, wat ook hul monetiseringstatus kan raak.

Wenke vir die monetisering van speletjievideo’s

Hier onder is ’n paar voorbeelde van ons riglyne vir adverteerdervriendelike inhoud wat met speletjie-onderwerpe verband hou. Al die monetiseringikoonveranderinge hier onder kan van toepassing wees op video’s wat werklike of rekenaargegenereerde onderwerpe bevat as daar beleidskendings in oudio- of visuele vorm is (insluitend teks). Dit sluit die videominiprent en -titel in.

Onvanpaste taal

As jy vulgêre of vloektaal aan die begin of dwarsdeur die grootste deel van jou speletjiesvideo’s het, kan dit tot monetiseringstatusveranderinge lei. Ongereelde of sporadiese gebruik van vloektaal (soos in musiekvideo’s, begeleidingsmusiek, inleiding- of afsluitingmusiek, of musiek wat op die agtergrond gespeel word) in jou inhoud sal nie noodwendig veroorsaak dat jou video nie vir advertensies geskik is nie.

Hier is ’n paar voorbeelde (nieomvattend):

Advertensieriglyne Vraelysopsies en -besonderhede

Hierdie inhoud kan advertensie-inkomste verdien

Afgekorte of gesensorde vloektaal of woorde soos “hel” of “verdomp” in die titel, miniprent of video. Matige vloektaal soos “teef”, “poephol” en “stront” wat gereeld in die video gebruik word. Die meeste vloektaal wat in musiek of verhoogkomedievideo-inhoud gebruik word.

Definisies:

  • “Gesensorde vloektaal” verwys na goed soos om ’n woord te bliep of te demp, en om geskrewe woorde te bedek met swart balke, simbole of teks wat tydens naproduksie ingevoeg is.
  • "Afgekorte vloektaal" verwys na ’n akroniem soos MFM ("my f*k, Marelize") waar die oorspronklike term afgekort word deur die akroniem te gebruik.

Hierdie inhoud sal dalk beperkte of geen advertensie-inkomste verdien nie

Sterker vloektaal (soos die f-woord) wat in die eerste 7 sekondes gebruik word, of matige vloektaal (soos “bliksem”) in die titel of miniprent.

Enkele voorbeelde van inhoud wat ook in hierdie kategorie val:

  • Fokusgebruik van vloektaal dwarsdeur ’n video (soos vloektaal wat in die meeste sinne gebruik word).
  • Vloektaal wat gebruik word in die titel of miniprent van musiek- of verhoogkomedie-inhoud.

Hierdie inhoud sal geen advertensie-inkomste verdien nie

Sterk vloektaal (soos die f-woord) wat in miniprente of titels gebruik word. Enige gebruik van uitermatige vloektaal, wat haatlike taal of diskriminerende terme soos “k****r” of “mo**ie” insluit, in die video, miniprent of titel.

Jy kan ook ons riglyn oor haatlike en neerhalende inhoud in ons hulpsentrum raadpleeg vir bykomende inligting oor haatlike taal of diskriminerende terme.

Volwassene-inhoud

Advertensieriglyne Seksueel suggestief Naaktheid Vraelysopsies en -besonderhede

Hierdie inhoud kan advertensie-inkomste verdien

Onderwerpe wat nie op seksuele bevrediging gemik is nie (soos ’n storielyn oor ’n besoek aan ’n ginekoloog).

Gewone romantiese tonele (soos ’n liefdevolle soen tussen twee karakters).

Gebruik van seksuele grappe en insinuasie (soos om hande te gebruik om seksdade op ’n humoristiese manier na te boots) wat nie vulgêre of onwelvoeglike terme gebruik nie.

Ten volle gesensorde naakte liggame waarvan die eienskappe ononderskeibaar is.

Uitbeelding van skrapse klere in ’n gepaste omgewing, soos ’n swembad (speletjiekarakters wat as deel van die storie in bikinis swem), wat nie uitlokkend is nie.

Ten volle gesensorde naaktheid wat nie die fokuspunt is nie (soos ten volle gesensorde naakte liggaamsdele).

Romanse of soenery; besprekings van romantiese verhoudings of seksualiteit sonder verwysing na geslagsgemeenskap; ten volle gesensorde naaktheid wat onwaarneembaar is en nie daarop gemik is om die gehoor te stimuleer nie; borsvoedingnaaktheid waar ’n kind teenwoordig is; niegrafiese seksvoorligting; dans wat ritmiese liggaamsbewegings behels van liggaamsdele wat dikwels geseksualiseer word in ’n poging om begeerlik of aantreklik te lyk, maar wat nie seksueel grafies is nie; seksueel grafiese dans in ’n professionele situasie, soos in ’n gechoreografeerde dans- of musiekvideo.

Hierdie inhoud sal dalk beperkte of geen advertensie-inkomste verdien nie

Sensuele dans (soos twerk) met die fokus op skrapse kleredrag in ’n professionele omgewing soos ’n dansstudio of by regstreekse geleenthede.

Geen.

Klassieke kuns wat waarneembare geslagsgemeenskap wys (soos ’n prent van seksuele dade) of fokus op geslagsdele in miniprente; nieprikkelende seksvoorligting wat geanimeerde seksdade bevat; poetse wat seksuele temas insluit; dans met die fokus op skrapse kleredrag; doelbewuste aanraking van of volgehoue fokus op seksuele liggaamsdele in dans.

Hierdie inhoud sal geen advertensie-inkomste verdien nie

Visuele seksdade of seksuele liggaamsvloeistowwe.

’n Speletjiestorie wat seksverwante vermaak (soos ontkleeklubs) as deel van die storielyn insluit (selfs al is dit ’n vinnige stop/taak).

Uitbeeldings of besprekings van fetisje.

Eksplisiete en vulgêre titels of miniprente soos “vurige s3ks” (insluitend opsetlike verkeerde spelling) of “DRAADTREK-samestelling”.

Misleidende metadata (soos ’n titel wat ’n seksuele daad belowe) selfs al bevat die video self nie volwassene-inhoud nie.

Hoogs geseksualiseerde titels of miniprente (soos “18+”, “slegs volwassenes”).

Seksuele videospeletjies wat volwassenes teiken of die seksualisering van videospeletjiekarakters met die bedoeling om die gehoor te stimuleer of te bevredig.

Gebruik van onwelvoeglike taal, insluitende vulgêre terme (soos die p-woord wat duidelik in speluitleg uitgespel of gesê word).

Seksspeelgoed of soortgelyke plesierverskerpingprodukte wat nie gebruik word nie (soos speletjie-items of verskynings op die agtergrond).

Geïmpliseerde seksdade (soos bewegings onder komberse) of geluide van seksdade (soos kreune).

Speluitleg wat verwys na beskrywende seksuele onderwerpe (soos masturbasie of die beskrywing van ’n seksuele onderwerp gegrond op ’n karakter of toneel in die speletjie).

Ten volle ontblote seksuele liggaamsdele (soos sigbare geslagsdele).

Gepiekseleerde of gesensorde naaktheid waar die seksuele liggaamsdele steeds herkenbaar is (soos tonele met naakte liggame wat wasig gemaak is of sterretjies op het, maar vanweë hul silhoeëtte steeds identifiseerbaar is).

Uitbeeldings van seksuele liggaamsdele, soos herhalende skote of skote wat gefokus is op borsgleuwe of uitbultings wat bedoel is om gehore seksueel te stimuleer (soos nabyskote van borste of die buitelyn van opgeswelde geslagsdele van speletjiekarakters).

Ontblote, minimaal bedekte seksuele liggaamsdele of volle naaktheid; borsvoedingnaaktheid sonder ’n kind teenwoordig in die toneel; seksuele dade (selfs al is dit wasig gemaak of geïmpliseerd), bespreking van seksuele onderwerpe, soos fetisje, wenke, ervarings; ’n videominiprent met seksuele inhoud (insluitend teks of skakels); seksueel uitlokkende tonele en gebare; wys van seksspeelgoed of -toestelle; inhoud wat verband hou met seksbedryf en -werkers; diereseksualiteit met geslagsdele of paringstonele; nabootsing of simulasie van seksuele bewegings of dade in dans; erotiese danse wat uitdruklik bedoel is om ’n gehoor te prikkel.

Geweld

Advertensieriglyne Speletjiegeweld Vraelysopsies en -besonderhede

Hierdie inhoud kan advertensie-inkomste verdien

Geweld met niegrafiese speluitleg. Niegrafiese speluitleg sluit in:

  • Grafiese tonele (soos ’n grusame aanval op ’n persoon) ná die eerste 15 sekondes van die video.

Gesensorde snitte van grafiese geweld (soos die oomblik van doodmaak of ’n onthoofdingtoneel wat wasig gemaak is).

Normale speluitleg wat nie grafiese geweld is nie (raadpleeg die “Hierdie inhoud sal dalk beperkte of geen advertensie-inkomste verdien nie”-afdeling hier onder vir die definisie van grafiese geweld).

Geweld wat onrealisties, spelerig en in die algemeen vir alle ouderdomme aanvaarbaar is (soos gesinsvriendelike videospeletjies wat uitbeeld hoe daar vir monsters weggehardloop word).
Wetstoepassing, insluitend gewone diensverrigting (soos gedwonge inhegtenisneming, skarebeheer, dispuut met beampte en gedwonge toegang); geweld wat plaasvind as deel van ongeredigeerde videospeluitleg; ligte geweld met minimale bloed; lyke wat volledig gesensor, wasig gemaak of voorberei is vir begrafnis, of wat in geskiedkundige gebeurtenisse, soos oorloë, as deel van ’n opvoedkundige video gewys word.
Hierdie inhoud sal dalk beperkte of geen advertensie-inkomste verdien nie

Grafiese speletjiegeweld in die miniprent of in die eerste 8 tot 15 sekondes van die video.

  • “Grafiese speletjiegeweld” sluit wrede moorde of ernstige beserings in wat fokus op liggaamsvloeistowwe en -dele, soos onthoofding en ledemaatverwydering.
Grafiese wetstoepassing soos sigbare beserings; lyke met ooglopende beserings of skade in opvoedkundige of dokumentêre situasies (soos ’n opvoedkundige geskiedeniskanaal); grafiese speletjiegeweld in ’n miniprent of vroeg in die inhoud; onverwerkte beeldmateriaal van gewapende konflik sonder beserings; beskrywing van grafiese besonderhede van tragedies; gedramatiseerde inhoud wat ernstige of skokkende beserings uitbeeld.
Hierdie inhoud sal geen advertensie-inkomste verdien nie

Fokus op speluitleg wat vervaardig is om ’n skokkende ervaring te skep. Voorbeelde sluit in:

  • Versameling van niespeelbare karakters vir massamoorde.

Grafiese speletjiegeweld in die miniprent of in die eerste sewe sekondes van die video.

  • “Grafiese speletjiegeweld” sluit in ernstige beserings (soos onthoofdings, ledemaatverwydering) wat fokus op liggaamsvloeistowwe en/of -dele met langdurige of ernstige pyn.

Videospeluitleg wat seksuele geweld wys (soos ’n karakter wat seksueel aangerand word en wie se pyn duidelik waarneembaar is).

Videospeluitleg wat geweld wys wat gemotiveer is deur haat of geweld wat beskermde groepe teiken (soos om ’n spesifieke godsdienstige groep dood te maak weens haatdraende sentimente).

Videospeluitleg wat grafiese marteling wys.

Videospeluitleg wat grafiese geweld wys wat op minderjariges gerig is (soos om ’n minderjarige karakter te slaan).

Videospeluitleg wat grafiese geweld wys wat op regte, genoemde persone gerig is (soos om ’n karakter dood te maak wat na ’n bekende persoon vernoem is).

Lyke wat grafies uitgebeeld word in ’n nie-opvoedkundige video; videospeluitleg wat verbode temas bevat (soos seksuele aanrandings).

Uiters grafiese geweldsdade (insluitend dié wat wetstoepassers betrek) en beserings.

Aanhitsing tot of ophemeling van geweld.

Omstrede kwessies

Advertensieriglyne Omstrede kwessies Vraelysopsies en -besonderhede

Hierdie inhoud kan advertensie-inkomste verdien

Vlugtige verwysings wat nie grafies of beskrywend is nie na enige van die ander onderwerpe of gebeurtenisse wat in die Geen Advertensies Nie-kolom gelys is.

  • Gebruik van die woord "selfdood” in ’n videospeletjiekonteks (soos om die speletjiekarakter dood te maak sodat die speletjie weer kan begin).
  • Karakters of speletjiespelers wat sê: “Ek gaan myself doodmaak.”

Inhoud wat verband hou met die voorkoming van omstrede kwessies. Inhoud waar die omstrede kwessies vlugtig in ’n video genoem word en nie grafies of beskrywend is nie. Inhoud wat nie grafies of beskrywend is nie wat verband hou met huishoudelike mishandeling, selfleed, seksuele misbruik van volwassenes, aborsie en seksuele teistering.

Hierdie inhoud sal dalk beperkte of geen advertensie-inkomste verdien nie

Grafiese uitbeeldings of beskrywings van omstrede kwessies in die inhoud of miniprent, behalwe kindermishandeling.

  • ’n Prent van iemand wat geskop word in die miniprent.
Inhoud oor omstrede kwessies wat nie visueel steurend is nie, maar tog beskrywende taal kan bevat. Gedramatiseerde, artistieke, opvoedkundige, dokumentêre of wetenskaplike voorstelling van omstrede kwessies. Niegrafiese, niebeskrywende hoofonderwerp wat met kindermishandeling verband hou. Niegrafiese maar beskrywende inhoud wat verband hou met seksuele misbruik, seksuele teistering of huishoudelike mishandeling van volwassenes.
Hierdie inhoud sal geen advertensie-inkomste verdien nie

Grafiese uitbeeldings (byvoorbeeld, bloederige besering) of gedetailleerde beskrywings van omstrede kwessies.

  • Kindermishandeling
  • Pedofilie
  • Kinderhuwelike
  • Selfleed
  • Selfdood
  • Huishoudelike mishandeling
  • Genadedood

Wys van ’n karakter in ’n speletjie wat selfleed veroorsaak deur hul eie polse te sny en dood te bloei.

Bevordering of verheerliking van omstrede kwessies in die inhoud, titel of miniprent.

  • Noem van iets soos “Ek gaan my vrou slaan – sy verdien dit”.

Geanimeerde uitbeelding van omstrede kwessies wat op ’n sensasionele manier voorgehou word.

  • Wys van karakters wat ander afknou.

Grafiese uitbeeldings of gedetailleerde beskrywings van omstrede kwessies as die hoofonderwerp; uitdruklike verwysing na eetversteurings wat gepaardgaan met die volgende verwysings of konteks:

  • Laagste LMI of gewig.
  • Wys van ’n liggaam wat oormatig maer of uitgeteer is.
  • Beskaming of afknouery op grond van gewig of liggaam.
  • Verwysing na vergryping of die wegsteek of opgaar van kos
  • Oefening om ’n kalorietekort te behaal.
  • Braking of misbruik van lakseermiddels.
  • Kontrolering van gewigsverliesvordering
  • Verwysing na wegsteek van enige van bogenoemde optredes.

Nuttige definisies:

  • Fokus of in fokus verwys na wanneer ’n segment of hele video oor ’n spesifieke onderwerp handel en daar herhaalde verwysing na, en fokus op, die onderwerp is. ’n Terloopse verwysing na een van die onderwerpe wat as omstrede of sensitief gelys is, is nie ’n rede vir geen advertensies nie. Byvoorbeeld, om kortliks ’n omstrede of sensitiewe onderwerp te noem (bv. "In volgende week se video gaan ons dalende selfdoodsyfers bespreek.") sal nie as die fokus beskou word nie, maar ’n segment van ’n video wat spesifiek oor só ’n onderwerp praat, sal as die fokus beskou word. Fokus hoef nie verbaal te wees nie. As daar ’n prent of teks is wat op die sensitiewe kwessie fokus, sal dit ook as fokus beskou word. Sommige voorbeelde sluit in:

    • ’n Video wat fokus op hoe om selfleed uit te voer.
    • Inhoud wat net fokus op die gebruik van sterk vloektaal sonder ander konteks of rede.
  • Vlietend verwys na oomblikke wat nie die fokus van die inhoud is nie (nie in fokus nie) en sluit terloopse verwysings na onderwerpe in wat as omstrede of sensitief gelys is. Byvoorbeeld, om kortliks ’n omstrede of sensitiewe onderwerp te erken (bv. “In volgende week se video sal ons dalende selfdoodsyfers bespreek.”) sal nie as die fokus beskou word nie, maar eerder as vlietend.

Sien ons tabel met definisies om meer inligting te kry oor sleutelbegrippe wat deurgaans in ons riglyne vir adverteerdervriendelike inhoud gebruik word.

Watter soorte geld

Bekyk besonderhede oor watter soorte video’s relevant is vir ons speletjiemonetiseringbeleide.

Toepaslike videosoorte

Nie-interaktiewe tonele of kinematiese elemente in speletjies

Animasiesekwensies wat tussen werklike speluitleg ingevoeg word, val ook binne die omvang van ons beleidsriglyne. ’n Geel ikoon sal toegepas word indien hulle uitgeredigeer word om ’n grafiese toneel wat die fokuspunt is, te deel, óf as samestellings gemaak word van tonele wat groteske snitte bevat.

Reaksievideo’s

As die oorspronklike snit wat by jou reaksievideo ingebed is, bestaan uit tonele wat ons beleide oortree, val dit steeds binne die omvang van ons riglyne en toepassing, en sal dit dus ’n geel ikoon kry ongeag die feit dat jy nie die oorspronklike snit wat oortree, vervaardig het nie.

Gesprek-/stemkommentaarspeluitleg

Oudio wat nie deur die speletjie nie maar deur jou vervaardig is om oor speluitleg te gebruik (stemkommentaar) moet ook aan die riglyne vir adverteerdervriendelike inhoud voldoen.

Teks of grafiese elemente wat by die video ingevoeg is

As daar enige inhoud is wat ’n gevaar vir die handelsmerk is in enige van die teks (soos onderskrifte wat self geskep is en wat by ’n video ingebed is), oudio (kenmerkende openingsliedjie, ens.), of grafiese prente (soos jou handelsmerkikoon, slagspreuk, ens.) wat by jou video gevoeg is, sal dit tot ’n geel ikoon lei.

Opmerkings wat in jou video vasgevang is en gelees kan word

Opmerkings wat deur kykers gegenereer is (soos kitsrolleesopmerkings, gebruikerskenkingopspringers, ens.) wat binne jou video-inhoud gewys word, val nie binne die omvang van ons kontrolerings nie, tensy dit op een of ander manier uitdruklik uitgewys word (soos as dit hardop in die video gelees word of as dit uitgelig word deur daarop in te zoem). Net so, is die inhoud in die opmerkingsafdelings wat met die video geassosieer word nie onderworpe aan riglyne vir adverteerdervriendelike inhoud nie. Dit is jou verantwoordelikheid om hulle te modereer as jy onvanpaste opmerkings sien (kyk hier vir meer besonderhede).

Dobbelinhoud wat verband hou met speluitleg

Video’s wat verduidelik hoe om te dobbel, tutoriale oor dobbel en direkte skakels na dobbelwerwe (soos om met virtuele goedere as ’n vorm van geld op wedstryde te wed) of weddenskappe met speelgeld val binne die omvang van ons beleidskendings oor “onwettige inhoud”. As jy virtuele items buite die normale verloop van speluitleg verkry, is dit ook ’n beleidskending (dit sluit nie skepper se kode in nie, soos geaffilieerde programme). YouTube-gebruikers moet die reëls van ons beleide nakom. As hulle dit nie doen nie, kan dit tot gebruiksbeperkings lei. Kyk na meer inligting op hierdie bladsy.

Langformaatinhoud

Die tydsduur van ’n video is belangrik, maar wat meer belangrik is, is die bedoeling en konteks van die video. As daar ’n aanstootlike element in die video is, sal dit nie as adverteerdervriendelik beskou word nie. Byvoorbeeld, selfs vir speletjievideo’s wat amper een uur lank is – as hulle die gebruik van haatlike rassebeledigings bevat, sal dit tot ’n geel ikoon lei.

Oortredings wat as ’n fokusonderwerp aangebied word

Ons beskou ’n element wat oortree as ’n fokuspunt as dit in een van die volgende kategorieë val:

  • Melding of uitbeelding van iets wat die gehoor kan skok (soos om onnodig op ’n gewelddadige aanval met ernstige beserings en bloed in die speletjie in te zoem).
  • Die element wat oortree, is die sentrale onderwerp van die video (soos ’n samestelling van onthoofdings in ’n speletjie).

As dit nie verhoed kan word dat jy sulke tonele in jou video insluit nie, moet jy jou video vrywillig met ’n geel ikoon merk.

Miniprente en titels

Skokkende en stimulerende frases word dikwels by miniprente of titels gevoeg om kykers te lok. Maar, nes met video-inhoud, sal oortredende elemente wat in miniprente of titels geïdentifiseer word, ook beperkte of geen advertensies verdien nie.

Sommige voorbeelde van Miniprente sluit in (hierdie lys is nieomvattend):

  • Omkringing en ander pogings om aandag te trek (soos om geslagsdele wat wasig gemaak is, uit te lig)
  • Suggestiewe teks wat met seksdade verband hou (soos "kyk hoe hierdie karakter ejakuleer")
  • Prente wat skokkend is, soos eksplisiete seksdade of grafiese geweld

Sommige voorbeelde van Titels sluit in (hierdie lys is nieomvattend):

  • Ten volle uitgespelde, gesensorde of vloektaal wat doelbewus verkeerd gespel is (soos “wat de f#k”)
  • Misleidende titels wat seksuele inhoud belowe
  • Titels met verwysings wat net vir volwassenes is (soos 19+ of NET VIR VOLWASSENES)
  • As hoofletters in die titel gebruik word om aandag te trek (soos “UITERMATIGE STERFGEVALWENSLAE”)

Kry meer inligting

Wil jy op beleidopdaterings inteken? Teken hier in op ons YouTube Gemeenskapforum om ’n e-posopletberig te kry wanneer ons ook al beleidopdaterings maak. Jy kan ons ook volg op Twitter by @teamyoutube of @youtubecreators.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
8131403823754177903
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false