Gereelde vrae oor opgedateerde diensbepalings

Ons mees onlangse diensbepalings sluit opdaterings oor hierdie spesifieke onderwerpe in: gesigherkenningdata, YouTube se reg om te monetiseer, en belastingverpligtinge in die VS. Hierdie bepalings het in November 2020 in die Verenigde State van krag geword, en op 1 Junie 2021 buite die VS.

Hoekom het julle die diensbepalings verander?

By YouTube dateer ons van tyd tot tyd ons diensbepalings op om seker te maak dat hulle duidelik is, maklik is om te verstaan, en voldoen aan die behoeftes van ons vennote, adverteerders en kykers.

Met hierdie opdatering van ons diensbepalings, verduidelik ons beperkings wat betref die insameling van gesigherkenningdata. Ons wil ook deursigtig wees oor die regte wat ons neem om advertensies op verskeie plekke in ons platform te wys. Ons wys byvoorbeeld advertensies in video's, die tuisblad se mashoof en in verskeie soekresultate. Hierdie opdatering maak ook duidelik hoe inkomstebetalings van YouTube af uit ’n Amerikaanse belastingperspektief as tantièmebetalings beskou sal word, en dat Google, soos deur die wet vereis, belasting sal terughou op hierdie betalings.

Wat is die hoofveranderinge?

Hier is ’n opsomming van die veranderinge:

  • Gesigherkenningbeperkings. Die diensbepalings bepaal reeds dat jy nie enige inligting wat ’n persoon kan identifiseer mag insamel sonder hul toestemming nie. Alhoewel dit altyd gesigherkenninginligting ingesluit het, stel die nuwe bepalings dit baie duidelik. 
     
  • YouTube se reg om te monetiseer. Ons begin geleidelik om advertensies te lewer op ’n beperkte stel handelsmerkveilige video's op kanale wat nie in die YouTube Vennootprogram of nie deel van ’n monetiseringooreenkoms is nie. Daar sal nie inkomstedeling van hierdie advertensies af wees nie, maar skeppers kan steeds vir die YouTube Vennootprogram aansoek doen sodra hulle aan die geskiktheidskriteria voldoen, wat onveranderd sal bly.
     
  • Betalings van tantième en belastingterughouding. As jy te danke aan ’n ander ooreenkoms tussen jou en YouTube geregtig is om betalings van YouTube af te ontvang (byvoorbeeld, deur die YouTube Vennootprogram), sal al dié betalings vanaf 1 Junie 2021 as tantième hanteer word. Google sal, soos deur die wet vereis, belasting terughou op sodanige betalings.

Hoe sal dit my YVP-monetisering raak?

Veranderinge van hierdie diensbepalingsopdatering sal nie jou YouTube Vennootprogram (YVP) se monetiseringinstellings raak nie.

Vennote buite die Verenigde State moet so gou moontlik volledige belastinginligting in AdSense vir YouTube indien om te bepaal of enige VSA-belastingterughouding op hul betalings van toepassing is. Google kan met die Julie 2021-betaling (wat die Junie-verdienste dek) begin om belasting terug te hou as enige terughoubelasting geld. Besoek ons opsomming in die Hulpsentrum om meer te wete te kom: Amerikaanse belastingvereistes vir YouTube-verdienste

Het dit te doen met die Europese Unie se voorskrif oor kopiereg of ADBR?

Nee, dit het niks te doen met die Europese Unie se kopieregriglyn of GDPR nie.

Wat beteken dit vir my privaatheid of data?

Ons het geen veranderinge gemaak aan die manier waarop ons jou inligting hanteer nie. Jy kan oor ons privaatheidpraktyke lees deur Google se privaatheidsbeleid en YouTube Kids se privaatheidkennisgewing na te gaan. Om jou te herinner: Jy kan altyd jou privaatheidinstellings nagaan en jou data en personalisering bestuur deur jou Google-rekening te besoek.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
14020107822981448499
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false