Google vir Niewinsorganisasies se diensbepalings

Deur die “Dien In”-knoppie in die aansluitingproses vir Google vir Niewinsorganisasies te klik, stem jy namens jouself en jou organisasie in tot die volgende bepalings en voorwaardes (“G4NP-bepalings”), bo en behalwe Google se diensbepalings en Google se privaatheidsbeleid (saam die “Gesamentlike Bepalings”). Die G4NP-bepalings geld vanaf die dag waarop jy die “Dien In”-knoppie klik.  Moenie die “Dien In”-knoppie klik as jy nie wetlike magtiging het om jou organisasie te verbind nie. As daar 'n teenstrydigheid tussen die G4NP-bepalings en Google se diensbepalings of Google se privaatheidsbeleid is, het die G4NP-bepalings voorrang. 


1. Inskrywing en bepalings vir produkte wat in G4NP aangebied word 
1.1 Die Gesamentlike Bepalings beheer jou en jou organisasie se aansoek en gebruik van die Google vir Niewinsorganisasies-platform en -program (“G4NP-program”). Aanvaarding in die G4NP-program maak dit nie noodwendig vir jou of jou organisasie moontlik om die Google-produkte te gebruik wat deur die G4NP-program aangebied word sonder om bykomende stappe te volg om by daardie produkte in te skryf nie, insluitend instemming tot afsonderlike, produkspesifieke diensbepalings. 


2. Jou waarborge
2.1 Jy verklaar en garandeer dat:
2.1.1 Die inligting wat in jou organisasie se Google vir Niewinsorganisasies-aansoek ingedien is, waar en korrek is. 
2.1.2 Jou organisasie teen geen persoon of groep mense diskrimineer in óf aanstelling- of indiensnemingpraktyke óf in die administrasie van programme en dienste nie, insluitend op grond van seksuele oriëntasie of geslagsidentiteit.
2.1.3 Jou organisasie mag die G4NP-program ingevolge sy eie beleide en toepaslike wette en regulasies gebruik, en jou organisasie se gebruik van die G4NP-program sal nie Google se huidige of toekomstige vermoë om met jou organisasie besigheid te doen, negatief beïnvloed nie.
2.1.4 Jy en jou organisasie sal voldoen aan alle toepaslike wette, insluitend alle toepaslike uitvoerwette en handelsanksiesprogramme, en alle teenomkoop- en teenkorrupsiewette, ten opsigte van die gebruik van die G4NP-program, en die G4NP-program sal nie gebruik word om (i) enige staatsamptenaar op korruptiewe wyse te beïnvloed om besigheid of enige onbehoorlike voordeel te kry of te behou, (ii) besigheid te kry of te behou, (iii) te veroorsaak dat 'n staatsamptenaar iets in hul amptelike hoedanigheid doen of nie doen nie, of (iv) enige ander onbehoorlike voordeel te kry nie. 


3. Aanwysing van rekeningadministrateur en privaatheid
3.1 As jou organisasie se aansoek goedgekeur word, sal jy 'n administrateur van jou organisasie se G4NP-programrekening word. As jy ander gebruikers goedkeur om administrateurs van jou organisasie se rekening te wees, sal hulle dieselfde regte as jy hê om jou organisasie se rekening te beheer, insluitend die vermoë om jou as 'n administrateur te verwyder.
3.2 Jy stem daartoe in dat ander administrateurs van jou organisasie se rekening jou naam en die besonderhede van jou administratiewe handelinge sien, insluitend die verwydering van administrateurs en die afkeuring van gebruikers wat aansoek doen om administrateurs te wees en aansoeke om Google vir Niewinsorganisasies-produkte.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
4491967421304523988
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
false
false