Gebruik Google Play Gesinsbiblioteek

Jy kan Google Play Gesinsbiblioteek gebruik om apps, speletjies, flieks, TV-programme en e-boeke en oudioboeke wat op Google Play gekoop is, met tot 5 gesinslede te deel.

Sluit by Gesinsbiblioteek aan

Belangrik:  As jy nie deel van 'n gesinsgroep is nie, moet jy eers een skep.

  1. Maak die Google Play-program Google Play oop.
  2. Tik bo regs op die profielikoon.
  3. Tik op Instellings en dan Gesin en dan Sluit aan by Gesinsbiblioteek.
  4. Volg die instruksies op die skerm om Gesinsbiblioteek op te stel. 

Let wel: Almal in jou gesin moet die instruksies hierbo volg om Gesinsbiblioteek op te stel.

Vereistes

Vereistes vir gesinsbestuurders

As jy nog nie deel is van 'n gesin nie, sal jy die gesinsbestuurder word wanneer jy by Gesinsbiblioteek aansluit. Gesinsbestuurders moet aan al hierdie vereistes voldoen:

  • 18 jaar oud (of die toepaslike ouderdom in jou land) of ouer wees
  • 'n Geldige kredietkaart of debietkaart hê om as die gesinsbetaalmetode te gebruik
  • Nie deel wees van 'n ander gesinsgroep op Google nie

Let wel: Jy kan nie 'n gesin met 'n Google-rekening deur jou werk, skool of ander organisasie skep nie.

Vereistes vir gesinslede

Om by 'n gesin aan te sluit, moet jy aan hierdie vereistes voldoen:

Lande

Gesinsbiblioteek is beskikbaar in die meeste lande waar jy Google Play kan gebruik.

Voeg Gesinsbiblioteek-aankope by of verwyder hulle

Aankope wat kwalifiseer, kan outomaties by die Gesinsbiblioteek gevoeg word, of jy kan hulle self byvoeg nadat jy hulle gekoop het. Die deling van apps en speletjies, flieks en TV-programme en boeke met Gesinsbiblioteek word dalk in sommige lande beperk.

Wanneer jy aankope uit die Gesinsbiblioteek verwyder of jou gesinsgroep verlaat, sal jou gesinslede toegang verloor tot die aankope wat jy by die Gesinsbiblioteek gevoeg het.

Belangrik:

  • Flieks of TV-programme: Om potensiële kwessies te vermy wanneer jy inhoud by Gesinsbiblioteek voeg, moet jy die gesinsbetaalmetode pleks van jou persoonlike krediet- of debietkaart gebruik om inhoud te koop.
  • Boeke, apps of speletjies: Kwalifiseer vir Gesinsbiblioteek met enige betaalmetode, mits:
    • Daar ’n gesinskredietkaart aangeteken is.
    • Die gesinskredietkaart steeds geldig is.
    • Gesinsdeling aangeskakel is.
Voeg individuele aankope by of verwyder hulle

Apps en speletjies

  1. Maak die Google Play-program oop Google Play.
  2. Tik bo regs op die profielikoon.
  3. Tik op Bestuur programme en toestelle en dan Geïnstalleer.
  4. Tik op 'n gekoopte program of speletjie wat jy wil byvoeg.
  5. Skakel Gesinsbiblioteek aan op die inhoud se besonderhedebladsy.

Skakel Gesinsbiblioteek af om die inhoud te verwyder.

Flieks en TV-programme

  1. Maak die Play Flieks en TV-program Play Flieks oop.
  2. Tik onderaan op Biblioteek.
  3. Soek onder die "Flieks"- of "TV-programme"-oortjie na die gekoopte inhoud wat jy wil byvoeg.
  4. Skakel Gesinsbiblioteek aan op die inhoud se besonderhedebladsy.

Skakel Gesinsbiblioteek af om die inhoud te verwyder.

Let wel: Wanneer jy TV-programme uit die Play Flieks en TV-program byvoeg, voeg jy alle episodes van die program by. As jy sekere seisoene of episodes wat apart gekoop is, wil byvoeg of verwyder, moet jy die inhoud in die Play Winkel-app soek en dit van die episode of TV-program se besonderhedebladsy af by Gesinsbiblioteek voeg.

Boeke

  1. Maak die Play Boeke-app Play Boeke oop.
  2. Tik onderaan op Biblioteek.
  3. Soek na die e-boeke of oudioboeke wat jy wil byvoeg.
  4. Druk en hou die boektitel.
  5. Rollees af na Voeg by Gesinsbiblioteek.

Druk en hou die boektitel om die inhoud te verwyder. Rollees dan na Verwyder uit Gesinsbiblioteek.

Verander jou Gesinsbiblioteek-instellings

Aankope wat kwalifiseer, word by verstek outomaties by jou Gesinsbiblioteek gevoeg nadat jy 'n gesinsgroep geskep of by een aangesluit het.

Om die Gesinsbiblioteek-instellings te verander of alle aankope van ’n sekere soort te verwyder:

  1. Maak die Google Play-program oop Google Play.
  2. Tik bo regs op die profielikoon.
  3. Tik op Instellings en dan Gesin en dan Gesinsbiblioteek-instellings.
  4. Kies Programme en Speletjies, Flieks en TV of Boeke.
  5. Tik op Moenie outomaties byvoeg nie; ek sal dit self doen, ofVoeg items outomaties by wanneer hulle gekoop word en dan Ja, ek is in.
.
Beperk inhoud vir sekere gesinslede

Almal in jou gesinsgroep kan al die inhoud sien wat by Gesinsbiblioteek gevoeg is.

Jy kan ouerkontroles opstel om die inhoud te beperk wat gesinslede kan sien.

Sien Gesinsbiblioteek-inhoud

Apps en speletjies

  1. Maak die Google Play-program oop Google Play.
  2. Tik bo regs op die profielikoon.
  3. Tik op Instellings en dan Gesin en dan Gesinsbiblioteek-instellings.
  4. Kies Programme en Speletjies, Flieks en TV of Boeke.
    • Wenk: As 'n oortjie nie gelys is nie, het jou gesinslede geen inhoud in daardie kategorie bygevoeg nie.

Flieks en TV-programme

  1. Maak die Google Play Flieks en TV-app Play Flieks oop.
  2. Tik onderaan op Biblioteek.
  3. Tik op die Flieks- of TV-programme-oortjie.
  4. Rollees af na die "Gesinsbiblioteek"-lys. As jy nie 'n "Gesinsbiblioteek"-lys sien nie, het jou gesinslede nog niks by jou Gesinsbiblioteek gevoeg nie.

Let wel: Flieks kan vanlyn op tot 5 toestelle per gesinslid en 12 toestelle per gesin gespeel word. Ses flieks kan tegelykertyd gespeel word, maar elke fliek kan net deur een persoon op 'n slag gestroom word.

Boeke

  1. Maak die Google Play Boeke-app Play Boeke oop.
  2. Tik onderaan op Biblioteek.
  3. Tik op die Gesin-oortjie. As jy nie 'n "Gesin"-oortjie sien nie, beteken dit dat jou gesinslede nog geen boeke by jou Gesinsbiblioteek gevoeg het nie.

Let wel: Elke boek kan tegelyk op tot 6 toestelle afgelaai word. Wanneer iemand 'n boek van 'n toestel af verwyder, kan ander gesinslede dit dan aflaai.

Kyk of inhoud kwalifiseer om by Gesinsbiblioteek gevoeg te word

Die apps, speletjies, flieks, TV-programme en boeke wat die meeste gekoop word, kan by jou Gesinsbiblioteek gevoeg word. As 'n item kwalifiseer om bygevoeg te word, sal jy die Gesinsbiblioteek-ikoon op die inhoud se besonderhedebladsy Gesinsbiblioteek sien.

Flieks en TV-programme

 

Enige flieks of TV-programme wat jy gekoop het voor jou Gesinsbiblioteek geskep is, kan by Gesinsbiblioteek gevoeg word.

Nadat jy vir Gesinsbiblioteek geregistreer het of by iemand se gesinsgroep aangesluit het, sal nuwe fliek- en TV-programaankope net bygevoeg kan word as jy hulle met die gesinsbetaalmetode, 'n Google Play-geskenkbewys of 'n promosiekode koop.

Flieks

  • Die deling van flieks met Gesinsbiblioteek word dalk in sommige lande beperk.
  • As jy 'n bondel flieks koop, kan jy net 'n volle bondel by jou Gesinsbiblioteek voeg of daaruit verwyder, maar nie individuele flieks nie.
  • Jy kan nie Play-fliekhuuritems of flieks wat op YouTube gekoop is, by Gesinsbiblioteek voeg nie.

TV-programme

  • Die deling van TV-programme met Gesinsbiblioteek word dalk in sommige lande beperk.
  • Jy kan nie TV-program-huuritems by Gesinsbiblioteek voeg nie.
  • Jy kan nie TV-programme wat op YouTube gekoop is, byvoeg nie.
  • TV-programme is nie in alle lande beskikbaar nie.
Apps en speletjies
  • Die deling van apps en speletjies met Gesinsbiblioteek word dalk in sommige lande beperk.
  • Jy kan nie inappaankope en apps wat kosteloos afgelaai is, met jou gesinslede deel nie.
  • Enige apps of speletjies wat ná 2 Julie 2016 gekoop is, kwalifiseer om by Gesinsbiblioteek gevoeg te word. As jy die app of speletjie voor 2 Julie 2016 gekoop het, kwalifiseer dit om by Gesinsbiblioteek gevoeg te word as die ontwikkelaar vorige aankope beskikbaar gemaak het.

Om uit te vind of dit kwalifiseer om by Gesinsbiblioteek gevoeg te word:

  1. Tik op Meer oor hierdie speletjie of meer oor hierdie app.
  2. Aan die onderkant, onder "Meer inligting" sal dit "Kwalifiseer vir Gesinsbiblioteek" wys as dit kwalifiseer.
Boeke
  • As die boekuitgewer toelaat dat e-boeke of oudioboeke by Gesinsbiblioteek gevoeg word, kan jy dit met jou gesinslede deel.
  • Jy kan nie voorbeelde byvoeg wat kosteloos verskaf is, boeke in die publieke domein, persoonlike dokumente wat jy opgelaai het, of boeke wat aan Gesinsbiblioteek verhuur is nie.
  • Boeke kan net in sekere lande by Gesinsbiblioteek gevoeg word.
Kiosk

Kiosk-aankope kan nie by Gesinsbiblioteek gevoeg word nie.

Foutspoor probleme

Ek kon nie my gesin skep nie Inhoud is uit Gesinsbiblioteek verwyder

As iemand inhoud uit die Gesinsbiblioteek verwyder, as hulle die gesinsgroep heeltemal verlaat, of as jou gesinsgroep uitgevee word, sal jy die inhoud moet koop om dit te kan gebruik.

Nadat jy dit gekoop het, sal jy aangaan waar jy opgehou het. As jy inappaankope in 'n speletjie gekoop het, sal jy dit terugkry nadat jy die speletjie gekoop het.

Ek het inhoud gekoop, maar ek kan dit nie by Gesinsbiblioteek voeg nie

As jy nie inhoud wat jy gekoop het by Gesinsbiblioteek kan voeg nie, kan dit wees omdat:

  • Die inhoud nie kwalifiseer om by Gesinsbiblioteek gevoeg te word nie.
  • Jy jou persoonlike krediet- of debietkaart pleks van die gesinsbetaalmetode gebruik het om die fliek of TV-program te koop.
"Jou gesinsbetaalmetode is ongeldig"

As jy hierdie boodskap sien, is jou gesinsbetaalmetode ongeldig. As jy die gesinsbestuurder is, moet jy jou gesinsbetaalmetode na 'n geldige kredietkaart toe opdateer sodat jy en jou gesinslede aankope by Gesinsbiblioteek kan voeg.

Wanneer die gesinsbetaalmetode ongeldig is, sal aankope wat met ander betaalmetodes gedoen word, nie outomaties by Gesinsbiblioteek gevoeg word nie. Jy sal daardie items self van die besonderhedebladsy af by Gesinsbiblioteek moet voeg nadat jou gesinsbetaalmetode opgedateer is.

true
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
1907727989644209208
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
84680
false
false