Google Play Speletjies-profiel se privaatheid- en ander instellings

Jy kan die verstekrekening kies om outomaties by speletjies aan te meld, om jou speletjieaktiwiteit publiek te maak of om ander instellings te verander.

Hoe Google Play Speletjies jou data hanteer

Google Play Speletjies-profiel

Jou Google Play Speletjies-profiel wys jou speelstatistieke, -vordering en -prestasies in Android-speletjies op alle toestelle wat jou Google-rekening gebruik. Jou profiel verskyn ook direk in Google Play, so dis maklik om te sien wat jy bereik het. Jy kan ook jou speletjiegemeenskap bou en jou profiel volgens jou smaak pasmaak.

Jy kan jou profiel publiek maak om jou te help om met ander spelers te verbind, hulle te volg en hul opdaterings te sien. Kry meer inligting oor hoe om jou profielsigbaarheid en volgers te bestuur.

Hoe Google Play Speletjies jou data insamel en gebruik

Ons hanteer só jou speletjiedata om die kenmerke van jou Google Play Speletjies-profiel aan te dryf en voortdurend jou Google Play Speletjies-ervaring te verbeter.

  • Data wat Google insamel en verwerk: Google Play Speletjies samel data in en verwerk data wat hoofsaaklik met jou speletjiesaktiwiteit verband hou, soos die speletjies wat jy geïnstalleer het en op jou toestelle gespeel het, en vir hoe lank jy hulle gespeel het, asook sommige verwante data soos prestasie- en toestelinligting.
  • Data wat Google vanaf deelnemende speletjieontwikkelaars kan ontvang: Google Play Speletjies kan ook vir sekere speletjies spesifieke inligting oor jou inspeletjiesaktiwiteit vanaf deelnemende speletjieontwikkelaars ontvang, soos prestasies, ranglysgraderings, geleenthede en gestoorde vordering. Die deelnemende speletjieontwikkelaars samel dié inligting in op grond van hul eie diensbepalings en privaatheidsbeleide.

Die data wat deur jou Google Play Speletjies-profiel ingesamel word, is noodsaaklik om kenmerke te aktiveer wat jou speletjie-ervaring verbeter deur jou statistieke en vordering in alle speletjies en op alle toestelle na te spoor. Hierdie inligting sal gebruik word om:

  • Google Play Speletjies-profielkenmerke en -dienste te verskaf (soos statistieke en die nasporing van vordering in alle speletjies).
  • Die algehele Google Play-speletjieservaring te verbeter, bykomende kenmerke en dienste te verbeter en te ontwikkel, om te ontleed en te verstaan hoe die kenmerke gebruik word, onderbrekings na te spoor en bedrog en misbruik te voorkom.

Sekere speletjiesaktiwiteite (soos watter speletjies jy gespeel het en jou prestasies) kan ook, na gelang van jou Google Play-geskiedenisinstelling, in jou Google-rekening gestoor word om meer gepersonaliseerde ervarings te bied. Verwys na die artikel oor Google Play-geskiedenis vir meer inligting. Gaan na ons privaatheidsbeleid toe vir meer inligting oor hoekom Google jou inligting verwerk.

Watter spelerprofielinligting deelnemende speletjieontwikkelaars kan ontvang

Deelnemende ontwikkelaars kan inligting ontvang en/of insamel oor jou profiel, aktiwiteit (binne hul spesifieke speletjie) en aankope wat in hul speletjie gemaak is. Verwys na die ontwikkelaar se privaatheidsbeleid vir meer inligting oor hoe speletjieontwikkelaars hierdie inligting gebruik.

Jou beheer: Bestuur jou profiel en data

Jy bly in beheer van jou Google Play Speletjies-profiel en verwante data.

  • Vee jou Google Play Speletjies-profiel en -data uit: As jy nie meer ’n Google Play Speletjies-profiel wil hê nie, kan jy dit heeltemal uitvee saam met die verwante Google Play Speletjies-data. Kry meer inligting oor hoe om jou Google Play Speletjies-profiel en -data uit te vee.
  • Beheer oor die sigbaarheid van jou Google Play Speletjies-profiel: Jy het die opsie om jou profiel publiek te maak, wat ander spelers toelaat om jou te volg en jou opdaterings te vind. Kry meer inligting oor hoe om jou profielsigbaarheid en volgers te bestuur.
  • Bestuur jou Google Play-geskiedenis:
    • Sekere speletjiesaktiwiteit in gesteunde speletjies (soos watter speletjies jy gespeel het en jou prestasies) kan ook op grond van jou Google Play-geskiedenisinstelling in jou Google-rekening se Google Play-geskiedenis gestoor en gebruik word om jou ervaring in Google-dienste te pasmaak, soos om jou te help om die apps, speletjies en boeke waarna jy soek, vinniger te vind.
    • Gaan na Personalisering in Google Play in die hoof-Google Play-kieslys toe om speletjiesaktiwiteit te bekyk en uit te vee.
    • Google behou steeds sekere data wanneer jy Google Play-geskiedenis uitvee. Google Play hou byvoorbeeld inligting oor die items wat jy gekoop en afgelaai het sodat jy nog steeds toegang daartoe sal hê. As jy jou Google Play-geskiedenis uitvee, raak dit nie die inligting wat deur ander instellings of kenmerke wat jy geaktiveer het, ingesamel word nie. As jy byvoorbeeld ’n Google Play Speletjies-profiel geskep het, sal dit inligting oor jou appaktiwiteit hou om jou speletjiestatistieke te wys. As jy jou Google Play-geskiedenis uitvee, raak dit ook nie data wat van jou rekening ontkoppel is en wat Google behou om ons dienste te verskaf, te verstaan, te verbeter en te ontwikkel nie. Kry meer inligting oor die uitvee van Google Play-geskiedenis.

Belangrik: Jou Google Play Speletjies-profiel samel jou speletjiesaktiwiteit in. Google Play Speletjies-profieldata is afsonderlik van Google Play-geskiedenisdata. As jy jou Google Play Speletjies-profiel of spesifieke data in jou Google Play Speletjies-profiel uitvee, word data in jou Google Play-geskiedenis nie uitgevee nie. Die omgekeerde is ook waar. Kry meer inligting oor hoe om albei te bestuur.

Meld outomaties by speletjies aan

Jy kan outomaties by gesteunde speletjies aanmeld om jou vordering te stoor en prestasies te verdien. Jy sal by jou huidige speletjies en enige toekomstige speletjies wat jy speel, aangemeld word. Jy kan die verstekrekening net vir nuwe speletjies of vir alle speletjies verander, of jy moet by alle speletjies afmeld. As jy die verstekrekening verander:

Vir nuwe speletjies: Jy sal nie toegang verloor tot vordering en instellings vir speletjies wat jy gespeel het nie. Jou vordering kan egter tussen rekeninge verdeel word.

Vir alle speletjies: Jy kan dalk toegang verloor tot vordering en instellings vir speletjies wat jy gespeel het. Ons sal die speletjie herbegin sodat ons jou veranderinge kan toepas.

Op 'n Android-foon of -tablet
  1. Maak die Instellings-program op jou toestel oop.
  2. Tik op jou rekening (Google-dienste en -voorkeure) of Google, soos van toepassing vir jou toestel.
  3. Tik op Alle dienste en dan Google Play Speletjies.
  4. Tik op Meld rekening aan en dan Verander.
  5. Verander die verstekrekening.
Op Google Play
  1. Maak die Google Play Winkel-app Google Play oop.
  2. Tik bo regs op jou profielikoon.
  3. Tik op Instellings en dan Algemeen en dan Google Play Speletjies-profiel.
  4. Tik op Meld aan by rekening.
  5. Verander die verstekrekening.

Wenke:

  • As jy vir ’n speletjie by ’n ander Google-rekening wil aanmeld, moet jy by daardie speletjie afmeld en weer aanmeld.
  • ’n Google-rekening onder toesig kan veelvuldige Play Speletjies-profiele hê.
  • Nie alle speletjies steun outomatiese aanmelding met ’n Play Speletjies-profiel vir Google-rekeninge onder toesig nie.
  • As jy by alle speletjies afmeld, kan jy dalk toegang verloor tot vordering en instellings vir speletjies wat jy gespeel het. Ons sal die speletjie herbegin sodat ons jou veranderinge kan toepas.

Verander wanneer speletjies toegang tot jou speletjiesgemeenskaplys kan kry

  1. Maak die Google Play Winkel-app Google Play oop.
  2. Tik bo regs op jou profielikoon.
  3. Tik op Instellings en dan Algemeen en dan Google Play Speletjies-profiel.
    • Kies onder “Sigbaarheid van speletjiegemeenskaplys” of speletjies wat jy speel outomaties toegang tot jou speletjiegemeenskaplys (jou volgers vir wie jy ook volg) kan kry.

In toestelinstellings

  1. Maak die Instellings-app op jou toestel oop.
  2. Tik op jou rekening (Google-dienste en -voorkeure).
  3. Tik bo op Alle dienste.
  4. Kies Google Play Speletjies en dan Privaatheid en instellings.
  5. Kies onder “Sigbaarheid van speletjiegemeenskaplys” of speletjies wat jy speel outomaties toegang tot jou speletjiegemeenskaplys (jou volgers vir wie jy ook volg) kan kry.

Jy kan sigbaarheid vir alle speletjies stel of dit vir elke individuele speletjie aanpas.

Wenk: Google Play Speletjies-profiele vir Google-rekeninge onder toesig het nie toegang tot die Google Play Speletjies-volgerskenmerk nie. Hierdie instelling kan nie verander word nie.

Hoe speletjies toegang tot jou speletjiegemeenskaplys kan kry en dit kan gebruik

Wanneer jy ’n speletjie toegang tot jou speletjiegemeenskaplys (jou volgers vir wie jy ook volg) gee, deel jy met die speletjie ’n lys van hul spelername. Hierdie lys sluit nie jou volgers se e-posadresse in nie. Speletjies kan dié inligting gebruik sodat jy jou speletjiegemeenskap maklik kan vind en met hulle kan speel, onderworpe aan hul privaatheidsbeleide wat jy in die speletjies en op die Google Play Winkel-bladsye vir die speletjies kan vind.

Verder vereis Google Play Speletjies dat elke speletjie se ontwikkelaar moet instem tot die volgende vir elke speletjie se gebruik van die speletjiegemeenskaplys:

  • Om hierdie speletjiegemeenskaplys slegs te gebruik vir die doel om ’n speletjiegemeenskaplys in die speletjie vir jou te wys of om verwante speletjiegemeenskapfunksies aan die eindgebruiker sigbaar te maak, en nie vir enige ander doel, soos reklame, nie
  • Om nie hierdie speletjiegemeenskaplys vir meer as 30 dae te berg of te behou nie. Ná 30 dae word daar van die speletjie vereis om die speletjiegemeenskaplys uit te vee of te herlaai
  • Om nie hierdie speletjiegemeenskaplys aan derde partye beskikbaar te stel nie, behalwe as dit nodig is om aan toepaslike wetgewing te voldoen

Verander kennisgewinginstellings vir jou speletjies

Jy kan speletjiekennisgewings bestuur deur die toestel se hoofinstellingsapp, direk vanaf ’n kennisgewing deur dit te langdruk of binne die speletjie se eie instellingskieslys.

Gaan na Beheer kennisgewings op Android toe aangesien die stappe volgens toestel en Android-weergawe kan verskil.

Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Google-programme
Hoofkieslys
4718147779792716759
true
Deursoek Hulpsentrum
false
true
true
true
true
true
84680
false
false
false
false