Hoe om flieks en TV-programme op 'n rekenaar of mobiele toestel te koop

Om flieks en TV-programme op YouTube te koop, moet jy 18 of ouer wees, in ’n gesteunde land wees,  en ’n Google-rekening met ’n geldige betaalmetode hê.

Let wel: Flieks wat in YouTube gekoop is, sal nie in jou Google Play Gesinsbiblioteek verskyn nie. Meer inligting.

Meld by jou Google-rekening aan om flieks en TV-programme op 'n rekenaar te koop, en volg hierdie stappe om 'n aankoop te maak:

  1. Besoek die Flieks en programme-bladsy of soek op YouTube vir 'n fliek of TV-program wat jy graag wil koop of huur
  2. Klik op die knoppie wat die prys vir óf huur óf aankoop wys. Verskillende pryse vir verskillende resolusies kan ook beskikbaar wees
  3. As jy 'n koepon het om te gebruik, klik 'Voer promosiekode in' om die promosiekodeveld te wys. Voer jou kode in en klik op die pyltjie, klik dan op die toepaslike aankoopknoppie om voort te gaan.
  4. Kies die betaalmetode wat jy wil gebruik of voeg 'n nuwe betaalmetode by, klik dan Koop om die transaksie te voltooi.
  5. Sodra jou betaling deurgegaan het, sal jy 'n aankoopbevestiging kry.
  6. Jy kan al die video's wat jy gekoop het vind deur https://www.youtube.com/purchases te besoek terwyl jy by jou rekening aangemeld is.
Dinge waarop jy moet let:
  • Vir huurflieks, sal jou fliek beskikbaar wees vir die duur van die huurtydperk nadat jy dit vir die eerste keer begin kyk het. Aankope sal beskikbaar wees om soveel keer te kyk as wat jy wil. Sien ons Gebruiksreëls vir meer inligting
  • Vir sommige video's kan verskillende pryse vir verskillende resolusies ook beskikbaar wees. Terugspeel van HD- en UHD-titels is slegs beskikbaar op sekere gesteunde toestelle en internetspoed. Sien HD-/UHD-toestelvereistes vir meer inligting.

 

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
11833476546863527476
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false