Klankopnamedelings vir musiekmaatskappye

Die kenmerke wat in hierdie artikel beskryf word, is slegs beskikbaar vir vennote wat YouTube se Content ID-passingstelsel gebruik.

Klankopnamedelings gee jou groter sigbaarheid en meer gedetailleerde beheer oor hoe jou regte en data in Content ID-klankopnamebates verteenwoordig word.

Jy sal nou in Klankopnamebates ’n “Klankopnamedelings”-bate sien wat geskep word vir elke unieke ISRC (Internsaionale Standaardopnamekode) wat jy aan YouTube lewer. Dieselfde ISRC kan opsioneel ook in meer as een van jou Klankopnamedelings verteenwoordig word as hulle met ’n unieke, Gepasmaakte ID gelewer word.

Anders as ’n Klankopnamebate verteenwoordig ’n Klankopnamedeling slegs die metadata-, eienaarskap- en beleidinligting wat deur ’n enkele eienaar verskaf is. Net jy kan jou eie Klankopnamedelings sien en wysig.

Die onderskeiding volgens ISRC help jou om metadataweergaes wat vroeër gelewer is tydens bateopdaterings of -samevoegings te behou. Klankopnamedelings kan ook verslaggewing aan die toepaslike platemaatskappy of kunstenaar makliker maak in gevalle waar soortgelyke, maar verskillende oudioverwysings vir Content ID as duplikate beskou word en in dieselfde Klankopnamebate gehou word.

Gereelde vrae

Waar kan ek my Klankopnamedelingbates kry; hoe lyk hulle?

Jy sal ’n Klankopname-oortjie op Klankopnamebates sien. Jy sal in die Jou delings-afdeling alle Klankopnamedelings met jou eienaarskap sien.

As ’n Klankopnamedeling se titel geklik word, maak die besonderhedebladsy oop. Elke Klankopnamedeling het ’n eie unieke komponent-ID en twee oortjies: Metadata en Eienaarskap en beleid. Die Metadata- en Eienaarskap en beleid-oortjie is dieselfde as wat jy vandag in ’n Klankopnamebate sien, maar wys net die metadata, eienaarskap en beleid wat jy vir daardie individuele Klankopnamedeling verskaf het.

Jy kan inligting wysig deur die Wysig-potlood te klik, of klik Vergelyk metadata om metadatalewerings vir daardie individuele Klankopnamedeling te sien.

Hou in gedagte dat jy meer as een ISRC in die metadatavergelyking kan sien wanneer jy die metadatavergelyking bekyk vir ’n deling wat voor Februarie 2019 geskep is. Ons beskou slegs die jongste gelewerde ISRC in ’n Klankopnamedeling as die amptelike ISRC vir daardie deling.

Word Gepasmaakte ID vir Klankopnamedelings vereis?

Gepasmakte ID is nie ’n vereiste veld nie. Gepasmaakte ID en ISRC wat saam gelewer word, vorm ’n unieke “sleutel” om ’n Klankopnamedeling te skep; Gepasmaakte ID is egter heeltemal opsioneel. Gepasmaakte ID moet gebruik word as jy twee of meer Klankopnamedelings met dieselfde ISRC wil skep.

Kan Klankopnamedelings uitgevee word?

Daar is geen amptelike manier om inligting in ’n Klankopnamedeling uit te vee nie. Aangesien ons egter net die jongste metadata, eienaarskap en beleid in ag neem wat in ’n Klankopnamedeling bygevoeg is, is die beste manier om seker te maak dat jy die korrekte inligting vir Klankopnamedeling wys om dit te wysig deur die Wysig-potlood in Inhoudbestuurder te klik of ’n opdatering te lewer.

Ons gaan binnekort die vermoë byvoeg om jou eie Klankopnamedelings saam te voeg om ekstra, ongewenste delings “uit te vee”.

Watter Klankopnamedelingeienaarskap en -beleid is van toepassing op ’n Klankopnamebate wat daarmee geassosieer word?

Op die oomblik beskou ons net die eienaarskap en beleid in jou Klankopnamedeling wat laaste gelewer of laaste opgedateer is as jou eienaarskap en beleid vir ’n Klankopnamebate.

Ons mik daarna om hierdie benadering in die toekoms uit te brei om ’n verbinding van eienaarskap in al jou eie Klankopnamedelings vir ’n Klankopnamekomponent te maak om die mees omvattende eienaarskap en mees beperkende beleid in al jou gelewerde ISRC’s te hou, selfs in gevalle van komponentsamevoeging.

Hoe moet ek aan eienaarskapkonflikte vir Klankopnamedelings aandag gee?

Klankopnamedelings het nie eienaarskapkonflikte nie omdat elke Klankopnamedeling net een eienaar het.

Eienaarskapkonflikte bly op die Klankopnamebatevlak, volgens die aggregaateienaarskap van alle bate-eienaars wat gegrond word op die Klankopnamedeling vir ’n bepaalde Klankopnamebate van elke eienaar wat laaste gelewer of laaste opgedateer is. Kom meer te wete.

Eienaarskapkonflikte kan op sowel die Eienaarskap en beleid- as Klankopname-oortjie bekyk word.

Het Klankopnamedelings verwysings of beïnvloed hulle eise?

Klankopnamedelings is nie aan verwysings gekoppel nie, en beïnvloed nie eise nie.

Jy sal dalk sien dat Klankopnamedelings tydens die lewering van nuwe verwysings geskep word, maar verwysings en eise word steeds met die Klankopnamebate geassosieer.

Beïnvloed Klankopnamedelings hoe ek opdaterings met Inhoudlewering na klankopnames stuur?

Klankopnamedelings behoort nie te beïnvloed hoe jy opdaterings met Inhoudlewering lewer nie.

Wanneer jy ’n opdatering aan ’n Klankopnamebate lewer:

  • As die ISRC wat jy verskaf het, nie as die ISRC wat laaste gelewer is vir een van jou Klankopnamedelings bestaan nie, sal ’n nuwe Klankopnamedeling geskep word.
  • As die ISRC wat jy verskaf het wel as die ISRC wat laaste gelewer is vir een van jou Klankopnamedelings bestaan, sal die Klankopnamedeling opgedateer word.
  • As die ISRC wat jy verskaf het as die ISRC wat laaste gelewer is vir meer as een van jou Klankopnamedelings bestaan, en geen Gepasmaakte ID is verskaf om te onderskei nie, sal jou deling wat eerste met daardie ISRC geskep is, opgedateer word.

Sê nou ek lewer nie ISRC’s vir my Klankopnamebates nie?

ISRC’s moet waar moontlik verskaf word, want hierdie identifiseerders is die bedryfstandaard vir oudio-opnames; as jy egter nie ’n ISRC vir ’n opname het nie, is dit steeds moontlik om met ’n gepasmaakte ID of Klankopnamekomponent-ID te lewer. ’n Klankopnamedeling sal geskep word vir jou aanvanklike lewering aan ’n Klankopnamebate, maar data kan oorskryf word met daaropvolgende opdaterings van die bate waar ’n ISRC nie verskaf word nie.

Hoe kan ek ’n spesifieke Klankopnamedeling soek?

Klankopnamedelings kan nie volgens Klankopnamedeling-ID op die Komponente-lys gesoek word nie; jy kan egter soek na die Klankopnamekomponent-ID wat die Klankopnamedeling-komponent bevat. Anders kan jy soek met die ISRC wat jy laaste verskaf het vir ’n bepaalde Klankopnamedeling.

Verskyn Klankopnamedelings in YouTube Analytics?

Inligting oor Klankopnamedelings verskyn nie in YouTube Analytics nie. Jy kan in YouTube Analytics volgens Klankopnamekomponent-ID soek. Jy kan die aflaaibare Klankopnamedelingverslag gebruik om ’n onderskeiding van jou data volgens Klankopnamedeling te sien.

Hoe verskyn Klankopnamedelings in aflaaibare verslae?

Jy kan alle Klankopnamedelings en metadata wat daarmee geassosieer word in ’n NUWE Batedeling-verslag in die Verslae > Bate-afdeling van jou Inhoudbestuurder sien.

Klankopnamedelings verskyn nie uitdruklik in enige ander aflaaibare metadata- of finansiële verslae nie. Vir alle ander verslae is die metadataweergawe wat gewys word die mees onlangse weergawe van metadata wat jy verskaf het, of die aansigmetadata as jy nie metadata verskaf het nie.

Aangesien die Komponentdeling-verslag egter meer gedetailleerde data wys van elke Klankopnamedeling-ID en die Klankopnamekomponent-ID wat daarmee geassosieer word, kan inligting met ander verslae vergelyk word om te help om ’n duideliker beeld van ’n platemaatskappy of kunstenaar volgens ISRC te bied.

As jy byvoorbeeld ’n hermeesterde weergawe van ’n liedjie met ’n ISRC gelewer het wat saamgevoeg is met dieselfde Klankopnamekomponent as die oorspronklike weergawe met ’n eie unieke ISRC, kan die Komponentdeling-verslag vir jou afsonderlike Klankopnamedelings vir die oorspronklike en hermeesterde weergawe wys wat albei met dieselfde Klankopnamekomponent-ID verbind word. As hierdie weergawes deur verskillende platemaatskappye besit word, kan dit ’n goeie idee wees om dit met finansiële verslae te vergelyk om inligting oor Content ID-prestasie aan albei maatskappye te verskaf.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
2430319705524231692
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false